As die son sak…

Ek het mos besluit om hierdie jaar soveel as moontlik sonsondergange af te neem. Hierdie is met my selfoon geneem, want my kamera ly nog aan skok – daar is erens see-sand in waar daar nie see-sand moet wees nie. Moet haar nog invat vir ‘n repair sessie. Maar ek dink nie die selfoon foto’s is so sleg nie. Kyk net hoe verander die kleure soos wat die son sak. Ongelooflik vir my.

sunset-1

sunset-2

sunset-3

Dis mooi, né? Geniet die res van die week. Gee daai mens vir wie jy so lief is, ‘n onverwagte, stywe druk, en ‘n lekker soen met tong… 😉

Advertisements

15 Responses so far »

  1. 1

    boendoe said,

    Pragtig! (Daar’s darem net EEN Vrystaat! 😉 ) Jou selfoon se foto’s lyk beter as my kamera s’n! Bwhahahahahaha!! 😆

  2. 2

    Zee said,

    Wow dis stunning foto’s Dellie… asemrowend mooi!

  3. 3

    Eben said,

    Liewe aarde Dellie maar smaak my jy het versteekte talente? Wow!!!!!!!! Wat kan jy nog doen wat ons nie weet … net so liggies nie in detail 😆

  4. 4

    boendoe said,

    Ok maar ‘n ou pissie, ons liewe Ebie! :mrgreen:

  5. 5

    RB said,

    Die foto’s is werklik mooi. Elkeen uniek met sy eie skakerings!

  6. 6

    White Knight said,

    Dagse Dellie
    Voorwaar wonderlike skilderstukke van die Meester wat jy vasgele het op jou foon.

    Dis vir my net so asemrowend om te aanskou dat elke dag se sons ondergang uniek is.

    Groete

  7. 7

    betsieboop said,

    hoendervleis kry mooi Dellie! die son wat sak en opkom het ‘n spesiale betowering vir my. is so besonders om te sit en kyk hoe wêreld se kleure verander. dankie dat jy vir ons die mooi phoudies hier opgesit het

  8. 8

    demoerin said,

    Sjoe, hulle kan sê wat hulle wil… maar sonsopkoms en dan ondergange soos die lyk net so in EEN plek in die wêreld…AFRIKA!
    (Ek sal ook vandag jou ander wense gaan toepas….hehehehe)

  9. 9

    Dellie said,

    Hie-hie Boends, ek dink ons sal maar vroegtydig vir Ebie ‘n afsprakie moet maak vir terapie… hy sal nooit weer dieselfde wees nadat ons met hom klaar is nie! 😆

    WK, dis vir my net so mooi dat elke ene anders is. Ek probeer om dieselfde skoot in te kry elke keer, en tog maak die wolke en kleure dit elke dag anders. Ek het al ‘n mooi versameling opgebou – sal dit so van tyd tot tyd opsit.

    Vanwaar ek uitkyk, kan ek ongelukkig nie die sonsopkoms so mooi sien nie.

  10. 10

    parkes1 said,

    Pratige Fotos, Watter Foon het jy?? Die Nokia N70 neem ook mooi foto’s

  11. 12

    Dellie said,

    Parkes, dis een of ander Samsung. J750 dink ek? :mrgreen:

    Bib – lekker om jou weer raak te lees hier, al skrik ek nogsteeds elke keer as ek jou gatsiggie sien! 😯

    Vir die wat nog nie weet nie DIS DEMOERIN SE BIFDAY VANDAG! Many happy returns, maat! 😉

  12. 13

    Wipneus! said,

    Baie mooi foto’s Dellie, magic!!! 🙂

  13. 14

    meermin said,

    Stunning foto’s!!!

  14. 15

    carina said,

    Dis darem beautiful!!


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: