Jy wil WAT??

Gistermiddag net na ses is ek klaar gewerk, en ek en liefie val op die bed neer vir ‘n siggie en ‘n geselsie. Skielik begin die worsies blaf. Maar nie “ek speel met jou” of “ek is verveeld” blaffies nie, dis “hier is ‘n vreemdeling by ons poorte” blaffies.

Liefie gaan af en vind ‘n beskonke Kleurlingman by die courtyard se hekkie.

“Kan ek help?” vra Liefie beleefd.

“Ek shoek vir Emil,” sleeptong die man.

“Jammer, hier bly nie ‘n Emil nie, jy het seker die verkeerde adres,” antwoord Liefie.

“Maar ek kon shweer dish waar Emil bly,” gaan hy aan.

“Wel, ek sê jou hier bly nie ‘n Emil nie, kry asseblief nou jou ry.”

En die man draai om en loop. Liefie kom op, maar van nature is hy maar agterdogtig, en hy loop deur na die sentrum en loer by die agterdeur uit. En daar sien hy hoe die man om die gebou beweeg, oppad na Blou-Oog se woonsteldeur onder. Haar hout en staaldeure is albei toe. Liefie sluip af by die trappe sonder dat die ou iets agterkom.

Die man steek sy hand deur die tralies van die staalhek, en maak die houtdeur versigtig en saggies oop. Terwyl hy in die kombuis rondloer om seker te maak daar is niemand nie, soek sy hande na die slot van die staalhek. (Dit was gelukkig gesluit.) Intussen het Liefie mooi agter hom kom stelling inneem, en die volgende oomblik klap hy hom met ‘n plathand agter die kop dat sy tanne rattle teen die staalhek! Kadwaa!!

“Ek het mos vir jou gesê Emil bly nie hier nie!” bulder hy.

Die verskrikte man tree terug, slaan amper neer, en kry so in die weghol uit: ” nee dis reg meneer, ek respekteer dit meneer!” en daar gaan hy!

‘n Buurman in ‘n rolstoel wat gewoonlik hierdie tyd van die aand verby kom op sy oefentog, val amper uit sy stoel uit soos hy lag, want hy het die hele petalje dopgehou!

Nou wonder ons wat hy nou eintlik hier kom soek het:

a) Hy is ‘n leerlingsjef wat net ‘n oop kombuis gesoek het om te oefen vir sy eksamen,

b) Hy is ‘n undercover interior decorator wat vir Blou-Oog wou verras met ‘n make-over vir haar woonstel,

c) Hy wou eintlik kom volunteer om te baby-sit as sy dalk vir die aand wil uitgaan,

d) Hy wou die oond kom skoonmaak en die strykwerk op datum bring.

e) Hy is ‘n Cheetah ondersteuner wat alle spore van Blou Bul ondersteuning wou kom uitwis,

f) Hy wou die voëltjies en vissies kom kosgee,

g) Hy het regtig vir Emil gesoek, maar ek kon hom net help met ‘n e-mail adres.

Advertisements

25 Responses so far »

  1. 1

    Wipneus! said,

    Whahahahahaaaa 😆

    Ek wens ek kon daai klap teen die kop beleef!! Sal hom leer, hy het mos nou gehoor Emil bly nie daar nie :mrgreen:

  2. 2

    boendoe said,

    Nou ja, as sy missie (e) was, sou ek hom natuurlik met raad en daad bygestaan het! :mrgreen: Maar dit kan nie wees nie. Ons is nie daai soort kaliber nie.

  3. 3

    Kokkewiet said,

    Whahaha, hopelik het daardie klap sy ore oopgemaak!!!

  4. 4

    BB said,

    h) hy was op die verkeerde blo(g)k :mrgreen:

  5. 6

    mockajava said,

    ek hoop sy ore tuit nogsteeds, julle sal maar net op die uitkyk moet wees vir die knaap, moenie verbaas wees as hy weer kom inlooer vir emil nie.

  6. 8

    Hehe! Het nogal gewonder wat jy gaan se Emil.

    Ek sou my ook uit ‘n stoel uit gelag het as ek dit kon sien!

  7. 9

    nickeybotha said,

    Dis nogal funny ja hy sou sekerlik enige verskoning kon uitdink vir sy optrede. hahahaha

  8. 10

    Emil said,

    kaalvoet kyk, ek het darem nie gedink dit gaan oor my nie. Soos jy kan aflei, woon ek mos immers nie by Dellie nie 😆

  9. 11

    Ek weet Emil, maar die blote gemene naam het my maar net laat smile!

  10. 12

    Dellie said,

    Vir my ook Kaalvoet, ek meen… Emil… van alle name… :mrgreen:

  11. 13

    neykie said,

    whahaha ek sal nooit kom moeilikheid soek met jou liefie nie, netnou kry ek ook ‘n kop klap… 😆

  12. 14

    Dellie said,

    OK, ekke gaan nou verkas, al my klasse is klaar vir die dag.

    More is Braaidag, moenie vergeet nie! Braai net iets, al is dit patties of broodjies, braai net eenvoudig! En geniet dit!

    Ons gesels weer Donderdag. 😉

  13. 15

    Ek sal maar rys braai! gmf!

  14. 16

    Roer said,

    Jy moes net gese^ het “‘n man”, want nou gaan dit rassisme wees. 🙄 As die antwoord ‘e’ is, is daar perde!

  15. 17

    Adrie said,

    Liefie moes sommer ‘n afdruk van sy gesig in die muur gemaak het.

    Die arrogansie slaan my asem weg.

    Laat my dink aan my studentedae. Ek het die eerstejaars gewys hom om joolblaaie te verkoop. (Bewaar die een se siel wat minder as ek verkoop het 👿 ek sou my eie polse afgebyt het as een dit reggekry het om meer as ek te verkoop 😆 ‘n Eerstejaar moet altyd in die moeilikheid wees.).

    Ek het die geld wat ek ontvang het in my gatsak gedruk. Die volgende oomblik voel ek iets hier aan my boude. Ek gryp net en kry die hand van ‘n straatverkoper. Ek kyk hom net so aan en hou my hand uit vir die geld wat hy wou vat. Ek kry dit terug. Ek hou my hand uit vir nog en nog tot hy platsak is. Hy het al sy inkomste daardie dag vir jool geskenk.

    Hmmm, ek is ‘n uur later raak gery. Toeval?

  16. 18

    Pikkelik said,

    Dis hy liefie, klap hom dat die spoeg spat!!! Miskien wou hy net kom tuinwerk doen Dellie!!! Ag aarde, tog ek lag my nog slap! Ek het julle so gemis!!!

  17. 19

    Annora said,

    ek los sommer die teloon of interkom dat hulle uitpraat dis tog terapeuties en gaan aan met my dinge

  18. 20

    Alta said,

    Lol!!! Ek dink D.
    En nou jaag liefie hom. Ai tog.

    Nuwe link na my blog.

    Mooi bly

  19. 21

    demoerin said,

    😆 Baie snaaks! Opsie (d) sou darem nou maar lekker gewees het.

  20. 22

    Eben said,

    Gie gie Dellie jy reken as W klap, dan is dit ” …. die volgende oomblik klap hy hom met ‘n plathand agter die kop dat sy tanne rattle teen die staalhek! Kadwaa!!’ …. Kadwaa !!! :mrgreen:

    Jaaaa laat dit vir ons almal ‘n les wees, jy besoek die Dellie-gesin nie as hulle besig is met hulle daaglikse middag ‘‘n siggie en ‘n geselsie’ middae!! 😆

  21. 23

    Koeksister said,

    😆 Ek sou ook baie graag daardie klap wou gesien het!

  22. 24

    […] gewerskaf het, is ‘n koue biertjie net die ding. Terwyl ons nou buite op die werf is, paar selfverdedigingswenke as jy ‘n ongenooide gas […]

  23. 25

    IdaJvr said,

    Hi daar, toets net of ek deurkom sukkel met my pc.


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: