Laatnag Maneuvers

Dis net na twaalf Saterdag nag. Ek strek my behaaglik op die bed uit – dit was ‘n lekker party. En al die glase is nog heel. Skoonmaak is later se probleem.

“Hoekom het ons nie saamgegaan nie?” vra Liefie.

“Ek weet nie,” antwoord ek.

“Nou trek aan…” sê hy.

En daar sit ek toe in die middernagtelike ure en optof soos 20 jaar terug. En ons vaar ‘n nagklub binne en dans saam met die jonges tot half vier in die oggend. Mens is mos net so oud soos jy voel…

Maar nou wonder ek – het ons verspot gelyk? Ons is heel duidelik nie meer tieners nie, maar darem ook nog nie fossiele nie. Maak dit saak as ons verspot gelyk het?  Wanneer word mens “te oud” vir sulke dinge? Moet mens wanneer jy ‘n sekere ouderdom bereik, maar sit en spinnerakke vergader voor die TV na 12 in die nag?

Sorry, nie hierdie girl nie!

NS. Die hersteltydperk na so ‘n aandjie, word net bietjie langer soos wat mens ouer word…:mrgreen:

24 Responses so far »

  1. 1

    Roer said,

    As dit jou gelukkig maak, hoekom nie. Geniet!
    NS. Ek begin al hoe meer dink daai mite oor blondines en pret is alles behalwe ‘n mite. Lyk my julle HET baie meer pret!😆

  2. 2

    demoerin said,

    😆 Ek voel so bietjie moeg vandag, na die naweek se bedrywighede, maar dit sal ook verbygaan.
    Dit is sommer nonsens om oor ander mense se siening daarvan te wonder, so lank as wat jy KAN, MAG jy!

  3. 3

    Tersia said,

    As mens dinge saam kan doen kan dit net ‘n fees wees! Begin maar die week rustig, dan is jy weer reg vir die Saterdag wat kom….Enjoy!

  4. 4

    BB said,

    Jy impress my keer op keer, girl!!! You go Delsch!! x

  5. 5

    boendoe said,

    Jy maak my sommer moeg… Na 12, se jy? 😯

  6. 6

    neykie said,

    Dellie,

    Ek het meermin nou n sms gestuur, wag maar vir ‘n reply. Sal jou laat weet as sy enige iets van haar laat hoor.

    Lekker dag verder

  7. 7

    Ag nonsens, maar as my hare helemal grys is, sal ek ‘n pruik dra club toe🙂

    Ek is so bly dis payday vandag….ons moes saterdag die kar stoot drankwinkel toe.

  8. 8

    Dellie said,

    Uhm, Roer, ja – ek het eenmaal vir ses maande my hare donkerbruin gekleur – maar glo my, dit was glad nie pret nie!:mrgreen:

    Demoerin, ek voel ook nogal so oor die ding – terwyl ek nog kan, GAAN ek.

    Tersia, ek begin deesdae wonder wie probeer vir wie jonk hou…😉

    Ja, Boends NA 12. Willer al die wildtuin, seg ek jou!😯 Ek het gister geslaap tot half een die middag!😆 En die res van die dag was ek te styf om anyway te move… maar dit was lekker om weer so bietjie laf te wees. Miskien moet julle dit probeer… dis so ‘n lekker kick!

    Beeps, I try, I try…😳

    LOL @ Rosa! Dis erg hoor!😆 Dit reen al amper heeldag hier by ons, so vanaand is dit OBS om so bietjie van binne af op te warm – en sop, natuurlik.

    Dankie Neykie, ek het haar nommer erens gehad, maar ek kry dit nie. Sal dit waardeer as jy my op hoogte hou – ek stuur vir jou ‘n e-mail.😉

  9. 9

    Bottertjie said,

    Whahaha, Rosa!!! Jy het nie geld vir petrol nie, maar wel vir drank??!! Dis ‘n goeie ene, daai!

    Dellie, ek sou ook so gemaak het as ek kon, maar eendag as Blommie groot is en uit die huis het, sal ek en Manlief ook dit doen! Dit wys net julle is nog jonk van gees en bogger dit wat die mense van julle dink. Persoonlik sal ek gedink het: Wow, hierdie mense is cool en funky, ek hoop ek is ook, eendag as ek daai ouderdom is, so.

  10. 10

    Dellie said,

    Jy sien Botter, dit was nou werklik ons idee gewees – om nie oor die muur te wees wanneer ons kinders groot is nie. Alhoewel ons nou net ene het, is al sy pels ook maar deel van ons lewe. En hulle kuier graag saam met ons – dis vir my baie lekker. Ons bly in voeling met hulle lewens, en glo my, hulle kom praat soms diep sake met ons wat hulle nie met hulle eie ouers wil deel nie, want hulle voel “te ver weg.” Omdat ons saam met hulle gaan dans en hulle taal verstaan, is dit makliker om met ons te praat. Dis nice.😉 Saam met hulle voel ek altyd 18!😆

  11. 11

    ja fok die kar staan nog daar, iemand moet hom nog terugstoot..

  12. 12

    Dellie said,

    Whahaha Rosa! Ek hoop hy het nog wiele!😯 Probeer volgende keer ‘n winkeltrollie! Dis baie makliker om te stoot, maar pasop vir drink en drive met daai ene – mens val baie seer uit so ‘n trollie uit!😆

  13. 13

    Ja of dalk moet ek sommer self papsak by die huis maak! los die kar, los die trollie, los al die wiele, spin net om my eie wiele by die huis.

    (as julle nie weet wat papsak issie dan ken julle ook nie van syp nie)

  14. 14

    Dellie said,

    Rosa, papsak ken ek. Was al desperaat.:mrgreen: So gepraat van papsak self maak – ek en Blou Oog het mos so ‘n wyle terug besluit om ons eie Red Square’s te maak. Gewapen met ‘n bottel vodka en koeldrank in al die kleure van die reenboog – dit was baie meer potent as die original!😆😳

  15. 15

    Wipneus! said,

    Mens is nooit te oud om die lewe te geniet nie. 😆

  16. 16

    Zee said,

    Dellie, ek dink dalk dis net wat ek nodig het… om ook so wille ding te gaan doen🙂

  17. 17

    Wondernet ®© ♂♪♥♀ & WP said,

    Jy kan doen wat jy wil, maar moet net nie op 96 ‘n paal dans probeer en dan val soos daai girl op ROER se blog nie. Dan het jy dalk ‘n “hip-replacement” nodig.

  18. 18

    Eben said,

    Gie gie … kyk almal het iets gese oor die kuiertjie, maar ek smile net!!

    Lol @ Rosa ….😆 hoop nie hulle steel jou kar. Soos Dellie noem, die trollie is ‘n puik idee, jy kan die wiele gebruik om die braaier meer ‘mobilbaar’ te maak, dan stoot jy die braaier die volgende keer, saam bottelstoor toe.:mrgreen:

    O jaaaa Dellie die kamera is mos nooit te ver van jou, is daar nie fodies van blou oog se party nie? Ek vra maar net😉

  19. 19

    Suz said,

    Dellie

    Weetnie of Neykie jou laat weet het dat meermin okay is. Het gister ‘n mail van haar gekry, sy het nie meer tyd om te blog nie, daarom dat sy haar blog gesluit het.

  20. 20

    Dellie said,

    Dankie Suz, Meermin het vanmore vir my ‘n mail gestuur.😉

  21. 21

    Dellie said,

    Ebie, hie-hie, ek like daai trollie-braaier idee!😆

    Jong, my kamera lei mos effens aan skok. Die lens wil nie heeltemal uitkom nie, en hy wil nie mooi fokus nie. Ek dink daar is nog seesand daar erens betrokke! Blou Oog se sussie het wel foto’s geneem, maar ek wag nog dat sy dit vir my mail. Sal kyk of daar iets is wat ek kan deel…😉

  22. 22

    Eben…dit is ‘n PUIK idee, dankie baie.🙂🙂
    Dan haak ek sommer die cool-bag aan ook, hierbo waar daai hak is. Flippit.

    Ek is ook besig om ‘n swembad te bou, het al klaar die buurman se pype na my toe herlei.

  23. 23

    merriemuis said,

    Aai nee man …so lank as jy bene en asem het …dans met oorgawe!!!! If you go down….go down in flames …. soos die gesegde nou mos lui

  24. 24

    ding said,

    Hmmm… Dellie, dis hoe die lewe geniet behoort te word! Daar was jare dat Ding ook nogal dit kon regkry om clubbing te doen. Totdat Ding besef het hy het die PUK se biblioteek verruil vir clubs (As student het Ding bib toe gevlug om ‘n kortetjie te maak)🙄
    Ding HET darem ‘n oplossing gekry – Johnny K het nie verniet al doerie jaar predik: almal moet gerook raak😯


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: