Ek droom van somer, son en see…

♪ … en tye saam met jou ♫

♫ Ek dink aan daardie sandkasteel ♪

♪ Kan jy dit nog onthou?♫

♫ ‘n Verhaal wat vertel ♪

♪ Van ‘n ou kinderspel ♫

♫ Kan jy nog onthou…? ♪

Ons het wonderlike memories gemaak hierdie vakansie. Maar ek het ook geleer dat mens nie jou drome op sand naby die see moet bou nie..

Ons eerste poging

Ons eerste poging

Kyk die mooi torings, man!

Kyk die mooi torings, man!

Daai tonnels was almal met mekaar verbind

Daai tonnels was almal met mekaar verbind

Obviously...

Obviously...

Wallee was ook daar

Wallee was ook daar

'n Meesterstuk in wording...

'n Meesterstuk in wording...

Hierdie tonnels is ook verbind

Hierdie tonnels is ook verbind

Kyk net so 'n tjorrie!

Kyk net so 'n tjorrie!

Netjies, reken ek! Seun se handewerk

Dit was nie ons gat nie, maar hierdie ouens was vir ure besig en verdien om genoem te word!

Dit was nie ons gat nie, maar hierdie ouens was vir ure besig (cowboy hats and all!) en verdien om genoem te word!

Hulle het toe at last water raak gegrou, en dit was alles met hulle kaal hande gedoen! Soms het ons net die cowboy hoede so bo die grond sien beweeg...

Hulle het toe at last water raak gegrou, en dit was alles met hulle kaal hande gedoen! Soms het ons net die cowboy hoede so bo die grond sien beweeg...

Die beplanning vir ons eie gat...

Die beplanning vir ons eie gat...

Die ou langs ons het gereken ons gat was 'n cheat, omdat ons die lifeguards se graaf geleen het en nie ons hande gebruik het nie! Hie-hie! En later die dag het 'n hele paar klein mensies 'n hawe in "Die Gat" gevind terwyl Mamma en Pappie gou bietjie in die branders gaan speel! Ongelukkig het die batterye toe die gees gegee, en ek kon dit nie afneem nie. Nog later het die sekuriteits outjies ons kom vra om asseblief die gat toe te gooi voor ons gaan - netnou val iemand daarin! Die "bure" se kids het egter so lekker daar gespeel, dat hulle belowe het om die gat toe te gooi. Vir die volgende twee dae was die gat op die strand... net elke dag bietjie meer opgevul!

Die ou langs ons het gereken ons gat was 'n cheat, omdat ons die lifeguards se graaf geleen het en nie ons hande gebruik het nie! Hie-hie! En later die dag het 'n hele paar klein mensies 'n hawe in "Die Gat" gevind terwyl Mamma en Pappie gou bietjie in die branders gaan speel! Ongelukkig het die batterye toe die gees gegee, en ek kon dit nie afneem nie. Nog later het die sekuriteit (of die "storietjie-tyd" ouens, soos Nooi sê... hie-hie! ) ons kom vra om asseblief die gat toe te gooi voor ons gaan - netnou val iemand daarin! Die "bure" se kids het egter so lekker daarin gespeel, dat hulle belowe het om die gat toe te gooi. Vir die volgende twee dae was die gat op die strand... net elke dag bietjie meer opgevul!

Ons moet bieg, kinderarbeid is soms ingespan om hulle vir so 15 minute uit ons hare te hou!

Ons moet bieg, kinderarbeid is soms ingespan om hulle vir so 15 minute uit ons hare te hou!

Dit was lekker by die see!

Advertisements

16 Responses so far »

  1. 1

    boendoe said,

    Nou verlang ek net meer… 😉

  2. 2

    Carina said,

    Bly julle het dit geniet, dit lyk soos pret!

  3. 3

    BB said,

    Ekke loooooooooooove dit om in die sand te grawe – kan ure lank so speel. Die kleintjies sit maar later dikbek en toekyk, want ‘Mamma, tannie BB wil nie my grafie teruggee nie!!!’ hehehe….
    Bly jy’t dit geniet!!
    Bly jy’s veilig terug!!
    xx

  4. 4

    meermin said,

    so by julle het julle vakansie geniet, ek is gaande oor die see, oorweeg dit baie sterk om werk te soek naby die see my goed te vat ek te waai!!

  5. 5

    White Knight said,

    Dagse Dellie

    Nie te veel droom nie jy gaan die gemmer koekies verbrand 🙄

    Baie mooi “memories” wat julle gebou het die vakansie mag dit julle vir ewig bybly. Vir jou en die geliefdes ‘n wonderlike, vreugde gevulde, liefdevolle en voorspoedige tyd.

  6. 6

    demoerin said,

    Bly om te sien die holiday was toe baie lekker! Al die beste wense vir 2009!

  7. 7

    Blue Eye said,

    Vriendin

    Dankie weereens vir jou en Manlief, dat ek en die kids saam kon gaan.
    Ek kan nie ophou babbel oor alles wat ons gesien en gedoen het nie,
    (dis jammer jy het nie al die goetertjies gewys wat ons en JY gebou het nie). Ons het so baie lekker en wonderlike herrinnige die vakansie, wat ons altyd sal onthou. Dankie vir jou ook Boendoe, vir alles ons het dit geniet.
    Lekker werk!

  8. 8

    Dellie said,

    Vriendin! Ek kan nie vir hulle daai ene wys nie, hier lees dalk kinders ook! 😯 😳 😆 Die meerminne en Spongebob kom nog.

    Maar dit was great, né! Ek sal hulle nog vertel van die knoffel … 😆

  9. 9

    Wipneus! said,

    Hier is baie special memories gemaak! Ek is bly julle het die geniet Dellie!

  10. 10

    Emil said,

    Welkom terug en ‘m vreedsame 2009 vir jou en die geliefdes. Volgende keer moet jy bietjie lugkastele bou!

  11. 11

    CLAZINE said,

    Hi Dels!

    ‘n Mooi jaar vir jou en al jou mense! Sien sommer julle het die vakansie geniet!

    Dit is waar wat jy sê, ‘n mens kan hoe lekker vakansie hou maar dit is altyd lekker om terug te kom huis toe! Hoop almal het ‘n mooi jaar en mag die ekonomie “draai” en ons almal se beursies tot oorlopens toe vol raak hierdie jaar!

    Groete uit ‘n warm “Wes Transvaal”

  12. 12

    Niks soos kinderarbeid om rus vir jou siel te kry nie. Ek sien jy is ‘n meester daarin. hehehhe

  13. 13

    Paula said,

    Dit lyk asof dit groot pret was!
    Daardie kar uit sand is voorwaar ‘n “art work”. 🙂

  14. 14

    Eben said,

    Soe dit lyk na harde werk?

    Was daar tyd ook om gemmer-koekies te eet? Terloops was die koekie en beskuit voorraad toe genoeg vir al die honger maggies?

    Neeeee wat, as ek so op die beach is, laat ek maar steyn en sy tjommas die dinge bou, dit maak inbreuk op my ‘spierverslappers tyd’ :mrgreen:

    Maar ek sien uit na die ander foto’s en knoffel episode?

  15. 15

    Bottertjie said,

    Hey Dellie
    ‘n Gatskop, lek-lekker, awesome 2009 vir jou! Ek sal van volgende week weer begin blog!

  16. 16

    mykopop said,

    Ai dit was lekker by die see! Maar soos jy sê, dis ook lekker om terug by die huis te wees, ons was 3 weke weg van die huis, dan kom mens op ‘n punt dat jy voel dit was nou genoeg.
    ‘n Wonderlike 2009 vir jou!


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: