Donkerhoek

At last! Hier is my en Emil se eerste hoofstuk van die tandem storie. Sonkind en Demoerin het ons so geinspireer, dat ons ook besluit het om in hoofstukke te skryf.  Teen die spoed wat ons skryf, behoort julle teen Kersfees die tweede hoofstuk te kan lees… 😆

Die swart is Emil s’n, en die groen myne. Geniet!

Donkerhoek – Hoofstuk 1

Onder hulle wink die stadsligte. Hulle flikker en skitter ‘n mosiaiek van kleure teen die voorruit. Agter die bome kwyn die helder lig van die maan.

“Jy dink jy is baie slim, nie waar nie meneer?” dink sy by haarself terwyl hy die kap afslaan en die wind spoortjies deur haar hare vleg. Sy weet dat hy nie regtig verdwaal het nie. Daarvoor ry hy te vinnig. Die krag van die enjin laat die bloed deur haar are bruis. Sy sou graag die leiding wou neem, hom net ‘n leidraad gee oor haar verwagtinge. Maar so maklik gaan sy nie toegee nie. Hy kan maar nog so ‘n bietjie wonder. Sy lag oopmond vir hom terwyl sy haar hande bo haar kop uitsteek sodat die nagwind haar kan afkoel.

Die wit bloes vlei die vorm van haar ronde borste, en die koel bries wat nou deur haar lang, blonde hare lispel en die sensuele donkerrooi lippe ontbloot, druk haar borste ryp teen die voorkant van haar bloes. Hy hou haar dop – eerder loer, want hy wil nie sy intensies bekendmaak nie. Netnou eindig die avontuur nog voor dit begin het. Kan hy seker wees sy wil ook? Van agter die wit bloes wink twee ryp appels vir hom; hulle fluister hul uitnodiging in die wind, speel met hom, tart hom. Haar liggaam wieg liggies op die maat van Guns’ n Roses se “Patience:” All we need is a little patience. Hy wonder of sy plan gaan slaag.

Sy voel hoe sy oë op haar borste brand. Toe hy opkyk na haar gesig, vang sy vir ‘n oomblik sy blik vas. Die intensiteit in sy kyk betrap haar effens onkant – maar voordat sy dit heeltemal kan plaas, is die oomblik verby. Wat was dit wat sy gesien het? Wat skuil agter sy donker oë? Vlinders van opgewondenheid dans deur haar binneste. Sy loer na sy hande wat die stuurwiel ferm en seker vashou. Sterk, groot hande. Sometimes I get so tense, but I can’t speed up the time sing Guns’ n Roses voort. All we need is just a little patience… Sy wonder waarheen hulle oppad is.


Hy wonder of hy moet afdraai, een of ander verskoning uit dink, net sodat hy haar volle aandag kan geniet. Sy ruik soos lentebloeisels, en as dit nie was vir die suur geur so skugter versteek tussen die blommegeur nie, sou hy moes nies. Nee, dink. Stop gaan ek nie. Ek moet die water eers voel – netnou is dit yskoud, en sit ek weer met eier op my gesig. Hy wissel die ratte, talm sy hand uitnodigend op die hefboom. Toe hy skielik rem, is dit reeds te laat en ‘n luidse “Fok!” ontsnap uit sy mond. Al hierdie erudiete gedagtes maak hom konsentrasie verloor. Sy merk nie dadelik sy verontwaardiging nie, maar skrik tog ligweg vir die skielike emosie. Toe sien sy ook:. hy het die afdraai gemis!

Die motor kom met skreeuende bande tot stilstand. Sy ruik net teer en rook en trek haar neus effens vies op terwyl sy hom vraend aankyk. “What the fuck, dude?” dink sy by haarself.  “Skuus”, mompel hy onderlangs. Is die “skuus” vir die fok of die skielike stop? Seker albei. Toe hy die motor in tru-rat sit, vryf sy hand “per ongeluk” oor haar been… en kom gemaklik daar tot rus. Vergete is al die teer en rook…. Sy sukkel om te glo dat ‘n enkele aanraking soveel elektrisiteit deur haar liggaam kan stuur. Sy het skoon vergeet dat die veiligheids-gordel haar amper winduit geruk het, al sit daar ‘n rooi, opgehewe merk tussen haar borste. Toe hulle oë ontmoet, gee hy vir haar ‘n skewe glimlag wat haar knieë laat jelly voel, en alles is vergewe. “Dankie tog ek sit!”, dink sy. Toe hy by die afdraaipaadjie indraai, skyn die motor se ligte op die bordjie wat lees Donkerhoek. Dis ‘n grondpaadjie en dit neem al sy konsentrasie om die slaggate mis te ry. Teen ‘n slakkepas vorder hulle teen die berg op. Sy kan nie help om uit te bars van die lag toe We’re on a road to no-where begin speel nie…


“Gepas, daardie lied, dink jy?” probeer hy die gelaaide spanning bietjie ontlot. Sy glimlag net. Hulle ry skud-skud in stilte verder, tot waar die pad skielik regs draai en eensklaps ‘n geslote hek opdoem. Hy stop, en met ‘n onderlangse “Nou terug” klim hy uit. Die hek se skril, onge-oliede klank klink onheilspelend, amper soos iets in ‘n gruwelfliek. Shit, dink hy. Die donkerte is ongemaklik. Sê nou hier skuil ‘n ongedierte wat nét op ‘n stadsjapie soos hy lê en wag. Sy nekhare rys, en hy skarrel blitsvinnig oor die los klippe terug. Om te dink hy moet die hek weer toemaak! Maar gelukkig is geen ondier op soek na niksvermoedende prooi nie, en kan hulle verder aanry. Wat mens nie alles sal doen om ‘n chick te impress nie. “Hoe ver is die opstal nog?” verbreek hy die stilte. “Ag, ‘n ommesientjie. Nie meer as ses kilometer nie, maar die pad is hierdie tyd van die jaar baie sleg. Dis die somerreëns, jy weet. Ons kan maklik nog so driekwartier ry. Jy moet net jou oë oophou vir die slaggate. Net voor ons die hoofhek bereik, gaan ons deur ‘n lae drif moet ry. Ek twyfel of daar nog ‘n stroom sal vloei, maar wees liewers versigtig en ry stadig. Ons het tyd – die aand is lank.” Die laaste sin sê sy amper fluisterend, afwagtend, ondeund. As hy maar net sy hand op my been wil sit, dink sy.

Maar natuurlik kan hy nie, al trek haar bronsbruin bene hom soos ‘n magneet. Albei sy hande is nodig om die motor te beheer op die kronkelende paadjie. En al sy aandag. As hy nou aan haar gaan raak, gaan hulle in die bosse beland. Letterlik. Sy kry skielik koud – ‘n rilling trek deur haar lyf toe sy opmerk dat hier selfs in die stikdonker geen sterre te sien is nie. Sy sit die musiek sagter, en skielik laat ‘n bliksemstraal haar ruk van die skrik. Die gevolglike gedonder sekondes later, laat haar instinktief nader aan hom skuif en sy been vasgryp terwyl sy bekommerd hemelwaarts kyk. Hy voel hoe haar naels in sy binne-been vasslaan in ‘n mengsel van pyn en ekstase, en volg haar blik boontoe. Maar nog voordat hy die kap kan opslaan, maak die hemele oop. Reuse reëndruppels deurweek hulle binne sekondes. Sy weet nie of sy moet lag of huil nie. Hy bring die motor tot stilstand en probeer die kap opslaan. Niks gebeur nie! Hy kyk vir haar, sy kyk vir hom, en hulle bars uit van die lag terwyl die reën in vlae oor hulle neersif. Hy druk die knoppie wat die kap moet opslaan aanhoudend, en uiteindelik gee dit gehoor en skuif stadig oor hulle toe. Sy vee die weerbarstige nat krulle uit haar gesig, en probeer laggend die water van haar gesig afvee. “Ek hoop nie my maskara sit op my ken nie,” dink sy, “anders gaan hy hom doodskrik en die stormnag invaar.” Maar hy haal ‘n sakdoek uit sy sak, en dis sowaar nog half droog. Dankbaar neem sy dit by hom, en toe hulle hande ontmoet, is daar ‘n spark van statiese elektrisiteit tussen hulle. Maar ‘n sakdoek kan ook net soveel droogmaak… nadat sy haar gesig afgevee het, sit hy skielik sy hand oor hare en beweeg dit af in die rigting van haar wit bloes wat nou deurskynend die inhoud tentoonstel…

Maar hy terg net. Dis ‘n spel, en hy wil nie te gou aan die hartstog oorgee nie. Laat sy wonder, want hel, hoekom is hy die enigste wat met onsekerhede worstel. Hulle gaan nou al ‘n tydjie uit, maar het nog nie verder as verleë kykies en ongemaklike stiltes beweeg nie. ‘n Vinngie “Goeie Nag” piksoen hier en daar, ‘n onbeplande aanraking – niks meer nie. Het hy nog guts? Dit is nie dat sy heeltemal sonder gevoel vir hom is nie. Daar is defintief chemiese reaksies – dit sien hy in die glinstering van haar oë, in die bewing van haar hande, en die tikkie hoendervleis as hy per ongeluk aan haar raak – tog iets meer as as die indrukke wat mens af en toe by vroue kry wat net ‘n blote Lyf onder die klere is. Toe hy haar die eerste keer op Carel se plaas gesien het, was daardie eerste oomblikke soos ‘n eletriese skok. Sy was byna té doodgewoon, té bedaard – en reguit-blatant – nie vrou nie, maar femina, ‘n uitdagende bevestiging van lyf en bene – smal heupe, het hy opgemerk, en die beduidenis van kuitspiere aan haar lenige bene. Die krieweling in sy lende kon hy nie ignoreer nie. Sy is ‘n goeie vriendin van Carel, en hy moes op die ou einde die eerste date names hom maak. Van die begin as was daar flirtasies, onskuldig, speels, altyd met die belofte van iets meer, groters – iets ekstaties. Op sy seiljag het sy vir die eerste keer met ‘n bikini geparadeer. Toe het hy opnuut bewus geword van die sametrekking van die kuite, en haar direk, met wellustige oë, aangekyk. Sy moes bewus geword het van die verlange in hom, want by Saldanha het die speletjie meer intens geword. Die gebare was daar, iets onwerkliks aan die situasie, ‘n mimiek van die liefdespel. Eet, praat en stories oor seks was gelyksoortige aksies, met die oënskynlike alwetendheid en gemaklikheid van ‘n getroude paar – alles ewe onvermydelik, ewe verspot en betekenisloos. Daar het ‘n dringendheid, ‘n gierigheid in sy bloed ontstaan, iets wat op een of ander manier op een of ander tyd tot uiting moet kom. Een nag laat, weke nadat hulle ontmoet het, na die soveelste date, het hy naak op die rand van sy bed gesit. Hy het begin wonder hoekom hy bevrees is vir die gevoel van hartsog en lus.Toe het hy gedroom van sy mond op haar tepels, van sy hande op haar heupe en sy vingers in haar hare en het hy geweier om haar te laat gaan en die droombeeld met die seldeur van sy hart ingehok. Nou is hulle oppad na Carel se opstal, alleen, vir die nag, voordat die ander jagters daar aankom. “Maak ‘n plan, my china,” het Carel hom toegesnou. “Die girl is hot vir jou. Gaan die aand voor die tyd. Maak vuur, drink en maak liefde. Maar bliksem, moenie dat ek daar aankom en jy lyk steeds of iemand jou hand in die as geslaan het nie. Kom by, boetie en smell the roses. Love is in the air, en jy wik en weeg. Onthou wat Konsalik in die Valskermbateljon geskryf het? Wie langer as tien minute skyt, is sy sitplek kwyt! Nico en Sarel kom ook die week jag, en as jy nie die ding doen nie, gaan Lynette elders shop. The ball is in your court, china!”

Genadiglik reën dit nog nie te lank nie, en ry die luukse motor sonder probleme deur die stroompie wat reeds in die driffie gevorm het. Sy dink skielik aan Carel… liewe Carel. Hy is seker die enigste man op die planeet wat haar verstaan. Maar daar was nog nooit iets romanties tussen hulle nie – dis asof hulle net hierdie band het en mekaar aanvul soos ‘n boetie en sussie. Toe haar ouers oorlede is in ‘n grusame motorongeluk, was hy daar om haar te ondersteun. Dit was 6 jaar gelede. Sedertdien, het sy van sy ryk vriende ontmoet omdat hy haar altyd insluit in al sy sosiale gebeurlikhede. En hy stel haar nogal voor as sy “suster”. Hahaha, sy lag altyd in haar binneste oor daardie ene, maar dit goed om te weet hy voel dieselfde oor haar. Sy weet hy soek eintlik vir haar ‘n man, maar sy het nog nooit erg gehad aan Nico of Sarel of die hogere buitelandse menere wat soms kom jag op sy privaat reservaat nie. Nico is creepy en half olierig, en Sarel, wel Sarel is net eenvoudig jags en probeer haar om elke hoek en draai vasdruk. Sy weet nie hoeveel van sy onwelkome geskenke moes Carel al terugneem nie. Maar die man kry net eenvoudig nie die boodskap dat sy nie belangstel nie. Totdat Carel Tertuis aan haar voorgestel het. Hy is anders as die ander mans wat dink dat vrouens voor hulle voete moet neerval in aanbidding omdat hulle geld het. Tertius het geld, ja, maar hy het haar nog altyd met respek behandel – haar nog nooit soos ‘n fortuinsoekster of sommer net ‘n entertainment poppie laat voel nie. En selfs teruggehou waar ander al sommer op die eerste date probeer deurbreek het. Sy hou daarvan – dit voel asof daar na al die jare iemand is wat verby haar uiterlike en finansiële status kyk – en raaksien dat sy ook ‘n mens is binne die “lyf”. ‘n Vrou, ryp en ontvangklik vir emosie en aanraking… Deur die slierte reën probeer sy die ligte van die opstal sien, maar net stikdonker staar terug na haar. Toe hulle voor die dubbelverdieping stilhou, sien sy ‘n flikkering van goue lig deur die vensers. “Dit lyk my die krag is af”, sê sy, “dit gebeur soms tydens die somerstorms.” Net toe gaan die voordeur oop, en ‘n vae figuur met ‘n lamp in die hand verskyn in die ligstraal wat gedemp van binne skyn. Sy wuif vir hulle om in te kom. “Dis Alicia, Carel se huishoudster,”  lig sy hom in. Alicia is al vir jare die hand wat alles op die plaas onderhou in die tye wat Carel in die stad bly. En sy kan raakvat. ‘n Liewe ou mens wat almal wat hier kom uitspan se belange op die hart dra. ‘n Regte ou moedertjie. Tertuis onthou haar van die dag toe hy Lynette op die plaas ontmoet het. Maar sy het spesifiek ‘n sagte plekkie vir Lynette. “Kom in, kom in, julle lyk nes natgereëne hoeners”, verwelkom sy hulle toe hulle druipnat die voorportaal inhardloop. “Hallo Lynette,” sê sy terwyl sy ‘n klapsoen op haar wang plant. “Naand mister Tertius,” mompel sy in sy rigting terwyl sy hom van kop tot tone bekyk. Hy voel effens ongemaklik, maar die oomblik is verby toe Alicia Lynette aan die hand vat en die trappe oplei. “Mister Carel het gesê jy kom hiernatoe met ‘n special friend”, praat sy gedemp met Lynette. En toe harder: “Ek het hierdie twee rooms langs mekaar vir julle gefix,” terwyl sy agterdogtig na Tertius kyk. “Ek het die kaggel al hoeka brandgemaak toe ek die storm gesien kom het. Al die lampies het genoeg olie, en daar is warm water vir julle om te bad. Daar is wyn en ‘n picnicbasket by die kaggel – mister Carel se orders.” Sy rol haar oë betekenisvol. Toe draai sy om, en verdwyn by die trap af. “Altoos sal julle koffers opbring,” kom haar stem van onder af. “Kom uit daai nat klere, ek hetie tyd om heelnag nurse te speel met julle saam nie.” Lynette ontmoet Tertius se oë net voordat hulle die onderskeie kamers binnegaan, en sy glimlag vir hom. Sy is koud tot in haar bene, en kan nie die bibbering in haar lyf beheer nie. “Sien jou oor ‘n paar minute voor die kaggel?” vra sy in sy rigting. “Natuurlik!” antwoord hy, en sy sien die liggies van afwagting wat in sy oë dans. Dit stuur ‘n onverwagse warmte deur haar binneste… sy weet mos hoekom hulle eintlik hier is…


Noudat hulle uiteindelik op Donkerrhoek aangeland het, voel hy meer op sy gemak. Terwyl Lynette wegstap om in die badkamertjie te verdwyn, kyk hy haar agterna. Hoe is dit dan dat Carel en sy nooit iets aangehad het nie, wonder hy. Die man moet gek wees om iemand soos Lynette vir niks meer as ‘n vriendin te beskou nie. Dis … dis eintlik onnatuurlik, dink hy, terwyl hy Altoos met die bagasie help. “Daarsy, miester. Sjoe, die wereld is sommer lekker nat. Miester en meisies moet sommer julle skoene vir Altoos daar in die kombuis los. Altoos sal hulle moreoggend spietjeries maak. Miester-hulle moet lekker slaap,” groet hy en verdwyn by die agterdeur uit. Tertius hoor die geklingel van blikbekers soos Alicia die koffie gereed kry. Hy dra die twee tasse na bo, sit Lynette s’n netjies op haar bed en doen dieselfde in sy kamer. Hy verklee vinnig, en skarrel weer ondertoe. Hy is bewus van water se klanke en gespatter, en die versoeking oorval hom amper om barbaars die badkamer binne te storm en die hele kat-en-muis speletjie net so te staak. Bleddie vervelige, ordentlike donner, ék, dink hy vies en gooi dadelik nog hout
op die vuur toe hy onder in die sitkamer kom. Carel is reg. Ek moet bykom! Hy val behoorlik in die poef neer, gespanne ontspanne, met vlinders in die maag. Spinnekoppe het hulle weefstoele ingespan en elke hoekie van die sitkamer gevul met blink spinnerakke wat in die flikkerende lig van die kaggelvuur en kerse weerkaats. Daar is ‘n boekrak met verskeie literêre werke, en vismotte skarrel tussen die stof en boeke uit, hulle witgrys stertlyfies flits oor die mat om te verdwyn in die kleinste van openinge. Carel sal ‘n plan moet maak. Vismotte en boeke hoort nie bymekaar nie. Die man het ‘n geweldige verskeidenheid boeke. Tertius kan kwalik glo dat Carel alles van voor na agter, letter vir letter, gelees het. Daar is verskeie klassieke werke, soos Lawrence se “Sons and Lovers” en “Women in Love”, hel, selfs Joyce se “Ulusses” wat Tertius nog van hulle universiteitsdae kan onthou. Mens het werklik afsonderde alleenheid nodig om dit klaar te lees – wat alles nie in één dag kan afspeel nie! Shakespear is ook daar, soos “MacBeth” en “Hamlet” en ander skrywers soos Conrad, Hemmingway, Woolf en Miller. Die Afrikaanse versameling is opvallend – belangrike kortverhalebundels soos “Windroos”, Koos Prinsloo se homoeroties versameling “Slagplaas” en allerdaagse diskoerse in “Vertellers.” Daar is ook die Silberstein trilogie, en Tertius wonder of sy ontdekkingsreis hierdie week soortgelyke proporsies gaan aanneem soos Henry van Eeden se makabere inisiasie op die Silberstein-wynlandgoed. Hy is onskuldig soos Henry, net soos die mens voor die sondeval in die Paradys. Hulle is hier vir sewe dae, en in hierdie sewe dae moet hy “Salome” in die vorm van Lynette leer “ken”. Tertius hoop nie sy “ontwaking” en verlies aan onskuld gaan soos die skrywer Le Roux in die donker dieptes van sy eie psige afdaal nie! Al wat hy wil doen, is om aan Lynette sy intensies duidelik te maak, en hulle verhouding in ‘n meer permanente rigting probeer stuur. ‘n Katestrofe gaan dit wees as sy anders voel! Is dit waar sy ongemak en vrees vandaankom, dat sy hom gaan verwerp?

Sy stroop die nat klere bibberend van haar lyf af, en draai die stortkrane groot oop. Die vertrekkie vul byna onmiddelik met stoom. Terwyl Lynette besig is om te stort, wonder sy hoe goed Tertius homself ken. Hy lyk selfversekerd genoeg… maar soms het hy so ‘n ver-af uitdrukking in sy oë wat sy moeilik plaas. So asof hy op ‘n ander planeet is… wat broei in daardie tye agter sy donker oë? Sy sou graag ‘n dieper kykie in sy menswees wou kry, intieme gedagtes met hom deel. Hy lyk en tree op soos ‘n man wat nie bang is om oor sy emosies te praat nie. Sy hou daarvan. Hy laat haar veilig en gekoester voel. Die warm stort het haar bloed weer aan die sirkuleer, en sy droog met vinnige bewegings af. Dit behoort lekker snoesig voor die kaggel te wees, en sy gaan in elk geval die meeste van die week in jeans en bootse deurbring, so vanaand sal sy daardie sagte rokkie aantrek wat sy spesiaal ingepak het. Sy draai die handdoek styf om haar lyf, loer by die badkamer deur uit, en trippel vinnig op haar tone kamer toe. Die diep koningsblou rok vlei haar liggaam volmaak, en wys dalk so bietjie meer gleufie as wat dit moet – maar sy kyk goedkeurend na haar beeld in die spieël. Hy behoort daarvan te hou, dink sy terwyl sy fyn, goue sandale aan haar voete glip. Net hoog genoeg om die aandag op haar kuitspiere te vestig. Sy blaas gou haar hare droog, en wend die minimum grimering aan – net ‘n tikkie blosser, maskara en ‘n sweempie van lipstiffie aan haar lippe. Laastens tik sy Red Door aan haar polse en nek, tussen haar borste, en in die waaie van haar knieë. “Op al jou polspunte, my kind,” het haar ma altyd gesê.  Sy loop versigtig met die trappe af, en trek haar asem sag in toe sy die sitkamer binnekom. Die flikkering van die kerslig en kaggel teken prentjies teen die boekbelaaide mure. Erens is die fluistering van musiek hoorbaar, maar sy kan dit nie plaas nie. Waar sou dit vandaan kom? Sy dog dan die krag is af…Sy hou hom vir ‘n paar sekondes dop waar hy gehurk voor die boekrak sit, en sien hoe die spiere op sy rug fluister onder die wit hemp. Hy raak bewus van haar teenwoordigheid, kom orent en gee vir haar een van daai skewe glimlagte wat haar knieë week laat. “Ah, hier is jy”, sê hy. “Ek het al begin verlang.”

Haar lang hare glinster in die dowwe lig, nog klam van die stort. Haar wange het ‘n rosekleur en haar oë glinster. Ondeund? Of verbeel hy hom weer. Sy lag oor sy speelse opmerking en kom sit langs hom voor die vuur. Sy wil-wil aan hom raak, maar Alicia se lastige inmenging trek haar aandag af. “Aha, miesies is weer vol lewe, sien Alicia.” Teelepels klingel teen die koppies toe sy die skinbord op die tafel neersit. “Hier. Lekker vars koffie om julle warmer te kry. As julle iets wil eet, Alicia het ‘n lekker boontjiesop op die stoof, en vars gebakte brood in die oond. Alles is daar in die kombuis – Alicia los dit net so vir julle. Maar nou moet Alicia ook gaan inkruip. Ons is vroeg uit die vere hier en weet julle ou stadsjapies slaap mos lekker laat. Kleinbaas Carel kom net so voor die middag, dan moet Alicia al die kamers gereed het. Julle moet maar net skreeu as iets kort. Miesies Lynette weet mos waar die ekstra wolkomberse is.”

“Als reg, Alicia. Ons sal regkom.” Verbeel hy hom, of klink sy bietjie haastig, so amper asof die klein, ronde vroutjie nie gou genoeg hulle alleen kan los nie. Nadat hulle koffie geskink het, en Alicia ook daar deur die agterdeur in die donker verdwyn het, gaan lê hy so skuins voor die kaggel. Sy gaan sit langs hom, styf teen hom, en lê op sy bo-been. “Gee jy om?” vra sy. Carel het haar gewaarsku sy sal seker die eerste move moet maak. Sy hou daarvan, dis iets nuuts. Hier is iemand wat nie sommer met die eerste oogopslag haar wil bespring nie. Hemel, sy wou al hy moes. ‘n Steel soentjie hier en daar, met die hoop dat hy sal talm, dat sy hom hartstogtelik kan soen. ‘n Aanraking, kamstig onbepland. En tog hou hy ‘n afstand. Dit dryf haar gek.. Hy glimlag. “Nee jong, hoekom sal ek nou. Solank jy gemaklik is.” En sy hand streel haar hare.

“Goede griewe,” dink sy, “hoe lank moet ek nou nog wag voordat hierdie man ‘n move maak? Ek bespring hom sommer en vry hom heel uit sy kommin sense uit. Sy lippe lyk so uitnodigend, so reg om met passie gesoen te word, en die spiere wat so vir my loer deur sy klere… ek wil ontplof! Wat op aarde is in sy are, yswater?”  Maar sy hou haar in, streel saggies oor sy wang en vra: ”Waarheen is ons oppad, Tertius? Ek waardeer die feit dat ons dit kalm vat, maar ons gaan nou al vir ‘n wyle uit. Het ons ‘n toekoms? Iets om na uit te sien op langtermyn?” En sy beweeg stadig met haar ander hand oor sy bors, af, af…


“Kom ons gaan slaap,” sê hy skielik.

(Word vervolg…)

Advertisements

20 Responses so far »

  1. 2

    boendoe said,

    NEE! Hoofstuk 2 eers teen KERSFEES???? Ek sal dit nie hou nie!

    (Maar ek verstaan nou hoekom arme Emil so sukkel met sy rug…) :mrgreen:

  2. 4

    RB said,

    BAIE GOED, maar ai, Emil, nou wat nou, tik man tik, ons wag in spanning!!!!!!!!!!!!!

  3. 5

    Sonkind said,

    Cool!!! Toe nou, julle sal moet skryf. ‘n Hoofstuk ‘n week. Roer julle 😆

  4. 6

    Koekie said,

    Howzit Dellie?

    Ek’s baie impressed. Julle tweetjies skryf oulik saam. Very nice. 😉

    Ek wonder nou net of ou Tertius sy lippe om daai borste gaan kry voor die ouens daar aankom……whaha. Hy lyk vir my bietjie bang, hie-hie!

    Kan nie wag vir hoofstuk 2 nie.

  5. 7

    Alta said,

    Bravo!!Bravo!!! Kan nie wag nie.

  6. 8

    BB said,

    Teen kersfees kan Lynette darem seker hopelik sê: “VANAAND’s die aand!!!!”?? 😳

  7. 12

    Emil said,

    Damn, ek het skrywersblok!

  8. 16

    Pikkelik said,

    Kom ons gaan slaap???? Huh???? 😯 Jittetjie tog dis langnaweek…. en ek werk nie maandag nie… die suspence gaan my onderkry… ek sê julle, dis nag vir my…

  9. 17

    demoerin said,

    Sal vir Emil moet Salusa 42 aanstuur! Ek kan nie weer so lank wag nie!
    “Kom ons gaan slaap” – Uitstekende einde vir hoofstuk 1, suspense is going to kill me!

  10. 18

    Weglekind said,

    Ag nee man net toe dit nou lekker raak toe gaan slaap die lot. 😦 Kom aan julle twee laat julle skryf. Ons wag nie vir Christmas nie hoor.

  11. 19

    Jis, ek laaik hierdie tandem skrywery….. Ek kan sien waar Emil geskryf het op sekere dele… Tipies mansmens! Ek sien die mans luuuuuvvvve dit om boobs deel te maak van hulle stories. 😉

  12. 20

    Jis, ek laaik hierdie tandem skrywery….. Ek kan sien waar Emil geskryf het op sekere dele… Tipies mansmens! Ek sien die mans luuuuuvvvve dit om boobs deel te maak van hulle stories. 😉


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: