Funnies

Het julle onthou dis Loslit Dag vandag? Ek sit hier in my nighties en slippers, het dit oorweeg om krullers in my hare te sit, maar dan lyk ek soos ‘n nagmerrie! Blou Oog het ook nighties aan, maar Liefie wou nie saamspeel nie. Hy het darem ‘n plakker.

Hier is so ‘n paar snaakse foto’s om julle in die regte gees te kry vir die naweek. Groot rugby aan die gang, en natuurlik gaan die Bulle die ding doen. Ek is juis lus vir snoek, sal dit bêre vir more-aand en my verbeel dis haaivleis. Hie-hie. Cheetahs speel teen WP as ek dit nie mis het nie? Ek sê maar sterkte vir die Cheetahs, aangesien ons nou in die Vrystaat bly en als. En Boendoe ‘n Cheetah ondersteuner is.

Trailerpark Mansion
Trailerpark Mansion
Bacon Band-aids
Why?
Geen privaatheid hier nie!
Geen privaatheid hier nie!
Dalk nie so 'n goeie wegkruipplek nie!
Dalk nie so ‘n goeie wegkruipplek nie!
Gratis en verniet
Gratis en verniet
Asseblief tog?
Asseblief tog?
Cool wallpaper
Cool wallpaper
Toe nie die beste parkeerplek nie
Toe nie die beste parkeerplek nie
Scary tan
Scary tan
As jy te veel hiervan inneem...
Net een drankie vir jou, pel!
... anders loop die arme kat weer deur!
… anders loop die arme kat weer deur!

Weekend survival tip:

Next time you are too drunk to drive, walk to the nearest Debonairs, place an order, and when they go to deliver it, catch a ride home with them.

Update on survival tip:

When catching a lift with the delivery guy, give him the long directions home – after 45 minutes you will get the pizza and the lift for free!

Geniet die naweek!

Bron

24 Responses so far »

  1. 1

    Koekie said,

    Daai “scary tan” is genuine scary. Ek sal nie my hemp uittrek as ek so lyk nie.. Eish!

    Oulik.🙂

  2. 2

    Anoniem said,

    hmmm giggel ekke nou lekker!

    Dellie suster kom loer in by 007 vir jou toekenning van DIE GROEN blog!

  3. 3

    Die Wolf said,

    Daai tan maak my bang.

  4. 4

    007Meisie said,

    Holy moly hond se ore kat se stert! Die kuber gogga met sy wit tekkies staan en kom toe agter eks op ‘n secret mission en sê 007 is anonymous!:mrgreen:

  5. 5

    Wipneus! said,

    Dellie daai tan is wraggies scary!! 😆
    Ek het lekker gegiggel vir die oop private plekkies!!

    Lekker naweek vir jou ook!

  6. 6

    Jasper said,

    Mens het ‘n sweismasker nodig vir daardie tan… Mens sal Arc eyes kry as hy sy hemp uit trek..

  7. 7

    Dellie said,

    Daai tan is omtrent ‘n Kodak moment ja!😆

    Maar pla die bacon pleisters julle nie?😮

    Imagine so ‘n stuk bacon oor jou wang waar die kat jou gekrap het… of oor jou oogbank… hie-hie-hie, ek lag my ‘n papie as ek dit op iemand moet sien!😆

  8. 8

    Koekie said,

    Ja Dellie. Ek sal my hol skeur as ek iemand met ‘n bacon pleister moet sien. My man het homself hoeka vanoggend raak geskeer, imagine so ‘n pleister op sy ken….whahaha.

  9. 9

    karoles said,

    Hehehe dis oulik!! Daai outjie met die scary tan is ‘n Hollander, hy word gesponser deur die Rabobank … ek ken!!!

  10. 10

    Ek dink die bacon pleisters is cool! Ek sou dit gebruik het, al was dit net om bietjie reaksie uit mense te kry soos om met my troltande te smile en bestuur. Whahahaha! Ek is vreeslik as ek die dag lus het…

  11. 11

    Dellie said,

    Die bacon pleisters sou eintlik vandag baie mooi gepas het by my nagklere en pantoffels….:mrgreen: Al wat dan kort, is ‘n Lexington inni een hand, en ‘n dop in die ander… antie Stienie se moses!😆

  12. 12

    As long as you don’t have egg on your face to go with the bacon😉
    Moenie die krullers vergeet nie, dis belangrik as jy antie Stienie wil speel.😆

  13. 13

    pluim said,

    Scary Tan. Aggenee Dellie. Jy’t my uitgevang!!!! daai beter maar daai moesies van hom bedek anders kry het dalk karsinoom.

  14. 14

    alta said,

    Nee flip Dellie, daai scary tan……o my soul!

  15. 15

    Kaalvoet LOL egg and bacon…!!!

    Onthou mens kan ook ‘n meeting hou vir die snacks….ons meetings het altyd heerlike koffie en snacks

  16. 16

    Dellie said,

    Bacon & egg snacks Rosa?😆

  17. 17

    bacon & egg met ‘n bovril en kaas toastie on the side!

    Die Koreane doen dit behoorlik…niks se gesnacks nie, jy kry ‘n hele bord kos!!! en die baas betaal en ek kan altyd kies😆

    Ons het lanklaas vergadering gehad…

  18. 18

    Roer said,

    Ek wil ook sulke bacon pleisters hê!

  19. 19

    Sien, dis nie net ek nie…Roer wil ook van daai cool pleisters he😉

  20. 20

    Sonia said,

    Hallo Dellie!
    Soos gewoonlik het ek hardop geskater – daardie ene van stap Debonairs toe is kostelik!
    Lekker naweek hou. Na ek gelees het van jou slippers is ek lus om ‘n bad taste fancy dress partytjie te hou, maar ek’s bevrees die mense in die Kaap is bietjie te ‘fancy’ om so op te dress. Baie goeie pret wanneer mens ‘n lag nodig het, tog.

  21. 21

    boendoe said,

    Ag dankie, Dellie, vir die onentoesiastiese sterkte wat jy die Cheetahs toewens! 😆 Ongelukkig kan ek nou nie dieselfde vir die Bulletjies doen nie, want naas die Vrystaat, ondersteun ek die Sharks. Ek bly mos in hul provinsie, wat kan ek doen?!

    Wag, laat ek eers gaan kyk na jou funnies. Wou net gou my eiertjie oor die rugby le! :mrgreen:

  22. 22

    Tersia said,

    Ag, my hart is baie seer……dalk wens ons volgende keer! Dankie vir jou lekker-lag vanaand, al is dit Sondag aand, ek het dit geniet! Sterkte vir die week! Enjoy!

  23. 23

    Bottertjie said,

    Onthou dat ek vir idees gevra het vir Loslitdag? Anyway, ons was toe hane! Die theme was: Wake up. Sal vir julle foties wys. Ons het alles self gemaak!

  24. 24

    boendoe said,

    Hey, dis nie nodig om in sak en as te sit omdat jou span verloor het nie! Myne het ook! Kom, kom, dis MAANDAG, diertjie! Waaaaar’s jy??😦


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: