Vrouens vs Honde

Sorry girls, hierdie is so ietsie vir die manne…

Redes hoekom dit in die algemeen beter is om ‘n hond as ‘n vrou te hê:

Hoe later jy by die huis kom, hoe blyer is jou hond om jou te sien.

Honde hou daarvan as daar baie goed soos klere en skoene op die vloer rondlê.

‘n Hond se ouers kom nooit vir jou kuier nie.

Honde kyk nie vir hulle self in die spieël en skree: “Ek haat my lyf!” nie.

Honde stem saam dat dit nodig is om hard en duidelik te praat om jou punt te maak.

Honde gaan grou eerder buite in die tuin rond as om jou beursie en lessenaar te deursoek.

Honde lewe selde langer as jy.

Honde kan nie praat nie.

Jy hoef nooit te wag vir jou hond om lipstiffie aan te sit nie, hulle is reg om te gaan 24 uur per dag.

Honde dink jy is snaaks as jy dronk is.

Honde hou daarvan om te gaan visvang en jag.

‘n Hond maak jou nie wakker in die middel van die nag om te vra: “As ek doodgaan, sal jy ‘n ander hond kry?” nie.

As ‘n hond babatjies kry, kan jy ‘n advertensie in die koerant sit en hulle weggee.

‘n Hond sal toelaat dat jy vir haar ‘n “studded collar” aansit sonder om jou ‘n pervert te noem.

En dan vir die manne wat deesdae so uitgevang word…

‘n Hond sal jou vergewe as jy met ‘n ander hond gespeel het.

As ‘n hond pragtig is, haat ander honde haar nie.

Honde neem nie notisie as jy haar op ‘n ander hond se naam noem nie.

As jou hond ‘n ander hond aan jou ruik, word sy nie kwaad nie – sy dink net dis interessant.

‘n Ander man sal nie sommer jou hond steel nie.

As jou hond jou verlaat, vat sy nie die helfte van jou goed saam nie…



11 Responses so far »

  1. 3

    boendoe said,

    Haai oe, Blommie. 😳

    Ek besef nou eers watse las ons vir die manne is. 😦

  2. 4

    As daar nou al ooit wyse woorde gespreek is, is dit hierdie!

  3. 6

    BB said,

    😳 @ Studded collar …😉

  4. 7

    Pikkelik said,

    OOOO help my…. Dellie ek verban jou na die hondehok vir twee ure!!! Tsk!

  5. 8

    meermin said,

    Dellie hiermee groet ek julle amptelik!!! Lekker blog!!!

  6. 10

    White Knight said,

    Dagse Dellie

    Eish darie post hy gaan moelikgeit maak ek sien hom so😛

    Groete

  7. 11

    Eben said,

    Gie gie Dellie, ek hou van ‘n paar van die ‘stellings’!!!😆


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: