Hoe lyk jou plafon?

As jy ‘n telefoon besit, hetsy landlyn of selfoon, gaan hierdie mense jou een of ander tyd bel. Wees gewaarsku…

Trieng-trieng, trieng-trieng…

“Dellie, goeiemore!”

“More mevrou, my naam is ****… hoe gaan dit vanmore met mevrou?”

Dadelik in my passopens, want voornemende studente praat nie so met my nie. Bly maar vir eers beleefd.

“Nee, dit gaan goed dankie, en met jou?”

“Kan nie kla nie, dankie mevrou. Ek skakel van ****** in Port Elizabeth. Ons doen plafon instellasies.”

Ek dog eers ek hoor verkeerd. Moet seker maak. Hou die foon stywer teen my oor.

“Uhm, vanwaar? En julle doen wat?”

“Port Elizabeth, mevrou. Plafon instellasies, mevrou.”

Sowaar. Plafon instellasies. In Port Elizabeth.

“Dame, besef jy ek woon in Welkom?”

“Ja, mevrou…” stilte … “… maar ons kom daarheen en doen dit vir jou.”

Huh? Sowaar? En toe kan ek my lag nie meer hou nie! Whahahaha!

“Sal jy sowaar ‘n plaaslike kwotasie kan ewenaar?”

“Gee my net u adres, en ons kom gee ‘n gratis kwotasie.”

Ek sukkel om my ore te glo. Al die pad van PE af. Vir ‘n gratis kwotasie.

“‘n Gratis kwotasie? Het jy enige idee waar Welkom is?”

“Uhm, nee mevrou, maar net die brandstof kostes sal ekstra wees.”

Aaah! Dis die catch! Hie-hie! Die brandstof is nie gratis nie.

“Miskien moet jy dan eerder plaaslik probeer adverteer?”

“So mevrou wil nie gebruikmaak van ons dienste nie?”

Ek giggel nogsteeds.

“Dankie vir jou moeite, maar nee dankie. Ons plaaslike ouens hoef nie so ver te ry nie…”

“Nou ja, lekker dag dan mevrou, en totsiens.”

Whahahaha, ek kan nie ophou lag hieroor nie! Amper soos die ou wat my eendag gebel het om te hoor of ons waterpompe verkoop… 😆


Advertisements

24 Responses so far »

  1. 1

    Jaco said,

    Hehehe, times are tough and moneys are few.

  2. 3

    RB said,

    Of, jy werk op die skakelbord en hulle vra wie praat en dan begin hulle met: Mevrou… jy is genomineer deur iemand in jou dorp om die en daai prys te wen, ens.
    Of hierdie mense wat so polisse, nuwe selfoon pakette, ens. aan mens smous. Maak my sommer vies!

  3. 4

    Dellie said,

    Hie-hie, ja right – genomineer, maar hulle weet nie eers wat jou naam is nie! 😆

  4. 5

    White Knight said,

    Dagse Dellie
    Jy kan bly wees, hulle kon ‘n kwotasie wou doen om jou grasdak te wil verf. Twintig jaar waarborg. 😛

    Groete

  5. 6

    Spook said,

    Ai tog.
    Ek was weer eenkeer telefonies ‘n gratis 2 jaar ‘gym membership’ aangebied.
    Dit het my 10 min gevat om aan die persoon aan die ander kant van die lyn te verduidelik dat ek 120km van sy ‘gym’ af bly en dat dit gladnie VERNIET vir my sal wees nie. (Tolgeld, brandstof, tyd, ans)

    Hy wou net nie rede insien nie, en het bly se hoeveel geld en watse groot geleentheid ek besig is om in die water te gooi… 😉

  6. 7

    Eben said,

    Sulke mense kan my soms ook so de moer in maak. Finaal as jy terug antwoord deur te se:

    ” … goed dankie self?”
    ” … goed, dankie dat jy gevra het!!” (WTF??)

    Dan weet ek sommer byvoorbaat hier kom marakkas!!

    So terloops, het julle huis plafone in Dellie 😆

  7. 8

    Willedoos said,

    Toe ek die opskrif van die post sien, toe dog ek jy bedoel soos die dinge waarna girls oplet as hulle erg verveeld in die slaapkamer is… 😈

  8. 9

    betsieboop said,

    whahahaahahahha!! anything for a sale, né? genugtig. ek vertel die mense altyd van my issues. ek vermoed ek is geblack-list op al hierdie – jy het iets gewen bel lysies!!!

  9. 10

    ivorybar said,

    Eish – sjym hulle ook maar seker desperaat

  10. 11

    boendoe said,

    Red nou ‘n volk… 😯

  11. 12

    Dellie said,

    Jaa Ebie, ons het plafonne. Alhoewel die ene in die sitkamer ernstig vervang moet word – maar ek dink darem nogsteeds ‘n plaaslike outjie sal dit goedkoper kan doen. Mind you, my manne se hande is nie rond nie, dis net die TYD wat die faktor is.

    Hie-hie Willedoos, jy dink ook altyd lekkerder as die res van ons… 😳

  12. 13

    Wondernet ®© ♂♪♥♀ & WP said,

    As ek so ‘n oproep kry dan sê ek net: Wag ek roep gou my Pa. Dan roep ek mooi hard en duidelik: Pa!!!! en loop weg van die foon af. Wag so 15 minute gaan terug foon toe, tel dit op en luister net. As dit beset toon gee, fine dan sit ek neer. As die ou steeds aanhou dan se ek net oom / tannie dit lyk my my Pa is seker Kaffee toe. Gwar word die foon neergemoer.

  13. 14

    Roer said,

    Nooit my ou (uh…vrou). Shame, ons praat net gisteraand oor hoe swaar dit nou met besighede gaan, maar hierdie vat die koek. Desperate times clearly calls for desperate measures.

  14. 15

    Carolina said,

    Hi Dellie,
    Ek is terug in die land van die lewendes! My kinders se kuier is verby!! Sjoe dit was hartseer. Ek tjank nog steeds!!! Dis swaar om vir kinders baai te sê, maar om afskeid te neem van jou klein kinders is moord!! My hart is stukkend!! Maar die lewe gaan aan! Januarie maand met al my kinders(4 kinders en 2 skoonkinders) in die huis was onvergeetlik! Sal dit nog lank koester!!
    Lekka dag!

  15. 16

    Dellie said,

    Welkom terug Carolina! Bly om te hoor julle het so lekker gekuier. 😉

  16. 18

    Suz said,

    Ek word weer gereeld gebel en dan is ek die een van die finaliste wat een of ander kar kan wen. Maar hulle kan nooit vir my sê waar en wanneer ek ingeskryf het nie. En gewoonlik as ek dit vir hulle vra dan word hulle kwaad en neuk die foon neer.

  17. 19

    Griffel said,

    Ja nee kyk tye is moeilik almal is uit om besigheid te soek. Ek kan ongelukkig nie meer tyd afstaan om ‘n gesprek te voer met sulke mense nie. Die oomblik as ek hoor dis een of ander smous sit ek die foon neer.

  18. 20

    demoerin said,

    😆 Sjoe, is besigheid so sleg?
    Dellie, sal erken nou. Toe ek daai opskrif gelees het, dag ek dit is dalk ‘n valentynsdag inskrywing 😳

  19. 21

    Bottertjie said,

    Eish, times are tough! Waar kry hulle anyway jou nommer?
    Dels, ek dog jy het spieëls op die plafon?

  20. 22

    Dellie said,

    LOL @ Botter en DMI… 😳 Sal tog moet werk aan ‘n possie vir die ouens wat so lekker dink… !

  21. 23

    BB said,

    LOL!! Nee Jaco – dis: times is tough and brains are few…. 🙄

  22. 24

    BB said,

    Ek loer nogal so na die kalender ook – maar dis nog vêêêêr tot by 1 April… 😀


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: