Knoffel en teaspoons

Blou Oog se kiddies het die see vreeslik geniet. Onthou, dit was hulle eerste keer daar. Hulle het sommer vinnig mak geword en ons moes partykeer hard praat omdat hulle dit te diep in waag.

Ons het ure op die strand deurgebring. Daar is darem maar net ‘n magic aan see en sand. Van laatslaap was daar nie eintlik sprake nie, en ek is seker almal kon sien ons is Vrystaters, want al was dit renerig, was ons daar! Sommige oggende net na ses al.

Die koekie en beskuit voorraad het mooi gehou, dit was ons ontbyt elke oggend saam met koffie. En dan is dit strand toe tot die magies ernstig begin skree van honger. Ons het gewoonlik net koeldrank en sweeties saamgeneem strand toe. Dan kom ons terug huistoe vir middag ete, vang ‘n slapie, en dan gaan baljaar ons weer.

Sommige dae het die wind verskriklik gewaai. Kompleet gevoel of mens ge-sandblast word. Maar ek moet sê, my vel was lanklaas so glad soos nou. Op Liefie se verjaarsdag was dit so ‘n dag. Maar dit kon ons natuurlik nie van die strand af weghou nie. Dit was verskriklik warm, en ons slaan toe die gazebo so skuins op met sy een seiltjie teen die grond om darem bietjie beskerming teen die waaiende sand ook te bied. Groot fout! Die wind was so sterk, dat daai ou pypies wat die dak moet bo hou, sommer morsaf gebreek het! ‘n Hele paar sambrele op die strand het dit ook nie gemaak nie. Een sambreel het weggewaai, met sy baas wat agterna hol, maar die sambreel bly net-net buite sy bereik. Dit het uiteindelik tot stilstand gekom in ‘n boom, ‘n hele entjie van die strand af. Dit was nogal snaaks om te aanskou.

Toe Liefie en Seun die verfrommelde gazebo bymekaarmaak en wegpak, loop die mense so smile-smile by ons verby. Ons dog hulle grin oor die gazebo, maar toe Liefie op die sand gaan sit na die operasie, vind hy uit sy broek het erens op ‘n stadium in die geharwar geskeur, en spierwit boude het hulle heeltyd in die gesig gestaar!😯 Whahahaha!

Toe ons loop, het ons talle gazebo en sambreel wrakke langs die pad gesien. Ons sambreel het darem oorleef, maar die ou dingetjie is nie baie groot nie. Die volgende dag het ons gedreig om die lewensredders onder hulle lekker afdakkie te gaan join, maar ek dink nie hulle sou beindruk gewees het met ons nie.

Op ‘n stadium het klein seuntjie in die sand gesit en speel, en toe sing hy ‘n liedjie… vir ons het dit geklink soos ♪ R1.50 vir ‘n lekker k@k tyd! ♫ Maar dit was eintlik ♪ R1.50 vir ‘n lekker cupcake! ♫ Ons was natuurlik histeries! Hie-hie!

In die kombuis waar ons gebly het, staan ‘n houertjie op die kas met teelepels in, en voorop die houertjie staan “Teaspoons”. Toe Seun sy selfoon wil charge, loop hy daar verby, steek vas, staan met so ‘n puzzled uitdrukking op sy gesig, kyk weer na die houertjie, en begin toe lag. Op ons vraende gesigte antwoord hy toe: “My oog het net die “T” en “po-ns” gevang, en toe dog ek by myself wtf soek tampons in die kombuis…?”

O ja, die knoffel storie. Einde verlede jaar het BB ons ingelig dat Pajero in Spaans “wanker” beteken. Dit alleen het nou al tot groot pret gelei as mens daai ou woordjie in die regte sin gebruik en net ons klompie weet waarvan ons praat. Dit net vir bietjie agtergrond sodat julle die storie beter kan verstaan.

Een oggend toe ons weer net na dagbreek op die strand loop en klippe en skulpies optel, gewaar Seun ‘n kondoom papiertjie in die sand. Hy merk toe op dat iemand gisteraand baie geniet het. Klein Seuntjie is natuurlik baie nuuskierig, en storm nader. Voordat Seun die papiertjie kon begrawe, sien hy dit raak en merk ewe droog op: “O, ek sien hulle het knoffel geëet!” Onder groot gelag sê Liefie toe: “Ek eet baie eerder knoffel voordat ek ‘n Pajero op myself trek!”

So ons “geheime” taal het nou al mooi uitgebrei. Teelepels, knoffel en Pajero’s. Wat ‘n kombinasie!

Hier is nog ‘n paar foto’s:

meermin-1

meermin-2

emmerkop

spongebob

Springie die sprinkaan was vir een hele dag Seuntjie se troeteldier.

Springie die sprinkaan was vir een hele dag Seuntjie se troeteldier. Eers het hy die arme ding vir omtrent twee ure rondegejaag tot hy ingegee het en maar ewe gedwee op sy vinger bly sit het. Dit was 'n hengse stryd om hom sover te kry om die arme sprinkaan te laat gaan!

Nou moet ek eers bietjie gaan werk. Darem nog nie vreeslik besig nie, maar ek het nogal redelik admin werk wat ek moet afhandel voordat alles weer volstoom aan die gang is Maandag. Lekker dag vir julle!

10 Responses so far »

  1. 1

    meermin said,

    DELLIE hoe lekker sit en nou hier en lag, TAMPONS in ‘n kombuis, grote griet!!!

    Baie duidelik het julle die see vakansie geniet, ek verkies ook ‘n see vakansie, ek is gaande oor die see, oorweeg dit sterk om baie gou gou see toe te trek, genoeg gehad van alles en almal!!

    As jy my inskrywing van gister lees sal jy verstaan hoekom ek so voel!!

    Dellie mag hierdie jaar wonderlik wees vir julle!!

  2. 2

    boendoe said,

    Ja-nee! Who the #$% hou tampons in ‘n kombuis aan!! Bhawhahahaha!! 😉

  3. 3

    Eben said,

    Gie gie …. nee kyk, se ek vir myself, my volgende vakansie moet saam die Dellie-gesin wees.

    Maar dit moet ook in die tampons-huis ook wees. wonder wat vra die mense om in daardie huis te bly😆

    Lekker Dellie .. lekkerrrrrrr niks kom my ‘n genotvolle vakansie!

    Nou toe … laat die admin nou aandag kry, wil nie choas maar raaklees in die Dellie-opleiding skool vir rekenaar-gestemdes!!:mrgreen:

  4. 4

    Dellie said,

    Uhm, Ebie, jy is meer as welkom om saam met ons vaNkansie te kom hou, maar onthou, elke sport het sy beserings, né! Jy is amptelik gewaarsku…:mrgreen:

    Man, ek dink ons kan daai mense se arms draai vir gratis verblyf as ons ons eie matrasse saamneem…😉

  5. 5

    Paula said,

    Ek het nou te lekker gelag. Jy het my dag gemaak🙂

  6. 6

    White Knight said,

    Dagse Dellie

    Niks so lekker soos ‘n vakansie wat deur almal geniet word nie.

    Lekker gelag vir julle woordeboek.

    Groete

  7. 7

    Zee said,

    Dellie, voorspoed vir 09.

    Jinne jy is baie braaf met die rokery.. Liefie het besluit ons dag kom Maandag. Ek het darem al probeer afskaal na een elke 2 ure😉

    Ai, dit lyk of julle baie lekker vakansie gehou het en Blouoog se kinders dit gate uit geniet het.

    Lekker naweek!

  8. 8

    BB said,

    I, for one, enjoy jou holiday diaries regtig vreeslik baie!! xx

  9. 9

    Dit is nou wat mens noem jou geld kry uit die see en sand.

  10. 10

    sommergoed said,

    Ek het nou lekker gelag! So bly julle het ‘n heerlike tyd gehad


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: