Sal jy kan?

As jou ander helfte more iets moet oorkom, sal jy vir julle gesin kan sorg? Op jou eie?

Ongeveer tien jaar terug het my liefie vir my hierdie vrae gevra. Hy was bekommerd, want ek was ‘n tuisteskepper. Ons het so ooreengekom voordat ons besluit het om kinders (wel, eventually net een) te hê. Ek wou by die huis wees en hom self grootmaak, self al sy eerstes ervaar. Daar was nie ‘n manier hoe daardie kosbare oomblikke vir iemand anders beskore sou wees nie! Op daardie stadium het hy ‘n goeie werk gehad, en alles was gedek. Maar sy kommer was “wat as ek iets oorkom?” Sou ek op my eie vir ons gesin kon sorg? Dis toe dat ek besluit het dat dit tyd was om iets te doen met my eie lewe, behalwe om ‘n goeie ma en huisvrou te wees. My seun was toe immers al tien jaar oud, en ek het gereken die grondslag is gelê vir ons om mekaar te verstaan en te kan gesels oor enige ding. Erens moes ek ‘n manier kry om ‘n inkomste te verseker, iets waarop ek op my eie kon staatmaak as dit nodig sou wees. Maar terselfdetyd wou ek nogsteeds daar wees vir my kind wanneer hy my nodig het. Die perfekte oplossing was om ‘n besigheid van my huis af te bedryf. En dis presies wat ek gedoen het. Op 26 September 1999 het die eerste student kom registreer by my sentrum…

Dit bring my by hierdie fiktiewe verhaaltjie:

Sannie is in matriek. Sy en Jannie raak halsoorkop verlief. Voor hulle weet wat aangaan, lui die huweliksklokkies. Hulle is baie gelukkig. Sannie is ‘n tuisteskepper van formaat, en sommer vinnig is klein Jantjie en Santjie ook daar. En Sannie is ‘n ma duisend, want sy maak self die kinders groot. Geen dagmoeders hier nie, dankie. Sy stimuleer die kinders op elke manier denkbaar, en is so betrokke by hulle opvoeding dat sy soms vergeet van Jannie. Maar net totdat die kinders rustig in hulle bedjies lê en luister na die klanke van die oseaan of die oerwoud om hulle aan die slaap te sus. Natuurlik nadat sy of Jannie stories gelees het. Daarna is dit Jannie-en-Sannie-tyd.

Hulle is voorwaar ‘n gelukkige gesin. Jannie is ‘n goeie broodwinner, (al spring hy rond van werk tot werk) en daar is niks te kort nie. Hulle ry met ‘n netjiese motor, die huis wat hulle gekoop het is vol goeie kwaliteit meubels en almal het genoeg om aan te trek en te eet. Die kinders gaan skooltoe, en neem deel aan alle buitemuurse aktiwiteite wat ekstra geld kos. Naweke gaan kuier die gesin by die viswaters. Vakansies by die see. Dit gaan regtig goed met hulle.

Een oggend, toe Jantjie maar 10 jaar oud is, en Santjie 8, word pappa Jannie nie wakker nie. Skielik is hulle hele wêreld op sy kop gekeer.

Sannie het geen kwalifikasies of werksondervinding nie. Sannie vind met ‘n skok uit daar is nie polisse wat uitbetaal nie. Jannie se salaris was nie genoeg om goed soos versekering en polisse te dek nie. En omdat hy nie baie lank by ‘n plek gewerk het nie, is daar nie sprake van enige voordele soos pensioen nie. Hulle het maar van die hand na die mond geleef, en eerder ekstra geldjies spandeer op luukses in plaas van om voorsiening te maak vir later. Hulle het geleef van dag tot dag, maand tot maand, jaar tot jaar…

Sannie sal nou moet sorg vir haar gesin. Wat gaan sy doen? Haar kanse om ‘n goeie werk te kry wat alles van die huispaaiement,  water en ligte, klere, tot na-skoolsorg en kos dek, is skraal…

Sal jy kan…?

Advertisements

18 Responses so far »

  1. 1

    maxie said,

    Dit was ‘n puik besluit aan jou kant 🙂

    Ons is werklik bevoorreg: ons het ‘n magdom polisse, aandele, baie sterk pensioenfonds, ensovoorts.

    (Pleks dat die hipotetiese Jannie en Sannie eerder van hul geld belê het as om dit te verkwis op luukses, maar nou ja, in baie huishoudings is dit ongelukkig ‘n realiteit).

    Ernstig: ek kry mense wat hulself in so ‘n posisie bevind met die broodwinner se afsterwe, regtig baie jammer.

  2. 2

    Zee said,

    Dellie, my ouers het my van vroeg af geleer om voorsorg te tref.. Vir my oudag asook vir ingeval ek of my man te sterwe sou kom. Ons knyp maar elke maand getrou ons paaiemente af. Op ‘n stadium het ons besef dat dit nie genoeg is vir die een wat moet agterbly nie en het die polisse bietjie opgestoot. Ons is in die gelukkige posisie dat as ons te sterwe sou kom ons werk vyf keer ons jaarlikse salaris ook sal uitbetaal. Dit is vir solank ons nou werk!

  3. 3

    meermin said,

    Nee ek sal nie kan nie!! Maar ek is seker as dit moet sal ek dit kan regkry!

  4. 4

    Eben said,

    Dellie dis ‘n goeie posting die en dit laat mens dink wat jy probeer se vir ons. Ek persoonlik het voorsiening gemaak vir my oudag asook as ek ter-sterwe kom. Dis so dat beide van ons werk, en ek haal my hoed af daardie vrou wat kan bekostig om by die huis te sit en nie nodig het om te werk.

    Ek en vrou praat baie oor ‘wat gebeur …’ Ek se nou al wat moet gebeur as ek dood gaan, moet ek begrawe word, moet ek veras word wat en wat…. Ek voel dis belangrik. My gesin weet presies waar is alles in die huis gebere. Daar moenie grappies wees en geskel ‘ … wonder waar de donner het Eben die en die polis se papiere gesit!’ 😆

  5. 5

    Pikkelik said,

    Dis bitter belangrik… Al eet jy pap en tik in plaas van Kook en geniet moet die polisse betaal word…

  6. 6

    demoerin said,

    Voorsorg is beter as nasorg..daar is twee dinge wat niemand behoort sonder nie, veral nie in SA nie…polisse/beleggings en mediese fonds.

  7. 7

    Dellie said,

    Ek is bly die meeste van julle maak voorsiening hiervoor.

    Kom ons verander die prentjie so effens – Jannie gaan nie dood nie, maar besluit om van Sannie te skei. Wat is Sannie se opsies nou? Sy gaan heel moontlik in die huwelik vasgevang bly, want sy kan nie op haar eie lewe nie. Wat word van haar lewe? Of wat as Jannie haar begin mishandel, en sy MOET eenvoudig daar uit kom…

    Sou sy wel die dapper stap neem om ten spyte van die donker wat voorlê, te skei, wat dan? Sy en die kinders gaan erens in ‘n buitekamer of ‘n garage gaan bly, want al kry sy werk, sal sy nie meer as dit kan bekostig nie. Jannie betaal dalk nie eers onderhoud nie, want hy behou geen werk lank genoeg nie.

    Ek skat die punt wat ek eintlik probeer maak, is dat vroue hulle self moet bemagtig – polisse alleen gaan nie help nie.

  8. 8

    Roer said,

    Delsch, ja, dis hoekom ons nie sulke groot voorstaanders van polisse is nie (shock, horror! 🙂 ) alhoewel ons ‘n paar het. Eerder eiendom.

  9. 9

    RB said,

    Ek ken mense met wie die ‘Jannie en Sannie’ gebeur het, die oom is oorlede en die tannie moes skielik werk soek op mper 50, want sy was ook ‘n huisvrou, mooi kar, net Woolworths kos is hul huis en kinders net die beste.
    Ja dit was moeilik, want hulle moes die huis verkoop waarin al die seuns groot geword het, en die tannie moes iewers in ‘n woonstelletjie gaan bly. HUlle het nog ‘n seun in die Laerskool gehad.
    Ek dink dit het gemaak dat ek en my man baie anders na die situasie kyk en altyd sorg dat die polisse eerste betaal word, sommer hoog op die budget lys.

  10. 10

    Paula said,

    Ek wil nie eers daaraan dink nie ….

  11. 11

    cebella said,

    Ek is ‘n tipiese Suikerbossie! Ek kan nie kos kook nie en dinge soos banksake is ‘n bietjie Grieks! Ek sal erg swaar kry

  12. 12

    Kokkewiet said,

    Hmmm, 7jaar terug sou ek gesê het nee ek sal dit nie op my kan maak nie, maar vandag op my eie en ‘n seun, kan ek sê ja ek het dit reggekry.

    Dit was nie maklik nie!Dellie, ek stem saam, vrouens moet hulleself bemagtig en nie alles aan die man oorlaat nie.

  13. 13

    Anoniem said,

    Dit het met my gebeur toe ek 28 was. Dit is nie maklik nie, maar die Here het n vrou sterk gemaak. Sy leer om vir haar gesin te sorg. Dit is agt jaar later en al drie my seuns is nog by my. Mooi groot en gedissiplineerd. Ek is trots op myself om na hulle te kyk en te weet dat ek hulle alleen grootgemaak het. Trou sal ek nie gou weer nie, want ek dink die man moet voorsiening maak vir die tipe goed en vandag se mans is te slap om rerig voorsiening vir hulle huise te maak. Ek is een van die vrouens wat met trots kan se ek het dit gedoen en oorleef. Dit was nie altyd maklik nie, maar dank die Heer dat Hy oor ons gewaak het en my deur een van die grootste beproewinge gehelp het.

  14. 14

    Dellie said,

    Kokkewiet, Anoniem Ek is sooo trots op julle! Ek weet uit die dinge wat rondom my gebeur, hoe moeilik dit is vir ‘n vrou om te sorg vir haar gesin. Maar eintlik het ek nog nie ‘n idee van hoe moeilik dit vir julle moes wees nie. My resprek girls, julle is sterk, en ek kyk op na julle! 😉

  15. 15

    Adrie said,

    Ek het nie ‘n gesin om te versorg nie, dus kan ek nie juis my bekrek nie.

    Maar as ek so uit my hoekie die wereld beloer, dink ek jy moet stapelgek wees om die dag wat jy trou van ‘n man afhanklik te word.

  16. 16

    Dellie said,

    Adrie, ja, dis sad, maar dis die realiteit van die situasie. Op daardie stadium dink jy nie daaraan dat hierdie man nie eendag daar gaan wees om vir jou te sorg nie. En as jy die dag daar land wanneer jy alleen moet sorg, is dit effens nag…

    Weereens is die punt dat vroue hulle self moet bemagtig en in staat moet stel om te sorg vir hullle self en vir hulle kinders. Maar nie almal is in staat om dit te doen nie.

  17. 17

    Adrie said,

    Dellie

    Wat my die bloublesbliksem in maak is dat die vroue dikwels saam met hulle kinders mishandel word omdat die vrou dit nie kan bekostig om te waai nie.

  18. 18

    Dellie said,

    Adrie Ek WEET! 😯


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: