Van huis na varkhok

Ek kry seer as ek beweeg.  Nee, ons het nie weer gaan dans nie, ons het actually bietjie gewerk. Ons het die naweek die klein woonstelletjie uitgeverf. Ons kon nie anders nie, die vorige huurders het die plek in ‘n toestand beyond skoonmaak agtergelaat. Die enigste uitweg, was verf.

Dis ‘n klein woonstelletjie, drie kamers, ‘n kombuis en stort-toilet. Oor die algemeen huur studente graag die kamers, en deel die badkamer en kombuis. So bietjie meer as ‘n jaar gelede het ons ‘n paartjie met ‘n klein dogtertjie daar laat intrek omdat hulle ook maar gesukkel het om ‘n groter plek te bekostig. Geen sleutel deposito gekry nie, want hulle kon dit nie bekostig nie. Op die ou end is hulle ‘n paar maande terug uit die woonstel uit, met nog ‘n hele paar rand se huurgeld uitstaande, maar met die belofte dat dit wel betaal sal word. Ja right, tot vandag toe nog nie ‘n sent daarvan gesien nie.

Die woonstel het toe leeg gestaan tot nou toe. Ons het nog net nie tyd of lus gehad om dit te gaan regmaak nie. Liefie het verlede naweek so effe van ‘n begin gemaak. Nou is daar mense wat graag in die week daar wil intrek, so die naweek moes ons vinger trek om die plekkie op te knap. Maar ag, dis mos nie baie groot nie, dink ons, dit gaan sommer tjop-tjop wees, en ons skrik mos nie vir werk nie. Ja. Daai klein plekkie voel toe op die ou end so groot soos die Staatsteater.

Ek is eintlik nou spyt dat ek nie foto’s geneem het voordat ons begin het nie. Die toestand van die plek is moeilik om te beskryf. Die mure was so vuil, dat ek nie kan glo daar het mense in die plek gebly nie. Kinderkuns net waar jy kyk. Die ligskakelaars en muurproppe het hulle nooit skoongemaak nie. In een kamer was daar sulke oranje kolle teen die mure en die plafon. Al was ons kon aflei, was dat ‘n koeldrank bottel geval en gespuit het. Maar hoekom op aarde is dit nie skoongemaak nie?

In die stort is ‘n hele paar teëls af van die muur af, of stukkend. Hoe breek mens teëls terwyl jy stort?

En die kombuis… o, aarde, ek is nou nie meer verbaas dat die dogtertjie heeltyd siek was nie. Teen die muur en plafon by die venster en die stoof, was sulke spatsels wat gevaarlik baie na k@k gelyk het. Afleiding – ‘n blik kondensmelk wat op die stoof ontplof het. En die hele taaispul is net so gelos om hard te word! En dan praat ek nie eers van die stukke kos en vet wat teen die muur om die stoof vasgesit het nie. En die stoof… dis ‘n hartseer gesig. Dit was in ‘n perfekte werkende toestand toe hulle daar ingetrek het. Nou kan die oond deur nie eers behoorlik toe nie, en die aanpaksels om die plate, knoppe en elders is om van naar te word. Julle wil nie weet hoe lyk die oond binne nie…

Nou ja, Liefie het darem al verlede naweek begin met die afskuur en opvul van krake en so aan. Saterdag middag is ons toe reg om te begin verf. Om daai rollertjie heeltyd te bestuur met genoeg drukking, werk darem maar spiere in mens se arms en hande wat jy nie geweet het jy het nie.  Selfs tik is ‘n inspanning vandag. Teen 7 uur Sondag aand was ons nog nie klaar nie. Die meeste is gedoen, nog net die kosyne wat geverf moet word, nuwe teëls moet in die stort opgesit word, en dan die opruim en vloere was. Amper daar. Wie die stoof en oond gaan skrop, weet ek nie, maar dit gaan beslis nie EK wees nie! Liefie sal maar vir Esther moet betaal om dit te doen.

Nou wonder ek net – wat se selfrespek het hierdie mense om in so ‘n vuil  plek te bly en dit net so te los? Hulle het nie eers uitgevee nadat hulle meubels verwyder is nie… genade, toe ons nog in huurhuise gewoon het, het ons gewoonlik ‘n hele dag na die trek geneem om die plek van bo tot onder skoon te maak voordat ons die sleutels gaan teruggee het. Om alles te kroon, het haar ma baie by haar kom kuier… nou kyk, as ek weet my skoonouers kom kuier, word daar behoorlik gespringclean. Het sy dan in so ‘n huis grootgeword en daarom pla dit nie een van hulle twee nie?

Ek hoop hierdie nuwe mense was ten minste die vingermerke en goed van die mure af. Hulle betaal darem ‘n sleutel deposito,  en die vet weet, hulle gaan dit nie terugkry as die woonstel nie silwerskoon is wanneer hulle eendag waai nie. Normale wear en tear is mens te wagte, maar alles het darem perke ook. My lyf sal dit sowaar nie hou as die plek weer so verniel word nie. Dit was flippen harde werk om dit weer netjies te kry!



Advertisements

13 Responses so far »

  1. 1

    Wipneus! said,

    Dis vreeslik! Hoe lewe hulle in so vuil huis? 😆
    Hoop die nuwe huurders gaan die plek mooi oppas!

  2. 2

    Pikkelik said,

    EEEEEEEIIIIIKKKKK!!!! Nou wonder ek hoe lyk my huis 1200km van hier af…. 👿 Thanks Dellie, net wat ek nodig het…

  3. 3

    Tersia said,

    Ja, huurders kan ‘n plek lelik opmors en verniel! Gelukkig is dit gedoen, nou kan julle rus! Julle moet in die toekoms gereeld by die huurders gaan oe wys om net alles op te check!

  4. 4

    BB said,

    Eeeeewwwwwww!! Ek het al soortgelyke beleef. Jou arme ding!! Is dit nie die een mees overwhelming sight nie? Mens kan dit nie fathom nie, en mens kan dit nie oorvertel nie, al gebruik jy waffer woorde ookal – dis beyond description…

  5. 5

    White Knight said,

    Dagse Dellie

    Hmm so effe styf en seer vanoggend vertel jy vir ons. 😉

    Jy kry mense en jy kry daai soort. 👿

    Sterkte en hoop maar vir julle part die nuwe huurders is nie sulke “varke” nie.

    Groete

  6. 7

    Paula said,

    Maak ‘n mens vies as huurders niks omgee nie. Op ‘n stadium het ons ook huurders gehad en die het sommer die plafon gebreuk … die hele plafon het op die vloer gelê!

  7. 8

    boendoe said,

    …wag, laat ek aangaan met my skoonmakery… 😉

  8. 9

    Didikind said,

    Daar is net een woord vir sulke mense: geen opvoeding. Genade ‘n mens leer mos aan moedersknie al om ander se besittings te eerbiedig en op te pas. Sterkte en hoop jy het beter huurders.

  9. 10

    meermin said,

    Dellie hoe op aarde het hulle geslaap gekry in so vuil deurmekaar spul? Kyk voor ek in die aande gaan inkruip is sy huis skoon, nie eers ‘n vuil teelepel in die wasbak nie!! Te bang ek kom dalk iets oor dan lyk my plek sleg!! Ek weet my matte is op die oomblik nie van skoonste nie, maar met die reèn, trap almal modder in, so ek moet Desember matte was, glo my dit gaan ‘n naweek se werk wees om daardie matte skoon te kry! Maar die res van my huis, is spotless skoon!! Daai vuil oond – stoof broei plek vir kokkerotte!! Nee dankie hou verby!!

  10. 11

    Karl said,

    Bwahahahahaha
    Die trane rol soos ek lag – jy is skrousnaaks – dankie.
    Karl

  11. 12

    Ogies said,

    Ag sies! Ek het al in baie huurhuise / woonstelle gebly. Ek kan boeke skryf oor die gross goete wat al daar uitgepeul het hoor! Dit gaan my verstand te bowe dat seep en water vir so baie mense gevaarlik lyk!

  12. 13

    […] vingers is deur en ek is dronk in die kop van die amoniakwalms en dis alles Dellie se skuld. Na ek die pos van haar gelees het, gaan staan ek die kombuisvloer van die huis waar ek oor twee weke moet uit […]


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: