Fabels en sprokies

♫ ♪ Jan het eendag dorp toe geloop

En vir ‘n handvol boontjies die koei verkoop

Hoog teen die rank het hy opgeklim

En met ‘n slim plan die reus oorwin

Rooikappie buk om blomme te pluk

En ou Wolf neem sy kans nou waar

Toe Rooikappie roep, kom die Boswagter gou

En met nare ou Wolf was dit klaar

Dit is alles waar – dis is alles daar

Want dis in Feetjieland, waar alle kinders heerlik rond kan dwaal

En as hulle hierdie storietjies kan hoor, dan word hul weggetoor

Weg na die wonderlikste, heerlikste plek

Daar veeer in Feetjieland ♫ ♪

So het tannie Carike gesing. Wat het nou skielik verkeerd geloop in Feetjieland? Ons het grootgeword met hierdie sprokies en fabels, die meeste van ons. Hoe is dit dan dat ons nie die “diepere” betekenis gesnap het nie? En hoe het ons dan so goed uitgedraai? Wel, uhm, die meeste van ons het goed uitgedraai, dink ek.

Ons liedjies was ook nogal weird as mens daaraan dink. Ek meen vat nou maar Siembamba:

♪ ♫ Siembamba, Mamma se kindjie

Siembamba, Mamma se kindjie

Draai sy nek om, gooi hom innie sloot

Trap op sy kop, dan is hy dood ♪ ♫

Dit klink darem glad nie vars nie!😯 Ek kan nie onthou dat ek ooit rerig opgelet het na die woorde nie… dit was net ‘n lekker liedjie om te sing… en wat van die ene, wat so saam met ‘n speletjie gewerk het?

♪ ♫ Koljander, koljander so deur die bos

My ma en pa kook lekker kos

Die kinders verstik aan ‘n druiwetros

Die laaste een se kop word afgekap ♪ ♫

WTF? Hoe het ons dit oorleef?😆

Persoonlik dink ek dis omdat hierdie sprokies so erg ontleed word, dat al die “magic” verlore gaan. In die meeste van hulle, wen goed tog teen kwaad? En lesse word sommer so deur die storie geleer.

My kind het ook grootgeword met al hierdie stories. En net omdat Donald Duck uit Finland verban is omdat hy nie ‘n broek dra nie, beteken nie die magic moet verlore gaan nie.  Ek sal dit met my kleinkinders ook deel.

Hierdie stukkie hier onder, het ek verlede week raakgelees. Blou Willem som dit op soos wat ek nooit sal kan doen nie! Whahahaha – enjoy!

Daai boek se inhoud

Rooikappie (oftewel Rooikaper) word gekaap deur ’n wolf wat haar ouma gyselaar hou, ontset haar ouma met die hulp van ADT en kan dit nie glo toe die wolf borgtog kry nie. Sneeuwitjie (wat haar naam sal moet verander) gaan arbeidshof toe oor haar stiefma haar te lang ure in die kombuis laat werk, loop weg Durban toe, gaan werk vir sewe “sugar daddy’s” in Umhlanga en word uiteindelik gered deur ’n ryk Griek toe sy tweede kom in die Mej. SA-kompetisie (The Fairest of Them All was volgens die spieëltjie daai jaar ’n meisie van KwaMashu).

Gouelokkies (oftewel Patricia Gaulocks) leer dat jy nie sommer kan instap in iemand se huis en pap uit sy mond vat nie. Sy word deur die DBV aangekla vir betreding en diefstal en gevonnis tot twintig uur se gemeenskapsdiens by die beerhokke in die Nasionale Dieretuin.

En dan Skilpad wat met sy ou Isuzu-bakkie Witbank toe ry, deur Hasie met sy Porsche Carrera by Dronkwordspruit van die pad gedruk word in ’n padwoedevoorval maar tog voor Haas in Witbank kom omdat Haas die verkeerde pad gevat het omdat hy nie geweet het dat Witbank nou eMalahleni is nie.

Die Drie Varkies, wat al sedert 1994 wag vir ’n HOP-huis, se “shack” is een dag toe hulle weg is werk toe deur Winterveld se Rooimiere opgevreet (die storie eindig sleg want drie Mosambiekse varkies het toe húlle HOP-huis gekry). Brakkenjan (wat hom sewe jaar voor Van Riebeeck se landing al by Richelieu se Musketiers aangesluit het) besluit om van loopbaan te verander, emigreer na Suid-Afrika en word ’n instrukteur by die polisie se hondeskool in Pretoria-Wes.

En dan “Die gans, Sol, wat goue eiers kon lê ” , “Ali Bacher en die veertig rowers”, “Keiser Jacob se nuwe klere”, “Komphela, die Wolf en die 15 Bokkies”, Klein Duimpie wat ná ’n hofsaak sy buurman, Jan, se boontjierank laat afsny, Repelsteeltjie wat aangekla word van winkeldiefstal uit die Repelwinkel, Advokaat Barbie en die Gestewelde Kat, Doringrosie wat anti-retrovirale middels moet kry nadat sy deur ’n naald geprik is, ag en nog vele ander oulike, eg Suid-Afrikaanse ou fabeltjies!

Blou Willem Theron

20 Responses so far »

  1. 1

    merriemuis said,

    mwhahahaha …. ek het ook al daaraan gedink … ek dink die liedjies het so mooi vas gehak omdat dit so ‘n lekker “catchy tune” het … dis mos gewoonlik die aakligste liedjies, wat jy niks van hou nie, wat in jou kop kom vassit!! en wat nou van Raponseltjie?
    Ek luv jou post!!

  2. 3

    Dellie said,

    Merriemuis, dit was mos die girl met die moerse lang vlegsels – my ding, ek kan jou uit ondervinding vertel dat sy teen die tyd dat haar hare daai lengte bereik het, al veeer duskant sewentig moes gewees het – wetie so lekker of die prins haar dan nog sou wou hê nie!😆 Miskien het hy toe hy daar bo kom nadat hy teen haar vlegsel opgeklim het, besluit selfmoord is ‘n beter opsie…:mrgreen:😆

  3. 4

    Daar is mense wat hulle tesisse doen oor die geweld, die gender-issues, seksisme, net mooi mense is gelukkig, en die nare dinge in feeverhale, damsels in distress ect.

    Siembamba het ‘n oorlogsgeskiedenis. Jy maak goeie punte, dit is flippen gewelddadig met allerhande gekke ondertone.

    Ek dink die piesing hier aan die regterkant is baie besonders🙂

    Ring a ring a rosy….

  4. 5

    Dellie said,

    Rosa, ek luuuv daai piesang…:mrgreen:

    … pockets full of posy… (is dit blomme of wat?)😆

  5. 6

    Eben said,

    Gie gie … lawe posting ….

    Waggggg dat ek dit weer mooi stadig lees.😆

  6. 7

    demoerin said,

    😆 So waar, ons het almal daarme grootgeword – en ek dink ek het heel ok uitgedraai – Jaag nie mense met messe rond ensovoorts nie.

  7. 8

    Dellie said,

    Ebie, moenie dat ek agterkom jy let nie op in die klas nie!👿

  8. 9

    Bottertjie said,

    Ek het laaaank terug hierdie e-mail gekry:

    Hoe gaan dit met jou?? Hier gaan dit woes !!!
    Sneeuwitjie het aids…
    Die drie varkies sit in die tronk… Rooikappie is in ‘n ontugtige verhouding hoogswanger met Wolf se kind…
    Gouelokkies het haar hare rooi gedye… liewe Heksie jaag VirginAtlantic met haar besem.. sy het heeltemal oorhoops geraak met voëls..
    Repelsteeltjie deal drugs… Aspoestertjie is die local stripper… die sewe dwergies doen die full monty…
    Barbie dink sy is Goue Lokkies…
    Ken is gay, die Prins is uit die closet, Heidi dink sy is ‘n koei…
    Peter strike vir hoër lone, die smurfs vervals geld,
    Hompie Kedompie rol zol en Hansie en Grietjie het erken hul lieg oor hul storie… Lappop run a sjebeen….
    Doringrosie het ‘n sex shop en mev Skoen is ‘n pimp
    Is alles OK daar by jou?
    Cheers

  9. 10

    Kokkewiet said,

    Whahah, goeie post. Ek dink ook dinge word heeltemal te veel ontleed deesdae.

  10. 11

    Rustig said,

    Arme Knikkie en Groot Ore mag ook nie meer bed deel nie, want net “gay” mans deel ‘n bed.

  11. 12

    merriemuis said,

    lmga …. selfmoord se jy vir my!!!!!!

    As ek nou mooi daaraan dink, dan dink ek jy is reg!!

  12. 13

    Eben said,

    Hie hie Bottetjie!!!

  13. 14

    Retha said,

    Gepraat van ou kinderstories:
    Humpty Dumpty was pushed!

  14. 15

    boendoe said,

    Ag, nee, dis nou om die baba saam met die badwater uit te gooi.

    😆 @ Botter!

  15. 16

    Dellie said,

    Jinne mense, van net na half nege vanoggend, kon ek glad nie op julle blogs of my eie inkom nie. Weet nie wtf met WordPress aan die gang was nie, maar dit was glad nie lekker nie. Ons sal more weer gesels.😉

  16. 17

    Hehehe! Ons het skynbaar oraait uitgedraai😉

    Ek dink ook daar word te veel ontleed en te min aan die verbeelding oorgelaat.

    Dit laat my nou dink aan ou Casper se feetjieland-song verwerking🙂

  17. 18

    BB said,

    Delsch??? Jy was in die early 70’s in SWA???😯 Waar??? Vertel bietjie, toe man!!! x

  18. 19

    Meermin said,

    LEKKER NAWEEK!!

  19. 20

    Christel vG said,

    “WTF? Hoe het ons dit oorleef?😆”

    Wonderlik. Ek is bly ek het die ontdek.


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: