Grondeters

So ‘n wyle terug het ek eendag ‘n vrou met ‘n sakkie sien loop hier in die pad aan die kant van die sypaadjie. Kort-kort het sy gestop en iets opgetel. Ek kon nie rerig uitmaak wat nie, maar kon later sien dat sy klontjies en klippies optel. Toe ek vir Liefie daarvan vertel, sê hy dat hy haar al lankal opgemerk het. Sy tel die grond op en eet dit… en blykbaar is die grond op ons sypaadjie lekker genoeg sodat sy sommer “take-aways” huistoe vat!

Ek lees toe Maandag ‘n artikel in die Volksblad wat juis hieroor gaan.

Pika is die gewoonte wat mense ontwikkel om in oormaat sout of suur kossoorte, asook abnormale eetbare produkte te eet. Dit kom algemeen by swanger vroue voor. Geofagie is ‘n vorm van pika waar mense spesifiek grond, klei of sand eet.

“Ek eet grond. Ek crave dit soos mense sigarette of drank crave. As ek dit nie kry nie, vat ek sommer enige grond en gooi asyn oor. Vir ‘n bederf kan jy grond in die oond bak en dan eet.”

Dan is dit seker nou ‘n rerige modderkoekie! Hie-hie, dit klink vir my vreeslik grillerig! Ek wil iets oorkom as ek ‘n graaf op sement hoor skraap, ek kan my nie indink hoe dit moet klink om grond met ‘n lepel te skep en te kou nie!

Wel, blykbaar het grond verskillende smake op verskillende plekke. Dit hang seker maar af hoeveel mense en diere daaroor geloop en wie weet wat alles daar “gemors” het… Die lekkerste grond kom glo van Qwaqwa. Smouse kry die grond daar, verpak dit en verkoop dit by die taxihalte in Bloemfontein vir enigiets van 50c tot R3 ‘n pakkie. Daar is blykbaar rooi, wit, geel en swart grond, met die wit Lesotho-sand wat baie gewild is omdat dit ‘n suur smakie het.

“Ek eet twee sakkies in ‘n week klaar. Ek suig eers aan die klippies, dan kou ek dit en sluk. Nes ‘n sjokolade. Dis heerlik.”

‘n Navorsingsprojek, waarby Suid-Afrika, Botswana en Swaziland betrokke is, is tans aan die gang oor grondeters.

“Ons hoop om in die volgende paar jaar die presiese oorsake vir hierdie grondeet-gewoonte vas te stel. Volgens literatuur het van hierdie mense óf ‘n yster- of kalsiumgebrek. Indien die grond besmet is met parasiete, is die kanse ook goed dat mense besmet word.”

Brand sê wat met hierdie navorsing beoog word, is nie om mense te ontmoedig om grond te eet nie, maar om ‘n veiliger plaasvervanger soos tee of koekies wat van die bestanddele bevat, beskikbaar te stel. Sy sê in Amerika is steriele grond reeds by apteke beskikbaar.

Studies toon dat bykans 6 miljoen volwasse vroue in Suid-Afrika daagliks vir die lekkerte grond of sand eet. Jinne, is daar rerig niks wat beter smaak nie? In sommige kulture word daar ook geglo dat as die vrou genoeg grond eet, dit haar Fallopiusbuis sal blokkeer, en dan kan sy nie swanger raak nie. En blykbaar help dit om naarheid en sooibrand tydens swangerskap te voorkom. Nee, ek suig dan maar eerder ‘n Rennie of kry van daai brandweer mannetjies wat in die botteltjie bly!

En ja, daar is selfs ‘n grond-resepteboek! Vir Yodirt, dis nou joghurt en klei, en reken, selfs ‘n Muddy Mary! Julle kan seker raai wat daarin is!? Jip, tamatiesap en grond!

Gesondheidsprobleme is daar gewis, maar dit lyk nie of weke lange hardlywigheid, maagkrampe en gebreekte tande hulle afsit nie. Een vrou vertel dat sy as klein dogtertjie saam met haar ma begin klei eet het, en nou al ‘n gat in haar ouma se klei-hut in Rocklands gevreet het. Daar is glo ‘n plekkie waar die son die klei lekker warm bak, en dit is dan sag en smelt in haar mond. En hulle glo ook dat dit jou honger stil, en jou mooi maer maak.

“Ek kan nie die lus bedwing nie en geen plaasvervanger was al goed genoeg nie. Nie eens die mineraalaanvulling wat ek by my dokter gekry het, het my lus vir klei en grond gedemp nie.”

Klink vir my na maklike mense om te onthaal….

46 Responses so far »

  1. 1

    Kokkewiet said,

    Sjoeka! Ek sê maar neeeeee dankie en ek sal dan maar eerder bietjie vet ook bly.🙂

  2. 3

    Wipneus! said,

    Whahaha😆 nou toe nou! Nee oe! hoe gril ek vir daardie girts girts hier in mens se mond!!!

    Maar ek stem, baie maklike manier om mense te onthaal, gooi net so hopie van elke kleur grond in die bord en versier dit met 3 klippies en voila! Bon appetit!

  3. 4

    Adrie said,

    Hulle arme tande.

    Ek gaan nie oor die post kom nie.

    Nevermind Dellie se Dinge. Dit is deesdae Dellie se weird happies.

  4. 6

    demoerin said,

    Goeie genugtig. Vertel jy my nou ‘n ding hier. Dit is ongelooflik!! Grond bak in die oond? Nee man….daar is te veel lekkerder dinge daarbuite.

  5. 7

    flippiefanus said,

    Soveel dae soveel dinge. Laat my dink aan die “Rockbiter” in “The Neverending
    Story”

  6. 9

    meermin said,

    Nee wat so honger was ek nog nooit nie, om grond te eet, sies man voèls poef daarop, honde pp daar, ag nee man, dink net aan al die gemors wat jy so saam die grond eet en moet kou en sluk!!

    Geniet jou dag.

  7. 10

    Dellie said,

    Whahahaha! Julle reaksies is priceless!😆

    Terwyl ek hierdie artikel gelees het, is al wat heeltyd deur my mind gegaan het – WTF???😯 En dis nie mense in die donkerste dele van Afrika wat grond eet om te oorleef nie, nee, hierdie mense eet dit actually vir die lekker daarvan! Kyk, ek het al snaakse goed geëet, maar ek dink ek trek die streep by grond.:mrgreen:

  8. 11

    Pikkelik said,

    Dit klink vir my vreeslik baie na RF se dieet. Eet stof en drink lug, maar wragtig, so graag wou ek nog nooit maer geword het nie!!!!! 😆 😆 “What’s for dinner tonight honey?… Reddirt and vinegar my love…. O lovely and for dessert??? Well, blackdirtpudding!!! ” Goede flok!!!! 😆

  9. 12

    mockajava said,

    Okay so amal wat hier n comment gelewer het gril daarvoor, so kom ek wees anders, toe my ma swanger was met my het sy klippies gekou, en dit het ek by haar geleer, die heel lekkerste is as dit net begin reen, die reuk is amazing, maar daar is net n sekere soort klip wat ek sal kou en dit moet eers skoon wees, so ja ek is sekerlik weiiiird, maar ek hou daarvan om klippies so nou en dan te kou – het dit nog nie in korea probeer nie, weet nie wie daarop gespoeg het nie, hehe🙂

  10. 13

    Dellie said,

    Mockajava, hoe gril ek nou! Eeek! Whatever floats your boat!:mrgreen: Dis darem verblydend om te hoor jy maak eers seker dis skoon… en jy probeer dit nie in Korea nie!😮

  11. 14

    Zee said,

    Dellie, toe ek swanger was met my dogter het ek so craving vir grond gehad….. en nee, moet nou nie vir my gril nie man, ek eet vandag nie meer grond nie, kan nie eintlik eers in die tuin werk nie😉

  12. 15

    Roer said,

    Dis goed om te weet. Nou hoef niemand meer te vrek van die honger nie… Not!!!

  13. 16

    BB said,

    FONK!!😯

    (Ek en Boendie is ewe disleksies… )

  14. 17

    Ek het al baie oor die storie gelees en geleer. Ek eet eerder grond as al hierdie weird rou en drillerige goed in Korea. Al wat my so bietjie afsit van grond is die moontlike parasiete wat jy kan kry en daar’s lelike goed daarbuite mense! Ek het dit al gesien en ek wil dit nie he nie.
    MJ, jy wat so klippe kou laat my an volstruise dink wat so klippe vreet vir vertering😉 Het jy spysverterings-issues my ou???😆
    Dit is mar ‘n tekort wat dit veroorsaak. Party mense eet ook so vreeslik ys, wat ‘n teken van ‘n ystertekort is.

    DIe laaste keer wat ek grond ge-eet het was saam met my boetie toe ek hom gewys het hoe mens nou eintlik ‘n met ‘n modderkoekie moet maak…my ma het nie gedink dis oulik nie en my broer wat die hele ding ge-et het ook nie.

  15. 18

    nickeybotha said,

    hallo daar,

    Ja dit hou seker vir hulle n daaglikse detox in, baie goedkoper, dalk moet ek dit probeer en net die grond afspoel eers om seker te maak dis skoon hehehe

  16. 19

    nella said,

    Nee wat, dan bak ek liewer vir my ‘n lekker skaapkop in die oond!

    Dellie, ek het toe my ma gevra hoe sy die skaapkop skoon maak. Sy hou hom maar net onder ‘n lopende kraan en laat die water deur die neus loop. As dit lyk of dit baie vuil is dan druk sy ‘n ou tandeborsel daarin en skrop dit. En die snotjies wat oorbly bak mos droog as jy dit in die oond sit.

    Skaapkop smaak darem beter as grond! Het jy Vrydagaand vir Voetspore gekyk op SABC 2? Hulle het skaapkop, afval, askoek met varkvet en kaiings gehad. (Drup die kwyl nou op my keybord!!)

  17. 20

    Dellie said,

    Dankie vir daai update, Nella, en ek stem, ek kies maar ook eerder die skaapkop! My volgende ene gaan ‘n treffer wees! Wel, ten minste gaan dit nog heel wees. 😉

    Ek het Voetspore gemis, maar varkvet op brood… oe, en kaiings op pap – nou water my mond ook! Ons het Sondag bietjie skilpaadjies geëet, en dit was yummie!

  18. 21

    Koekie said,

    Iemand in my familie eet weer stof van karre se wiele af. Sy doen dit gewoonlik as hulle ver gery het en by hul bestemming aangekom het.
    Sy druk sommer haar vinger in die binnekant van ‘n kar se wiel en trek so laaaaang streep in die stof en dan lek sy haar vinger af.

    Stof en grond eet is seker maar dieselfde.🙂

  19. 22

    Dellie said,

    Koekie, op ‘n manier klink stof amper aanvaarbaar… daar is darem nie klippe in nie!😆

  20. 23

    Krista said,

    Nee, is maar oraait, hoor! Ons het darem kos in die huis!😉

    Ek was nog nooit so honger nie!

  21. 24

    Koeksister said,

    Nee, magtag! daar is darem weird mense daarbuite!

  22. 29

    Eben said,

    Oeeee Nella maak my sommer lekker honger.

    Jaaaa nee ek eet liewer Skaapkop voor ek grond moet verobber!:mrgreen:

  23. 31

    Sandra said,

    Wat het Fanus Rautenbach detyds gese … Baba’s wat grond eet se doeke word nie skoongemaak nie, hulle word net afgestof.

    Wat jy nou eintlik vir my se is dat ek hierdie 7 verskillende kleure woestynsand kan uitvoer SA toe en geld maak?

  24. 32

    demoerin said,

    Ek stick maar by die stysel, vleis en groente dankie. Stof van die kar se wiele aflek? Sjoe, en ek dog partykeer ek is aanhoudend deur ‘n windmeul gemoer? Bly seker maar net ‘n persepsie?😆

  25. 33

    nickeybotha said,

    goeie more, die wind wat hier waai is stowwerig dalk moet sy my vensters kom skoonle:-)

  26. 34

    Didikind said,

    Hi Dellie
    My huishulp wat 18 jaar vir my gewerk het en toe oorlede is, het netso grond geëet en moenie lag nie, sy het dit werklik op ‘n koekplaat in die oond droog gebak. Sy is oorlede aan Aids en ek wonder tot vandag toe of dit dalk is hoekom sy so grond geëet het. Toe ons ons swembad begin bou, was sy dolverlief op die kleigrond wat ons uitgespit het. Voel jy al beterder as Maandag?

  27. 35

    Dellie said,

    Sandra, ek het nie eers aan die geldmaak opsie gedink nie!😮 My brein het vasgesteek by die klippe kou… Jy het dalk nie so ‘n slegte idee daar beet nie!😆

    LOL @ Demoerin! Seker nie hard genoeg gemoer nie…😆

    Nickey, my vensters kan ook na dese doen met ‘n skoonm…lek!🙂

    Jinne Didikind, dis seker heel moontlik dat sy gedink het dit gaan haar help op ‘n manier. Of miskien was dit net vir haar lekker. Ek voel al beter dankie, julle help baie!😉

  28. 36

    Emil said,

    Bliksem, nou snap ek eers die grondeter verwysing by jou kommentaar nou die dag op bosparra😳

  29. 38

    Dellie said,

    Jaa Emil, toemaar, slim mense is gewoonlik effens verstrooid…😉

  30. 40

    Carolina said,

    Dellie,
    Nee ekke eet nie skaapkop nie! Ook nie grond of klippe nie!! So honger was ek nog nooit!!
    En nou is dit al Oktober!! Volgende maand kom jou seun huistoe??
    Lekka aand!!

  31. 41

    Dellie said,

    Carolina! Lekker om weer van jou te hoor. Ja-wel, skaapkop en grond is nie vir almal nie, né?:mrgreen: Gaan dit goed met jou verder? En die babatjie?

    Jip, so min of meer 6 weke dan kom Seun miskien huistoe. Die liefde het hom saggies maar deeglik bekruip in Kanada… hy reken mos almal was verkeerd, die mooiste girls is nie in SA nie, hulle is in Kanada!😆

    Ek is self nog nie seker wat gaan gebeur nie, maar ek het so ‘n feeling dat hy nie lank in SA gaan wees nie. Maar ek wil nou ook nie die bobbejaan agter die bult gaan haal nie. Tyd sal leer.😉

  32. 42

    Alta said,

    Nee dankie, hou maar verby met die grond en klippe.

  33. 43

    Dellie said,

    Hey Alta is die girls rerig so mooi in Kanada?:mrgreen:

  34. 44

    Swanger lusser said,

    Julle was nog nooit swanger en so lus vir iets dat jy jou man se organe sal verkoop daarvoor nie. Ek stop ook by boupersele en eet hande vol grond!!!!!

  35. 45

    Gesina dJ said,

    Ek het 20 jaar laas so lus gehad vir grond soos nou. Ek vrek na dit.

  36. 46

    Anoniem said,

    Ag neeeee!!!!!!!!!!!! Man sies dis net domgyt om grond te eet. Nee dn wg ek maar 2 dae vi kos ma ek sal ni grond eet ni. J mt seke ook n paar van ju vartjies verloor om guts te kry om grond te eet. Dink nt as j voel stront eet en j weet dit ni of dalk n klyn wurem tusen di grond dis nt flipen sies !!!!!!!!!!!!!!! :& (•͡˘˛˘ •͡).


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: