I need sunshine…

Die reën is altyd ‘n geskenk, maar rerig hoor, dit raak nou te erg. In vyf dae het ek nog nie weer die son gesien nie. Ek voel skoon depressed, selfs al eet ek  cornflakes en voëltjiesaad in die oggend. Met ‘n piesang by. Ek tjirp net vir so ‘n paar ure, en dan besef ek dat hierdie dag ook grys gaan wees. Ek kan kla oor die hitte, maar rerig, ek verkies sonskyn bo reën!

Ek was nog nie self in London nie, maar ‘n paar mense wat ek ken, het al daar gaan werk en kom vertel hoe die weer daar was. En dat hulle gesukkel het om daarmee te cope. Want dis grys en renerig die meeste van die tyd. Depressing.

Ek het so ‘n rukkie terug by iemand gelees of gehoor van iets soos ‘n “sunshine gland” wat erens in die voorkant van jou brein geleë is. Dit bepaal glo hoe gelukkig of depressed jy voel. Dit moet ‘n sekere hoeveelheid sonskyn kry elke dag om genoeg vitamine D te produseer om jou happy te hou. Let wel dat ek net op hoorsê gaan hier, ek weet mos boggerol van die goete,  en ek sal graag wil hoor wat Rosa en Emil hieroor te sê het. Dit voel net of my sunshine gland sonskyn nodig het!

In a Weather.com poll, 69% of people said they are in a better mood when the sun is shining, compared to 24% who said the sun doesn’t affect their mood and 7% were unsure.

Gebeur dit met julle ook?

28 Responses so far »

  1. 1

    Ek weet nou nie van die ‘sunshine gland’ nie maar mense in lande met min sonlig (opname van vitamine D deur jou vel) sukkel soms met depressie. Maar dit is in erge, erge gevalle, jy moet ontrent nie son kry nie. Sommige Moslemvroue wat heeltemal toe is met burkas sukkel met verskeie mediese probleme. Dit gee ook probleme met osteoporose.

    Sonlig is veral belangrik vir die bou van bene, groeie van selle ect.

    Maar in SA moet ons baie pasop vir die Son se UV. Skerp stygings in velkanker en ook veroudering van ons velle. As jy gebrand het, het jy klaar te veel son gekry. As jy blou oe en/of rooi hare het, bly veral weg van son.

    10-15 minunte per dag in die Son is genoeg, se die mense wat weet.

    Dis min dat die skildklier depressie veroorsaak, hoevel will dit toets om uit te skakel. Dit is ander chemiese reaksies. Maar dit kan ook moegheid wees, of reaktief -gekoppel aan iets wat gebeur het, seisoenaal (begin vd jaar, einde, winter,somer ect), na ‘n baba ect.

    Of sommer net – as dit nie weggaan na 2 weke is dit ‘n probleem.

    Maar nou moet ek byse, die neem van vitamien D in pilvorm sal nie help vir depressie nie – klink weird maar dit werk so.

    Uit die literatuur “Taking diet supplements or drinking foods that have been fortified with Vitamin D is too often inadequate since a patient would have to drink the equivalent of 10 days of fortified milk or orange juice every day.”

  2. 2

    White Knight said,

    Dagse Dellie
    Weet nie van daai glands nie, maar as mens vir die soveelste dag na mekaar moet tussengeboue en deur water poele loop terwyl dit sous en alles nat word dan is dit later nie meer snaaks nie. Stem saam, dan wil jy eerder weer bietjie son sien.
    Sterkete met die een lyk vir my dit gaan nog paar dae so aanhou.
    Groete

  3. 3

    Tersia said,

    Ek is mal oor die reenweer, maar dis nie lekker om te ry as dit reen nie en….dis nie lekker om alleen te wees as dit reen nie. Die beste plek is anyway in die bed, maar mens het dan nog ‘n asempie nodig!

  4. 4

    Dellie said,

    Dankie Rosa, geweet ek gaan makliker verstaanbare info uit jou uit kry as om te google!😆

    WK, as ons net een ou daggie net so ‘n paar ure se sonskyn kan kry, sal ek happy wees. Dan kan dit maar weer reën vir ‘n dag of wat.😉

    Tersia, in die bed – ai, ek het al ‘n paar keer hierdie week gewens ek kan net daar bly in die oggend en ‘n paar lekker dvd’s kyk… maar ‘n asempie langs jou is ook nie te versmaai nie. Hoe het ons dit genoem toe ons jonger was? Paarweer…😳

  5. 5

    boendoe said,

    O nee. Gee my hierdie reenweer enige tyd. Die bedompige, drukkende hitte langs die kus het my die laaste tyd ondergekry. Ten minste is dit nou moontlik om vry asem te haal. 😉

  6. 6

    Dellie said,

    Jy praat so Boendoe, toe ons Desember daar was, was daar darem ‘n paar dae wat vir my vreeslik ongemaklik was. Ek kon sommer sien hoe die sweet op my vel uitslaan, so voor my oë. En daai een nag – genade, die wind waai amper die takke van die bome af, maar dis brandend warm. Dit was rerig koeler binne as buite, selfs sonder die fan!😯 Die volgende dag het dit gereen, en toe was daai erge drukte gebreek – en ek het seker ook geklimatiseer.

    Maar ek is nogsteeds gatvol vir reen. Alles is nat en klam. Ons is nou al gebombardeer van alle kante af met erge reenbuie en wind – ek moes spark om koerante onder die deure te kry, want die wind pers die water deur elke moontlike gleufie. En ek het mos ‘n doggie door… 2 minute en my hele kombuis was onder water! En more moet daar wasgoed gewas word. Hoop dit klaar op dat die goed ten minste kan droog word. Ek het nie ‘n tuimeldroeër nie.:mrgreen:

  7. 7

    Zee said,

    Ek lief dit ook as dit reën…. dan kan ek in my kantoor rook😆 Hoe gaan dit met jou rokery Dellie?

    Nee eerlikwaar… ek hou meer van die son!

  8. 8

    flippiefanus said,

    Dellie, ek sien nie ‘n kategorie vir mense wat weer in ‘n beter gemoedstoestand is as dit reen nie. Ek is een van hierdie mense. Dit kan maar reen. Ek hoop net nie die baie water gaan iewers vir iemand skade berokken nie.

  9. 9

    Dit reen nou al 2dae aaneen hier by my en dis winter en dis koud! EK haat dit, want ek moet in die reen stap en vanoggend het die wind so gewaai dat my sambreel gebreek het! Ek haat dit! Ek kry koud en wil in my bed le en muf! EK kan nie meer wag vir die somer nie, hierdie vaal weer en koue help nie vir depressie nie!!!

    Nou moet ek seker aan die werk probeer kom…

  10. 10

    Wondernet ®© ♂♪♥♀ & WP said,

    Ek ken mense wat met die maan gepla is. 😆

  11. 11

    meermin said,

    Dellie dit is so lekker as dit so reèn, mens hoor sommer alles in jou tuin groei, dit is heerlik koel mens slaap sommer lekker in die aande!! Die son sal ons nou dood brand as hy sy kop deur hierdie wolke moet steek!!! As ek die weer so sit en beloer vanoggend glo ek nie ons gaan vandag enigsins die son sien nie!! Ek glo ek is nie die enigste een nie, maar ek het so baie NAT wasgoed weet nie eers meer waar om alles op te hang NIE!! Wil mos slim wees en elke liewe aand wasgoed was!!

    Lekker dag en mag die naweek vir jou heerlik wees!!!

  12. 12

    ding said,

    Reënweer doen dit HELEMAL vir Ding. Ding het rede om sy rooi stoep blou te rook – kan nie werk nie. Koue reënweer nog beter – Ding pas in😳
    Nat reënweer selfs beter – Rebel kan nie draadspring nie, maar skaats en gly in alle rigtings pad vol; regte losgat.
    Ooooo jaaaa, reënweer is stoutgatweer😈

  13. 13

    BB said,

    Heintje (onthou iemand nog die Hollangse seuntjie van jarre terug??) het ‘n liedjie gehad: Let the sunshine… ek sit en humm daai song nou te lekker:
    ♪♫ Let the sun shine, let the sun shine….
    even flowers don’t like showers – they need sunshine like I do ♫♪
    Maar ek’s saam Ding op dié een – ek LOOOOOOOOOVE reënweer!!
    Rosie – ek sal soooo sooibrand hê van al daai lemoene – dit sal lyk of ek sonsteek van binne opgedoen het!!! Tel ‘n uur in die namiddagspitsverkeer terwyl die son neerhel as genoegsame inname van Vit D???
    Stoutg@tweer🙄:mrgreen:

  14. 14

    merriemuis said,

    Aai jong … aan die eenkant stem ek saam … die reen is wonderlik, lekker koel en vars … maar aan die anderkant … die grysheid van dit als …
    Ek soek net my bed … oorsee as dit baie sneeu gaan die mense nie werk of skool toe nie .. miskien kan hulle dit hier doen ook … as dit so baie reen moet almal by die huis in die bed bly… veiliger paaie ens….

  15. 15

    Dellie said,

    Die sonnetjie het sy koppie uitgesteek! Dit lyk of dit effens ooptrek. Ten minste kan my wasgoed droog word.

    Kaalvoet, reën in die winter is net so bietjie meer droewig, né! Strongs jong!

    Flippie, dis nie dat nie van reën hou nie, maar te veel van ‘n goeie ding is ook mos nie goed nie.

    Meermin? Elke liewe aand? Why?😯

    Wondernet – volmaan beinvloed my nogal, ja…

    LOL @ Ding se losgat Rebel.😆

    Beeps, ek onthou vir Heintjie. Heino ook. Maar hy is mos Duits? My pa het so ‘n paar plate van hom gehad. Ek het te lekker saamgesing, al het ek nie ‘n woord daarvan verstaan nie!😆

    Zee, dit gaan maar swaar. En sukkel-sukkel. En… eintlik wil ek nie daaroor praat nie…:mrgreen:

    Merriemuis, dis glad nie ‘n slegte idee wat jy daar beet het nie. Maar ek dink nie hulle sal val daarvoor nie.😉

  16. 16

    Wipneus! said,

    I’m singing in the rain
    Just singing in the rain
    What a glorious feelin’
    I’m happy again
    I’m laughing at clouds
    So dark up above
    The sun’s in my heart
    And I’m ready for love
    Let the stormy clouds chase
    Everyone from the place
    Come on with the rain
    I’ve a smile on my face
    I walk down the lane
    With a happy refrain
    Just singin’,
    Singin’ in the rain

    Ek is liefffffffff vir die reën!!!

    Lekker naweek Dellie🙂

  17. 17

    Bottertjie said,

    Dis lekker PANNEKOEK weer, baby-making-weather. Ek laaik ook meer die reën as hierdie versmorende hitte van die Laeveld, maar my Blommie laaik dit nie, want sy hou van buite speel en as dit reën, dan druk sy haar neus plat teen die venster en staar verdrietig na die nattigheid.

  18. 18

    daar is niks so lekker as om in die bed te le en lees as dit reent nie. ai man.

  19. 19

    simonetjie said,

    Dellie, ‘n mens kan amper vra:

    “Wie het nou sonskyn nodig met iemand soos jy in die blogwêreld”. Jou innelike geluk straal behoorlik deur alles wat jy kwytraak en dis sommer lekker om ‘n draai te gooi by jou plekkie.
    Jy laat my dink aan ‘n veld vol oop sonneblomme.

    Mag jy vir lank nog ons ander se wêreld opkikker met jou vrolike ge-aardheid.

    SdW

  20. 20

    Dellie said,

    Welkom Simonetjie!

    Genade, dis die mooiste woorde wat iemand in ‘n lang tyd vir my gesê het. Dis ‘n groot kompliment, want dit is hoe ek mense wil laat voel. Baie dankie, ek sit nou en smile van oor tot oor!😉

    O ja, en ek wou nog bysê: ek hou van jou oog! Dit wil voorkom of ons dieselfde dinge raaksien… :mrgreen:

  21. 21

    Emil said,

    Dellie, dit klink my jy moet Kaap toe kom!

  22. 22

    Roer said,

    Rosie, dan ken ek ‘n hele paar mense wat glad nie genoeg son kry nie!😆 (Vit. D teorie). Hulle is plain misluk en glimlag nooit. Scary.

    Dellie, ek stem saam met Emil! Pak jou goed.

  23. 23

    Paula said,

    Absoluut Dellie, ek voel baie gelukkiger as die son skyn! Te veel reën en donker wolke maak my ook maar soms swaar voel.

  24. 24

    Karl said,

    Dellie

    Ek nooi jou uit om op my nuwe blog te registreer.
    Dit is vir almal wat soos ek en jy werk van ons huise af en ons eie ding doen.

    Gaan loer by :http://workingforyourself.wordpress.com/

    Groetnis
    Karl

  25. 25

    Die Brein said,

    Howzit Dellie.

    Gisteroggend Sondag 1 Februarie, walla ek sien die son en skreeu “ITS SUMMER, ITS SUMMER!!Ek se vir my vrou Homesteaddam hier kom ek , ek het vir my een van daardie opblaas tubes waarin mens sit, met houer waarin jy jou vis sit en plek vir al jou kunsaas in gekoop.En wou op die dam gaan swartbaars “bass” gaan vang.Ek het my kunsaas reggekry.En gou eers `n oproep en twee in die huis gaan maak toe my vrou my roep en se kom kyk hoe lyk jou weer, Ag fok besig om toe te trek en tien minute later reen.

    AHHHHHH wel as ek se ek gaan hengel , reen dit altyd of die weer is maar net bad. Toe het ek besluit ek se nooit weer ek gaan visvang nie, ek gaan dit op die
    ingewing van die oomblik doen, sodat niemand kan hoor Brein gaan visvang nie anders reen dit net weer.

    Ja eks gatvol vir die reen en ek sien dit het nog einde niet.

    Wel een of twee dae reen is oraait maar die eende weer wat dae aanhou beinvloed my op `n manier.Ek is `n mens vir sonskyn en dit kan maar elke dag 35 grade wees ek smaak dit oor `n honderd.

    I love the kiss of the sun on my naked body.

  26. 26

    demoerin said,

    Ek soek ook SON…. nou genoeg van die reën en die kak bestuurders gehad!

  27. 27

    Ek soek ook nou die son! Lyk my dit reen oral oor die wereld!

  28. 28

    Dellie said,

    DMI – kyk uit vir die BBD Hummer – die ene met die vlaggies en die bigscreen op die dak – ons kom laai jou op!😆


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: