Het jy ‘n lewe?

Ek weet nie van julle nie, maar vandat ek begin blog het en meer op die Internet rondbeweeg, vind ek dat daar mense daar buite is wat sukkel om onderskeid te tref tussen die werklikheid en hierdie virtual reality. En as ek die dinge lees wat op sommige blogs kwytgeraak word, hetsy deur die blogger self of die mense wat kommentaar lewer, rys my hare in my nek. En ek wonder of hulle ‘n lewe het buite hulle rekenaars?

Kyk, dis ‘n wonderlike wêreld, ‘n plek waar interaksie plaasvind, sonder aangesig tot aangesig kommunikasie.  En jy weet wat hulle sê:

“Teach a man to fish, and you’ll keep him busy for a day. Teach him how to use the internet, and he won’t bother you for weeks…”

Dus kan niemand vandag meer sê dat hulle verveeld/alleen/oningelig is as hulle toegang tot die internet het nie. Dit maak die wêreld klein en toeganklik vir almal. Maar elke sport het ook sy beserings, en onwillekeurig moet ons besluit of die ander party opreg is en die waarheid praat, of besig is met ‘n virtuele speletjie wat net hulle verstaan.

Ek skat dit is ‘n 8ste sintuig wat ons almal so met tyd gaan ontwikkel – ‘n stemmetjie binne jou wat jou waarsku om versigtig te wees. Toe lees ek vanmore hierdie berig in die Volksblad, en dit bevestig net wat ek vermoed het.

Internet raak glo mens se evolusie

Die internet verander nie net mense wêreldwyd se leefstyl nie, maar ook glo die manier hoe ons breine werk.

’n Onlangse studie deur neurowetenskaplikes dui daarop dat dié evolusionêre verandering tegnologies bekwame mense in die toekoms boaan die nuwe sosiale rangorde sal plaas.

Dr. Gary Small, ’n neurowetenskaplike van die Universiteit van Kalifornië wat in breinfunksie spesialiseer, het bevind internetsoektogte en selfoon-teksboodskappe, soos SMS’e, rus mense se breine beter toe om inligting te verwerk en vinnige besluite te kan neem.

’n Studie onder 24 volwassenes het volgens hom gewys ervare internet-gebruikers het dubbeld soveel aktiwiteit in die brein-areas wat met besluitneming en komplekse redenasie verband hou as ander mense.

“Wat ons dus besig is om te aanskou, is dat tegnologie ons evolusie begin beïnvloed.”

Small beweer die brein is baie sensitief vir veranderinge in die mens se omgewing, soos dié wat deur tegnologie teweeggebring is.

Al kan tegnologie die leerproses versnel en kreatiwiteit aanwakker, waarsku Small dit het ook nadele.

Party mense kan volgens hom internet-verslaafdes word wat net “virtuele” vriende het.

Sulke mense kan sosiale afwykings ontwikkel. Die koms van die internet het volgens Small reeds ’n dramatiese styging in gevalle van aandag-afleibaarheidsindroom (ADD) tot gevolg gehad.

Small meen mense met die regte mengsel van tegnologiese en sosiale vaardighede sal in die toekoms baie suksesvol wees.

“Ons sien tans ’n evolusionêre verandering. Die mense in die volgende generasie wat ver gaan kom, sal dié mense wees wat tegnologiese én interpersoonlike vaardighede, van aangesig tot aangesig, kan bemeester,” het Small gesê. “Dis die mense wat sal weet wanneer die beste antwoord op ’n e-pos of teksboodskap ’n werklike gesprek is.”

Die geheim is seker om balans te kry tussen die twee realiteite. En met tyd sal ons seker almal daar kom.

19 Responses so far »

  1. 1

    boendoe said,

    *sug*

    Ek moet nog daai balans regkry. Laat ek eerder nie uitbrei nie… :mrgreen:

  2. 2

    meermin said,

    My lewe is my kinders, my diere, my werk! Internet gelukkig is ek nie ‘n verslaafde nie!! Lees blogs, los comments, daar is tye wat ek nie eers amper my eie blog lees nie, omdat daar net nie tyd is nie, ons is te besig hier by die werk! Die afgelope 2 weke het ek bitter min blogs gelees en selfs inskrywing gemaak. Ja ek smile ook maar net soms vir van die comments en blog inskrywings😉 so het elke ou maar sy plesiertjie in die lewe!!😆

    Lekker dag vir jou.

  3. 3

    Adrie said,

    Soos ek vandag voel, hoop ek dat ek nooit weer in ‘n mens in vlees en bloed hoef vas te kyk nie.

    Dus, as ek ‘n lewe gehad het, gee ek dit nou aan iemand wat dit wil vat.

  4. 4

    Dellie said,

    Adrie? is jy OK?😯

  5. 5

    Hansie said,

    Dellie,
    Deur die internet het ek oulike pelle soos jy ontmoet! Pelle wat ek 11 uur in die aand kan bel en aangename kennis sê (en hulle wip hulle nie eers!!) en hulp vra (en kry)!
    Lekka dag!!

  6. 6

    Eben said,

    Ek stem saam jou Dellie, maar ook baie saam Hansie. Deur die internet het ek as persoon wonderlike en opregte vriende leer ken. Al hul lief en leed, wat ek glo opreg is.

    Dit is so dat daar mense is wat dit onderskep en mense indoen en/of seermaak, maar dis ook hoekom ek met 2-3 vriende ‘oop’ is vir raad en daad.

    Toemaar … jy is een van daardie mense en ek waardeer dit opreg. Soos ek ook altyd vir Steyn se, ” … jy moet so indruk op mense maak, dat dit hulle verlies in die lewe is, as hulle jou nie ken!”

  7. 7

    Dellie said,

    Hansie = Carolina, hie-hie, dit was nou nie die ideale ontmoeting nie! Maar ek het darem my pose mooi gehou, of hoe?!😆 Na 10 in die aand gaan ek op “auto pilot” – my liefie se bek hang oop as iemand my in die middel van die nag bel, want ek kan presies vir hulle se waar om te click en wat om te doen… na so baie jare in die bedryf, word dit tweede natuur!:mrgreen:

    Ebie, ek weet, ek weet. Nie almal is “under-cover” nie – en omdat ons van die begin af saamkom, is dit makliker. En eendag gaan ons vaNkansie nog aanbreek…😆

    En die nuwe bloggers gee ek ‘n kans, maar face it, dis nie meer so maklik soos toe ons begin blog het nie. Toe het ons nog geglo elke ou is soos ons dit sien – nou moet ons leer om uit ‘n ander oogpunt daarna te kyk. Beeldspraak speel ‘n groot rol – en is dit wat ons lees rerig of abstrak? Maar so word ons almal slimmer by die dag…:mrgreen:

  8. 8

    Tersia said,

    Ek raak van dinge ontslae, wie nie wil leees nie, hoef nie te lees nie!
    Ek sien ook baie seer in blogs, maar baie ander dinge sien ek ook raak!
    As dit nie vir blogpelle was nie, weet ek nie hoe het ek die afgelope tyd gecope nie!!
    Hierdie 2008 wil ek in my lewe nooit weer oorhe nie! NOOIT. Ek verlang so baie terug na die Oos OVS se sorgvrye vlaktes…..

  9. 9

    Dellie said,

    Ai Ters, jy weet darem ten minste ons wat jou ondersteun is real … en selfs al weet ons nie al die details nie, weet jy ons is hier vir jou om te vent. Al luister ons net.

  10. 10

    Pikkelik said,

    Scary!!!! 😯 Maar van my blogvriende is die beste vriende wat ek nog ooit gehad het, en DIT verruil ek vir niks!

  11. 11

    flippiefanus said,

    Ek vermoed die arme Dr Small verstaan nie so lekker wat evolusie impliseer nie, maar dit nou daar gelaat. Ek het ‘n ander vraag. Wat beteken dit om ‘n lewe te kry? (Ek sou dog dit beteken om jouself te bekeer,😉 maar vermoed dis nie wat mense bedoel wanneer hulle dit se nie.)

  12. 12

    White Knight said,

    Dagse Dellie

    Ek het gedink jou opskrig verwys na een of ander opwekking wat jy gedoen het, soos laat daar lewe in jou dooie liggaam kom.🙄

    Toe sien ek eers jy bedoel ons spulle wat op die blogs kuier het nie ‘n lewe nie.😆 Ekke geniet myself en hier is baie wat ek “ontmoet” het wat dit vir my baie nice maak om hier te beweeg. Buiten my regte vriende daar buite, het ek paar ordentlik mense hier raak getik en lees.

    Mooi bly en alles van die beste.

    GRoete

  13. 13

    Wipneus! said,

    Ek is hard besig om die balans reg te kry! 😆
    Met die hulp van my goeie en beste blogmaats! 😉

  14. 14

    meermin said,

    JA ek het ook wonderlike mense ontmoet op die blogs, van hulle selfs al ontmoet en mee gesels. Wat heerlik was. Die internet het vir my nuwe deure oopgemaak, hier is mense wat se pyn ek regtig voel in my eie hart omdat ek self daardeur is, ek hoef nie name te noem nie!

    DELLIE jy is wonderlik, jou nog nie ontmoet nie, maar so vinnig mee gesels, en elke keer wat ek vasbrand met iets op wordpress help jy vinnig, dankie!

  15. 15

    Karl said,

    Dellie

    Wat jy hier aanraak het my beslis opgeval met Spoegblok se bestaan. Onthou jy hoe party mense die blog geheel en al oorheers het op die einde. Soos aasvoëls sit en wag vir enige komentaar en dan daai mens uitmekaar geskeur.

    As jy gekyk het na julle response tye, besef jy hierdie mense sit die hele dag en nag net voor hulle rekenaars en wag vir enige interaksie. Angswekkend.

    In my verbeelding sien ek sulke vet blobs tussen honderde pizza boxe en leë bierbottels met ‘n trapblik vir ‘n asbak.

    Lekker naweek
    Karl

  16. 16

    Suz said,

    Vir my is die blog afleiding, daarom hou ek ook niks daarvan as daar blog bliksems is nie. En as mens ‘n dag soos vandag belewe op kantoor is dit lekker om te sien wat almal op die blogs skryf.

    Kyk ek is darem nou vir jou gevloek van my kop tot my tone hoor. Dit net oim dat ek die ondankbare job het om mense uit hulle huise te dit as hulle nie huur betaal nie. En dan is ek mos maar die vark in die verhaal, nie die besigheid waarvoor ek werk nie, want ek is persoonlik verantwoordelike vir hulle situasie. Maar dit is nie my skuld dat die mans al sy geld uitsuip en nie vir sy gesin sorg nie. Ek doen maar net my werk sodat ons gesin ook kan oorleef.

    Nou voel ek al klaar beter, dankie dat ek kon afpak.

    Mooi naweek vir almal.

  17. 17

    Emma Dixon said,

    Hallo Dellie.

    Ek sal ‘n 5 000 woord opstel kan skryf oor die negatiewe aspekte van die internet as ‘n geheel. Ek sal ook ‘n 5 000 woord opstel kan skryf oor die positiewe aspekte van die internet as geheel.

    Aan die einde van die dag is daar net een waarheid – jy kan enige iets, enige konsep, voorwerp of karaktertrek ten goede of ten kwade aanwend.

    Emma.

  18. 18

    demoerin said,

    Daar is ‘n baie fyn lyn, balans is seker maar hier die keyword. Ek dink ek besit teen hierdie tyd seker al olimpiese-besluitnemings vermoëns😆

  19. 19

    […] Het jy ‘n lewe? Nee, is my patetiese antwoord.  Ek het nie ‘n lewe nie. […]


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: