Uit en tuis…

… maar by die huis? Hier dwaal ‘n siel rond, iemand wat bekend lyk, klink en voel, alles wat voorkom soos ‘n ruspe verorber, ‘n vreeslike groot vleislus het (veral vir boerewors!) maar net in vlees hier is, die gees en hart het in Kanada agtergebly! En hy is vasgeplak voor die kompie, besig om met haar te gesels… hopelik sal ons ook ‘n woordjie of wat kan inkry een of ander tyd. Miskien moet ek hom invite vir ‘n chat op Skype?

Hie-hie, dis eintlik nie ‘n grap nie, dis omtrent hoe dit is vandat hy terug is! Maar ma verstaan darem so op ‘n manier. Daar is darem nou baie duisende kilo’s wat hulle skei. En soos julle weet is die liefde ‘n tydrowende bedryf…

Ten minste kan ek hom druk wanneer ek wil!



19 Responses so far »

  1. 1

    boendoe said,

    Kan jy dit oorvertel?! 😆

    Die liefde darem… 🙄

  2. 2

    Blue Eye said,

    Hi Vriendin

    Ek is bly hy is terug, vir jou part. Ek weet nie wat ek sal doen as my kiddies so ver weg moet gaan nie. Geniete dit!

  3. 3

    Amanda said,

    Ai tog, nou sal ons maar nog langer wag vir meer nuus….

  4. 4

    White Knight said,

    Dagse Dellie

    Dis baie maklik. Sit die krag af en blameer Eksdom.👿 Anders kan jy die internet afsit en Telkom blameer.😈

    Jis jy’s mos ‘n Ma en hulle het altyd planne.😉

    Groete

  5. 5

    Paula said,

    So ‘n langafstand liefde is darem nie lekker nie.
    Sterkte vir julle!🙂

  6. 6

    Karl said,

    Ai Dellie

    Elke Ma kry op ‘n tyd te doen met die ander vrou in haar seun se lewe en tadaaaa hier is jou beurt. Wie sou nou kon raai dit is wat sou terugkom.
    Maar hy is terug by jou, miskien om net te besef hy is nou groot en reg vir sy lewe wat voorlê, miskien is hy terug om te kom hoor en kyk hoe die liefde nou eintlik tussen grootmense werk, dalk hou hy net van jou kos – die belangrikste is – gee hom nou alle leifde wat julle kan, gesels met die grootmens wat terug is, nie die kind nie.

    Jy is oopkop genoeg om hierdie delikate tyd met oorleg en suiwer liefde deur te gaan.

    Karl

    PS, onthou jy toe hy weg is het ek jou aanbeveel om soveel as moontlik met jou man te bind? Nou weet jy hoekom.

  7. 7

    Eben said,

    ai ai ai Dellie, so bly vir jou part … maar die liefde is ‘n lekkerrrrr deng!!😆

    Houuuuu wanneer is Seun oppad terug? En wanneer kom sy bietjie kuier?

  8. 8

    Bottertjie said,

    Ja, nou moet jy maar gewoond raak daaraan om hom te “deel”. Aai, die liefde darem!
    O,ja! Ek het uiteindelik my “huiswerk” gedoen. Gaan kyk: http://bottertjie.wordpress.com/tags/

  9. 9

    Pikkelik said,

    😯 Klein stoutgat!!!! 😆 😆 😆

  10. 10

    rb said,

    Voel soos nou die dag toe jy so benoud vertel het dat hy wil gaan en nou is hy al terug.
    Ja, ons wil nie aanvaar/glo dat hulle groot word nie, STERKTE!!!

  11. 11

    Tersia said,

    Geniet elke oomblik! Liefies

  12. 12

    Dellie said,

    Ai Karl, daar spreek jy toe nou aan wat die eintlike kwessie is, né? Vir amper 19 jaar was EK die vrou in sy lewe – maar ek het ook geweet dat die tyd sal kom wanneer iemand anders my plek sal inneem. En dit wil voorkom of dit nou sulke tyd is.😉

    Maar dit is ‘n groot stap wat hy wil neem – om sy lewe hier agter te laat vir ‘n girl wat hy skaars ken. Ek weet nie hoe nugter dink hy hieroor nie. Wat as hy wel ander kant kom en na drie weke besef hulle, hulle is nie eintlik vir mekaar bedoel nie? Ek weet sy is die eintlike trekpleister agter sy “ek wil nie meer in SA bly nie.” Sy is ook vier jaar ouer as hy, maar dit pla my nie so erg nie, ek weet hy is meer volwasse as ‘n paar grootmense wat ek ken. Ek weet, ek weet, wanneer mens verlief is, is jy reg en die hele wêreld verkeerd.

    Ek sou net graag wou hê dat hy eers mooi dink oor die sakie, en ons sal nog ernstig en diep hieroor gesels. Kommunikasie was gelukkig nog nooit ‘n probleem nie. Dis maar net moeilik om ‘n ma te wees… ek wil hom so graag nog beskerm soos toe hy klein was.

  13. 13

    Emil said,

    Nee wat mammie, sny die bande😉

    Dink ‘n mens altyd nugter wanneer die liefde betrokke is.

    “They are wrong who say that love is blind. On the contrary, nothing – not even the smallest detail – escapes the eyes; one sees everything in the loved one, notices everything; but melts it all into one flame with the great and simple: I love you.”

    Iemand anoniem – maar waar en moeilik om teen te stry.

  14. 14

    Dellie said,

    Ja Emil, moenie worry nie, ek soek die skêr.:mrgreen: Ek wil net sekermaak hy weet wat hy doen. En gesels daaroor kan nie kwaad doen nie. Hy weet dat hy nog altyd ons ondersteuning gehad het, en dit gaan nie nou verander nie.😉

  15. 15

    Wipneus! said,

    Ek is bly hy is terug! Geniet dit, steel maar so paar drukkies tussen in! 🙂

  16. 16

    Sammi said,

    Ja, Dellie, vat maar wat jy kan so tussenin – glo my, sy sal nooit ma se plek kan inneem nie😆 oor Ridder se raad, as jy desperaat is blameer Eishkom!

  17. 17

    Zee said,

    😆 @ invite seun vir chat op Skype seun….

    Ai Dellie, ons kinders word te gou groot. Steel maar soos party hierbo sê ‘n hele paar drukkies.

  18. 18

    meermin said,

    Die liefde is wonderlik, miskien moet sy kom kuier????

  19. 19

    Koeksister said,

    Dellie, my broer vreet ons ook uit die huis uit, sy meisie kom nou volgende Maandag Suid-Afrika toe, die 2 kan net nie sonder mekaar nie,🙂


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: