Bytjie-besig

Mense, ‘n jaar het rerig lanklaas so bedrywig afgeskop. Ek het beplan om op die 14de Januarie weer met klasse te begin. Maar ‘n paar studente was al voor Kersfees reg vir 2009! En na al die oproepe wat ek gekry het terwyl ek nog aan my tan op die strand gewerk het, het ek toe maar besluit om ‘n bietjie vroeër te begin. ‘n Hele week vroeër, om die waarheid te sê. Maar eers amptelik (of issit nou nie-amptelik?!) Maandag. Nuwe studente is al in aller yl besig, maar die wat nog besig was verlede jaar en moet voortgaan, begin eers amptelik Woensdag.

En ek vat skaars grond. Want ekke was so lui en lus vir vakansie die laaste maande van 2008, dat my admin en ander dinge gruwelik daaronder gelei het. Ek is mos die baas, en ek moet net aan myself rapporteer – ja, en nou is my “gryp-dit-aan-die-horings-en-hoekom-is-dit-nog-nie-gedoen-nie” se batterye gecharge, en is sy weer in beheer. Ek sal rerig ‘n plan moet maak om by my skedules en goals te hou in 2009. Blogging het seriously ‘n gap in my tyd kom opeis wat ek hierdie jaar aansienlik moet verklein, anders gaan ek vir myself drama gee. Ek kry mos nie geld vir my blog nie, dammit, ek moet soos baie van julle actually werk vir kos op die tafel! Whahahaha!

My besigheid is 10 jaar oud in September hierdie jaar, (sjoe, ek kan nie glo dis al so lank nie!) en ek kan dit wraggies nie nou onbewaak laat nie! Ek het so hard gewerk om tot hier te vorder, en dis noudat my reputasie vir ditself begin spreek, waar die harde werk om dit so te hou, begin. Maar ek lief dit mos, daar is niks so lekker en bevredigend soos ‘n tevrede student nie.  Want daai outjie vertel vir iemand anders, wat weer vir iemand anders vertel… en so loop die kringloop nou al vir bykans 10 jaar.  So verskoon dus as ek bietjie afskaal met possies, en net hier en daar kommentaar lewer, ek sal rerig my bes probeer om by almal uit te kom en ten minste te lees. En ag, julle ken my mos, as ek erens was sal ek nie my bek kan hou nie! En ek kan nogal multi-task… maar ek belowe niks.

UPDATE:

Hier is die foto’s van die guava-della’s vir die wat gewonder het hoe dit lyk… soos Koekie en Betsie.

Toe ons dit gepluk het, was dit grasgroen, rond, ferm en glad. Nou is dit so gekreukel soos ‘n grenadella. As mens dit oopsny, ruik en lyk dit ook net soos ‘n grenadella. Maar dis verskriklik suur. Miskien is dit nog nie heeltemal ryp nie? Met suiker smaak dit heerlik. Ek voel net half verward oor die guava deel – niks daaraan herinner my aan ‘n guava nie…dis nie eers pienk nie!

0011

0021

0031

Advertisements

23 Responses so far »

  1. 1

    betsieboop said,

    dellie – bets sit in spanning en wag vir jou guava-della’s foto!!!!!

  2. 2

    boendoe said,

    Jy kan my niks vertel van blogging wat mens se tyd steel nie! Nee wat, dis reg. Werk gerus maar meer hierdie jaar. Ek sal ook probeer… :mrgreen:

  3. 3

    betsieboop said,

    dit is net plein freaky!! wonder of pappa guava weet waar mamma guava rondgeloop het!!!!

    whaahahhahahahahahahahah

    maak vir ons punch dellie!

  4. 4

    DoosDeluxe said,

    Donnil! Daai goed lyk lekker! Koop mens dit?

  5. 5

    Dellie said,

    DoosDeluxe, my vriendin reken die smouse langs die pad verkoop dit binne seisoen daar langs die see, maar ek het tot en met ons vakansie nie eens geweet die goed bestaan nie. Ons het dit so van die rankplante afgepluk wat al die bome toegroei, en gehoop dit word ryp sodat ons kan proe. Ek gaan ook so ‘n paar saadjies droog en kyk of dit dalk hier by ons wil groei.

  6. 6

    Eben said,

    Ek is bly die jaar begin goed vir jou Dellie … jy verdien dit mos 😆

    Ek verstout my om te vra om ‘n paar van die droeer pitte vir my te stuur. Ek behoort dit hier in onse omgewing aan die gang te kry. :mrgreen: maar ons gesels later oor daardie gedeelte.

    Lekker werk, en maak genoeg geld!! Onthou as ons kom kuier bring ons nie iets saam 😉

  7. 7

    Koekie said,

    Thanks vir die fodies Dellie. Nou weet ek ook hoe lyk dit. Ek stem saam met jou, weet nie waar kom die guava gedeelte in nie. Dit lyk net soos ‘n groter weergawe van ‘n gewone grenadella.

    Ek het gistraand lekker vir jou gegiggel met jou guava-dellas 🙂

  8. 8

    Paula said,

    Sterkte met 2009 se werk … en mag jy nog steeds ‘n tydjie kry om hier te kom gesels 🙂

  9. 9

    BB said,

    Ekke is allergies vir guava’s!! Ek ril tot in my hakskene!!
    Jy kry nie geld vir jou blog nie??? 😯 Heng, Delsch – jy kén mos van besigheid doen!? Wat keer jou om te begin adverteer??? :mrgreen:

  10. 10

    Dellie said,

    Nee wat Beeps, hierdie is net vir die lekker, nie vir werk en geldmaak nie… 😉

  11. 11

    Die Wolf said,

    Nee jong, daai vruggies is gladnie reg nie. Maar jy is op die regte pad. Sit hulle saam met ‘n lemoen in ‘n sakkie, dan, as hulle so begin plooie kry, dan wag jy nog ‘n rukkie. As daai dik skil donkerpers is, dan is hulle reg. Traai hulle son gee. As die skil diepgeel word, en weier om pers te word, proe hulle dan ook, hulle behoort reg te wees.

  12. 12

    demoerin said,

    Sjoe, daai goete lyk nou nie vir my aangenaam nie! Sterkte vir 2009, as jy dit met sulke goeie intensies begin kan dit net GROOT wees!

  13. 13

    White Knight said,

    Dagse Dellie

    Sterkte vir jou jaar en moenie sleg voel oor die blog nie. Meer van ons verstaan as wat jy dink. Dis baie en harde werk om te blog. 🙄

    Gryp daai horings en jaag hom tot sy tong uithang. 😎

    Groete

  14. 14

    Dellie said,

    Jinne, dankie Wolf! Daar is darem nog so ‘n paar oor wat ons kan red, maar op die trant wat ek saadjies vir mense belowe het, weet ek nie meer of ons enige van daai sal kan eet nie! 😆 Sal maar moet wag vir ons eie plantjies om vruggies te dra! :mrgreen:

  15. 15

    Bottertjie said,

    Ek verstaan die: “gaan-minder-blog-ding”. Ek probeer minder loer oor wat aangaan in die blogworld, maar helaas, dit werk nie!

  16. 16

    Dellie said,

    Botter, jy vertel my iets wat ek al laaaankal weet! 😉

  17. 17

    Essie said,

    Hey Dellie!
    Dankie vir di invite na jou blog toe. Ek glo ons gaan nog baie chat. Ek kon aflei wie blou oog moet wees en sy het darem vir ons die storie van die kondoom papiertjie vertel. Dankie vir als wat julle vir hulle doen julle is great!

  18. 18

    Dellie said,

    Essie! Dis soooo lekker om jou raak te lees! Ja, ne, jy weet mos wie Blou Oog is… en al die stories rondom die kondoom papiertjies…. 😆 dit was groot pret! Ag, dis rerig sommer pure lekker om JOU hier te hê! Kom weer! 😉

  19. 19

    Roer said,

    Hi Delsch. Simpatie. Ken die gevoel. Ek soek nog so 3 ure in die dag.

  20. 20

    Tersia said,

    Ek is darem bly party goed smaak nie soos dit lyk nie….!

  21. 21

    hallo dellie ek speel die 5-woord-game saam met jou daar anderkant op DD maar flip jy kap my ‘n flat??? huh?

  22. 22

    Dellie said,

    Haai nee Rosa! 😆 ek probeer net bybly! Whahahaha! Sorry my maaitjie, het dit nie so bedoel nie, rerig! 😳 Word soms weggevoer deur die oomblik… 😳

  23. 23

    Linda said,

    Dellie, lekker werk en mag jy baie geld maak in 2009. Jy sal maar van daardie pitte moet “forward” sodat ons kyk of ons dit aan die groei kan kry.


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: