‘n Slak

Ja – dit was ‘n naby-skoot van ‘n slak se dop. Julle het sommer vinnig reggeraai, maar Betsie het natuurlik gesorg dat almal hulle kreatiwiteit gebruik tot op die uiterste – en die raaiskote was weereens hilarious!😆

Veldmuis se toonnael

Alien eier voor uitbroeiing….

suid-siberiese dwerg nimf se oorbel!

n Ding met n stingel

FANTA met stukkies melk !!!!

coke of bier wat in ‘n glas ingegooi word en die gelerigheid is die skuim wat begin vorm

dis jaegermeister kots.

n vrot panty

Ons het sulke borde by Jet Stores gekoop

dit is daai foreign koffie van wimpy !

‘n oranjerige bruinerige spikkel eier wat halfprys gemerk is by SPAR!

Dit is ‘n baie ou boesman ousie se nipple.

Whahahahahaa! Dis net ‘n paar van die snaakstes gister. As jy rooflees, behoort dit jou lus genoeg te maak om al die comments te gaan lees. Flippen funny!😆

En Brein se scroll vinger is toe nie so uit oefening uit soos wat hy gedink het nie … :lol:  Sy mind was anyway op ‘n heeeeel anner plek – toe word dit lekker vir hom!

Hier is die onvergrote weergawe:


wdf issit 7 antwoord

En die vergrote een:

wdf issit 7a

Ouens, ek het bietjie input nodig van julle af. Sal julle my dinge ‘n gereelde, lekker kuierplek wil maak? En nie heeltyd net van my kak hoor nie? As julle so voel, kan ons kyk wat ons kan doen. Stuur vir my JULLE foto’s om mee te raai, en as jy dalk ietsie spesiaals of stupids wil sê – stuur dit, en ek plaas dit. Dis vir my sooo lekker om julle almal hier te hê – ek sal julle baie graag wil deel maak van die posts ook.

Gee vir my idees hieroor? Wat wil julle hê?

Net een MAAR – ek gaan nie my eie domein kry nie – dit kos geld,  en ek het dit nie om uit te gee op hierdie stadium nie. Hierdie blog is nog verniet tot dusver, en ek beplan om dit so te hou vir so lank as moontlik.

En ‘n laaste gedagte – ek gaan nie reëls maak nie. Ek het nog nooit comments delete nie. Praat soos jy wil. Ons is almal grootmense met darem so ‘n bietjie basiese opvoeding en common sense …  (al is ons dalk kommin :lol:  ) – mens kan mos voel in jou binneste of jy moet stilbly of skree. Vertrou jou instink, maar lees jou comment net weer voor jy submit – woorde kan soms heel verkeerd verstaan word en baie seermaak… Dit beteken natuurlik nie dat ons nie van mekaar mag verskil nie, né? Maar ek ken die meeste van julle nou ook al vir ‘n wyle en ek glo ons kan dit oplos sonder om jou ouma onder haar rok in te vloek? Ek kry alreeds genoeg snaakse soekterme wat na bosmossels en  iemand se ma se watookal en sulke goed verwys …😆 Kom ons probeer nie add nie! Netnou notify WordPress my dalk dat ek ‘n ouderdomsbeperking op my blog moet sit.:mrgreen:

Wel, gaan sit nou maar so bietjie in Chopper se kroeg … en kom gooi dan die gedagtes.

E-mail jou goete na homedotwelkomatgmaildotcom😉

O genade!😯 Amper vergeet ek die score-board…😳

Ek begin by Woensdag as die amptelike eerste ene – die foto’s voor dit was net opwarmingsoefeninge … (LEES –  dis te veel werk om nou op te vang … )

wdf issit score board 1

En Sharpshoot – ek het toe gaan seker maak by die avo  se antwoorde en die naaste wat jy aan  reg was, was hierdie: “AvogroenMalvapoedingHaargelCupcake”😆 So ek skat jy verdien ‘n punt vir avo en groen!:mrgreen:

As ek iemand gemis het – laat weet in HOOFLETTERS – Ja, gil maar op my – soms kyk ek maar ook helemal mis.😉

Sien julle 11 uur vir die volgende foto! Dit gaan ‘n lekker ene wees…

21 Responses so far »

  1. 1

    Plein said,

    Nou wanneer kry ons die volgende prentjie, want ek wou nog altyd celeb wees, so ek moet nou ernstig oefen dat ek kan opvang

  2. 7

    Sharpshoot said,

    Whoohoo!
    GO GO GO GO GO DELSCH!

  3. 8

    Plein said,

    Ek loooooovvvvve die, ek is verseker nou ‘n verslaafde hier

  4. 9

    Me said,

    Fokkit, ek is soooooooo ver verkeerd!

    Dellie, geniet die naweek!

  5. 11

    savanha said,

    Ai toggie, ek was nie een keer reg nie!

  6. 14

    parkes1 said,

    Ai darem 2 punte vir my

  7. 15

    Blondie said,

    Kom kyk kort-kort wat se comments is daar. My baas gaan my nog fire, maar dit is hilarious. Dankie Dellie. Geniet dit baie. Bets vat die koek met haar segoed!!!!!
    Lekker naweek aan almal

  8. 17

    savanha said,

    😳 Ek sal nooit weer add nie.

  9. 21

    demoerin said,

    Kannie wag nie….. dit is sooooo lekker om ‘n celeb op my eie mishoop te wees.😆


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: