Weet jy?

As dit ‘n mier drie dae neem om ‘n week te loop, hoeveel pitte is in ‘n paw-paw?

Hierdie tergende vragie kom somewhere uit my kinderjare uit… maar ek het nog nooit die antwoord daarop gekry nie. Weet jy dalk?

20 Responses so far »

  1. 1

    Eben said,

    523 pitte!!

    Eerste .!!!!!!!!!!!

  2. 2

    Roer said,

    Tussen ‘n 100 en 400 (dankie wiki), maar wat dit te doen het met die mier, weet nugter alleen.😆 Iewers mis ek natuurlik nou weer iets…

  3. 3

    Soveel pitte as wat ‘n mier vat om ‘n week in 3 dae te loop, natuurlik!
    😆

  4. 4

    Dellie said,

    Hie-hie Kaalvoet, op hierdie stadium maak jou antwoord die meeste sin!😆

    Ek probeer om die oom (my pa se swaer) op te spoor wat hierdie vragie jare terug vir my gevra het. Hy was ook die eerste ene wat my “Dellie” genoem het, en vandaar het die bynaam gestick. Daar moet ‘n flippen antwoord wees op hierdie vraag!

    Maar intussen is julle welkom om julle mees creative antwoorde hierop te los… dit behoort heel prettig te wees!😆

  5. 5

    Pikkelik said,

    Huh-uh ek weetie, maar as jy vir elke mier een paw-paw pit gee gaan daar dan 253 pitte in die paw-paw wees en gaan die miere miskien 5 dae aan ‘n week loop???

  6. 6

    boendoe said,

    Daai f%kken miere moet stadiger begin loop. As iemand iets te se het oor produktiwiteit, word die miere altyd ingesleep. Hoekom? Omdat hulle net drie dae aan ‘n week loop. Dis absolute nonsens. Hoekom kan hulle nie, soos die res van ons, ‘n week in sewe dae loop nie? Dis sommer gatterigheid, as jy my vra. En, op die keper beskou, is miere die oorsaak dat ons altyd gedruk word om harder te werk.

    Ek vermoed daar is soveel pitte in ‘n paw-paw as wat daar miere in die nes is. Een pit per mier. Hou die paw-paw bo die miernes, kophoogte, en dan laat val jy hom. Elke pit behoort ‘n mier te tref.

    Dis maar my teorie, maar tans is ek baie verveeld en lus vir strontpraatjies! :mrgreen:

  7. 7

    White Knight said,

    Dellie

    As ‘n mier drie dae loop aan ‘n week kan ek jou nou ‘n weddeskap aangaan dis nie ‘n swartmier nie.😈

    Die hoeveelheid pitte in ‘n paw paw hang af van die grote van die bok se behoefte.😉

    Sal nogal sy antwoorde wil hoor.

  8. 8

    Bottertjie said,

    Waarheen loop die miere? Hoeveel miere is daar? Is hulle nie suppose om te werk nie, miere werk mos, hul loop nie rond nie! Dalk vat dit die klein bliksempies ‘n week om by die donerse paw-paw uit te kom, wat intussen besig is om vrot te word en wanneer hulle eventually by die blerrie paw-paw kom, is net die pitte oor, want die vokken wurms het die hele donnerse paw-paw opgevreet! Sjoe, ek is nou uitasem!
    Of dalk is dit ‘n dom ding soos: Ag, duh, miere en paw-paws het niks met mekaar te doen nie, so jy is eintlik ‘n lekker paw-paw (poepol)!!!
    Uhm, sorry Dellie, ek sal myself nou gaan wiks daar in die hoekie vir my taalgebruik!

  9. 9

    Dellie said,

    Whahahaha! Julle antwoorde is briljant!😆 Hou so aan!

  10. 11

    Hoe kan dit ‘n mier 3 dae neem om ‘n week te loop. Daar is dan 7 dae in ‘n week?

  11. 12

    Dellie said,

    Die mier is skynbaar baie haastig, Rosa…:mrgreen:

  12. 13

    Krista said,

    Ekke sal maar agter in die klas in die hoekie gaan sit . . .😦

  13. 14

    Dit hang af hoeveel paw – paw’s is in ‘n week?

  14. 15

    demoerin said,

    😆 Ek dink dit hang af of die mier die pitte moet dra terwyl hy loop, en waarheen is by oppad?

  15. 16

    Wondernet ®© ♂♪♥♀ & WP said,

    As jy die pitte tel en jy maal dit met die hoeveelheid tree wat die mier in die drie dae gee en deel dit dan deur die getal dae in ‘n jaar en kry dan die vierkantswortel van die antwoord dan betekend dit jy het nie genoeg tandepaste in die buisie nie en die toiletpapier is op en die rolletjie lê op die vloer onder die toilet waar die kinners dit gelos het en die waslap lê op die stort se vloer.😆

  16. 17

    Dellie said,

    lol @ Wondernet!😆

  17. 18

    […] than others” opgesê. Partykeer kan sy ook rondrol van die lag as sy die visioen van die Paw-Paw kry wat die Koningin se Engels verkrag of baie hartseer wees as sy die een sien van die naarhede […]

  18. 19

    koedoe said,

    dit sal seker nie langer as n week vat nie die etters teel nog in lunch tye

  19. 20

    Ansie said,

    Ek wil weer graag weet hoeveel pitte het ‘n springmielie?


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: