Moeilike tye

Liewe Salaris,

Kom asseblief terug – en bly by my. Jy’t my die maand so gou verlaat, ek’t nie eens tyd gehad om jou van my planne te vertel nie.

Ek is jammer ek het jou verlede maand gefaal. Maar die kredietkrisis het my hard getref. Ek kan doen met een ete per dat en een paar skoene, maar het weinig opsie met die huur, water en ligte.

Ek belowe ek sal my goed gedra as jy die hele maand by my bly.

Joune vir altyd

Karige verdiener

Sjoe, maar pryse skiet darem die hoogte in die afgelope tyd!  Ek het nogal simpatie met die skrywer van hierdie briefie. Die voordeel is dat ons wat dit nodig het, seker nou bietjie gewig gaan verloor…en daar gaan my enigste status simbool ook!

Die naaste wat ons aan uiteet gaan kom in die volgende paar maande, is uit blikkies uit, en miskien as ons mooi werk, uit koerantpapier uit.

Ek is so lus vir ‘n lekker skaapboudjie, maar dis so duur! So gister het ek maar vir my en Liefie elkeen ‘n glasie water geskink en my lekkerste resep vir skaapboud voorgelees.

Die bank het vanmore een van my tjeks teruggestuur met die woorde “Onvoldoende fondse.” Is dit ek of hulle wat nie fondse het nie?

My vriendin reken haar salaris is net soos haar period – sy kry dit eenmaal per maand, dit hou net vir ‘n week, en as sy dit nie kry nie, is sy in die dinges.

Wat is die verskil tussen ‘n belegging en ‘n groot pizza? ‘n Pizza kan nogsteeds ‘n gesin van vier voed.

Die moeilike tye het my darem ook weer op my voete gehelp – my motor is vanmore teruggeneem.

Dis ook glo erger as ‘n egskeiding – my een pel reken hy het alreeds die helfte van sy bates verloor, maar hy het nogsteeds sy vrou…

My ander pel was verlede week by die bank vir ‘n lening omdat hy ‘n klein besigheid wil koop. Die bankbestuurder se raad? “Koop ‘n grote, en wag.”

Ek sal later in die week vir julle vertel van ons uitstappie na die DJ Ossewa vertoning. Dit was vet pret.

En uhm… check bietjie daai tickertjie hier langs die kant… volgende Donderdag kan ek weer ‘n velco-drukkie van my seun kry! Ek tel al die slapies.

Nou ja, laat ek hierdie week aan die horings gryp en dit bloots ry.  Die telefoon en die internet moet nog betaal word… as ek stil raak, moenie wonder nie!



Advertisements

9 Responses so far »

  1. 1

    BB said,

    Ag jinne Delsch! My hart is baaaaie bly vir jou blye vooruitsig!! Kan jy glo hoe vlieg die tyd, nê? x

  2. 2

    sonneblomseplekkie said,

    Ek hoop julle gaan lekker kuier. Myne is nou by die huis vir ‘n week. Sommer net lekker om hom hier te he. Gaan hy weer terug of bly hy nou hier?

  3. 3

    Wipneus! said,

    Dellie ek kan glo dat jy al uit jou vel is. Soos BB sê die tyd vlieg verby. Ek kan deesdae skaars byhou!
    Lekker week vir jou!

  4. 4

    boendoe said,

    Hemel, Dellie, geld is nie meer ‘n grap nie. (As dit ooit een was!) Nou die dag wou ek rys maak, en soos die noodlot dit wou he, was ELKE liewe pakkie in my kas vol swart goggas. Ek het dit kordaat weggegooi en Spar toe gery om te gaan koop. Val ek amper op my rug! Basmati rys 2 kg, wat my voorheen seker so R35 gekos het: R108!!!! Ek weet China beleef ‘n ryskrisis, maar regtig, HONDERD EN AGT RAND – VIR RYS???? Was lus en krap maar die goggas uit, hulle eet ook nie te veel nie… 😉

    9 dae tot die blye weersiens! Ek hoop sy paspoort is ten minste reg! My arme lief wag nog. Miskien kry hy dit more… 🙄

  5. 5

    Pikkelik said,

    Genade toggie!!! Ons word oud! Seuna kom al terug!!! Waar stap die jare met ons heen… Oor die salaris wil ek nie praat nie, daar is dinge waaroor mens liewer jou mond hou! :mrgreen:

  6. 6

    Tersia said,

    Los maar daardie goggas Boendoe, gooi net lekker groot stukke kruie by en siedaar – net meer proteiene!

  7. 7

    Dellie said,

    Hie-hie Ters, dit was my eerste gedagte ook! 😆 Hou maar volgende keer die goggas, Boends! 😆 En Seun se paspoort is darem in orde. Die werkgewers sorg daarvoor. 😉

    Maar julle, dis regtig erg. En Kersfees lê om die draai, wat beteken alles gaan in elk geval nog duurder word. 😯 Ek weet nie hoe gaan ek oorleef hierdie Desember nie. Ek het nie klasse van die middel van Des tot middel Jan nie, want dis vakansie tyd. Soos wat dinge nou gaan, is daar nie veel om weg te sit vir daardie tyd nie. Dis regtig baie stiller as ander jare. Gewoonlik is daar so ‘n laaste oplewing die tyd van die jaar, maar die jaar, niks… 😦

    Die een ou ligpuntjie is darem dat Seun amper by die huis is. Dit voel soos gister toe my hart so seer was omdat hy so “lank” weggaan! Die ander dag het hy vir my ‘n sms gestuur wat vra dat ek asseblief tog net vir hom Koffie-vark moet maak as hy by die huis kom, hy mis regte kos vreeslik! Ag, dis gaan sommer lekker wees om hom bietjie te bederf! Sal maar vir die volgende twee weke op liefde en koue water lewe, sodat ek darem vir hom ordentlike kos kan maak! 😆

    Maar ek dink nie hy gaan lank in SA bly nie. Ek moet reeds vir hom info kry oor emergency visa’s en holiday visa’s en sponsors vir werk in Kanada. Die liefde is ‘n sterk magneet. 😮

    So as daar iemand daar buite is wat bietjie kan help, sal dit baie gaaf wees. Ja, ek weet ek kan gaan google, maar as iemand uit ondervinding my op die regte spoor kan kry, sal ek baie bly wees.

  8. 8

    Carolina said,

    Dellie,
    Sjoe dis goeie nuus. Ja die tyd stap aan! Oor 3 weke word ekke ouma!!!!

  9. 9

    Krista said,

    Lekker!


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: