Go Bokke!

En daar verloor die Bulle toe teen die Sharks … ai tog, my harkie was seer! 😦 Gelukkig het die Bokke opgemaak daarvoor, want my lewer sou rerig nie nog ‘n teleurstelling sou kon hanteer nie.

Buiten dit was die naweek rustig en koud. WordPress het ook besluit dat ons voortaan in Afrikaans kan blog – en dit beteken ons Dashboard – uhm, ekskuus – Instrumentpaneel het ‘n hele paar nuwe Afrikaanse funksies wat my nogal laat smile. Soos Piekiekiekie – vir die wat nie weet nie – dis nou ‘n Thumbnail picture! 😆

Laat my dink aan die girl wat vir ons kom kuier het in die Kroeg van Australië af … sy wou eers weet watse snaakse taal praat ons, en toe of ons “Australian” kan praat. Toe ons in Ingels antwoord, was sy heel uit die veld geslaan … en sooo excited! Kort-kort sê sy: “WOW! I can’t believe I’m actually talking to AFRICANS!”

Ek sweer sy het gedink ons is almal swart. Toe ek haar vra of sy nou rerig dink ons bly almal inni bosse, is haar antwoord nogal ja! Natuurlik kon ons toe nie nalaat om met haar te spot nie – toe vind ons uit dat sy maar net 12 is. Nogsteeds verstom dit my dat haar uitkyk op Suid Afrika so eng is!

Anyway, ek het uiteindelik die punte op datum:

wdf issit scoreboard 27-07-09

En hier is vandag se foto met komplimente van BB. Was nie rerig bedoel vir WDF issit nie – ma toe ek dit sien, toe dink ek dit behoort lekker met julle koppe te smokkel :

wdf issit 50

Lekker Maandag – en dans lekker as jy saam staak erens. Ten minste behoort jy nie koud te kry nie. 😆

Advertisements

34 Responses so far »

  1. 1

    Sharpshoot said,

    Ek vat ‘n raai – ‘n ejakulerende Salami?!

  2. 4

    Plein said,

    Tolletjie brei dingetjie

  3. 5

    Plein said,

    Spagetti maker ding

  4. 6

    kadoes said,

    ‘n Gerookte penvark ?

  5. 7

    BB said,

    Is ok al manier waarop ek ‘n paar punte gaan maak in hierdie race to celeb status!! :mrgreen:

  6. 9

    parkes1 said,

    rooiworsie met spagetti (wat deur die spagetti gesteek is)

  7. 10

    parkes1 said,

    Sjoe ek praat deurmekaar
    Die spagetti word deur die worsie gedruk

  8. 11

    parkes1 said,

    Comments hierbo is so deurmekaar soos ek vandag, voel siekerig vandag kan nie dink nie

  9. 12

    Chopper said,

    ‘n Vienna waarin stokkies of iets gedruk is.

  10. 13

    parkes1 said,

    spagetti deur vienna gedruk (kiddies meal)

  11. 14

    betsieboop said,

    s n o t !!!

  12. 15

    betsieboop said,

    een plenty siek stukkie iets

  13. 17

    Plein said,

    Haarborsel of lyfborsel (wtf is dit??? Plein 2 se raai)

  14. 18

    smurf said,

    Naelborseltjie

  15. 19

    smurf said,

    haarborsel, een of ander borsel??

    net so vinnige tip asb. so klein enetjie??

  16. 20

    E101 said,

    salami……….. maar naelborsel sal ook werk

  17. 21

    Koekie said,

    Middag,

    Dis ‘n stukkie vienna met stukkies spaghetti in.

    uhm…. Skiestog Dellie, ek wil ietsie vra. Ek het een van Sharpie se fotos reg. Pomelo – en ek dink ek het dit eerste gesê (by die post waar die “keybord” op was). *bloos*

    Ola Betsie!!! Kom drink ‘n dop man. 🙂

    • 22

      Dellie said,

      Koekie – Hitler (aka Sharpie) het Vrydag besluit dat net die laaste antwoorde tel … ek het ook uitgelose … :mrgreen:

      • 23

        Koekie said,

        Eish!

        Sharpie – hoekom kan die eerste “pomelo” foto nie tel nie? Nee, nee dit werk nie so nie… En ons wat Vrydag nog wou raai? Die algemene reel is dat daar nog tot 4uur geraai kan word op Vrydae.

        Jy maak nie mooi nie, ek gaan vir Plein op jou sit!

  18. 24

    E101 said,

    Dalk ‘n deel van ‘n tandeborsel

  19. 25

    Twattie Se Maaikie said,

    Salami gegeurde tandeborsel

  20. 26

    demoerin said,

    O vrek
    Amper vergeet e. So besig om die trip Upington toe te reël 😆

  21. 27

    demoerin said,

    Nee fok. Ek weetie.
    Hopelik kan ons more ok nog raai.
    Daai Bulle het my brein sommer deurmekaar.

  22. 28

    demoerin said,

    Eetbare Fibre Optic Kabel

  23. 29

    demoerin said,

    😆 Ek wonder hoe kry jy spaghetti deur die worsie/russian/salami.
    Dit kan tog werk, druk die rou spaghetti daardeur en maak dan gaan. Ai toggie ek is so slim virre maandag.

  24. 30

    Smurf said,

    Demoerin

    Jy kan reg wees met een of ander kabel! sommige kabels het mos baie drade binne hulle? dan is my ander raai ook ‘n moontlik ‘n Fibre optical kabel.

  25. 31

    Savanha said,

    Vienna met Spagettie

  26. 32

    kadoes said,

    Kabel met optic fibres.

  27. 34

    Twattie Se Maaikie said,

    Stortkop


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: