Al die tandem stories

Heiko en Suidoos het die eerste storie klaar geskryf. Gaan lees! Dis stunning!

Link na hierdie post wanneer julle die stories plaas. Ek sal dit update soos wat dit inkom. Ek wil nie een storie mis nie.

Sonkind en Demoerin

Leon en Wipneus

Die Brein en Kendra – hier moet ek julle net waarsku – dis ‘n HOT storie!

Dapperhartjie en Pagoda

Sonkind en Demoerin Hoofstuk 2

Retha en Assie

Koekie en Woepsie

Sonkind en Demoerin Hoofstuk 3  – Komaan julle, die twee begin die res van ons nou in die skande steek! 😯 Skryf, blikskottels! 😆

Dellie en Emil Hoofstuk 1

Johan en Pleindoos

Sonkind en Demoerin Hoofstuk 4

Sonkind en Demoerin Hoofstuk 5

GO! Wat maak jy nog hier?

66 Responses so far »

  1. 1

    RB said,

    Sjoe, hul storie is baie goed. Kan nie wag vir die res nie!!!!

  2. 2

    Heiko said,

    Die standaard is baie hoog, soos julle kan sien. Hoop julle maak dit – hoop nie ons het die dwarslat te hoog gesit vir julle outjies nie…

  3. 6

    […] Ek geniet my nog gate uit met Dellie se Tandemstorie-speletjie […]

  4. 7

    Leon said,

    Leon en Wipneus se storie is op by leoncroukamp.wordpress.com met links na Dellie en Wipneus se blogs

  5. 8

    kadoes said,

    Wow – dis great – ek het vinnig gaan raak aan almal se stories en sal dit behoorlik lees wanneer ek tyd het.

  6. 9

    Alta said,

    Dellie, sien wat jy nou gemaak het. Ek is nou elke 5 minute hier om te sien of daar nog nie n ander storie die lig gesien het nie. Jy hou my uit my daaglikse take.
    Weeee jy!!! 😀

  7. 11

    Gatvol said,

    Sterkte met die projek Dellie. Dis regtig oulik.

  8. 12

    Obelina said,

    Dellie en die skrywers, baie geluk. Mens kan jou so lekker in die stories inleef. Sien uit na nog. 😉

  9. 13

    gigi said,

    Hi Dellie

    Platkuif het fokken ten laaste wakker geskrik, maar lyk my dit gaan ‘n tydjie vat!

  10. 14

    Die Brein said,

    Ek het sover al die stories gelees, dis goed…baie goed, shuck ons sin het maar 12 of 14 paragrawe ek moet nog edit en sensuur toepas waar moontlik , ek hoop net nie sommige gaan dink dis vulger nie, dis net geskryf soos die lewe is.Kendra ek sal laat weet wanneer ek dit gaan plaas.

    Ek hoop net die ouens kan `n hotletter hanteer, maar ja dis baieeee beter as enige Mills en Boons.

  11. 16

    RB said,

    Kom, kom ,kom ek wag in spanning vir nog stories!! Het die hele naweek gewonder waarmee die ander vorendag gaan kom.

  12. 17

    Kendra said,

    Ja, die ander se stories is baie goed. Hulle moet dit maar vat soos dit kom, Die Brein en Kendra saam….hulle het seker nie iets anders as ‘n Hotletter verwag nie…??? Dis reg laat weet!

  13. 18

    Anoniem said,

    Hi Dellie, wil net die “site” met jou deel, ek dink dit “awesome”. Kyk bietjie!

    http://cookingbynumbers.com/

  14. 20

    Mavis said,

    yebo miesie dellie djy es besig met hierie stories hê

    djy moet lekker weekend mavis ek ek campaign nog hard miesie moenie vergeet om te gaan vote

    mooi bly mavis se mama

  15. 21

    demoerin said,

    Genugtig mense ek word oud!

  16. 22

    pluim said,

    Dellie ek wil ook skryf, hoe maak ons. My e-mail is pluim@bosparra.com

  17. 25

    Dellie said,

    Geez, ek is ook al besig om ‘n paar gryshare te kry – maar moenie vrees nie! Brein en Kendra s’n is oppad. 😉 Maak maar solank julle vensters wyd oop, en sit die waaiers aan… :mrgreen:

  18. 26

    Retha said,

    Dellie, ek voorspel jy sal nog lank vir ons storie moet wag. Sodra dit in ‘n rigting begin beweeg, stuur Assie dit in ‘n ander rigting. En aangesien hy begin het met ‘n toneel in die hede en toe 9 maande terug begin vertel het, kan ons nie regtig die storie eindig voor ons by daardie toneel uitkom (en verbykom) nie.

    Lees ons s’n oor so ‘n maand of drie. (Dalk.)

  19. 27

    Pagoda32 said,

    Hello!!

    My en dapperhartjie se storie is geplaas! 😉

  20. 28

    Phibbie said,

    Ekke wil ook skryf asb.

  21. 30

    @ delliesedinge said,

    Ek dink nie dat jy jou aan Harry moet steur nie.
    Moontlik is hy ‘n greeny.
    Daardie mense is erg oor die planeet.
    Hy kan moontlik blatant oorkom vir jou.
    So ken ek hom…

    • 31

      Dellie said,

      Ag nee wat, ek hou van ‘n lekker debat. Dit gebeur selde dat iemand van my verskil (??) – so dis nogal ‘n uitdaging! :mrgreen:

      Ek verdedig graag my standpunt, maar is oop vir ander sienings. Miskien hanteer ek die hele ding verkeerd, en bring hy my tog tot ander insigte. Mens weet nooit! BB het my al klaar anders laat dink daaroor. 😉

  22. 32

    @ delliesedinge said,

    Soveel mense, soveel menings. 😉

  23. 33

    demoerin said,

    Demoerin en Sonkind se Hoofstuk 2 is uit!

  24. 34

    Alta said,

    Lekker naweek en geniet jou paaseiers.

  25. 36

    Retha said,

    Dellie, het Woepsie (Lourens) aan die tandemstorie-projek deelgeneem?

    • 37

      Dellie said,

      Ja Retha – maar hy was baie besig die afgelope paar weke. Ek weet nie of hy by die storie uitgekom het nie. Ek probeer nog vir Koekie in die hande kry.

      Ons harte is seer.

      R.I.P. Woeps… 😥

  26. 38

    ding said,

    Dellie
    Niemand kan jou ooit suksesvol beskuldig dat jy NIE kreatief is nie! Skitterende idee – gewoon buitensporig blirjant. Ding geniet die lees van die stories – soveel talent – en jou talent om mense te kry om self te sien waartoe hulle in staat is – Ding kry sommer nog meer respekte vir jou, Lady!

    • 39

      Phibbie said,

      Ek dink Ding moet bietjie daai voete vannie muurtjie aflig en sy gaai in rat kry want lyk my ons gaan jareeeeeeeeeeeeeeeee skryf aan ons ou deeltjie………of annersins het ek hom so geboul dat hy nou nog soek na die ander paragraaf. HIehiehiehieheiheihei

  27. 40

    demoerin said,

    Sjoe, ons is nog ver van 19 af…… Kom aan mense!

  28. 45

    parkes1 said,

    Ja wat hierdie klomp kan maar boeke skryf almal was baie goed!!!

  29. 46

    […] maak al hierdie dink jou bietjie mal – Gryp ‘n drankie en gaan lees die tandem stories as jy nog nie begin het nie – En moenie vergeet om BB se song te gaan luister oor Die […]

  30. 48

    […] Storie – Hoofstuk 3 Posted on April 21, 2009 by demoerin My en Sonkind se Hoofstuk 3 van die tandem storie is voltooi, sjoe en dit is al 6,125 woorde later. Dit is vet pret en my naels […]

  31. 49

    Ma se Seun said,

    Hey moeki.. hoop ma geniet die dag. ons in in kempton park. sal volgende week dinsdag by die huis wees vir ‘n dag of twee. lief ma. mwa mwa

  32. 51

    demoerin said,

    @ Emil – Het die skryfspoed iets met ouderdom te doen?

  33. 53

    Alta said,

    Baie geluk Emil.

  34. 54

    […] Dellie het hierdie lekker ding begin, en nou trek ek en Demoerin al by Hoofstuk 3. Ek het gedog brandewyn het nie brieke nie, maar dit lyk my brandewyn is ‘n vulletjie teen my en Demoerin se verbeelding. Hier’s hy dan – ta da ta da – Hoofstuk 3 (Ek begin – in swart – en DMI s’n is in blou) […]

  35. 55

    Carolina said,

    Hi Dellie, ekke was bietjie land uit en baie besig! Leef darem nog. Moet nog tyd maak om al hierdie interessante stories te lees! Jy is altyd vol blink idees! Lekka dag.

  36. 56

    RB said,

    Hi het die stories opgedroog??
    Die wat al klaar is, is werklik baie goed.

  37. 57

    Chopper said,

    Ja, eish, Sorry.

  38. 58

    Emil said,

    Ek het skrywersblok.

  39. 59

    Tweelingkind said,

    Dellie, my skryf partner is regtig weg…gone! Miskien kan ek n ander partner kry?

  40. 60

    Johan Swarts said,

    Hi! My en Pleindoos s’n was ‘n paar dae na die aankondiging van die pare klaar, maar ons het heeltemal vergeet om dit te post! Ek sit dit vanmiddag 12h op my blog 🙂

  41. 61

    […] Tandem Storie Posted on May 7, 2009 by demoerin Hoofstuk 4 is geplaas mense – Soos gewoonlik druk oppie groen knoppie daarbo. Scroll af na hoofstuk 4 toe – of […]

  42. 62

    […] nou al ‘n rukkie gelede wat Dellie die tandemskrywery begin het. Ek en Demoerin skryf saam en ons het besluit ons storie het bietjie […]

  43. 63

    Rochelle said,

    Gelukig Moedersdag! Mag jy tot in die afgrond in bederf word!

  44. 64

    demoerin said,

    Trompetgeskal…… Hoofstuk 5 is geplaas…..

  45. 65

    […] die wat nie weet nie, dit was ‘n inisiatief van Dellie, en my skryfmaatjie is […]

  46. 66

    […] tag is een van die wat ek die meeste geniet het, met ‘n pragtige raak-vat deur BB. Dan het Dellie gesorg vir een van my ander gunsteling tags: Die Tandemstories… en eendag sal die storie […]


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar op Tandem - hoofstuk 4 Kanselleer antwoord