Jy weet jy is verslaaf aan Farm Town wanneer…

… jy jou wekker stel om half ses op ‘n Sondag oggend te gaan oes….

… jy skielik allerhande mooi bome langs die pad raaksien oppad kaffee toe en wonner wanneer jy dit op jou plaas sal kan gebruik….

… jy jou etes so beplan dat dit nie saamval met oestyd nie…

… jy ontsteld is as jy op ‘n Sondagaand gaan kuier, en jou oes vrot…

… jou studente al begin vra “hoe gaan dit op die plaas?” …

… jy selnommers met jou bure ruil sodat hulle jou kan sms as jou oes gereed is….

Hahahaha! Kom, waar is al my bure? Wat kan julle nog bylas?

Kyk, dit het nou ‘n baie erge verslawing geword. Soggens word daar op iemand se plaas bymekaar gekom, koffie gedrink en eers bietjie gesels oor die dag wat voorlê. Dis soos ‘n chatroom.

Dan stuur jy gou vir elkeen van jou bure ‘n gift – enigiets van ‘n boom tot ‘n perd of ‘n hasie. Jy betaal nie daarvoor nie en jy kan een gift per dag stuur. En jy kyk natuurlik na al die gifts wat jy gekry het – besluit of jy dit wil gebruik of verkoop. Ek het al redelik hoenders, varke, koeie en skape. En ‘n paar perde, honde, ‘n haas en ‘n kat. Hulle vreet gelukkig nie jou oes op nie, dit lyk net so. Maar vir veiligheid het ek hulle op hok – anders lyk dit anyway of daar malkoei-siekte op my plaas is soos wat die koeie rondhol.

Deur die dag kan jy af en toe na jou bure se plase gaan omsien – hark, natlei, sulke goed. En dan verdien jy ‘n paar coins en kry bietjie ondervinding by. Mens kuier ook sommer vir die lekker daar. Ek is sterk oppad om die compulsive visitor award te wen … amper 300 visits! Dis al award wat ek nog kort, btw – laaankal al die ene gekry vir compulsive shopper!

Die idee is natuurlik om so te plant en ploeg sodat jy genoeg coins bymekaar kan kry om van die duurder saadjies te plant, heinings en paadjies te koop, en jou plasie groter te maak. Daar is huise en skure ook, maar die goed is vrek duur. Vir nou slaap ek maar onder die tafel.

Jy oes natuurlik nie self nie, maar gaan kry ‘n pel om dit te doen. So verdien hy ietsie, en jy kry 25% meer vir jou oes in die marketplace. As jou bure nie by die huis is nie, gaan hire jy ‘n vreemdeling in die marketplace. Ek het sowaar nog ‘n Vrystaat girl daar raageloop, maar oor die algemeen is daar nie veel Suid-Afrikaners nie. Ek het agtergekom dit help as jy noem jy is van SA wanneer jy self daar ‘n joppie gaan soek – hulle dink SA-ners is nogals oulik!

Party plase is al baie groot. Ek het vanmore weer kool ge-oes dat dit voel of my vinger in ‘n spasma gaan. En baie lekker coins verdien. Ek kan nou my plasie vir die tweede keer upgrade – en dan natuurlik meer spasie hê vir plant. En dan begin die groot geskuiwery om alles weer goed te laat lyk.

Farm Town 2

Man, ek boer lekker! En nou moet my waatlemoene ge-oes word. RB? Neykie? Wie gaan kom oes?😆

31 Responses so far »

  1. 1

    Alta said,

    Dellie! Hierdie buurvrou groei hoor. Ek antwoord nie eers die flippen foon as ek moet oes nie. Almal moet maar wag ek meen, die plaas kom eerste. Ek het nou vir hubby ook in daar. Ek is verslaaf aan farm town maar regtig, ek het nie hulp nodig nie. 😆

  2. 3

    My aarde wat vertel jy vir my, Boerin?
    Ek stuur vir jou more ‘n vet koei, man sy is gesond haar spene hang laag en pien oppie grondpad.

  3. 4

    boendoe said,

    Ek weet nog steeds nie hoe en waar om te begin boer nie…?? 🙄

  4. 7

    Boendoe: moet net nie ‘n plaas in zimbabwe koop nie, al is dit goedkoop….

  5. 8

    word ryk op boereplaas, o boereplaas

  6. 9

    Dellie said,

    Cool Rosa! Ek het geweet daar moet erens “cheats” wees!😆

  7. 10

    RB said,

    Kyk my werk meng nou drasties in met my boerdery. Ek probeer net so 3 x keer op ‘n dag ingaan, maar as ek my kry is ek klaar weer met ietsie besig.

    • 11

      Dellie said,

      Ek het myself belowe ek gaan net 2 keer upgrade … maar nou lyk my plasie al klaar weer te klein.😳 En ek wil so graag ‘n huisie koop… en ‘n pond en ‘n skuur en ….

  8. 12

    Parkie said,

    Wie van julle het al met julle laptops gaan slaap, net sodat dit makliker is om 2uur in die nag te oes???

  9. 15

    Pikkelik said,

    🙄 Whahahahaha!!! Nou toe nou!!! Hiehiehiehie…..

  10. 17

    BB said,

    Het jou plaas ‘n naampie, Cupcake?? Ek meen, elke self-respecting boereplaas het tog ‘n naam?! En kan mens gaan kuier oppie plaas sonder om self te boer?

    • 18

      Dellie said,

      BB, ja – dis Dellie’s Farm.:mrgreen: Ek kan dit verander as jy ‘n oorspronkliker idee het…

      Ek weet nie of jy kan kom kuier as jy nie saamspeel nie – kyk op my profile by FB – behoort daar ‘n link te wees was iets sê soos “visit farm” en kyk wat gebeur? As ek nie op die plaas is nie, kan jy ‘n briefie los. Uhm, ek moet so af en toe ander werk ook doen.😳

      • 19

        BB said,

        Nee jong, Dellie’s is cool – ‘n deli is afterall nie sommer enige hierjy kêffie (of plot) oppie streetcorner nie…😉

  11. 20

    Pagoda32 said,

    Sorry! Wil nie noodwendig spam nie! Kom loer in by Die Werf. Ons eerste verjaardag is op pad en ons het ‘n lekker kompetisie aan die gang gesit waar enigiemand kan inskryf! Brein skenk iets massief as die eerste prys!!!

  12. 22

    007meisie said,

    O my aarde Dellie! Wat mis ek dan nou uit?
    Ek sweer eks besig om oud te raak!😦

    Wie se waar se wat se hoekom?
    Why hoor ek nou eers van die game?

  13. 23

    Zee said,

    Ai toggie, ek het gisteraand gaan soek na die plasies… maar ek is te stupid vir FB om daar uit te kom….

    Enige raad hoe ek kan gaan kyk wat op julle plasies aangaan?

  14. 25

    Jy som hierdie verslawing so mooi op! LOL @ Sondag kaskenades! Elke diertjie het sy plesiertjie!!

  15. 26

    neykie said,

    Dis die lekkerste nog….. ek moet more oes as jy wil dellie.

    Lekker naweek verder

  16. 27

    Sproetjies said,

    Dellie dit was lekker om jou by die mark raak te loop en ek dink ek het toe agterna vir die einste Jess gaan oes.

  17. 28

    007meisie said,

    Eks te arm om te boer…..😉
    elke keer asek terugkom op my plasie dan is al my oeste lankal past hul kindkry tyd!

  18. 29

    Pagoda32 said,

    Kan jy my invite op facebook Dellie? Ek wil ook boer!

  19. 30

    Zee said,

    Ek dink my plasie het al verdroog😦

  20. 31

    Gillian said,

    bwahahahhaaaaaaaaaaaa!! ek dog eks al een! ek lief my plasie!! en net vanogg, teken ek aan op fb, en *gggguuuuuuuuuuuuuuulllllllllllllllllllllllllllllllllllllllllllllllllllllll* Farm Town is weg!!! weg se ek jou!!! my lewe is oor tot Farm Town nie terug is nie!


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: