Misverstand

Die paartjie is reg om die aand uit te gaan – opgedollie, reg om te gaan; die ligte brand, die hond is buite gesit.

Net toe die taxi opdaag en hulle by die deur uitgaan, hardloop die hond weer in. Hy weier om uit te kom, en hulle wil hom nie binne los nie.

Die man gaan toe by die huis in, teen die trap op, terwyl sy vrou buite in die taxi op hom wag.

Omdat sy nie wil hê dat die taxi bestuurder moet weet die huis is leeg nie, verduidelik sy aan hom dat haar man “net gou sy moeder gaan groet het”.

‘n Rukkie later kom die man terug en klim in die taxi.

“Jammer dat ek so lank getalm het,” sê hy. “Die onnosele teef het onder die bed gaan lê en ek moes haar met die besemstok por om uit te kom. Toe moes ek haar in ‘n kombers toedraai om te keer dat sy my nie byt nie. Ek het haar toe teen die trap afgesleep en in die agterplaas neergegooi. Sy beter nie weer in die groente tuin k@k nie.”

Die stilte in die taxi was oorverdowend…

Advertisements

27 Responses so far »

  1. 1

    boendoe said,

    😆 😆 😆

    Arme teef. 😉

  2. 2

    betsieboop said,

    whahahahahaahahahaha ek sit en ruk soos ek lag!!! en SO word ‘n misverstand gebore!

  3. 3

    Suz said,

    ha ha ha, dit is nou ‘n moerse misverstand!!!!!

  4. 4

    attie said,

    Amper sê ek iets oor skoonma’s.

  5. 5

    Dellie said,

    Hie-hie, dun ys, Doom, dun ys… 😆

  6. 6

    Sonkind said,

    Bwahahaha! Sal ek ook maar eerder stilbly oor skoonma’s 😈

  7. 7

    Twattie se Maaikie said,

    Hierdie bly ‘n classic!!! LMGA!!!

  8. 9

    Eben said,

    Wat gaan deur daar taxi bestuurder se gedagtes 😆

  9. 10

    Black Adder said,

    testing testing 1 2 3

  10. 11

    parkes1 said,

    Goeie een!!!

  11. 12

    Dellie said,

    Hi BA! Toets suksesvol!

  12. 13

    Paula said,

    Lekker lag ek nou op hierdie Vrydag middag 😆

  13. 14

    ivorybar said,

    Ha ha ha ha – baie funny

  14. 15

    Bottertjie said,

    Sjoe! Wat ‘n teef! Daar sal definitief nie iemand inbreek daar nie!!!

  15. 16

    Emil said,

    Baie snaaks! Arme teef.

  16. 17

    Spook said,

    Taxi bestuurder moes in die oorverdowende stilligheid gedink het: ‘En ek dog my skoonma is erg…’
    Hy’t seker gevoel hy het baie om voor dankbaar te wees… 😉

  17. 19

    Carolina said,

    Dis skreeu snaak!

  18. 22

    demoerin said,

    😆 Kan julle daai taxi-bestuurder se gesig picture?

  19. 23

    Emil said,

    Hier is ‘n groot misverstand. Ek dog mens kan hier kom en inskrywings lees 👿

  20. 24

    Wondernet said,

    Ha ha ha ha

    Hoes proes stik moer van die stoel af. Eina

    OK eks terug. Moet erken my skoonma is nie bad nie, werklik ons kom goed oor die weg, fore real, believe me!!!! En sy het my nie gedwing om dit te sê nie, en ek is ook nie onder duress nie en is by my volle posetiewe en nie onder die invloed van drank of dwelms nie.

  21. 25

    Pikkie said,

    Whahahaha…. Na al die moeite om by ‘n internet uit te kom kry ek ‘n horingou inskrywing… amper tjorts ek ook in die groentetuin…. 😆

    • 26

      Dellie said,

      Pikkie! Heeeerlik om jou weer raak te lees. Jy van alle mense behoort hierdie te verstaan: Telkom – adsl – nagmerrie… 👿 Dis hoekom hierdie possie so oud is. Sal probeer om deur die dag bietjie nuwe tjollies te gorrel. Ek kom nou eers by jou kuier! 😉

  22. 27

    ja nee mens moet soms hard werk met die oumense 🙂
    🙂

    en die kinders


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: