Ek wonder…

Adrie het my getag om drie, nee vier goed te lys waaroor ek wonder. Dis rerig nie so maklik soos wat dit klink nie, veral nie die tyd van die jaar nie. My brein hou al vakansie! Miskien kan julle help met antwoorde?

  1. Waar lê die lyn tussen snaaks en vernederend? Ek meen, wat vir my snaaks is, is nie noodwendig vir jou snaaks nie. Is my humorsin twisted omdat ek lag vir mense wat in glasdeure vasloop of van stoele af val, of op die sypaadjie neerslaan?
  2. Hoekom het Tarzan nie ‘n baard gehad nie? In al die flieks en boeke word hy weerspieël as ‘n man met wange so glad soos ‘n baba se boudjies. Het hy een of ander hormoonwanbalans gehad dat sy baard in al daardie jare nie gegroei het nie, maar sy lokke hang tot op sy skouers? Het hy dalk ‘n magic plantjie in die oerwoud ontdek wat haargroei onderdruk het? En indien wel, hoekom het hy nie geld gemaak daarmee nie?
  3. Hoekom steek mens instinktief jou voet uit wanneer jy iets laat val? En as die mayonnaise bottel dan amper jou toon breek, en nogsteeds nie heel bly nie, hoekom doen jy dit volgende keer weer met die tamatiesous?
  4. Hoekom sit die eerste pannekoek gewoonlik in die pan vas?

Nou moet ek ook ‘n paar verveelde bloggers tag om dieselfde te doen, maar dit lyk my die meeste ouens het al halt geroep vir die jaar. So die van julle wat kom kommentaar lewer, speel saam seblief en lys drie, nee vier goed waaroor jy wonder…

Advertisements

28 Responses so far »

  1. 1

    Adrie said,

    Hmmm

    Interessante vrae. Ek weet nie.

    Knap gedaan.

  2. 2

    Adrie said,

    Oor jou nommer een – Ek kan dit vir myself rephrase. Wat is die verskil tussen reguit en taktloos. Ek het heeltemaal van die taktry vergeet toe ek gemaak is. Ek gaan die heeldag daaroor wonder.

    Hoe oud was Tarzan toe hy gekry is? Dit is seker moontlik dat hy nog ‘n tiener was met net ‘n melkbaard.

    Ek doen nie die voet ding nie. Ek bak ook nie pannekoek nie.

  3. 3

    Pikkie said,

    Ek hou van jou vrae Dellie!!! Whahahaha veral nommer drie!!! Giegiegieigie… Ek is ook ‘n sucker vir daardie een!!! En nommer een, wel dis in my ingeprogrameer, ek lag dan tot as ek self val/in iets vasloop ens… Ek gee skok die skuld!

  4. 4

    BB said,

    Wee jy Delsch – die American Indian het gladnie baarde nie, maar wel lang blinkswart hare – so dalk het hy daardie gene gekry… ek wonder dieselfde soms oor chinese – hulle groei ook mos nie volbaard nie – party regtig oues het ‘n bokbaard affêre wat tot op hulle knieë hang, maar daar in die verlate Xhioustshinton village is daar onmoontlik nie razor blades beskikbaar nie??
    Ek wonder net hoekom ek my tong uitsteek as ek ‘n lyn trek (selfs met ‘n lineaal) of met ‘n skêr papier knip…
    …en hoekom sê mens hardop “uuuhhhhmmm” as mens moet dink oor iets wat jy gevra word??

  5. 5

    Dellie said,

    BB, ek doen ook daai tong ding… :mrgreen: en die oop mond as ek maskara of eyeliner aansit…

  6. 6

    boendoe said,

    Haai ja, ek het ook nogal in die verlede gewonder oor Tarzan en sy gladde wange! :mrgreen: Ek het myself maar gepaai dat hy sy vlymskerp mes gebruik het… 🙄

    En ek doen regtig nie die voet-ding nie…

    Ek wonder wat met Michaela Hunter (baba wat destyds weggeraak het) gebeur het. Kon haar ma die twee jaar gaping oorbrug? Is sy vandag ‘n gelukkige tiener?

    Ek wonder oor Wynand du Toit. Wat hy vandag doen, of hy ooit ‘n memoir gaan skryf oor sy jare in ‘n Angolese tronk. Anyway, ek wens hy wil! 😉

    En ek wonder hoekom ek goed vir jare gaan opgaar en nooit gebruik nie. Maar, boeta, laat ek dit die dag weggooi…dan het ek dit nodig soos in GISTER! 👿

  7. 7

    Nella said,

    Hoekom probeer mens altyd ‘n medisyne bottel met jou tande oopdraai as jy dit nie met jou hand oopgedraai kry nie?!
    Dit het my sopas oor die R2000 gekos! My tand het afgebreek en ek moes dit laat kroon! As jy dom is…!

  8. 8

    Dellie said,

    😯 Nella! Duur lessie daai, jong. Ek sal maar in die vervolg vir liefie roep as ek nie sterk genoeg is nie! 😯

  9. 9

    Jaco said,

    Oor jou vrae,
    1. As dit snaaks is, dan is dit snaaks. Too bad vir die ou wat wil aanstoot neem
    2. Nee ek weet nie. Gillette Mach 3?
    3. ‘n Mens steek jou voet uit om die laaste kans wat jy gehad het om die vallende objek te vang, ook te bederf deur die bottel/glas/bord net verby jou vingerpunte te skop.
    4. Die eerste pannekoek sit vas sodat die wagtende worshonde ook ‘n proetjie kan kry

    Ek wonder hoekom het ander mense soveel tyd om allerhande strooi te sit en uitdink terwyl ek myself vrek werk.
    Ek wonder hoekom ‘n mens altyd eers moet baklei vir diens en dit nie maar net in die eerste plek kan ontvang nie.
    Ek wonder of pienkvoete regtig so goeie idee is.
    Ek wonder hoekom ‘n week 5 dae het en ‘n naweek net 2.

  10. 10

    Adrie said,

    Boendoe

    Noudat jy die noem. Ek sal nooit ophou wonder oor daardie vermiste meisies nie. Wat het van hulle geword?

  11. 11

    White Knight said,

    Dagse Dellie

    1) Baie moeilik. As die ander persoon nog saamlag is dit seker snaaks, maar as hulle rooi word en begin huil is dit seker vernederend? Weet self nie.

    2) Die rede vir Tarzan se baardlose gesig is weens ‘n gebrek aan beplanning tot is die fynste besonderhede 😯 Of andersins die oordrewe engelse stand klasifikasies, want hy is mos ‘n Lord my dear Lady.

    3) Daai ding van ‘n voet uitsteek kan baie seer word as die “ding” wat val van yster is en meer as 20kg weeg. Al gesien hoe dit gebeur. 🙄

    4) Pannekoek wat vas sit? Seker maar oor jy die teflon laag afgeskuur het. 😆

    Groete

  12. 12

    Carina said,

    Ek wonder hoekom ‘n mens iets wat jy soek nie kry nie, maar ‘n ruk later (wanneer jy dit nie soek nie) kry?
    Ek wonder hoekom my geregte nooit lyk soos die prentjie in die tydskrif nie?
    Ek wonder hoe lank dit daai vrou wat die Telkom stem is gevat het om al die sekondes en minute te laat opneem!!! 🙂

  13. 13

    Ogies said,

    1. Ek wonder wanneer Jesus ons gaan kom haal (die wederkoms, nie voor die tyd nie!)
    2. Ek wonder of ek my kinders vir die res van hul lewens opneuk?
    3. Ek wonder hoekom ek nie myself kan wees tussen vreemdes nie!
    4. Ek wonder hoekom ek gisteraand (vanoggend) so laat gaan slaap het: 3am!!

  14. 14

    Nella said,

    Boendoe, ek het so bietjie gaan soek. Daar is ‘n boek oor Wynand du Toit. The Wynand Du Toit Story deur Allen Soule, Gary Dixon, René Richards.
    Hy het destyds nadat hy vrygelaat is een Sondag by ons kerk kom gesels oor die grensoorlog en die tyd wat hy in die tronk was (ek was nog op skool) en ek kan onthou hy het gesê hy is besig om ‘n boek te skryf daaroor.

  15. 15

    Man. dis nou interessant! Hoekom het Tarzan nie ‘n baard gehad nie. Wragtig die eerste keer wat ek daaraan dink. Baie vreemd dat Gilette of Schick nog nie hierdie waarneming as ‘n advertensie-idee gebruik het nie.

  16. 17

    boendoe said,

    Ek wonder of my kinders my twee koedoelelies gaan saambring… 🙄
    Hulle kla steen en been daaroor…

  17. 18

    ding said,

    Dellie – netjies!
    1. Miskien in persepsie/perspektief?
    2. Jane sou dan vir ‘n ander aap gegaan het.
    3. Want jou hande is besig!
    4. Sodat die res nie hoef nie…

    Ding wonder:
    1. Waarom en waar word die bloudruk van ding se lewensloop vir homself so goed weggesteek
    2. Hoekom superglue plak wat nie geplak hoort nie … soos vingers aan dinge – wat van intelligente gom?
    3. Hoekom verbruikers ekstra duur betaal om ‘n “brand name” te adverteer, as die besigheid nie vir die advertensie betaal nie: hoekom ses keer duurder betaal vir ‘n JEEP hemp of ‘n Adidas of Nike broek?
    4. Hoekom die mens nog steeds kommunikeer deur middel van geluid?

  18. 19

    BB said,

    …en ek wonder hoekom ek NOOIT na die lekker parties by die b(l)oggers genooi word nie??? 😦

  19. 20

    Wondernet ®© ♂♪♥♀ & WP said,

    1) Ek lag nie vir grappe wat oor leed gaan nie. Sorry is nie vir my snaaks nie. Dellie daai een van die twee blou oë is ‘n voorbeeld daarvan.
    2)Tarzan het nog nie ‘n baard gehad nie, want hy was nog ‘n tiener, geen man kan met so fyn stem skree nie.
    3)Dis jou oer instink, ape kan moes goed met hul voete washou en vang.
    4)Nog nooit daai probleem gehad nie, miskien moet ek jou my pannekoek resep gee. 😆

    Hoekom as ek in die badkamer kom is die Toilet rolletjie altyd leeg? (Ek is al man in die huis)
    Hoekom is daar so baie van die maand oor as die geld op is.
    Hoe kry tiener meisie dit reg om so baie te verorber 3xKinners = Leë koskaste (veral tydens vakansies)
    En dan laastens
    Hoekam is die kar altyd leeg as ek wil ry. 🙄

  20. 21

    5. Hoekom is die Afrikaanse musiekbedryf so briljant?

    😉

    Goeie vrae, Dellie! Ons het veral nou gelag vir Tarzan.

  21. 22

    BB said,

    Wondernet…. “geen man kan met so fyn stem skree nie” 😕 – You SURE about that now, are you??!! :mrgreen:

  22. 23

    Bottertjie said,

    Hoekom eet party hul diamante uit hul neus?
    Hoekom ruik mense nie as hul stink nie?
    Hoekom as daar iets krapperigs in jou keel is en jy hoes en hoes dat die trane loop, maar jy bly aan hoes?
    Hoekom kry jy nie die tandepaste van jou klere af na jy dit gemors het nie? Jy vee met ‘n nat lappie alles af, maar as jy by die werk kom is dit 1 groot wit blaps, maar as jy dit in die was gooi, kom dit uit?
    Hoekom maak mens jou mond oop as jy jou kind voer en sy ‘n happie vat?

  23. 24

    Dellie said,

    😯 Botter daai eerste vragie van jou het nou amper my ontbyt op die keyboard laat beland! 😯 😆

  24. 25

    Pikkelik said,

    Dellie !!! Jy moet sooooooo vreeslik lekker vakansie hou en julle moet asseblief baie versigtig ry! Enjoy!!!

  25. 26

    Nelba said,

    Beteken ‘n “Baby-on-board” sticker op ‘n kar die ma dink ek voeter met opset in almal vas wat NIE so ‘n sticker ophet nie. Of is dit sodat reddingswerkers nie van die baba vergeet as die ma en baba in ‘n ongeluk is nie. Sal mens as die kar ‘n wrak is nog die sticker kan lees? Of is daar ‘n klomp mense wat hulle produkte graag gratis geadverteer wil sien en sulke stickers druk….

    Hoekom wens mense my met my man se verjaarsdag geluk? Ek het mos niks daarmee te doen nie.

    Ek het ook nog nie die voet-ding gedoen nie. Maar my eerste pannekoeke sit gereeld vas. Dis omdat die pan nog nie warm genoeg is nie. Kinders en honde gee glad nie om om pannekoek wat in stukkies gebreek het te eet nie. Tarzan? Jy kan my braai as ek weet. Snaaks en vernederend? Hang van ‘n hele paar goed af. Soos byvoorbeeld wie dit is wat val en wat daai persoon doen oor die val.

  26. 27

    Dellie, jammer maar ek moet bieg. Ek doen ook nr. 1….lag as mense val. hulle lag vir my ook. so dis okay. (black humor, love it!)

  27. 28

    Wipneus! said,

    Ek doen ook nommer 1 tot my skaamte. 😆 Ek lag my dood vir goed wat regtig nie vir ander mense snaaks is nie 😳 tot my eie verleentheid want hoe kan jy lag inhou????


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: