Ek het ‘n date met Jeff Dunham vandag. Roer het so ‘n wyle terug die stukkie gewys van Achmed the dead terrorist, en ek was hooked. Woensdag het ‘n vriendin vir my altwee sy DVD’s gebring… en vandag is dit ek en sy poppe! Die man is histeries snaaks. Hier is hy saam met Peanut…
Geniet die naweek en die rugby! Bulle bo, né?
Advertisements
Jenny said,
September 26, 2008 @ 12:35 nm
Jeff Dunham is hillarious! Ek hou die meeste van Bubba, daai redneck van hom, en natuurlik “silence, i kill you!”
Geniet jou naweek Delsch, en Ja, BULLE BO!
Jaco said,
September 26, 2008 @ 1:31 nm
Jeff is skreeusnaaks. Ek sal maar by mamma ‘n hint los dat ‘n DVD van hom op my verjaarsdag nie onwelkom sal wees nie 😉
boendoe said,
September 26, 2008 @ 2:31 nm
Jy maak my moeg en siek en sat! 👿 Hoekom moet jy altyd die Blessitse Bulle insleep?? Ek kry sommer ‘n hoofpyn…of ‘n gatpyn… Dis niks met suur druiwe te doen nie, mind you!
Geniet die video’s!
BB said,
September 26, 2008 @ 2:33 nm
LOL!! Ja – I kill djoe!! I kiiiiiiiiiill DJOE!!! Enjoy!!
Dellie said,
September 26, 2008 @ 3:19 nm
Hi Jenny, jou lanklaas raakgelees hier. Bly om te hoor hier is nog ‘n Blou Bul in ons midde… 😉
Oi Jaco, dis ‘n belegging in “feel good”! Ek het nou al so gelag vandag dat niks my kan omkrap nie. Die name is Spark of Insanity en Arguing with myself, en dit is sooo snaaks! Hierdie man het ‘n wonderlike talent. Het jy geweet hy het al die poppe self gemaak, en dat hy selfs ‘n helikopter van scratch af gebou het – en natuurlik vlieg Walter saam met hom! 😆
Beeps, Ek kan nie besluit watter karakters is rerig my gunstelinge nie, maar ou Peanut en Walter staan nogal uit. En Achmed… silence! I keeel you! 😆
Hie-hie Boends, is ek nou veronderstel om te skrik vir jou? 😮 Die Bulle is nou maar net beter hierdie jaar as die Cheetah’s… nie veel wat jy daaraan kan doen nie!
Pikkelik said,
September 26, 2008 @ 3:45 nm
Ek het ook daai twee video’s maar dis amper tyd vir nuwes – hulle is al deurgekyk – Dis ontstressingsterapie op sy heeeeel beste!!!
boendoe said,
September 26, 2008 @ 4:56 nm
@!#$%^ 😈
Dellie said,
September 26, 2008 @ 5:52 nm
Whahaha @ Boendoe… ek sal maar niks verder sê nie, lyk my ek is nie op hierdie stadium bevorderlik vir jou woordeskat nie! Veral nie nadat die Bulle gewen het met 58-22 nie! Hie-hie, julle lê darem nou veeeeer onder hoor! 😆 Sorry my maat, maar die beker sal nie hierdie jaar by die Cheetah’s staanplek kry nie…
Pikkie! 🙂 Ek het jou nie misgekyk nie hoor! Ek is bly jy is terug! 😉
Wipneus! said,
September 26, 2008 @ 6:48 nm
Ek het nie eers geweet dat mens die dvd’s kry nie Del! Sal môre gaan soek, miskien is ek gelukkig, want ek glo dit is baie populêr!
WhiteKnight said,
September 27, 2008 @ 8:14 vm
BULLE BO!!!!!!!!!!! 👿 😆
Dankie vir daai wenk Dellie, sal die stress terapie ondersoek. 🙄 😉
Alta said,
September 28, 2008 @ 5:12 nm
Bly goed. Lol! “I’ll kill you.” Hehehehe
Roer said,
September 29, 2008 @ 6:25 vm
Mal oor die ou. Beslis goeie terapie vir stres. Hoop jou naweek was lekker.
demoerin said,
September 29, 2008 @ 8:26 vm
Yipppeeee virrie Bulle!
Die ou bly skreeusnaaks!