Vreemde wette

Hierdie kom uit my argiewe uit. Dink dit was hier erens in 2000 wat ek dit gebêre het. Hoeveel van hierdie wette al verander het, weet ek rerig nie. Maar dit bly nogsteeds vreemd!

  • In Lebanon is dit wettig vir mans om omgang met diere te hê, maar dit moet vroulike diere wees. Omgang met manlike diere is strafbaar met ‘n doodsvonnis. (Asof DIT sin maak!)
  • In Bahrain mag ‘n manlike dokter nie direk na ‘n vrou se geslagsorgane kyk nie, selfs al moet hy haar ondersoek. Hy mag slegs die refleksie in ‘n spieël sien.
  • Muslims word verbied om na die geslagsdele van ‘n lyk te kyk. Dit geld ook vir begrafnisondernemers. Die oorledene se geslagsdele moet te alle tye bedek wees met ‘n stukkie plank of ‘n steen. (‘n Steen???)
  • As iemand jou vang dat jy masturbeer in Indonesia, mag jy wettiglik onthoof word. (Eina)
  • In Guam is daar manne wie se voltydse werk dit is om deur die land te reis en saam jong maagde te slaap – wat hulle vir die voorreg betaal om vir die eerste keer seks te hê. Die rede? Volgens Guam wette is dit absoluut verbode vir maagde om te trou… (Komaan manne, dink vir ‘n oomblik oor hierdie ene – dit moet seker die lekkerste werkie in die wêreld wees???)
  • In Hong Kong is dit wettig vir ‘n verneukte vrou om haar rondloper man dood te maak – maar sy mag net haar kaal hande gebruik. Die man se skelmpie mag egter doodgemaak word op enige manier wat sy verkies. (Aaah, justice!)
  • Bostuklose verkoopsdames is wettig in Liverpool, Engeland – maar net in tropiese viswinkels.
  • Wanneer ‘n bruid vir die eerste keer saam met haar nuwe man slaap in Cali, Colombia, moet haar skoonma in die kamer wees as getuie tot die daad. (Ek sidder as ek daaraan dink!)

Ons het darem nie sulke vreemde wette nie, het ons?

Onthou julle kan nog kom saamspeel in die Super 14 Fantasy League – my Glow Worms het heel goed gedoen in die eerste rondte. Kom sluit aan by ons league, dis vet pret. Een van die dae gaan niemand meer nodig hê om vir my te verduidelik wat aangaan in rugby nie.

Mag die res van jou Maandag blou wees – Bloubul blou! 😉

Advertisements

16 Responses so far »

  1. 1

    Paula said,

    O my genade … nou is ek eers dankbaar ek bly in Suid-Afrika!

  2. 2

    Eben said,

    Paula ek stem saam jou … as ek besluit het om te waai … was die posting die laaste strooi … EK BLY NET HIER!!

    en nie waar nie …. of in Welkom of in Richardbaai 😆

  3. 3

    boendoe said,

    😆 @ Ebie!

    Nee, ernstig, dis grusaam. 😦

  4. 4

    White Knight said,

    Dagse Dellie
    Dis nou vir jou ‘n pot snot daai wette 😡
    Dalk as jy die een van Gaum bedink vrek hulle seker almal aan een of ander siekte. 😈
    Alles van die beste Dellie
    Groete

  5. 5

    Tersia said,

    Hong Kong….. dit kan ek verstaan!

  6. 6

    BB said,

    Wel, ekke refuse om Engeland toe te trek. Spesifiek Liverpool!!! Met my luck kry ekketjie die enigste job daar beskikbaar! Raai wat??? Jeppa!!! ‘n Verkoopsdame in ‘n damn tropical fish store!!! 😆
    Ah well – miskien sal DIT hulle vinni daai wet laat hersien :mrgreen:

  7. 7

    As my man my moet verneuk sal ek hom beslis met kaalhande kan vermoor!

    Snaakse wette wat party plekke het!

  8. 8

    Spook said,

    As jy in ‘n woonstel (apartment) bly iewers in een van die eerste wereld lande is dit teen die wet om jou toilet te spoel na 10 in die aande…

  9. 9

    Didikind said,

    Sal glad nie moeilik wees om my man met die kaal hande te vermoor as hy rondloop nie!

  10. 10

    DoosDeluxe said,

    Cheers! Ek gaan Guam toe! Bye!!!!!

  11. 11

    Wondernet said,

    @ Spook

    Wat as daar ‘n gesin van 5 in daai apartment woon. Phew. Jiggg

  12. 12

    Hi daar

    Ek het sopas by julle Fantasy League aangesluit. Kan nie wag om te sien hoe my span vaar nie. Wat die wette aanbetref, sou baie nice gewees het as daar `n wet was wat die Blou Bulle verbied het. Jammer, jammer….Hehe..

    Groetnis

  13. 13

    attie said,

    Maak mens dankbaar vir ‘n grondwet vol menseregte.

  14. 14

    betsieboop said,

    “Bostuklose verkoopsdames is wettig in Liverpool, Engeland – maar net in tropiese viswinkels.”

    huh??

  15. 15

    demoerin said,

    😆 – Julle dog seker ek was in Durbs… toe nie, Guam!

  16. 16

    Anoniem said,

    WET IS WET, HOE SNAAKS OK AL


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: