Handjies klap, koekies bak

♫ … bring die meel en suiker gou! ♪

Of hoe gaan daai liedjie? Wel, dis waarmee ek myself die afgelope paar dae besig gehou het. Koekies bak… dis nou soetkoekies, gemmerkoekies, vlakoekies, rotskoekies… en jamtertjies… en karringmelk beskuit… en tussendeur het ek sowaar ‘n slag die kans gekry om na ‘n sonsondergang te kyk… wonderlik!

Ek werk gewoonlik nog as die son ondergaan, of het net klaar gewerk en let nie eers op dat die son ondergaan nie. Die afgelope dae het ek ‘n paar ongelooflike sonsondergange gesien. En dit actually afgeneem! Die beste tyd is hier van kwart oor sewe af tot so 20 voor agt. Maar dit hang ook van die weer af. Maandag aand het ons ‘n verwoede storm gehad. Ons was oppad na ‘n 50ste verjaarsdag partytjie toe die reën begin val, net so voor sewe. Ek en Seun het beurte gemaak om foto’s te neem, en dit het pragtig uitgekom.

Die sagte reën het baie vinnig in ‘n verskriklike storm ontaard, met vreeslike winde en baie swaar reën. Ek kon nie betyds die doggie door toekry nie, want alles het so vinnig gebeur, en toe ons sien is die hele kombuis onder water. En ons woon nie op die grondvloer nie. Die wind waai met soveel geweld dat die water in enige opening inforseer word. Toe moes ons eers droogmaak en koerante pak sodat die honki’s darem droog is. Liefie was buite om die kar reg te kry, en toe die storm losbreek en balkondeure vanself oopwaai, wou hy kom help. Maar die wind het die veiligheidshek in sy gesig toegewaai, en hy gil soos ‘n maer vark op ons, maar bo die storm kan ons hom nie hoor nie… hie-hie, shame, hy was sopnat van kop tot tone toe een van ons hom gewaar! (darem binne ‘n minuut of twee, maar dit was genoeg tyd vir hom om deurnat te word!) Teen half agt besef ons toe dat die storm nie vinnig gaan ophou nie. En ons wil nie ons pel teleurstel en kanselleer nie, so ons gaan dit maar aandurf. Hulle het toe al van vroegmiddag af ‘n skapie op die spit. In my stilligheid hoop ek toe dat die darem nog nie verdrink het nie, en gaar is… uhm, die skapie, bedoel ek nou.

Ek trek toe maar my hakkies uit en trek plakkies aan, gooi ‘n handdoek oor my kop (‘n sambreel is useless in die wind, en ek kan nie onthou wanneer laas ek ‘n reënjas besit het nie!) en daar gaat ons teen die trappe af. Nog voordat ek die laaste trappie haal, is ek papsopnat. Maar omdraai kans is daar nie nou nie – die mission is nou om die kar te haal voordat ek in die modder wegsak! En asof dit nie genoeg is nie, begin dit toe hael net so voor ons die kardeure haal…

Dis net modder en water en haelkorrels in die kar toe ons eventually daar ingespartel kom, en ek probeer om met die nat handdoek die ergste uit my hare te kry. Die modderspatsels lyk baie verdag op my swart broek, maar vir nou is dit die minste van ons worries. Die hael was genadiglik kortstondig.

Toe ons Stateway inry, lyk dit soos ‘n rivier. Jy kan letterlik nie die middelmannetjie of die kant sypaadjies sien nie. Dis net water. En die ou karretjie begin sulke winde sluk. (!) Ek het probeer foto’s neem, maar ek kon nie die venster oopmaak nie, dan is die hele kar nat. En die flash het so teen die voorruit vasgeslaan, dat mens ongelukkig niks kon sien nie. Van stop was daar nie sprake op daardie stadium nie.

So karring ons toe aan teen 10km/h en by die eerste afdraai links, verlaat ons die hoofstraat, en probeer so agterlangs ry. Maar daar lyk dit op party plekke net so erg, so ons kruie maar voort. Teen die tyd dat ons deur die stad is in Longroad, begin alles bedaar. By ons pels se huis, reën dit toe net sag. Toe ons instap, staan die gasvrou gereed met droeë handdoeke, en toe ek die vertrek so scan, sien ek almal is net so nat en vol modder soos ons!

Dit was ‘n great party, die kos was heerlik, en gelukkig is die skapie onderdak gebraai en kon hulle die ergste reën daar vermy. En daar was ‘n chocolate fonteintjie… met marshmallows… raai waar was ek die meeste van die tyd? Die enigste ongeruimdheid wat daar opgeduik het, was die lot van arme Sponge Bob.

Boends, ek dink nie jy wil hierdie foto van blatante nalatigheid ooit vir Pietertjie wys nie! Die arme kind, of enige ander kind for that matter, sal dit nie kan handle nie!

The Downfall of Sponge Bob Square Pants...

The Downfall of Sponge Bob Square Pants...

Die volgende dag het daar oral op die sypaadjies stukke takke, blare en selfs bome gelê. In een van die woonbuurte het ‘n groot boom die pad versper tot Woensdag toe. En mense het maar ingespring en die takke opgesaag en skoongemaak. Ek het nogal lanklaas so ‘n storm hier by ons beleef.

O gonna Griet, ek wou eintlik skryf oor die koekies… hie-hie! Man, maar dis so lekker om vir ‘n slag nie te werk nie dat my kop sommer allerhande rigtings vanself inslaan. Ek wou oorspronklik ‘n inskrywing gemaak het om julle te groet tot volgende jaar – maar toe besluit ek om eers te vertel van die gebakkery, en toe kom die storm storie want ek wil so graag vir julle die foto’s wys van voor die storm… en nou sit ek met ‘n hele mengelmoes wat nie veel sin maak nie! Dis nou so ‘n “moerby” possie…

Anyway, ons planne om see toe te gaan, lyk of dit nou in die regte rigting beweeg. As Murphy net vir die volgende paar dae in ‘n grot iewers op ‘n on-ontdekte eiland gaan bly, behoort ons Vrydagnag in die pad te val.

Ek het van verlede naweek af begin om my vel so bietjie bloot te stel aan sonlig, die arme ding weet seker nie wat tref haar nie. Kyk, ek wil nou sowaar nie op die eerste dag by die see blase brand nie. En dis gewoonlik wat met my gebeur. So Saterdag het ek so bietjie ge-tan. Net 15 minute voor, en 15 minute agter. Ek was lekker rooi, maar nie seer nie en teen Maandag, toe is die rooi weg en daar is darem so effe van ‘n belofte van ‘n sonbruin kleurtjie aan my vel. Dinsdag het ek weer so bietjie blootgestel, en vandag is alles weer OK, ek is nog so bietjie bruiner. As daar tyd is, sal ek more weer so maak. En dan gaan ek sorg vir ‘n baie hoë faktor sonskerm (wat is die hoogste wat mens kan kry, btw?) want ek wil elke oomblik by die see geniet!

Julle weet natuurlik dat ons vir Blou Oog en die kids saamvat see toe. Die tweetjies weet nog van niks, hulle dink ons gaan hier buite die stad by ‘n pan uitkamp vir Kersfees! Hie-hie! Ons het eendag met hulle daar gaan skyfskiet, en toe doop hulle dit sommer hulle “see”. Nou praat ons openlik van “see toe gaan”, maar hulle dink ons bedoel die pan… Nie een van die twee het nog die regte see gesien nie. Sussie was baie klein, sy kan niks onthou nie, en boetie was nog nie gebore nie. As daar nou een ding is wat op ons Kerslysie is hierdie jaar, is dit om hierdie tyd so spesiaal as moontlik te maak vir die twee kinders, want hulle ken dit nie. Sad, né? Maar julle, dis amazing om te sien hoe hulle verander het en uit hulle doppe gekruip het sedert die egskeiding vroeër vanjaar! Dis nie meer hierdie bang, skaam, versigtige wesentjies nie, dis nou kinders, wat lag en hardloop en klim en klouter en stout is, en dierbaar is. Ek kan nie wag om daai gesiggies te sien as hulle by die see wakker word nie! En hier binne my besef ek weer waaroor Kersfees eintlik gaan…

Ai, en daar is ek al weer by ‘n ander onderwerp! Wat eintlik as ‘n groet bedoel was, word nou een van my langste possies! Wie sou kon raai?

Nog ‘n ding wat ek moet afhandel voor ek groet – die blogtoekennings en tags. Dankie Botter, en dankie Beeps, julle toekennings is baie spesiaal vir my. Miskien moet ek my oog verander na ‘n tong toe… hie-hie! Julle sal verstaan as ek myne eers volgende jaar doen? Dis mos nie iets wat mens sommer net so kan aframmel nie – die keuses is so moeilik want ek  kuier oral lekker. Maar ek bêre hulle, vroeg in 2009 sal ek my huiswerk doen! Belowe.

En dan is dit nou sulke tyd. Ek groet julle met ‘n snik en ‘n traan, want  ek hou nie van koebaai’s nie. Julle het dit seker al agtergekom, want ek het darem vanaand van een ding na die ander gemarch om dit te vermy…!

Dankie vir elke een van julle wat hierdie jaar by my kom inloer het. Mag hierdie Kersfees vir jou en jou mense besonders wees, en dit maak nie saak hoe jy verkies om dit te vier nie, solank dit vir julle spesiaal en geseënd is. As julle reis, is my wens dat dit veilig sal wees, en dat ons almal 2009 aan die horings sal gryp, en bloots ry! Sommer net omdat ons kan!

Amper vergeet ek die foto’s!

Net voor dit begin reën het
Net voor dit begin reën het
Ons capture die eerste druppels
Ons capture die eerste druppel…
Nog eerste druppels
Nog druppels…
Is die kleure nie amazing nie?
Is die kleure nie amazing nie?

Ek dink sonsondergange gaan my nuwe stokperdjie word terwyl ek met vakansie is. Ek het reeds ‘n paar ander ook.  Hmmm, miskien moet ek sommer elke aand tyd maak daarvoor in 2009…. ‘n soort van “stop and look at the sunset”?

Het ek genoem dat ons see toe gaan…? 😆

Advertisements

43 Responses so far »

  1. 1

    boendoe said,

    Ek wil jou sommer ‘n lekker nat bulldogsoen gee! 😆 Dis soooo lekker om darem weer ‘n nuwe possie so vir oulaas te kry! En dan boonop so laaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaange!

    Arme SpongeBob! 😯 Hy lyk darem heel happy daar oppie vloer!

    Ek sal more ‘n mailtjie stuur. Weet nie regtig waarvoor jy jou NOG moet staal nie! Your guess is as good as mine… 🙄

    Ek hoop die kleintjies geniet die vaNkansie by die see. Siestog, dis great dat hulle darem by die regte see gaan uitspan, en nie by die panne nie! Sies vir julle! 👿

    Okay, nou is my comment net so deurmekaar soos jou possie. En hy gaan seker gemodereer moet word agv al die smilies…

    Laat ek maar nog ‘n paar ingooi, for the hell of it…
    😦 😆 😉

  2. 2

    boendoe said,

    O ja. Probeer volgende week tog maar inloer by die blogs? Ons beplan ‘n moerawiese onderneming hierdie naweek, en ek dink, AS ons dit kan regkry, sal jy ook daarin belangstel. Maar, rerig, ek wil nie meer se nie. Netnou faal ons jammerlik…

  3. 3

    carina said,

    Sjoe, verstommende mooi sonsondergang! Jy is reg, mens stop te min om dit te bekyk. Dankie

  4. 4

    Eben said,

    Soe …. nou wonder Ebie net, is die koekies okay? Is hulle gaar, beskuit mooi uitgedroog? Ek reken ek HAAT dit om gebrande koekies te eet! 😆 Het ek aan jou genoem dat ek julle gaan kom verras 😉

    Ai die arme kinders …. ek dink hulle gaan dit so geniet. Wanneer laas was Blou Ogie by die see? Ja, hoe bevoorreg is ons om jaarliks so weg te kan gaan. O sommer net daar te woon.

    Gie gie ek hou natuurlik van jou poging om ‘n bietjie kleur te kry! 15min hier en 15min daar :mrgreen: Niemand sal se jy het nie probeer! 🙄

    Dellie, mag jy en jou mooi gesin ‘n vreugdevolle feesseisoen beleef. Reis veilig en geniet elke oomblik saam.

    O jaaaaaaa as daar koekies oorbly, kan jy pos na Posbus 57, @#$%%^

    Laaste, dis seker onnodig om te noem, ‘daai foto’s ‘ 👿

  5. 5

    demoerin said,

    😆 Uiteindelik lyk dit my gaan jy by die see uitkom! Geniet jouself gate uit!

  6. 6

    Pikkelik said,

    Ek wonder ook soos Ebie, wat het nou van die koekies geword??? :mrgreen: Dellie dit was heerlik om weer so ‘n lekker laaaang inskrywing van jou te lees. Ek bid vir julle ‘n wonderlike vakansie, ‘n veilige rit, heerlike sonskyn, genoeg sunscreen, baldadige opgewonde kiddies en ‘n lieflike Christusfees toe. Geniet julself gate uit en leef elke oomblik!
    Lovies

  7. 7

    Pikkelik said,

    Oja ek wou nog sê jou sunsets is amazing en spongebob het bietjie water nodig, sit hom in ‘n tenk!

  8. 8

    Dellie said,

    /me vee wange af na Boendoe se bulldogsoen… hie-hie, ons gaan die vaNkansie beslis geniet, dankie jy! Sterkte met die mission die naweek – ek sal beslis kom inloer volgende week. Seun sal anyway nie lank kan oorleef sonder die internet nie!

    Hie-hie, Ebie en Pikkie, die koekies is OK! Dis darem een ding wat ek nogal goed kan doen, want ek oefen al jare daaraan. :mrgreen: Ons gunsteling koekies is sommer maklik om te maak, en die beskuit het lieflik uitgedroog deur die nag. Sit nou juis met so ‘n bordjie “testers” en koffie… salig! 😉

    Ebie? Jy gaan vir ons kom kuier by die see? Die regte see? Dit kan nou vir jou ‘n affêre afgee… 😆

  9. 9

    BB said,

    Jaaaaaaa tog – gaan tog nou maar see toe!! Loop kry ‘n tan – sommer vir my part ook – onthou om die Sunsense pilletjies te drink (my vriendin sweer dat dit help teen hangover ook… she should know 😀 )
    Kom veilig terug – and have yourself and your loved ones a merry little XMas! xx

  10. 10

    Krista said,

    Moenie worry oor Murphy nie, die bliksem het daar by ons wortel geskiet. So julle is veilig!

    Faktor 50+ is die hoogste wat ek al in die winkels gesien het.

    Geniet julle vakansie!

  11. 11

    Nella said,

    Geniet julle tyd by die see – hoop julle het lekker weer. Almal wat see toe gaan moet dit geniet – ons wat by die see bly geniet dit nie so baie nie!
    Ek weet julle moet ook bietjie see toe kom, maar liewe aarde, die verkeer is erger as spitsverkeer vyfuur in die middag! En as ek wil gaan brood koop is daar niks oor nie!
    Nou ja, ek wil nie kla nie (nie rêrig nie!), Dellie, baie Geseënde Kersfees en mag 2009 die wonderlikste jaar ooit wees!

    XXX

  12. 12

    boendoe said,

    Gits! Hoe kon ek dit vergeet?? Ek wou jou nog se, die Russiese mamma wat haar kiddies hier kom laat swem, het ‘n sonskerm faktor…wait for it…300!!!! In my lewe het ek nog nie so iets op die winkelrakke gesien nie! Oukei, haar kindertjies is superwit, en brand nog steeds, SPF 300 or not. 😉

  13. 13

    Wipneus! said,

    Hi Dellie dit was nou ‘n lekker lees inskrywing!

    Ek hoop julle geniet die see vakansie terdeë!

    Geseënde Kersfees en ‘n baie voorspoedige nuwejaar vir jou en jou geliefdes!

    Veilig ry!

  14. 14

    Adrie said,

    Dit is nou bewys. Kersmoeder en Kersvader bly in Welkom.

    Geniet julle vakansie, rus lekker uit en ry veilig.

  15. 15

    CLAZINE said,

    Hi Dels,

    Kan nie glo nog ‘n jaar is verby en Kersfees is op hande nie!!

    Wil vir jou en al die blogmaatjies ‘n Geseende Kersfees en ‘n baie mooi voorspoedige 2009 toewens. Mag julle mooi na mekaar kyk en onthou hoe kosbaar die lewe werklik is!

    Jy moet die “see” toe gaan geniet en gooi sommer baie skulpies in die oseaan!!

    Goed gaan met almal en weet God se genade sal met julle almal wees.

    Groetnis vir die laaste keer in 2008.

  16. 16

    rb said,

    Lekker rus. Sien / lees weer in 2009!!!

  17. 17

    Dellie said,

    Ag shame Krista, sny vir Murphy in klein bite size porsies, en voer hom vir die honki’s. Hy het beslis nou genoeg verwoesting gesaai vir hierdie jaar! 😯

    Nella, ons sal ons bes probeer om ons nie soos Vrystaters by die see te gedra nie! 😆 Maar ek kan ongelukkig niks belowe nie…

  18. 18

    Linda said,

    Dellie

    Dankie vir die pragtige fotos wat jy met ons gedeel het. As ek dit sien kan ek net nie dink dat daar mense is wat nie in God glo nie.

    Julle moet veilig ry en mag julle ‘n heerlike rustydjie hê en heel gecharge terugkom.

    Mag julle almal ‘n ware Christusfees hê en mag 2009 uitstaan as die jaar wat julle saam met Jesus gedans het. Dankie vir julle vriendskap.

  19. 19

    Dellie said,

    Hi Linda, dis waar wat jy sê. Die Vader het darem ‘n amazing verfkwas. Soms as daar soveel vog in die lug is, lyk alles pienk of oranje net so voor die son ondergaan. Dis vir my ongelooflik – ek gaan staan sommer net buite en kyk en kyk in verwondering! Geseënde Feestyd vir julle! 😉

  20. 20

    Pikkie said,

    Dellie, as jy nog daar is…. My gravatar… As ek Firefox of Opera gebruik werk die ding, my gevreet verskyn orals, maar boeta laat ek net vir Explorer nader trek en ek verander in ‘n groot swart gat. Enige idee????

  21. 21

    Dellie said,

    Hie-hie Piks, dis darem net jou avatar wat in ‘n swart gat verander, nie jy nie! 😆

    Nee jong, ek het nie raad nie. Ek het opgemerk dat jy soms sigbaar is, en soms nie. Ek gebruik nou seker vir die afgelope nege maande Firefox, so ek weet nie meer wat in IE aangaan nie. Is daar nie info by gravatar.com oor verskillende internet browsers en hoe dit jou avatar beinvloed nie? Miskien moet jy maar by Firefox of Opera bly?

  22. 22

    Pikkie said,

    Sal verder gaan soek, dankie vir jou tyd!!!

  23. 23

    Pikkie said,

    👿 Alweer die uwe, Groot swart GAT!

  24. 24

    Dellie said,

    😆 @ Groot swart GAT! 😆

  25. 25

    Parkes said,

    Dellie Geseende Kersfees!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  26. 26

    Nella said,

    Toemaar, Dellie, die Vrystaters gedra hulle gewoonlik goed, maar ek kan ongelukkig nie dieselfde sê van al die Gauties nie. Ek het niks teen hulle nie (het self 6 jaar in Gauteng gewoon en het familie en vriende daar), maar party maak asof die plek aan hulle behoort en hulle kan maak en breek soos hulle wil.
    Wat my die kwaadste maak is as hulle teen 25km per uur ry om na die see te kyk EN EK MOET BY DIE WERK KOM!!! Stop en kyk na die see as jy wil kyk – foeter net uit die pad uit! Julle kan agterkom ek is bietjie ongeduldig met al die vakansiegangers – ek wil ook een van hulle wees!! (Vee ‘n traan af)
    My bure ry ook vanoggend Kleinmond toe vir 2 weke – besig om karavaan te pak.
    Almal wat met vakansie is, geniet dit en dink aan ons wat moet werk, hoor!

  27. 27

    White Knight said,

    Dagse Dellie

    Alles van die beste vir julle die Kerstyd. Mag dit ‘n ongelooflike, heerlike altyd onthou vol van die mooiste herinneringe tyd wees.

    Sien weer in die nuwe jaar.

    Groete

  28. 28

    Dellie said,

    Hey Piks! Jy’s nie meer ‘n swart gat nie… :mrgreen:

    Nella, ek verstaan jou frustrasie. Ons sal ons bes doen om bedagsame vakansiegangers te wees! 😉

    Ek hol vanmore rond soos ‘n afkop hoender, want raai, Esther het besluit sy kom nie vandag in nie… toe is dit wasgoed was en skoonmaak en al daai vreeslike lekker dinge, ek kan mos nie die plek vuil los nie! 😯

    Wel, nou is sy ongelukkig haar Krismis bonus kwyt, want ek het nie ‘n clue waar sy bly nie – sy het onlangs getrek, en sy tel nie haar selfoon op nie… 😦 Skat sy gaan nie baie impressed wees met my nie, maar dis sowaar nie my skuld nie!

    Ek sal kom groet voor ons ry. Lekker dag!

  29. 29

    Pikkelik said,

    Julle moet baaaie veilig ry, julself gate uit geniet en alles doen wat julle mag en nie mag nie!!! Geniet dit Dellie en kom uitgerus, bruingebrand en met nuwe energie terug!
    Ns – Sterkte, 😉 Wanneer laas het jy met twee kiddies vakansie gehou!! 😆 😆 😈

  30. 30

    Dellie said,

    Ai Piks, dis sooo nice om jou gatsiggie te sien! :mrgreen:

    Ek is op hierdie stadium op die laaste styftrekkings van pak – jy moet verstaan, daar is meer koekblikke en geskenke wat moet saamgaan as klere… ek weet nog steeds nie hoe my liefie al hierie goed in die kar se boot gaan inpas nie – maar hy is ‘n meester-pakker-en-orginizer… hmmm, ons sal sien. Ek sien al hoe sit ons elkeen met ‘n koekblik op die skoot vir 7 ure… 😯

    En gelukkig gaan hulle ma ook saam … maar ek sal kom vertel hoe ek dit oorleef het! 😆

  31. 31

    Dellie said,

    OK, ek gaan dan nou maar amptelik groet. Nog so ‘n paar goedjies om te pak, en dan val ons in die pad so teen middernag. Het gelukkig ‘n sleepwaentjie gekry om te leen, want anders het ek rerig nie geweet waar pak ons alles nie…

    Happy holidays, julle! Ons gesels weer ernstig in 2009! Ek sal probeer om in te loer intussen, maar ek kan niks belowe nie! Be good… :mrgreen:

  32. 32

    TristonJ said,

    Hi hi, kom se gou geseende kersfees voor als te dol gaan, hoop die jaar wat kom net goeie dinge vir jou in hou.

  33. 33

    Zee said,

    Is dit lekker by die see? Geniet dit hoor!!

    Mag hierdie Christusfees vol liefde wees vir julle. ‘n Baie geseënde Kersfees vir jou en jou familie.

  34. 34

    koeksister said,

    Geseënde Kersfees Dellie, en geniet die see!!!

  35. 35

    Paula said,

    Die fotos is ongelooflik mooi! Absoluut pragtige fotos 🙂
    Geseende Kersfees vir jou en mag dit ‘n baie mooi maar wees!

  36. 36

    Wondernet said,

    Dellie Jy het nog die die son sien ondergaan in Kaapstad nie. Ongelooflik.
    ‘n Sekere tyd van die jaar sit jy op Seinheuwel – Leeukop en kyk na die sonsondergang in die see in en dan draai jy jou stoel om en sien hoe die maan opkom.

    Hoop jy gaan ook ‘n heelike nuwe jaars viering he^.

    Groete

    Wondernet en gesin

  37. 37

    boendoe said,

    ‘n Groot tragedie het my oorgekom! 😦

    As jy my soek, kom kyk by http://boendoe.wordpress.com

    :mrgreen:

  38. 38

    Tersia said,

    Hoop die vakansie is wonderlik en dat julle veilig terug sal kom by die huis! Ek wens julle voorspoed, vrede, vreugde, liefde, sonskyn en geluk toe vir 2009! Liefies

  39. 39

    boendoe said,

    Ignoreer comment 38! :mrgreen:

    Vir die odd chance dat jy hier gaan inloer:

    Jy weet wat jy met 2009 moet doen, ne? Gryp hom aan die horings… 😉

  40. 40

    boendoe said,

    Oeps! Comment 37! Sorry, Tersia!

  41. 41

    Lee said,

    Is jy nog met holiday, geniet dit!

  42. 42

    BB said,

    Ok, dis nou tyd Delsch!!!, dink jy nie???

  43. 43

    merriemuis said,

    Aai … dis darem die mooiste mooi kleure saam in ‘n sonsondergang… ek dink nie ek het al ooit iemand tee gekom wat die kleur op ‘n canvas kan naboots nie!!

    Pragtige foto’s!!!


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: