I R BACK

Eerste goed eerste – baie geluk weereens aan Demoerin wat vir die tweede keer die wenner is van Internet Celeb Status! Moet ons nou al v jou ‘n fan club stig? T-shirts laat print? Koffiebekers met jou gatsiggie en verblindende smile op? 😆

wdf issit scoreboard 03-08-09

OK – nou bietjie anner dinge.

Die afgelope tyd was my muse met vakansie. Ek was net eenvoudig nie lus vir blog nie. Nie persoonlike goed nie, anyway. En ook nie te ernstige besprekings nie.

Intussen het ons hope pret gehad met die wdf issit foto’s. Maar ek begin my normale inskrywings nou so effens mis – ja, daai vervelige klomp tjol oor wat aangaan in my lewe en goed wat vir my saakmaak. :mrgreen:  Afterall het ek begin blog as ‘n vorm van terapie – om dinge vir myself op “papier” te sit, uit te sort, rekord te hou, ander mense te probeer verstaan – en vir pret!

Dit beteken nie ons gaan ophou raai oor foto’s nie – dit is hopeloos te veel fun om op te gee. Julle ouens het my laat hardop lag op dae wat ek gedink het ek noooit sou oorleef nie … (thanx – julle het nie eers geweet wat dit vir my beteken het  nie) en DIT is een addiction wat ek nie gaan opgee nie – om te lag.

Van nou af sal ek julle miskien net so af en toe verveel met effens van ‘n opinie of ‘n inskrywing saam met die foto raaiery. En ek sal dit waardeer om julle insette oor dit ook te kry. 😉

Vandag wil ek so ietsie oor die wie-weet-waar van my bors af kry.

Jinne, ek kan nie rerig onthou nie, (en ek’s hopelooos te lui om nou te gaan soek) maar ek dink dit was so in Julie 2007 wat ek begin  blog het by Blogspot. In Oktober 2007 het ek toe oorgeskuif WordPress toe.  Dit voel soos ‘n leeftyd gelede, want intussen het ek soveel verskillende mense en karakters leer ken. Die meeste goed, maar ook ‘n paar wat ek eerder nie sou wou ken nie.

Sommiges van ons kom al meer as 2 jaar saam –  van SSSB se dae af. Wel, dis darem een goeie ding wat daar gebeur het – ons het “afgestig” en ons eie blogs begin. En daarmee saam seker ook ‘n virtuele gemeenskap of wat waar die mense wat nie blogs begin het nie, ingeskakel het en verder saam gesels het. Dink maar aan die Slakke, die Parra’s, daai anner ouens inni BosKroegvlieë

Die klomp Komminers wat ek die afgelope maande leer ken het, het diep in my hart gekruip. Ons kuier te lekker in die Kroeg en ken mekaar nou al redelik goed, reken ek. In ‘n chatroom is die gesprekke soms net meer “real” en persoonlik?

Dit gebeur ook dat sommige mense wat ek gedink het ek “ken” , my effens ontnugter – uitdraai as nie naastenby die mense wat ek gedink het ek mee te doen het nie. Aan die ander kant, ons het seker maar elkeen ‘n “donker” kant ook. In die virtuele wêreld is daar in elk geval niks wat jou dwing om te wees wie jy rerig is nie …  Ook my eie fout – ek vertrou en glo te maklik, ek weet. Ek WIL nou maar eenmaal eerste glo dat mense GOED en OPREG en EERLIK is.

Dan’s daar ook mense wat sommer skielik in die niet verdwyn – sonder ‘n verduideliking, sonder ‘n koebaai – verdamp net eenvoudig.  Weird vir my. Veral as mens elke dag oor en weer gekuier nie. Of ten minste gereeld kontak gehad het. Ek sou darem dink ‘n groet sou in orde wees … ek is real, jy weet …

Maar dan is daar ook die vir wie ek kaalvoet oor brandenede kole sal loop sonder om te blik of te bloos  – wel, miskien nou nie kaalvoet nie, en miskien net oor louwarm kole … uhm, julle kry die prentjie :mrgreen:  wonderlike vriendskappe wat al gebou is, en wat absoluut ‘n ligpunt en anker in my lewe is. Mense by wie ek nie ‘n masker hoef te dra nie. Wat my laat dink aan iets wat Wipneus nogal lief is om te sê: The people I love most, live inside my computer … 😆

Wat my bring by die kwessie wat ek wil opper – klieks .

Is “ons” ‘n kliek? 😯  En indien wel, hoekom is ons ‘n kliek? En het ons ‘n naam?

Issit omdat ons oor sommige goed saamstem? Mekaar se geselskap geniet? Mekaar ruimte gee om ander sienings ook te hê? Heerlik oor en weer kan spot? Raadgee? Opbeur? Sommer net luister en saam sug?

Ons ouderdomme wissel van  ___? tot ___?

Waar het ons die meeste in gemeen? Musiek? Politiek? Velkleur? Taal?  Loopbane? Lewensuitkyk? Farm Town? Facebook? Die Kroeg?  Aanvaarding? Nuuskierigheid? Misdaad? Verslawing – rook/alkohol/girls/mans? Humorsin?  Stemme innie kop?

Gebeur dit vanself, of kies mens om deel van ‘n kliek te wees?

En so tussen hakkies – Wie is “ons” ?

………….

OK – whhahaaaa – haal diep asem, jy IS actually oppi regte blog … :mrgreen:

Soms, net soms – wonder ek ook oor hierdie goete! 😆

Nou ja – as jy nou bedaar het en weer normaal voel (nadat jy natuurlik die boonste vrae beantwoord het)

vertel my asseblief tog wdf is hierdie?

wdf issit 52

Advertisements

51 Responses so far »

  1. 1

    boendoe said,

    Hmmm…welkom terug, Delilla. 😉

    Ek dink ons was in ‘n kliek, maar deesdae beweeg ons meer in ons eie rigting. Almal het tog verskillende belangstellings. Wat my aanskakel, doen dit nie noodwendig vir die volgende ou nie.

    Maar, soos jy weet, as die paw paw die fan strike, kom huil ek heel eerste op jou skouertjies! 😆

  2. 2

    Plaasjuppie said,

    Vir ‘n baie kort rukkie in die bloeityd van Afrikaanse blogs was ons dalk ‘n kliek. Maar soos dit met enige iets gaan wat Afrikaanse mense aanpak het ons ook gou weer stry gekry en elkeen het in sy eie rigting in gebliksem.

  3. 5

    Plein said,

    Sjoe wat ‘n lekker wonder post, toe is nie net die foto WTF nie, maar sommer die hele post. Hoe weet jy wat die stemmetjies hier by my sê???

    As ons ‘n click is hou ek van clicks, die “ons” weet ek nie so mooi nie. Die beste vriende wat ek al gemaak het is die klomp wat ek nog nooit eers gesien het nie, maar ons klink gereeld ‘n glasie. Ek se altyd die lewe is net so donker soos wat jy dit inkleur, en wat die blog/chat lekker maak is dat ons almal in ligte kleure inkleur. Soos “menskleur” daardie is nou ‘n ding wat my laat wonder………

    Die foto is ‘n pizza

  4. 6

    kadoes said,

    Ek sal enige blog gesels waar ek nie aangeval word nie – dus daaroor is dit ook lekker hier.

    Soos Delsch sê dis ‘n virtual world maar sjoe kan ek my virtual kassie klim as iemand wat my nie ken nie my probeer aanvat … maar nou ja.

    Dit lyk soos ‘n pizza hierbo – iets soos ‘n tropical topping of dalk bacon and banana topping. Yumyumyum 🙄

  5. 7

    parkes1 said,

    EERSTENS BAIE GELUK DEMOERIN!!!

    VRUGTESLAAI

  6. 10

    Chopper said,

    Dit lyk soos trifle poeding.

  7. 11

    demoerin said,

    Vrugteslaai
    Trifle
    Pizza
    Vrugte tert of iets soortgelyks.

  8. 12

    demoerin said,

    😆 Nou gaan dellie seker ‘n draaibal boul en sê mens kan dit nie eet nie!

    Ek dink die blog en saamkuier ding is somtyds bietjie ontvlugting van die werklikheid, somtyds ‘n klankbord en somtyds sommer net ‘n lekker manier om saam te redeneer en te lag. Wat ookal dit is…. die blogosfeer is cool en hier om te bly! En dan kan mens dit nog in Afrikaans ook doen – HEEEEEHAAAAAA

  9. 14

    Adrie said,

    Daar is baie beslisde klieks, let wel, meer as een.

  10. 15

    Savanha said,

    Vrugteslaai

  11. 16

    Wipneus! said,

    Welkom terug Dellie, ons het dit gemis om te weet wat gaan in jou lewe aan.
    Hmmm ek weet nie wat is hierdie foto nie, maar dit lyk lekker, definitief seker ietsie om te eet 😆

  12. 17

    Savanha said,

    Vrugte tertjie

  13. 18

    Adrie said,

    Ek kan dalk byvoeg dat die klieks gevorm word rondom wanneer ‘n mens begin blog, lewensuitkyk, voorkeure en general soort soek soort. :mrgreen:

  14. 19

    Smurf said,

    Ek het nou die dag so lekker gelag, vir my hondjie wat net met geweld wou uit by die voordeur, die rede, die buurt se honde het aan die blaf gegaan, met ‘n spoed charge hy op die heining af, kan boggerol sien maar blaf kliphard saam! Weet julle wat laat dit my toe dink,? ….dit is presies soos om op ‘n blog te praat, almal blaf en sê sy sê, maar ons ken of sien mekaar nie regtig nie, net soos my hondjie se daaglikse uithol om saam te blaf so blaf ek ook maar op ‘n blog hier en daar. Daar waar niemand, iemand werklik ken nie, en mense nooit ooit oor alles sal saamstem nie, want nie een van ons is dieselfde nie. 🙂

    Dit kan vrugteslaai wees
    Pizza (hawaai tipe )
    Truffel poeding
    Beslis iets met piesang op !

  15. 20

    Amanda said,

    Delsch, ek is beslis deel van ‘n kliek…. ek kliek hier, ek kliek daar, maar bly meeste van die tyd ‘n “under cover agent” (Bwahahaha).

    Bly jy gaan weer bietjie kom skryf, kan nie wag nie want hierdie foto goetertjies wat jy opsit “floor” my meeste van die tyd. Vandag s’n lyk wel soos ‘n vrugteslaatjie want ek sien piesang en kiwi, maar ek kan ook nou weer heelemal van die bus af blik$#&

  16. 21

    Dellie said,

    😆 Dis beslis eetbaar

    • 22

      Sharpshoot said,

      Ok, dan sê ek ook trifle, vrugteslaai, my tor se brein, Demoerin se brein (sodat ons ander ‘n gap kan kry), Muf op Betsie se Hawain Pizza in haar yskas in Suid Siberie. Met liefde.

  17. 23

    Sharpshoot said,

    Vrugte, Blom – so iets.

    Jip, klieks is daar sekerlik – maar nie helemal geslote klieks nie…..; Party hou van Delle se Dinge, en Bosparra maar nie van bv. Frank Botha nie, ander hou weer van Bosparra en Frank Botha, maar nie van Dellie se Dinge nie en dan nog ander hou van Dellie se Dinge en Frank Botha maar net mooi niks van Bosparra nie – so gaan dit maar.

  18. 24

    Smurf said,

    @Adri,
    Jy is reg daar is ontsettend baie klieks, op elke blog kry jy die groep wat oor alles ja en amen, met wat die blog eienaar sê en dan ook sy siening en uitkyk in die lewe deel, dan sal ‘n persoon wat glad nie saamstem of totaal ‘n ander siening het, beslis lelik en soms op ‘n vul slegpraat manier aangeval word deur daardie spesifieke kliek. Dit gebeur meer op die ekstra skinder blogs waar mense erg aangeval en uitmekaar getrek word.. Die gemidelde gesels blogs het nie soveel klieks nie, en is dus rustiger en op die ou einde baie aangenamer.

  19. 29

    boervrou said,

    Vrugteslaai. Welkom terug!

  20. 30

    betsieboop said,

    hola delschie en die res van die ‘kliek’ !!!

    die ‘voordeel’ van blogging is dat jy ‘n anonieme klankbord het wat jy kan gebruik om te ontvlug of om sommer net laf te wees. as ek maar kan sê hoe baie die mense in die blogwêreld my al ‘gedra’ het … onwetend … en DIT is wat blogging vir my nice maak. anonieme mense wat tog omgee vir mekaar….

    die ‘nadeel’ is dat mense jou ‘tag’ met ‘n spesifieke ‘persona’. as jy beweeg buite dit — oh holy hat — dan word jy geraps oor die vingers !!! 😆

    solank jy open minded is en elkeen sy ou plekkie in die blogging world gun is die saak blou met my.

    voel ek dan nou so effens skuldig oor daardie in die niet verdwyn …. maar Delsch — jy mos darem hoekom?

  21. 35

    E101 said,

    pizza (hawain met piesang)

  22. 38

    demoerin said,

    SS – ek het darem baie meer op die brein as pizza, vrugteslaai en trifle.. 😆

  23. 41

    Savanha said,

    Ok dan Pizza ook, weet net nie of ek ‘n vrugteslaai pizza sal eet nie.

  24. 42

    kadoes said,

    Okay ek gee in – vrugteslaai en/of custard en/of jellie.

  25. 43

    Koekie said,

    Middag,

    Ag dis te lekker om weer ‘n post van jou te lees Dellie. Welkom terug! O ja, en baie geluk DMI!!

    Ek is nooit spyt ek het SSSB se blog begin lees nie anders sou ek nooit mense soos jy ontmoet het nie Dellie. Ek is beslis deel van ‘n click – Ek’s ‘n dop(per)…..hahaha!!

    My raaiskote:
    Kaaskoek – (daai met die vrugte op by Pick ‘n Pay)
    Pizza
    Vrugteslaai.

  26. 44

    Phibbie said,

    pizza

  27. 45

    Dellie,

    Ek is baie bly “U R BACK” ek mis die inskrywings en chat op daai manier nogal 😉

    Mense ‘real’ in chat rooms, ek weet nie …..

    Wie is die ons kliek? Soos mense se, daar is baie onse in ‘n pond.

    🙂

  28. 46

    Emil said,

    Jees, nou voel ek werklik ek het iets gemis. Ek het nie eens geweet jy is weg nie!!

    😯
    😮

    Dalk het dit iets te make met die kroeg … of die boerdery! Maar dit was asof jy maar altyd was. Hoe dit okal sy, ek is bly jy bly. Ek kuier graag saam die “usual suspect” en as dit as ‘n kliek beskou word, dan kliek (en kloek) ek onverpoos en onbeskaamd voort – meningsverskille te spyt.

    (Ek sal weer by Donkerbos uitkom – eendag, wanneer ek guts het 😉 )

  29. 47

    Dellie said,

    Sit ek nou en wonner – moet ek nou op elke comment reageer? 😯 Want eintlik wil ek vreeeeslik graag 😆

    Maar oor die algemeen is my gevoel dit: thanx julle – vir die terugvoer, vir elke comment wat my laat lag – lag ja – nie net smile nie. Elkeen van julle is soooo skerp – mmm – dis so asof ons rerig kliek … :mrgreen:

    As ons die gees hier kan hou soos wat dit nou is, sal ek whoo-hoo happy wees. Ek wil graag hê jy moet weet (dit was nog altyd so, maar ek wil dit net beklemtoon) jy MAG maar sê wat jy dink – jy hoef nie saam te stem nie – dis juis wat stimulerend is … om iemand anders se siening te kry, vir ‘n oomblik in hulle skoene te staan, en deur hulle oë te kyk – sonder om in mekaar se karakters in te klim.

    Jy mag maar fok ook sê as jy wil – ek dink dis ‘n redelike groot deel van die gemiddelde Afrikaner se woordeskat. 😆

  30. 50

    Spykerman said,

    Dellie sorry ek het nie baai gese daar by die kroeg. Vodacom het my afgegooi. Ek dink die pikstele het ons vodacom toring probeer afkap vir vuurmaak hout. 😀

    Ps. Die ronde ding op die foto lyk soos Michael Jackson se oor nadat sy hare aan die brand geslaan het.

  31. 51

    RB said,

    Hi, jy laat my vreeslik skuldig voel oor ek net ‘verdywn’ het, maar dit was nie my keuse nie. Die werk het ons sommer net skielik geblok vir internet en die huis konneksie is soooooooooooooo stadig, maar ek probeer nog inloer!!
    Groete vir almal!!!


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: