Nog lewendig

Ja, en daar cap ek toe Vrydag vir die eerste keer in agt maande heeltemal. Dis nou maar ‘n feit soos ‘n koei, hierdie kind van my en die internet is ‘n dodelike kombinasie. Ek het 2 internet rekeninge. Verlede jaar moes ek soms nog 2 of 3gig kry om deur die maand te kom. Vandat seun weg is in Maart, het ek nie eenkeer nodig gehad om oor te skakel na die ander rekening nie. Hy was ‘n week terug, toe cap ons op die een. En Vrydagoggend net na 10, toe is dit koebaai aan die ander een ook. En toe daal ‘n vreeslike stilte oor ons neer vir die naweek.

Normaalweg pla dit my nie om nie toegang te hê oor naweke nie, gewoonlik is ek besig met ander dinge. Maar ek het ‘n wonderlike blog ontdek, danksy Boendoe. En vandat ek begin lees het daar, is dit moeilik om myself daar weg te skeur. Hulle het begin blog in Junie, so dis darem nie so baie om op te vang nie. Maar ek wil absoluut niks mis nie, nou vat ek dit so maand vir maand. Net voordat ek Vrydag klaar gelees het aan Junie, toe is die internet konneksie af. Ek was so teleurgesteld! Maar vanmore is alles weer wel.

Ek wil eintlik net vir julle sê dat as julle wonder oor waar ek is, ek is besig om The Flat White Snot Blog te lees. Kom loer gerus, julle sal nie spyt wees nie. Daar is wonderlike army- en Suidwes-stories, stories oor “Down Under”, oorgenoeg humor, en hou maar jou snesies ook byderhand. Hierdie manne skryf ‘n hond uit ‘n bos uit!

Nou ja, laat ek gaan lees. Geniet die week! Nog net 12 slapies, dan gaan ons see toe! Ek sien soooo uit daarna.

28 Responses so far »

  1. 1

    boendoe said,

    Jis, jy kan dit weer se, Dellie. Ek is verslaaf aan daai blog! 😉

    Ek weet nie waddehel die kinders op die internet doen nie, maar myne is net sulke vrate. Ek kan net nie voorbly nie, en die ‘out-of-bundle’ rates is skrikwekkend. 😯

  2. 2

    White Knight said,

    Dagse Dellie

    Goed om te weet jy lewe nog en julle is nie saam die Mislike paliteit gereposess nie.👿

    Geniet daai blog, dis baie nice daar en hulle kan.😉

    Groete

  3. 3

    meermin said,

    Lekker dag vir jou, ekke gaan NIE die jaar see toe NIE!!!

  4. 4

    Carina said,

    Ek het ook hulle blog ontdek deur Boendoe. En sukkel self om nie weer en weer daar te gaan lees nie!

  5. 5

    Kokkewiet said,

    Ja Dellie ek het ook die blog deur Boendoe ontdek en trek my soos ‘n magneet!

  6. 6

    Eben said,

    Dankie Boendoeeeee!!! Danksy jou ook!!

    Dellie, daardie storie oor die Lopez gesin wat die cherry op die koek. Puik geskrywe en dis absolute fliek materiaal!

    Jong … dan moet ons met Seun gesels!😆 Maar die arme man verlang seker ook na sy Bokkie oorkant die waters. jy maak my skoon jaloers oor julle see toe gaan … jammer dis so ver😆

  7. 7

    Dis goed om dit te hoor! Hier in Perth het ek sommer aangesluit op die 12G cap teen 20MBit/s. Ek laai sommer so 50MB se fotos op in ‘n blits. Ek het klaar 6G gebruik, en ek kan nie eintlik die kinders blameer nie. As jy egter oor die limiet gaan is jy nog steeds op die lug, hulle bring net jou spoed af.

    Sien, dit vat baie om die snotblok aan die gang te hou.

    Laat weet as julle die rekening nommers soek vir donasies !

  8. 8

    Pagoda32 said,

    Dit is ‘n nice blog! Ek dink hulle verdien meer lesers, sommer summier in die blogrol gaan sit!

  9. 9

    Kortgat said,

    Jep, so moet ‘n bek praat. Dankie vir al die besoekers wat julle verwys na ons toe – een van die dae is ons beroemd!

  10. 10

    Pikkelik said,

    Dit IS ‘n lekker blog!!! Ek lees en tjank my ook daar gedaan. Ek moet bieg ek en ek alleen gebruik 5 gig ‘n maand. Dis die damn scrapping! 😳 Gelukkig is Telkom nie so duur nie! Lekker week vir jou ook en oppad see toe, kan julle my nie oplaai nie??? (wat is ‘n 1600km draai nou??? 👿

  11. 11

    Dellie said,

    Hi Kortgat, dankie vir die inloer! Hie-hie, oor donasies kan ons gesels as julle so 60 000 hits slaan!😆

    Man, ek geniet dit julle skrywes rerig. Alles. Ek trek nou so halfpad in Julie, maar ek is so bang dit raak klaar!:mrgreen:

  12. 12

    Elsa Parkes said,

    Hi Dellie, Ek is ook so moeg gewerk en ons gaan ook af see toe die 13 of 14 de
    Waar gaan julle???

  13. 13

    Dellie said,

    Pikkie, geez, dis ‘n draai en ‘n half waarvan jy daar praat – toemaar, jy het mos ‘n plaasdam?😉

    Hi Elsa, ons gaan bietjie Richardsbaai toe – wou eintlik vir Boendoe gaan kuier het, maar nou sit sy in Angola. Sal maar by haar ma gaan inloer…:mrgreen:

  14. 14

    Linda said,

    Ek bly by die see en is so besig dat ek hopeloos te min daaruit kom. Desember is my besigste en deurmekaarste maand. Julle wat so gelukkig is om met vakansie te gaan moet dit geniet en lekker uitgerus terugkom.

  15. 15

    Eben said,

    Ek wil ook Boendoe se ma gaan oppas!!!!:mrgreen:

  16. 16

    Dellie said,

    Jy kan maar kom Ebie, ons sal vir jou ‘n tentjie opslaan…:mrgreen: Maar ek gaan nie Boendoe se ma oppas nie man, ek gaan net vir haar hallo sê!😆

  17. 17

    Paula said,

    Sal ‘n bietjie gaan inloer daar🙂

  18. 18

    boendoe said,

    Nee, Dellie, hou tog net asseblief Eben van my ou moeder af. Mind you, jy is ook ‘n gevaar. My ma kan Blou Bulle en Kakies nie verdra nie… :mrgreen:

  19. 19

    Dellie said,

    😯 Wil jy nou vir my sê ek sal iets anders as blou moet aantrek?:mrgreen:

  20. 20

    pluim said,

    Dankie Dellie

  21. 21

    ivorybar said,

    Hi Dellie, dankie vir die link sal gaan inloer

  22. 22

    Wipneus! said,

    Ek geniet ook daardie blog!

    Oor “cap” wil ek liewers nie gesels nie:mrgreen:

    Geniet die vakansie Del!

  23. 23

    Elsa Parkes said,

    Dellie as julle so wye draai maak kan julle kom koffie drink in Amamzimtoti, dis waar ek gaan wees.

  24. 24

    dellie ek wil net hallo se, en dat ek nog lewe, jy weet….LOL

  25. 25

    Dellie said,

    Rosa! Welkom terug! Ek gaan nou by jou ‘n draai gooi…:mrgreen:

  26. 26

    boendoe said,

    Nee, genade, jy lees tog seker nie nog steeds nie… 😯

  27. 27

    rb said,

    Halllooooo, is Dellie nog met ons????

  28. 28

    White Knight said,

    Dagse

    Beheer na Dellie oor! grrrrrrrrrrrrr

    Beheer na Dellie oor!!!!!!! grrrrrrrrrrrrr

    Nee wat los maar Dellie is op eie planeet nog altyd. Jy moet pasop, jy nie so lees dat as jy opkyk was Liefie en seun op verlof en alweer terug nie.👿😉

    Groete


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: