Mengelmoes

Dis wat hier in my kop aangaan!

NIKS – LUGLEEGTESWERK – SYFERS – HARDESKYWE WAT SONDER REDE MET GREMLINS BETREK WORDBACK-UP’S WAT GEHEIMSINNIG VERDWYN HET– NAGMERRIES OOR SARS EN E-FILING…

dit kon dalk mis-ge-file gewees het, (die back-up’s bedoel ek, bly by jong!) maar sal natuurlik eers teen volgende jaar hierdie tyd op die ooglopendste plek opgespoor word… onder ‘n file-name wat geensins sin maak nie!… en programme wat besluit dat dit genoeg transaksies gedoen het vir hierdie jaar, en “fok jou uhm skies, bogger jou liewe mense-kindjie, ek is elektronies en die toekoms, en wat ek sê is wet – dis weg, seg ek jou – W E G G G G… *RTFS…W-E-G-!- Doen maar alles weer oor, asseblief.”

sos

*SNIK *SNIK en al wat ek wou doen, was om ‘n report te kry… en ek het noggie print-outs gemaak nie…

Ekke!? Ekke wat altyd vir almal preek oor fok… flippen back-up’s!

Sien julle? SIEN JULLE??? So, so vang slim sy FOKKEN baas! Practice what you preach, of dit kom terug en hap jou aan die boud!

*Read The Flippen Screen

21 Responses so far »

  1. 2

    Eben said,

    Gie gie as mens se jaar so begin, en jou tweede week op ‘werk’ dan kan dit net beter gaan.

    Ontspan, haal diep asem en dan kyk jy weer. Miskien moet jy W vra om te kyk, wie weet, mens is soms geneig om oor die verdomde goed te kyk as jy soek.

    Sterkte vriendin!!

  2. 3

    Dellie said,

    Ek dink ek gaan eers gou ‘n mango eet, Ebie, (op die morsige manier!) dan het ek miskien krag vir die res…😉

  3. 4

    Zee said,

    Ai Dellie, baie sterkte jong…. ek hoop jy vind die backup vinnig.
    Elke keer as ek van backups lees dan belowe ek myself…

  4. 5

    ding said,

    Dellie, dit klink soos ‘n fokapie. Vir Ouding klink die werkbaarste oplossing ook om eerder net ‘n mango morsig aan te val…
    Sterkte!

  5. 6

    BB said,

    Shot!! Kannie onthou wanneer laas ek ‘n mango morserig geëet het nie – now THAT’s a great idea virre stresaanval!!! Sorry vir jou kêk Delsch – but you’re a tough cupcake:mrgreen: – you’ll rise above that as well! x

  6. 7

    rb said,

    Sterkte, hulle sal iewers uitkom wanneer en waar jy dit die minste verwag!

  7. 8

    Bottertjie said,

    Eish! Kak in die hoogste graad!!! Hoop jy kom reg. Jy lyk seker soos hierdie piesang aan die regterkant!

  8. 9

    Jaco said,

    Ek sou graag vir jou ‘n paar bemoedigende woorde wou neerpen hier, maar ek het nie nou tyd nie. Ek maak backups👿
    Somtyds as die blikbreine hierdie revenge taktieke gebruik, mis ek ‘n pen en papier.
    Ek weet hoe jy voel, dit het my laasjaar oorgekom. Sterkte

  9. 10

    Linda said,

    Dellie, ek kan jou net sterkte toewens.

  10. 11

    Adrie said,

    Die voordeel van ‘n IT manager. Vloek hom.

  11. 12

    betsieboop said,

    my hart pyn saam met jou! het net nou die dag daardie grappigheid oorgekom! gelukkig by die huis gewees!

    strongs dellie!

  12. 13

    Da Mario said,

    EK save gou al my werk en maak back-ups. Sien julle later!!

  13. 14

    boendoe said,

    Oe! Dit klink erg. 😯

    Sterkte, die nuwejaar behandel jou ok maar nie te wel nie, ne?!

  14. 15

    Roer said,

    😆 Gelukkig is jy die baas. Anders was jy nou gefire! Dis nou wat ek noem ‘look at the bright side’.😆

  15. 16

    meermin said,

    Mengelmoes is NIE die woord wat tans alles deur my gedagtes gaan NIE!

  16. 17

    parkes1 said,

    MET EISH DELLIE!!!!!!!!!!!!

  17. 18

    Wipneus! said,

    Ek beter nou wakker word en back-ups maak:mrgreen:

    Sterkte Dellie!

  18. 19

    Koekie said,

    Ai Dellie, dis baie sleg man. Was die mango darem lekker?🙂

  19. 20

    White Knight said,

    Dagse Dellie
    Gelukkig kan jy volgende keer back-ups maak😈
    Geniet die Mangos intussen.😀
    Groete

  20. 21

    Fokk said,

    Wha-ha-ha-ha!!!!! Dankie frokken tog ek is nie die enigste wat die jaar so afgeskop het nie!!

    Strongs Dellie, ek huil saam met jou!! 🙂


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: