Onthou jy?

Hierdie het my vanmore heel nostalgies, en ek wil dit graag hier bêre… onthou jy ook nog?

Munte

Munte

R1

R1

R5

R5

Daai vingertjie...

Daai vingertjie...

SAL

SAL

SAS

SAS

Zola

Zola

Chopper

Chopper

Liewe Heksie

Liewe Heksie

Rubik's cube

Rubik's cube

Kasette

Kasette

Calculator horlosies...

Calculator horlosies...

Sony TV's

Sony TV's

4c seëls

4c seëls

Slaaptyd!

Slaaptyd!

Glimlag! Dis Vrydag!

Glimlag! Dis Vrydag!

Advertisements

15 Responses so far »

  1. 1

    betsieboop said,

    dit was goeie tye gewees. ook maar moeilik gewees, maar lekker.

    as jy jou 2rand noot sakgeld gekry het, het jy heelweek swiets gekoop daarmee. jou kasette het ‘n tassie gehad waarin dit vervoer is. liewe heksie was jou hero en jou chopper het ‘n kaart in die speke gehad en streamers wat in die wind waai. en dit was oraait .. jy was nie zef nie, jy was cool

    ai dellie, hoe lekker sit en onthou ek saam jou

  2. 2

    Linda said,

    Ai Dellie, ek deel jou verlange. Baie goeie tye gewees.

  3. 3

    Amanda said,

    Goeie ou dae toe dinge nog baie makliker was, die lewe minder gejaagd en baie veiliger!

  4. 4

    Jasper said,

    Springbokradio Top 20 terwyl ek huiswek doen. Daai advertensie … die jingle begin … Richelieu brandy … perfectly aged from ??? French tradition. Of het ek nou die kat aan die stert beet?

  5. 5

    Sandra said,

    As mens dit alles onthou gee dit jou ouderdom weg?! Ek onthou en van hulle het selfs weer teruggekom

  6. 6

    Jo-Ann said,

    Ek onthou saam…. van hoola-hoops, Coca-Cola klimtol kompetisies, daai groot plat toffie wat ‘n fliek deur jou kake besig gehou het en van 50c wat genoeg was vir fliek en lekkers. Gits, ek onthou nog die nuusfilms wat voor pouse gedraai het. 🙂 Ek is nie soooooo oud nie, ek onthou net so ver terug 🙂

    Is lekker om te onthou. Wonder of ons kinders dit sou oorleef as hulle nou kon “time travel”? Myne se selfoon is aan sy hand vasgegroei… en vyf rand koop skaars een koeldrank…

  7. 7

    Linda said,

    Jo-Anne, ek het ook nogal aan die 50c vir fliek gedink. Jou kaartjie, ‘n koeldrank, ‘n pakkie chips en ‘n tjoklit.

    Ek het as ‘n opgeleide onderwyseres vir R230.00 begin werk. As my medies en my polis afgetrek was het ek ‘n stywe salaris van R203.00 per maand verdien en wat het ek net nie alles daarmee gekoop nie!!

  8. 8

    Eben said,

    Gie gie soos Jo-Ann se, dis nie dat ons so oud is nie, dis net dat ons nog so goed kan onthou 😆

    Lekker tye daardie Dellie … ek het daar groot geword en is ook trots om dit te kom beleef en nie lees :mrgreen:

    Ek kan onthou my eerste posduif wat ek gekoop het was 20c en my hasie 50c. Ai ai ai hoe lekker loop my gedagtes terug.

  9. 9

    Die Brein said,

    Hi Dellie ja ek kan alles onthou.Maak dit my nou oud?Ek self versamel RSA munte en note, net in die Een Rand noot het ek ses verskillendes.

    Gaan kyk bietjie hierna, http://www.springbokradio.com/ dis nostalgies.

    Hoe gaan dit met jou laaitie?Gaan hy weer oorsee?

  10. 10

    Rustig said,

    Chopper onthou ek! So lekker perse gehad.

  11. 11

    White Knight said,

    Dagse Dellie
    Ek onthou al daai en is nog bloedjonk 😎
    Lekker tye gehad toe, kon met min geld baie Wilsons toffies koop. 😯
    Groete

  12. 12

    BB said,

    Ek onthou niks :mrgreen: – Jinne, maar julletjies is OUD!!! 😯 xx

  13. 13

    Parkie said,

    Waar is Trompie, ek mis vir Trompie

  14. 14

    Didikind said,

    Hallo Dellie
    En was die kubik nie ‘n treffer! Almal, maar almal het gedurig aan die blokkies gesit en draai en gesukkel.

  15. 15

    Dellie said,

    Ganit Didi? Jy ook bietjie vakansie gehou erens anders as in Welkom?

    Parkie, en die Uile … ek het hulle boeke gelief!


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: