My swak hart …

Die meeste van julle weet dat my seun verlede jaar in Amerika gewerk het op ‘n rondreisende karnaval. Jip, hy was ‘n “Carnie”. Toe hy terugkom, was die stories oor al die lekker en sleg en so aan. Noudat hy al amper ‘n jaar terug is by die huis, wys hy ons hierdie video op Youtube … dit is die ride waarop hy gewerk het …


Het julle die outjie met die rooi hemp opgemerk daar waar die “cage” geland het? TUSSEN die ouens wat vasgestrap is??? Wat ewe kalm die hoed op sy kop sit en die seats begin oopmaak?? DIT IS MY SEUN ! ! !  MY FLIPPEN KIND ! ! ! :shock:  Kyk weer as jy nie gesien het nie!

Liefie het sowaar nog bleker geword toe hy dit vir ons die tweede keer wys … en ek het redelik vlak asem gehaal, maar danksy ‘n dubbel OBS, kon ek myself darem beheer.

Baie kalm en rustig het hy vir ons verduidelik dat daar nie rerig ‘n kans was vir hom om seer te kry nie, alles loop op ‘n spoor en daar is nie ‘n manier waarop iemand bo-op hom tot stilstand kan kom nie. AS hy in die regte spot staan, bygesê. 😯 Ek eis nogsteeds ….en sluk nog ‘n dubbel.

En die eintlike ding was dit: wanneer die ou op die seat na die ride daar onder land, is die laaste ding wat hy verwag om iemand langs hom te sien staan – helemal in ‘n flatspin en uitgefreak (MEER as wat die ride kon doen!)  – tot groot vermaak van die adrenalien junkies. Soos my kind.:mrgreen:

My liefste kind – met MY as ‘n ma, is ek net dankbaar jy is nog oraait tot dusver. En dankie tog dat jy dit nou eers vir ons wys … en dankie tog jy is nog MET ons. Ek wil jou net ‘n klein ou dingetjie vra – kan jy nie iets anders kry vir ‘n fix nie? My hart gaan dit nie hou nie ….😆

11 Responses so far »

  1. 1

    boendoe said,

    😆 @ ou Moederhart! Hulle engeltjies word gelukkig saam met hul groter en sterker. (Se rustige ek wie se seuntjies vanaand nog albei in hul eie bedjies slaap) 😉

  2. 2

    BB said,

    Plato het nie verniet gesê: “Of all the animals, the boy is the most unmanageable.”:mrgreen:
    So bly jy’t darem die video survive!!😆 (hoeveel keer hét jy dit nou al gekyk???) Hahaha!!

  3. 3

    Sharpshoot said,

    Tungsten Balls I tell you!

  4. 4

    demoerin said,

    Ek sal sit in die sirkeltjie. /steek my hand op/. Ek is demoerin en ek is ‘n adrenalien junkie….OOOOOOO, daai rush. heeeehaaaaa

  5. 8

    demoerin said,

    Ek is seker daarvan dit is al oor 8…😉

  6. 10

    Weglekind said,

    Ag Dellie my mens jou arme hart. Gee die kind ‘n klap teen die kop dat hy sense kry!!! Maar dan weer kan ek ook nou se ek ken iemand op youtube…. OK OK ek ken sy ma…….

  7. 11

    Jade22 said,

    Ek dink dit is wonderlik dat kinders vandag so groot keuse het in dit wat hulle wil doen. Dellie en al wil jou hart uit jou keel spring, glo ek daar is veiligheids vereistes om aan te voldoen. Ek dink dis minder gevaarlk vir hom onder op moeder aarde as vir die wat op die rede gaan. Maar sterkte, na nog ‘n bottel en half OBS gaan jy saam om hom te help! hehehe


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: