A toast to you

Hier erens naby vieruur gistermiddag het ek 60 000 hits gehaal sedert ek in Oktober verlede jaar by WordPress begin blog het. Cool, né?😎

Hits het my nog nooit gepla nie, maar ek dink die ene verdien ‘n spesiale dankie. Dit is tog lekker om te sien dat julle hier lees en deelneem. Julle almal. Ja, selfs die ouens wat nog nooit kommentaar gelewer het nie. Ek is bly dat ek julle so af en toe kan vermaak.

Dankie vir die deel van ‘n glimlag, ‘n histeriese gegiggel, die gekskeer, woede, ander perspektief, raad, trane, hartseer en bemoediging. Dankie dat ek soms die lewe en die wêreld deur jou oë kan sien, en dankie dat jy my nie oordeel wanneer jy ‘n kykie in myne kry nie. Ek het nooit kon dink dat julle almal so belangrik sou word in my lewe nie. Julle voel kompleet soos familie.

Thanx, dis nogsteeds vir my soooo lekker om te blog! Ek klink ‘n glasie op julle!

28 Responses so far »

  1. 1

    boendoe said,

    Gmff!! Die minste wat jy kan doen, is om te kyk dat daar pienk J C le Roux is waarmee ons kan toast! Maar wat, koffie sal ook doen. 😆

    Geluk, geluk, geluk! Dis ‘n prestasie van epidermiese proporsies! Ek is mensalleen verantwoordelik vir seker 20 000 van daai hits. Elke oggend kom kyk ek honderde kere of daar al iets op is. (Moet tog probeer uitvind hoe daai feed-ding werk!)

  2. 2

    Dellie said,

    Boends, ons is mos in die virtual wêreld! Hou jou glasie, dan skink ek vir jou pienk J C le Roux!😆 Tjorts!

    20 000 sê jy?😯 Thanx girl, sodra ek 100 000 slaan, sal ek jou vertel hoe werk die feeds…:mrgreen:

  3. 3

    Adrie said,

    Baie geluk Dellie.

    Mag jy nooit moeg raak vir blog nie.

    He He He – Jammerte hits is nie geld nie.

  4. 4

    boendoe said,

    Oi. Thanks vir nothing, hoor. 🙄

  5. 5

    Suz said,

    Cheers, Baie Geluk Dellie, mag ons sommer nog baie lank met jou opgeskeep wees😛

  6. 6

    mockajava said,

    Baie geluk, soos Adrie se, dis jammer mens kan nie dit soos e-bucks gebruik nie. Sou interesant gewees het.🙂

  7. 7

    ivorybar said,

    Geluk – dankie vir jou pragtige ‘site’ ek ‘comment’ nie altyd nie maar geniet jou storietjies geweldig

  8. 8

    White Knight said,

    Dagse Dellie

    Baie geluk en ek hoop saam SUZ dat ons nog baie lank met jou opgeskeep mag wees.😛

    Groete en nie te veel kopseer fees vier nie😉

  9. 9

    meermin said,

    Baie geluk!!

  10. 10

    NetJane said,

    Baie geluk!!

    Ek drink sommer ‘n paar glasies op jou.

  11. 11

    Didikind said,

    Geluk mede-inwoner van ons sirkelstad. Jy hou ons naam hoog!

  12. 12

    Jaco said,

    Baie geluk Dellie

  13. 13

    Dellie, baie geluk.

    Jy was destyds my heel eerste hit…

    Ek klink ‘n glasie Graca op jou!

  14. 14

    Carolina said,

    Ek drink graag ‘n glasie saam met jou!! Veels geluk!
    Nogmaals dankie vir jou vriendelike hulp met my seun se skool se blog!! Die skool en leerlinge is beindruk!
    Thanx

  15. 15

    Dellie said,

    Dankie julle almal, sonder julle sou dit nie moontlik gewees het nie. En as hits geld was – man, ons sou darem ‘n party kon hou wat vir niks skrik nie! Hie-hie, sou sommer ‘n bus gehuur het en almal na ‘n sentrale punt geneem het en gejol het dat die biesies bewe. Ag ja, ons kan droom né!😆

    Wag-‘n-bietjie, ek onthou sowaar? Jinne, dit voel ook al soos ‘n leeftyd terug! Dis lekker om jou weer hier raak te lees.

    Carolina, ek is bly ek kon help. Moet sê, dit lyk al te spoggerig. Onthou, ek is hier as julle nog hulp nodig het.😉

    White Knight, vandag word darem net met virtual glasies gevier… ek het nog nodig om te herstel, anders gaan my lewer ernstig begin protesteer. Dan doen ons dit sommer met vrugtesap (vir jou), koffie en gemmerkoekies!:mrgreen:

  16. 16

    Krista said,

    Baie geluk, hoor!

  17. 17

    Snoopy said,

    Ek se ook MOOI SO ! Hou so aan, ons geniet jou !

  18. 18

    cebella said,

    geluk! Ek sal ‘n ietsie op jou nuttig😉

  19. 19

    Karl said,

    Great. Maar as jy talent het, het jy dit.
    Krista, COOL avatar dingetjie.

    Karl

  20. 20

    Wipneus! said,

    Baie geluk Dellie, mag ons jou nog lank lees! 🙂

  21. 21

    maxie said,

    Geluk! Kan nie wag vir die volgende 60 000 nie!

  22. 22

    DieWolf said,

    Baie geluk, Delie!

  23. 23

    DieWolf said,

    Ek bedoel Dellie met die twee l’e.

  24. 24

    Carina said,

    Baie geluk hoor!000000000000

  25. 25

    Zee said,

    Dellie, baie geluk. Ek dink ek is nou 60,269…

    Ek wonder of daar nog so ietsie te drinke is vir my. Dit sal darem nou lekker wees jong! Ek hou my ROOSKWARTS kristal uit!

  26. 26

    boendoe said,

    Oukie dokie! My feeds is in plek. Jou volgende 60 000 gaan van nou af baaaaaie langer vat! :mrgreen:

    Thanks!

  27. 27

    Eben said,

    Ek stem saam Boendoe, ek het weer die ander 20 000 besoeke gedoen. Jaaaaa gaan kyk bietjie na jy met onse twee maats gemaak het, het jou hits baie vinniger opgegaan!!😆

    Hi Dellie ….. Geluk jong, en weet net ons geniet dit baie om hier by jou te kom kuier.

  28. 28

    Alta said,

    Baie geluk en mag die volgende 60 000 baie vinnig kom!


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: