Dit is jou dag

“More, my liefie-kind, het jy lekker geslaap?”

vra ek terwyl ek saggies oor jou hare vryf en jou op jou wang soen om jou wakker te maak. Jy draai effens om en mompel iets wat ek nie kan uitmaak nie. Ek vryf saggies oor jou kop en fluister in jou oor:

“Ek en Dad het al vroeg opgestaan om vir jou ‘n lekker ontbyt te maak – alles waarvan jy hou! ‘n Paar repies spek, bros gebraai, twee eiers, sonkant-boontoe, met baie Aromat en swart peper, roosterbrood met appelkooskonfyt en lekker sterk, soet koffie in jou groot beker”.

Jy begin roer toe jy die reuk van die spek en eiers kry wat Dad op ‘n skinkbord nader dra, jy kom half regop in jou bed, terwyl jy so ‘n goofy smile uitpak toe jy onthou dat dit jou verjaarsdag is  – en ons sing vir jou “Happy birthday” soos altyd.

Hoe voel dit om negentien te wees? Ons vra elke jaar dieselfde vraag, en ag, ons weet wat die antwoord gaan wees – “dieselfde as agtien!”, maar ons moet net vra!

My seun, ‘n jaar gelede het ek gedink dat ons die grootste verandering in ons lewens begin beleef het, toe jy voorberei het vir jou eindeksamen. Jy was op die drumpel van “grootmens”. En hier staan ons – binne ‘n oogwink – ‘n jaar later, met jou wat al vir ses maande ‘n man is wat vir homself sorg! En ek weet nie eens hoe goed nie, want ek is nie daar nie. Eet jy genoeg? Ek wil nie oor twee maande soek vir ‘n geraamte op OR Thambo nie, seblief tog!?

Wat ons eintlik wil sê, is baie geluk met jou verjaarsdag! Mag al jou wildste drome waar word. Ons hoop al die pels gee vir jou ‘n lekker party daardie kant! Wees verseker dat ons sal “opvang” daarmee wanneer jy terug is. Elrika en die kinders, Tannie Mart, Terr, Tinkie, Hetta, Oom Han, Katie, en al die res skree net: HAPPY BIFDAY PERE!! (Hulle het mooi gevra dat ek dit so verwoord! Hie-hie!) En so ook al die mense by RC.  En hulle mis jou emmers vol!

So ‘n bietjie nostalgie – vir die mammas op die blogs. Kyk net hoe mooi was hy op drie! (Skuus Seun, maar almal maak nou aaahwaaa…! Jy was darem maar ‘n pratige ou seuntjie, en gelukkig wys ek nie jou oulike baby kaalfoto’s nie!)

Die wêreld lê en wag vir jou… gryp dit – onthou, as jy dit kan droom, dan kan jy dit doen. Jy WEET ons is hier vir jou! En jy weet mos wat is Dellie se motto: – Gryp dit aan die horings, en ry dit bloots! You’ve seen it, you’ve lived it, you’re doing it! Keep it up!

Gelukkige verjaarsdag my liefste seun! Ons is lief vir jou!

Advertisements

24 Responses so far »

  1. 1

    Wondernet ®© ♂ ♥ ♀ said,

    Hêppy hêppy Dellie se seun. Mag jy ‘n wonderlike dag hê. Baie geluk Dellie.

  2. 2

    Eben said,

    W baie baie geluk met die herdenking van jou geboorte dag. Ek glo dat die liewe Here sy hand van beskerming oor jou sal hou, jou sal seen met goeie gesondheid en die belangrikste plaas jou oge op Hom, dan sal niks verkeerd loop in jou lewe.

    Dellie aan jou en groot W, baie baie geluk julle ook.

  3. 3

    Suz said,

    Dellie se seun Baie Geluk met jou verjaarsdag, Mag dit ‘n wonderlike dag vir jou wees en mag jy daar in die vreemde baie bederf word deur jou pelle, Jy was ‘n pragtige seuntjie gewees hoor 😛

    Dellie baie geluk met jou seun se verjaarsdag. Is nie meer lank nie dan is hy weer terug in jou nessie!!!!!!

  4. 4

    meermin said,

    Baie geluk Dellie se seun met jou verjaarsdag. Hy was tog te pragtig!!

  5. 5

    BB said,

    Baie baie geluk met die herdenking van jou geboortedag, Delsch se seuna!! Die liefde en trots en verlange wat daar in elke inskrywing oor jou en jou doen en late tasbaar is, maak van jou in my boeke een truly stunning mens! Mag jy nog lank gespaar bly om vir jou ouers ‘n blessing te bly.

    “Because time itself is like a spiral, something special happens on your birthday each year: The same energy that God invested in you at birth is present once again.”

    BBx

  6. 6

    Nelba said,

    Ag jinne, kyk daai hare! Mag jy ‘n wonderlike jaar hê.

  7. 7

    boendoe said,

    Wes, geluk met jou bifday! Jy maak jou ma baie proud! Hoop jy het ‘n baie, baie lekker dag!

  8. 8

    Amanda said,

    Heppy Heppy!! Mag die volgende 19 jaar net so goed wees soos die eerste 19! (/me fluister – en kom nou gou terug, jou ma & pa verlang te veel).

  9. 9

    CLAZINE said,

    Baie baie geluk met nog ‘n jaar bygevoeg!! Mag dit ‘n mooi jaar vol seënwense en gesondheid vir julle almal wees!

  10. 10

    Kokkewiet said,

    Baie geluk!! Mag jy ‘n wonderlike dag hê al is jy so ver van jou mense af.

    Dellie, baie geluk met jou seun se verjaarsdag!!!

  11. 11

    demoerin said,

    Tik Tok Tik Tok…nog net 2 maande en 3 dae Dellie!

  12. 12

    Roer said,

    Ag pragtig Delsch. Jou inskrywing EN jou seuna toe hoe klein was. Ge’suite’ en ge’tie’. Baie geluk met sy verjaarsdag.

  13. 13

    WhiteKnight said,

    Baie geluk met die Verjaarsdag Jongman.

    Hoop die mooi van die verlede is nietig teen die mooi wat nog vir jou voorentoe wag.

  14. 14

    Krista said,

    ♪ Happy birfday to you . . . . . ♪

    Jy was die pragtigste, skattigste ou seuntjie! Dellie, plaas tog maar ‘n paar van die ou babakiekies sodat die tannies verder kan perv . . . 😉

  15. 15

    Hallo julle,

    Ek kan nie by af.wordpress.com inkom nie. Jy weet die afrikaanse goed. Dit lui: this blog is password protected. Dis mos waar die lysie met die afrikaanse goed in was, nou wonder ek, het iemand nie blog-naam AF gekies???

    Wat dink jy/julle?

  16. 16

    Daar is dit weer reg, dit was nou weird???

    Dellie jou kind is pragtig. Myne is ongelukkig nie so mooi nie 😉

  17. 17

    Adrie said,

    Rosa

    ‘n Mens moet sneaky wees om vanmiddag by WP in te kom.

    Dellie

    Geluk met jou seun se verjaarsdag.

  18. 18

    maxie said,

    Baie geluk! Ek hoop hy’t ‘n wonderlike dag gehad, seker hy’t julle baie gemis!

  19. 19

    Koekie said,

    Hy’s pragtig Dellie.
    Jou post aan hom het my sommer in trane. Ek kan sien hoe lief is julle vir hom. Dis pragtig.

    Geluk met jou b/day! 🙂

  20. 20

    Zee said,

    HAPPY BIFDAY PERE!! Hoop jy het ‘n wonderlike dag daar oor die water gehad!

  21. 21

    koeksister said,

    Baie geluk Dellie se seun!!!!, cute haarstyl. 🙂

  22. 22

    Paula said,

    Baie beluk met julle seun se verjaarsdag! Mag hy geseën word met geluk, vrede en liefde!

  23. 23

    Bottertjie said,

    Happy happy! Aai, die kinders wat groot word maak dat my hart styf trek in my bors en trane opwel in my oge!
    Dellie, jy klink soos ‘n wonderlike mamma! Do so voort!

  24. 24

    Dellie said,

    Dankie vir al die mooi wense, julle! Ons het gisteraand met hom gepraat, en ek het gesê hy moet hier kom loer as hy ‘n kansie kry. Dit gaan goed, hulle is nou in Massachusetts. Voor hy huistoe kom, maak hulle darem weer ‘n draai in Miami – miskien kry hy die slag ‘n kans om die strand te sien! 😆


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: