Ek onthou…

Johan het begin, Demoerin het dit ook gedoen, en nou is dit my beurt… my vroegste herinneringe…

My boetie het vir my hierdie spookstorie begin vertel toe ek seker so drie jaar oud was:

Eendag, lank lank gelede, was daar ‘n meisietjie. Sy het baie gelukkig saam met haar ma en pa gewoon. Sy was baie mooi en al die mense het van haar gehou omdat sy heeldag geglimlag het. Eendag terwyl hulle oppad terug was van die sirkus af, beland hulle in ‘n motor ongeluk. Die meisie se ma oorleef nie die ongeluk nie, en die arme meisie verloor haar een been.

Vir baie lank gaan dit glad nie goed met die meisie en haar pa nie. Hulle is baie arm en het skaars kos om te eet. ‘n Baie ryk man kry hulle toe vreeslik jammer. Hy gee vir haar pa werk en skenk vir haar ‘n goue beentjie. Maar soliede goud, te pragtig. Dit het geskitter in die sonskyn en geglinster in die maanlig. Dit het haar weer gelukkig laat voel en sy kon weer tussen die blomme rondhuppel en met haar maats speel.

Intussen het haar pa weer getrou. Maar haar nare stiefma was baie jaloers op haar pragtige been. Een nag, terwyl haar pa weg was op ‘n sakebesoek, gooi sy slaappille in die meisie se melk. Toe sy aan die slaap is, maak sy haar hande vas met ‘n tou en sny sy haar kop af met ‘n baie skerp mes. En steel die goue beentjie! Toe die pa by die huis kom, vind hy sy bebloede dogter in die kombuis op die vloer – sonder kop en sonder been. Hy het mal geraak en homself doodgetreur. Niemand het die nare stiefma ooit weer gesien nie.

Nou dwaal die meisie sonder kop snags in al die huise rond en soek die stiefma terwyl sy heeltyd kermend roep: “Waar’s my goue beeeeentjie, waaaar’s my goue beeeeentjie…”

😯

Hierdie storie het my vir jare nagmerries gegee, maar keer op keer het ek gevra dat hy dit weer vertel! Ek het toe reeds nie geskrik vir rillers en bloed nie… hie-hie-hie!

Kom speel saam – deel jou onthou ook in ‘n comment, of maak dit sommer ‘n possie op sy eie!


Advertisements

9 Responses so far »

  1. 1

    demoerin said,

    Cool storie 😯 … wat ‘n nare stiefma!

  2. 3

    shame….horrible…wat ‘n bangmaak-storie…

  3. 4

    tweelingkind said,

    Ek het n kamer met my ouer sussie gedeel en as my niggie(my sussie se ouderdom) kom kuier het, het hulle my altyd geterg en gepes. My sussie het posters op die muur gehad van onder andere Gary Glitter en David Bowie. Een aand toe vertel hulle my die mense op die posters gaan in die nag afklim en by my kom spook. Flippet, ek weet nie eers hoe oud ek toe was nie, maar ek moes dit seker geglo het, ek het gehuil van banggeit.

  4. 5

    Wondernet said,

    Dellie dis ‘n wrede storie om ‘n kind te vertel. Jy behoort jou broer vandag te dagvaar vir die sielkundige dokters rekeninge. 😆 😆

  5. 7

    Adrie said,

    Seker onsensitief, maar toe kry jy regtig ‘n stiefma-heks. Al is sy nou nie heeltemaal so bloeddorstig ne.

  6. 9

    Zee said,

    Ek sweer ek sou vandag nog nie geslaap het as hierdie storie aan my moes vertel word nie…


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: