Sprinkaan

Whoo-hoo! Vanmore is ek heel betyds! Lyk my ek het Murphy toe lekker hard gemoer gister. Hoop hy bly nou weg vir ‘n wyle.

Die mense en diere van Suid-Siberië het weer erg gefeature gister. Demoerin se disleksie het ook ingeskop met woorde soos ke, afkomstif, mons, strage en eaai. MENSA!😆

George en sy boetie Louis (die hofnar van Suid-Siberië) het ons ook vereer met ‘n visit. En daar is ‘n wonderlike nuwe woord vir jockstrap uitgevind – knatervlos! Whahahaha! Ek is seker die prentjie in julle minds is net so snaaks soos die ene in myne!

E101 se clue was eintlik briljant:

Die naam is sinomiem met voorwerpe wat jy gebruik om sekere liggaamsdele te beskerm as jy rond beweeg … (manlike geslag verkieslik)

Dit was so briljant dat hy my moes e-mail om dit te explain … dis bleddie Grasshoppers – skoene Beeps! Beskerm die voete teen die dorings, en as girls rerig wil, kan hulle dit ook dra. (Nie hierdie jaar vir my nie, dankie! lol!) Maar daai clue het almal se minds weer gutters toe gevat – naaldekoker, verkleurmannetjie …. hooded dragon … eintlik baie creative – hehehe!

En toe kom kuier Emil ook sowaar – maar hy het homself in ‘n ander bloedgroep ingeskrik en dadelik weer gewyk na sy comment:

“Ek merk ‘n hele paar sielkundige afwykings uit die kommentaar. Rorschach se ink kolle is nie ‘n patch op hierdie ondersoek nie.”

Ek vermoed hy het dalk gaan soek na ‘n gestig wat groot genoeg is vir ons almal, en Plein se kaskar, (ek hoop nettie dis in Suid-Siberië nie, want die mense daar is blykbaar vreeeeslik lelik – om van die ongediertes wat daar rondsluip nie eers te praat nie!) of die hele ondervinding was net te veel vir hom. Shame, ek hoop jy is OK, Emil! Ons willie verantwoodelik wees vir jou  emosionele trauma of nagmerries nie. Berei jouself maar volgende keer  deeglik voor, voor  jy die comments lees. 😆

Anyway,  hier is dit dan:

Vergroot:

wdf issit 16

Onvergroot:

wdf issit antwoord 16

En die punte:

wdf issit score board 10

Sharpshoot het eerste reg geraai, en verdien sy bonuspunt. Welgedaan meneer. E101 kry natuurlik ook ene omdat dit sy foto was. Thanx E101!

Demoerin is nogsteeds voor – julle sal nou plan moet maak! Iemand het gister gewonner hoekom DMI se punte bold is – dis maar net omdat hy voorloop. 😉 Daar IS afterall Internet Celeb Status op die spel.

O ja! Amper vergeet ek …

VRYWARING :

HIERDIE BLOG NEEM GEEN VERANTWOORDELIKHEID VIR DIE FEIT DAT JOU WERK AGTER RAAK NIE – DIS HOOGTYD DAT JY LEER OM TE MULTI-TASK …  EN JY GAAN TOG ANYWAY NOGSTEEDS SAAMSPEEL😆

Thanx julle ouens – wat begin het as ‘n foto van Chopper wat vir my amazing was, het omgesit in iets wat pret is – elke dag. Ek het dit rerig nooit voorsien nie. En ek wil darem net so effentjies “spog” … so stil-stil het ons 100 000 hits oorgesteek (hier somewhere op die regterkant is ‘n hit counter) – nie dat stats rerig vir my saakmaak nie, (en vir 2 jaar issit seker ook nie so baie nie) maar ai, ek kan nie stry nie – dis flippen lekker om te sien julle geniet dit om hier te kuier. Dankie.😉

45 Responses so far »

  1. 1

    betsieboop said,

    ek word sommer bewoë — ja ja ek weet ek weet BULLsheeet —

    maar Delsch — dit is opreg as ek dankie sê !!!

  2. 2

    E101 said,

    ek dink ek benodig erenstige multitask klasse

    • 3

      betsieboop said,

      is EASY E101 !! tab-hopping is my middel naam !

      daar is iemand wat klasse aanbied in Suid-Siberia : Tab Hopping en ander internet bedrywe — maar die waglys is bietjie lank

      sê maar as ek ‘n goeie woordjie moet indoen vir jou!

  3. 4

    Plein said,

    Dankie Dellie, het nog nooit soveel geniet om te PROBEER multitask nie. JY IS DIE OULIKSTE. Vriendin hier langs my help darem vreeslik om my te herinner wat ek nog nie geraai het nie. Hehehe. Dink sy moet ook begin saamspeel.

    Oh en Suz as jy hier is vandag. HAPPY BIRTHDAY!!!!!

  4. 5

    betsieboop said,

    iemand het nie dalk ‘n boontjiesop resep wat ek ook kan verstaan nie?

    MOERSKE challenge daardie — maar ek is seker IEMAND in die wye cyber wêreld kan my help

    ever since daardie prentjie met die lekker boontjiesop en brood nou die dag hier op was lus ek boontjie sop!:mrgreen:

  5. 6

    betsieboop said,

    Happy Happy Suz !!!

    hoop jy het ‘n dag vol takiela, boontjiesop en ‘n lekker geskenk of 300 !

  6. 7

    savanha said,

    Môre, môre, Baie, baie dankie ook van my kant af Dellie! Julle almal het veroorsaak dat ek nou ook blog, wat ek nooit gedink het my belangstelling sal wees nie!!! Dankie!

  7. 8

    Dellie said,

    Geluk met jou verjaarsdag Suz! Hoop jy kry ‘n kansie om in te loer vandag. Mag jou dag en jaar stunning wees … as ek dit nie mis het nie, is dit mos ‘n belangrike ene vandag. Gaan groot vriendin!😉

  8. 12

    Sharpshoot said,

    Sup sup sup!

    Happy happy SuzieQ – mag dit een seer befokte dag wees! (no pun intended!)

    Sup julle ander Delschies…… en natuurlik goeie môre my Lam….. ek verneem ek was skuins gister…en die is my apologie.😳

  9. 13

    savanha said,

    Happy Birthday Suz! hoop jou dag is wonderlik!!

  10. 14

    kadoes said,

    Sien nou eers Sharpie het my voorgespring met die springkaan – moer.

    Bets- ek het ‘n vreeslike maklike boontjiesop resep vir jou. 2 Blikke boontjiesop met twee koppies water, verhit tot kookpunt, prut vir 15 minute en siedaar.

    Werk soos ‘n atoombom.

    • 15

      betsieboop said,

      flip FANKS Kadoes !!!

      ek copy en print gou die resep! ooooooooooo lekker !!! Bets gaan tog boontjiesop maak vanaand !!!!

  11. 16

    kadoes said,

    Van sop gepraat – vanaand is sopaand by my huis. Luigat sop – by woolies 1 pak butternut sopgroente, 1 pak minestrone sopgroente, twee blikke tamatieroomsop, 1 beesskenkel. In die stoompot vir ‘n halfuur. Heerlik saam met woolies se saadjiebrood. MMMMMMhhhhh nou’s ek al lus. En as ek die sop dikker wil hê, skep ek paar lepelsvol uit in die twister, twist en gooi terug en prut deur.

    • 17

      betsieboop said,

      en daar is Bets nou effens gebol … ek het nie van woolies hier nie … maar ek copy en print die ook. ek ken mense wat karre het wat kan ry tot by sulke grênd winkels

  12. 18

    parkes1 said,

    Goeie More almal, nou ja ek het glad nie eers aan voete gedink nie.

  13. 19

    parkes1 said,

    Maar darem het ek sprinkaan geraai jippiie

  14. 20

    parkes1 said,

    Betsie ertjiesop net soooo lekker en maklik om te maak.

  15. 22

    Dellie said,

    Terwyl ons nou op die sop is – ek onthou my skoonsus se pa (‘n Duitser) het altyd so ‘n pienk boontjiesop gemaak. Daar was russians en skaapvleis in, en allerhande bone. Ek het altyd asyn ook oorgegooi in my bakkie. En dan natuurlik ‘n lekker vars broodjie saam met dit. Makie saak hoe ek try nie, ek kannie daai sop se smaak dieselfde kry as wat ek onthou nie. Water my mond darem nou.

    • 23

      betsieboop said,

      PIENK boontjiesop Dellie??? Dame …. al PIENK boontjiesop wat ek ken is daardie in my yskas en dit moet mens eerder nie eet nie

      sien — myne word opgekoop deur die irakse regering. iets van kernkrag of bomme of mass destruction of so iets. ek het nie lekker gehoor nie maar die geld was goed

  16. 26

    parkes1 said,

    Groentesop is darem die lekkerste

  17. 27

    parkes1 said,

    Maar ek gaan Kadoes se sop hierbo probeer die naweek

  18. 28

    demoerin said,

    Enige sop behalwe boontjiesop is lekker…. veral hierdie tyd van die jaar. Groente bly maar die beste!

  19. 29

    parkes1 said,

    Betsie jy koop daai pakkies groen eetjies by Pick n Pay kyk sommige hoef jy nie te week nie, dit sal op pakkie staan anders week oornag, Braai maalvleis in pot met eie, voeg by ertjies sout en peper, rasper so 2 -3 wortels en aartappels in en kook ek kook dit so 2-3 ure dan voeg jy spagette stukkies by kook tot sag en dien op.

  20. 31

    demoerin said,

    Ek glo nie enige gestig gaan ons almal wil hê nie.

  21. 35

    parkes1 said,

    Party mense mag dalk ander vleis gebruik maar die maalvleis is lekker

  22. 38

    parkes1 said,

    Ons is te slim vir enige gestig hie hie hie!!!!

  23. 40

    betsieboop said,

    ons steek net ‘n paar tyres brand — bou ‘n laar (?) — skink takiela — maak ‘n paar posters — grease ‘n paar palms en saak is blou

    wil ook sien waar iemand te vinde is wat knêns genoeg is om ons in te neem

    de laaste van ons sal seker in formalien gesit word vir navorsing …. met emil aan die voorpunt met sy flash cards:mrgreen:

    kry ek nou ‘n BLINK gedagte !!

    EMIL — how ’bout jy stuur vir Delsch ‘n flash card en ons vermaak jou met ons raaiskote? ons kan heel oulik en slim wees ook hoor

  24. 45

    Suz said,

    Julle alma baie baie dankie vir die verjaarsdag wense.


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: