BP / MC Projek

Onthou julle dat ‘n paar van ons verlede jaar die Abraham Kriel Kinderhuis ondersteun het? Die poging was bietjie laat, maar ons het darem iets probeer. Sommige ondersteun hulle nogsteeds, en dit is wonderlik. Hier is nou weer so ‘n geleentheid waar ons ‘n verskil kan maak as ons saamstaan. Die Afrikaanse bloggemeenskap het geweldig gegroei in die afgelope jaar, so ek is seker as ons elkeen ‘n deeltjie doen, kan ons iets bereik. Dis nou tyd om kleinlike verskille opsy te skuif en die groter prentjie te sien.

Ek praat natuurlik van Bosparra se Missing Children projek waar hulle poog om teen die einde van November ‘n miljoen rand in te samel vir Pieter Boshoff en sy span by Missing Children. Hierdie mense doen wonderlike werk. Kan jy jou voorstel hoe dit moet voel as jou kind wegraak? Hulle het fondse ernstig nodig om hulle werk te kan doen.

Daar is baie maniere waarop jy kan help, gaan lees gerus hierdie possie waar alles verduidelik word. Click op die BP/MC banner hier langs die kant, dan kan jy ook self gaan kyk hoe ver die projek al gevorder het. Daar is ‘n afdeling vir “Bosparra veiling” waar jou hamper sal verskyn, sodat mense vooraf kan sien waarop hulle bie. Ek wil hier spesifiek konsentreer op hierdie manier om te help.

Ons klompie vrek oor tags, right? Ek gaan ‘n tag begin – ene wat die moeite werd is. Hier is wat jy moet doen:

Maak ‘n “hamper” op wat opgeveil kan word op Bosparra. Dit kan min of meer die volgende bevat:

1. Enige bottel Wyn

2. Iets ‘uniek’ wat mense met JOU blog kan identifiseer (Die ene breek my kop, miskien ‘n skaapoog? Hie-hie!)

3. ’n Slab/boksie van jou gunsteling Tjoklits/sweets

4. Platkuif sal 2 Bosparra t-shirts, 2 caps en 2 koffiebekers ingooi

5. Enigiets anders wat jy wil bysit, soos ‘n getekende CD of boek of whatever

Jy kan natuurlik mal gaan met die inhoud van jou hamper. Die keuse is joune. Moet nou net nie die dam onder die eend uitruk en vreeslik baie onkostes aangaan nie. Hou dit darem bekostigbaar vir jouself ook. Gaan hierheen en laai jou hamper details, en ‘n foto daarvan as jy wil. Dit sal dan opgeveil word by BP. Soos ek verstaan, word twee veilings per dag gedoen, een rondom middagete, en een na agt in die aand.  Daar was alreeds ‘n paar suksesvolle veilings. Die persoon met die hoogste bod, betaal die geld direk in MC se bankrekening in, dus is daar nie sprake van ongeruimdhede rondom die geld nie. Al die besonderhede is op die website. Sodra dit gedoen is en die bewys deurgefaks is, sal Platkuif of Fokk jou laat weet wat die adres van die hoogste bieër is, en jy pos die pakkie. Maklik. En rerig nie baie moeite nie.

En dan die belangrikste van alles – jy tag weer vyf bloggers om dieselfde te doen! Komaan mense, al hou jy nie van Bosparra of Platkuif of die mense wat daar kommentaar lewer nie – hierdie gaan oor groter dinge. Maak oop jou kop en hart en sien verby die dinge wat krap vir nou. Ons kan later weer lekker fight. Wapper seblief die wit vlaggies vir die volgende paar weke? Deur samewerking kan hierdie projek ‘n wonderlike sukses wees. Ek dink in elk geval dat dit reeds ‘n groot sukses is, want elke sent wat reeds ingesamel is, is ‘n sent wat hulle nie voorheen gehad het nie.

Nou ja toe, die mense wat ek tag is…. (drumroll please!)

Zee

Eben

Pikkelik

Wipneus

Botter

Gaan maak seblief julle hampers reg, en laai dit so gou as moontlik. En byvoorbaat dankie dat julle saamspeel! Onthou, dit gaan oor die kinders…

PS. As jy nie wil saamspeel nie, gaan ons nie vir mekaar kwaad wees nie. Die keuse bly joune.

Update 01:56 PM: As jy dit rerig nie kan regkry om verby al die verskille te sien nie, volg Wipneus se roete. Of vertel net ten minste vir iemand van die projek. Moenie dat jou siening van sekere mense en blogs jou uitkyk so vertroebel dat onskuldiges daaronder lei nie.

25 Responses so far »

  1. 1

    Wipneus! said,

    Dellie whahahaha wat vang jy nou aan!!!! 😆

  2. 2

    Jenny said,

    Dellie, hoe kry ek die banner op my blog? ek wil ook ‘n link opsit.

  3. 3

    Pikkelik said,

    Dis ‘n deal…. Sê my net hoe de ******** gaan ek dit daar kry??? Of is daar reëlings wat ek nou weer mislees… Mail my please!!!

  4. 4

    Dellie said,

    Wippie, ek probeer help sonder om te oordeel.😉

    Jenny, ek het vir jou die code vir die banner gemail.

    Pikkie, baie dankie! Jy maak die hamper op en laai ‘n foto en besonderhede daarvan op die site. Jy hou alles by jou. Platkuif of Fokk sal jou kontak met die koper se adres besonderhede, en jy pos dit direk aan die persoon. Dit gaan nie eers na Platkuif toe nie. Hy sal net die t-shirts, caps en bekers pos van sy kant af. Dit spaar baie moeite.😉

  5. 6

    Pikkelik said,

    Thanks Dellie – sal so maak…. Oi, joi, joi, joi, joi!!!!

  6. 7

    Wipneus! said,

    Hi Dellie, ek het jou tag gedoen!!! Bietjie skeef maar ek het my bes probeer!!! Dankie dat ek kon saamspeel! 😆

  7. 8

    Adrie said,

    Dellie

    Sit ‘n bottel goeie vonkelwyn in vir Sprankel.

  8. 9

    Paula said,

    Wonderlike gedagte!

  9. 10

    Pikkelik said,

    HEEEEEEEEEEEEEHAAAAAAAAAAA Dellie!!!

  10. 11

    Dellie said,

    High Five Pikkie!😉

  11. 12

    Emil said,

    A3, hoekom skenk jy nie ‘n kannetjie OBS nie😆

    Mooi Dellie! Dit is vir ‘n goeie doel! As nie deur bosparra, ondersteun dan direk!

  12. 14

    Zee said,

    Dellie, ek sal maar Wipneus se roete volg…

    Wat ‘n wonderlike gedagte om so baie mense bewus te maak vir ons kinders se welsyn!

  13. 15

    Dellie said,

    Dankie Zee, ek weet dat elke bietjie help!😉

  14. 16

    Bottertjie said,

    Dellie, net ‘n vraag? Hoe is dit moontlik om ‘n R1000 uit te haal? Wie kan soveel bekostig? Ek kan definitief nie. Ek weet dis vir ‘n goeie doel, maar is dit nie bietjie te veel gevra vir ‘n hamper met ‘n bottel wyn, hemp en boek nie? Ek weet hulle probeer soveel as moontlik en so vinnig as moontlik geld in te samel en die sterre kan dit definitief bekostig, maar nie ons gewone siele nie?!

  15. 17

    Dellie said,

    Botter, as jy Wipneus se roete wil volg, hoef dit nie R1000 te wees nie, selfs R100 of R50 sal doen. Of jy kan ‘n blokkie gaan koop vir R100 by BP, dan staan jy nog ‘n kans om ‘n prys ook te wen.

    Ek kan dit ook nie R1000 bekostig nie, dis hoekom ek eerder ‘n hamper sal skenk. Wanneer jy jou hamper laai, sit jy die koste verbonde daaraan in, maw wat jy reken die hamper werd is. DIT is jou bydrae, die hamper. Die mense wat bie daarop gaan nie noodwendig die prys betaal wat jy dink dit werd is nie, maar die feit is dat jy die hamper geskenk het en die opbrengs uit die veiling dan na MC gaan, ongeag hoeveel dit is. Miskien nie eers die helfe van wat jy gedink het dit werd is nie. Jy hoef nie te gaan bie daarop nie, jy skenk net die inhoud van jou hamper vir die veiling en pos dit op die ou end vir die hoogste bieër.

  16. 18

    Bottertjie said,

    OOOOOOOOOOOOOOO!!!! Ek het gaan lees op Wipneus se blog, maar kon nie sien hoeveel sy gegee het nie, maar ek het so by myself gedink: Wow! ‘n duisend rand!!!! Sy is bevoorreg om soveel te gee. Ek het seker maar erens misgelees of something! Ek dink ek sal maar my hampertjie se prys laag hou vir die gewone mensetjies wat bie. Dalk moet ek een van my paintings bysit? MMM, dis ‘n idee….

  17. 19

    Dellie said,

    Jip Botter yes! ‘n Painting van jou sal dit sooo persoonlik maak, en dis juis wat moet gebeur! Ek gaan my hamper ook baie bekostigbaar hou. Ek sukkel nog om iets unieks te kry wat met my blog geassosieer kan word…:mrgreen:

  18. 20

    Bottertjie said,

    Uhm (verleë, met toon wat grawe in die grond en vinger in die mond), okay, ek moet ‘n foto neem van my hamper en vir Bosparra dit mail met hoeveel ek dink dit werd is? Sorry, my brein is bietjie stadig vandag!! En, uhm, kan ek hul mail adres kry asb??

  19. 21

    Dellie said,

    Hier is die link waar jy jou hamper laai, met of sonder foto. Jy kan al die details van jou hamper daar laai, en wat jy dink dit werd is. http://bpmc.bosparra.com/index.php?ct=14 En jy kan vir Platkuif kontak by platkuif@bosparra.com, of vir Fokk by webmaster@fokk.co.za as jy onseker is oor enigiets.😉

  20. 22

    Wipneus! said,

    Bottertjie ek is nie bevoorreg nie, ons besigheid gee maandeliks ‘n bedraggie aan een of ander organisassie en hierdie een was maar net deur Dellie gepromote :mrgreen:

  21. 23

    Bottertjie said,

    Wel dan Wipneus, dan is jy bevoorreg om by so ‘n besigheid te werk!

  22. 24

    […] voel dalk anders.  Ons kan hopenlik probeer help om meer kinders veilig te vind.  Loer gerus hier en hier om betrokke te […]

  23. 25

    […] voltooi Dellie… Posted on October 24, 2008 by Pikkelik Die 13de Oktober het Dellie ons getag om ook ‘n hamper bymekaar te kry vir Bosparra se Missing Children projek.  Wel, […]


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: