Versigtig…

Ja, dis amper weer sulke tyd. Terwyl almal nou begin gereed maak vir Halloween, neem asseblief ‘n paar minute en lees deur hierdie reëls om seker te maak almal is veilig:

  1. Moenie sommer net aanneem dat telefoonoproepe van ander huise af gemaak word nie.
  2. As dit lyk of jy die monster doodgemaak het, moet om hemelsnaam nie aan dit skop om seker te maak nie. HOL!
  3. Dames – as jy ‘n vreemde geluid buite hoor, moenie net in jou t-shirt en g-string gaan ondersoek instel nie. Dis soos ‘n open invitation om afgemaai te word. As jy rerig met die noodlot wil speel, gaan trek ten minste eers die aaklige sweetpak met die hobbelknieë aan voordat jy dit doen.
  4. Moet nooit enige boek wat demons summon hard lees nie – nie eers vir die grap nie.
  5. Moenie uitgaan en die fusebox gaan inspekteur as die krag afgaan nie – hou maar ‘n kersie byderhand.
  6. As jou kinders skielik begin om Latyns of enige ander taal te praat wat jy nie ken nie, skiet hulle dadelik. Dit sal jou op die ou end baie moeite spaar. Dit kan nietemin ‘n hele paar skote neem om hulle dood te kry, so wees voorbereid. Dit geld ook vir wanneer jou kinders met ander mense se stemme begin praat.
  7. As julle ‘n paar mense is, moet NOOIT opsplit en alleen vreemde geluide gaan ondersoek nie.
  8. Moenie teenoor jou vriende spog dat jy nie ‘n bang haar op jou kop het nie – veral nie met jou rug na ‘n venster nie.
  9. Moenie seks hê nie. Veral nie as ‘n paar van jou vriende alreeds verdwyn het nie.
  10. As ‘n algemene reël, probeer om nie legkaarte te voltooi wat ‘n deur na die hel sal oopmaak nie.
  11. Moet nooit bo-op, in of langs ‘n graf of grafkelder staan nie.
  12. As jy dink dat die vreemde geluid wat jy gehoor het, net die kat was, moenie net daar staan en sug van verligting nie, GET THE HELL OUT OF THERE!
  13. As jou kombuistoestelle op hulle eie begin operate, moenie soek vir kortsluitings nie, HOL!
  14. Moet niks vat by dooie mense nie.
  15. As jy deur ‘n verwaarloosde dorpie ry en geen lewende siel sien nie, is daar heel waarskynlik ‘n rede daarvoor. Moenie stop en rondkyk nie, sit voet in die hoek!
  16. Moenie eksperimenteer met kloning en DNA nie, tensy jy rerig weet wat jy doen.
  17. As jy van ‘n monster af weghardloop, gaan jy ten minste eenkeer erens oor iets struikel en neerslaan. Miskien ‘n hele paar keer, as jy ‘n vrou is. Let ook net op dat ten spyte van die feit dat jy so vinnig hol soos wat jy kan, en die monster net so agter jou aanhop, hy nogsteeds vinnig genoeg is om jou in te haal.
  18. As jou vriende skielik vreemde neigings begin toon, soos om te sis, gefassineerd is met bloed, oë wat gloei, meer hare as gewoonlik op plekke wat nie gewoonlik hare het nie, slagtanne wat skielik oor hulle lippe hang, en so voorts, skiet hulle onmiddelik.
  19. Bly weg van sekere plekke soos Amityville, Elm Street, Transylvania, Nilbog, die Bermuda Triangle of enige klein dorpie in Maine.
  20. Wanneer jou kar langs ‘n eensame pad in die donker sonder petrol gaan staan, moenie na die verlate huisie in die verte toe gaan om hulp te ontbied nie. As jy dink dis weird om so sonder petrol te gaan staan, nadat jy gedink het die tenk is nog 3/4 vol, skiet jouself maar eerder. Jy gaan in elk geval doodgaan, en heel moontlik geëet word.
  21. As jy skielik uitvind dat jou huis op ‘n begraafplaas gebou is, is dit die ideale tyd om by die skoonfamilie in te trek. Dit geld ook vir huise waar die vorige inwoners mal geraak het, selfmoord gepleeg het of op een of ander horrible manier dood is, of satanistiese rituele toegepas het.
  22. Wees versigtig vir vreemdelinge met vreemde tools. Soos bv kettingsae, elektriese kombuismesse, nailguns, grassnyers, snoeiskêre, soldeer boude, staple guns… of enige ander wapens wat aanmekaar gesit is van kopbene of geraamtes.

Nou ja, hier is die riglyne, moenie sê julle was nie gewaarsku nie. Geniet Halloween!

14 Responses so far »

  1. 1

    Sonkind said,

    😆 😆

    Dankie vir die lekker lag so in ‘n potbloue week, al het die Bulle verloor!😉

  2. 2

    boendoe said,

    😆 😆

    60 000!!! 😯 Geluk! Gaan ons dan paartie hou?

  3. 3

    mockajava said,

    Ja wel al die teachers moet vrydag opdress vir halloween vir die kids, hulle gaan scary movies by die skool kyk,gelukkig is dit nie my kinders nie,veral nie in die aand nie.

    Kerse, baseballbat,is gereed as iemand my kom pla terwyl ek slaap,hehe🙂

  4. 4

    Dellie said,

    Ja Sonkind, die Bulle… ek wil nog nie daaroor praat nie…😦 Maar anyway, life goes on! Bly ek kon jou bietjie laat smile!😉

    Boends! Kan jy dit glo?😯 Ons sal moet party hou!:mrgreen:

    Mocka, ja nee hoor, jy is beslis voorbereid met daai baseballbat! Gaan jy vir ons foto’s wys van die onnies? Hier by ons is Halloween mos nie eintlik groot nie, of bly ek onder ‘n klip?

    Wel, ons gaan Vrydag aand die gansdans leer… ons gaan DJ Ossewa kyk!:mrgreen: Die prentjie van myself wat die gansdans doen – Dis scary!😆

  5. 5

    White Knight said,

    Dagse Dellie

    Baie oulik geskryf. Die naarheid is net dat sommige van daai dinge waar is.🙄

    Geniet die gansdans, moet jy eers teer en veer voor die tyd?😳

    Groete

  6. 6

    Spook said,

    Ek is gelukkig 30km van die naaste dorp af.
    Al nagvertonings wat ons hier het is verskietende sterre.
    En dit maak gelukkig nie die honde bang nie…😉

  7. 7

    Dellie said,

    Whahaha White Knight, ek hoop nie so nie!😮 Maar ons is mos game vir enigiets – miskien is ons na die tyd geveer en geteer!😆

    Ag Spook, hoe lekker! Ek het beitjie vergeet om vir die sterre te kyk Saterdagaand…:mrgreen:

  8. 8

    Pikkelik said,

    😯 😯 Ek sidder…. 😆 😆 Maar ernstig, ek raak skoon moedeloos as ek dink aan die krekkers en vuurwerke en my arme brakkies….. :mrgreen:

  9. 9

    Adrie said,

    Niemand wat kloon weet regtig wat hulle doen nie.l

  10. 11

    Nelba said,

    Onthou om nie by trappe OP te hardloop as ‘n monster jou jaag nie. Dis selde ‘n goeie idee.

  11. 12

    carina said,

    En moet om hemelsnaam nie gaan stilstaan en terugkyk nie!!! Ek het nou baie lekker gelag.

  12. 13

    demoerin said,

    😆 Dit is uitstekend, juis gisteraand op BBC was die My Family Halloween episode…. hahaha veral die kelder, hoekom donner almal altyd die kelder in as hulle iets hoor…. ek gee egter nie om oor nommer 3. nie, imagine net……

  13. 14

    […] week in ‘n neutedop….. Op hierdie heuglike Halloween viering (ek sal nog steeds nie omgee vir die wat nommer 3 wil doen nie, hardloop maar rond soos […]


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: