Handige gids

Doen-dit-self gids:

  1. As jy nie ‘n skroewedraaier kan kry nie, gebruik ‘n mes. As jy die  skerp punt afbreek, werk dit nog beter as ‘n skroewedraaier.
  2. Probeer om alleen te werk. Toeskouers is selde van enige hulp.
  3. Goue reël: as dit wat jy gedoen het, stupid is, maar dit werk, is dit nie meer stupid nie.
  4. Werk waar moontlik in die kombuis… daar is wonderlike tools wat jy kan gebruik, dis warm en droog, en jy is naby die yskas.
  5. As dit elektronies is, kry maar ‘n nuwe ene… of vra die 12 jarige buurseun se hulp.
  6. Hou dit eenvoudig: kry ‘n nuwe battery; vervang die gloeilampie; kyk of die tenk vol is; probeer om die skakelaar “aan” te sit; of verf bo-oor dit.
  7. Neem altyd krediet vir wonderwerke. As jy die radio laat val terwyl jy besig is om dit uitmekaar te haal, en dit werk skielik weer, het jy dit reggemaak.
  8. Maak nie saak wat mense sê nie, skop, klap en gooi HELP soms.
  9. As iets waterpas lyk, dan is dit waterpas.
  10. As jy nie die eerste keer suksesvol is nie, herdifinieer sukses.

Nog net een slapie! As alles goed verloop, land Seun more middag 5uur op OR Thambo. Ek kan nie wag nie!

Advertisements

11 Responses so far »

  1. 1

    Adrie said,

    Al wat ek gaan se:

    ‘n Dom man kap ‘n boom met ‘n stomp byl.
    ‘n Slim man kan ‘n boom met ‘n skerp byl.
    ‘n Wyse man kry die slim man om die boom vir hom te kap.

  2. 2

    Wipneus! said,

    Dellie ek kop, skap en gooi ‘n ding as hy nie werk nie. Hy is dan of reg of weg 😆

    Jy kan seker al bars van opgewondenheid! Geniet dit vriendin 🙂

  3. 3

    Carina said,

    Klink amper soos in my huis!

  4. 4

    boendoe said,

    Ek kan beaam: as iets waterpas lyk, dan IS dit! 😆

    EEN SLAPIE!! 😉

  5. 5

    Amanda said,

    Tel jy al die minute of is dit al by sekondes???

  6. 6

    Dellie said,

    Hie-hie Amanda, ek bid die dag om sodat ek kan gaan slaap en dit tyd vinniger verby gaan! 😆 Kyk, daar is niks op aarde wat op hierdie stadium my opgewondenheid kan demp nie. Ek wens ek kon hierdie gevoel in ‘n botteltjie sit en verkoop – I FEEL SO GOOD!!! 😆

  7. 7

    Koeksister said,

    Dit is darem die lekkerste feeling, enjoy! 🙂

  8. 8

    Amanda said,

    Lekker!! Ons is almal opgewonde saam met jou!

    PS: Moet nie die boks tissues by die huis vergeet nie, daardie vreugde traantjies gaan nie vinnig opdroog nie….

  9. 9

    Eben said,

    Gie gie hoop nie jy is ‘gebook’ vir opleiding more?? 😆

    Dellie, as daar een persoon is wat ek hoop die tyd VLIEG VERBY is dit vir jou en Wessie!!

    Geniet elke oomblik van die wedersiends!!

  10. 10

    Ogies said,

    DIY? My man is regtig ‘n handy man wat byna enige iets kan doen / regmaak, MAAAAAAR doen hy ooit? Nee. Gaan hom inskryf vir time management klasse! Gaan loer hier: http://ek1234.blat.co.za/2008/11/10/superman/

  11. 11

    […] is dalk die beste manier om hierdie week af te sluit… lag bietjie, gryp daai hammer en dan lag ons […]


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: