Om te groet

Ek is vrot as dit kom by koebaai’s. As ek die groetwerk doen, issit makliker. Maar as dit van anderkant af kom, vang dit my soms helemal onverwags.

Vir meer as 21 jaar was jy deel van ons lewe, ou vriend. Ek en Liefie was maar pas verloof toe jy jouself die eerste keer in ons woonstelletjie se sitkamer tuisgemaak het. Jy was te pragtig vir ons! Tydens ons sterre-in-die-oë en lied-in-die-hart dae, het jy gesorg vir oorgenoeg romanse en kansies om te cuddle en sommer net bymekaar te wees.

Toe Seun ‘n baba was, was jy maar te gewillig om een van ons geselskap te hou wanneer hy siek was in die nag, of net nie kon slaap nie. Soms het jy hom sommer gou weer aan die slaap gehad, en vir ons ook – al was dit net omdat jy ons vreeslik verveel het. Jammer hoor, maar van 1989 tot somewhere in die laat 1990’s was jy rerig nie die beste geselskap snags nie.

Seun het voor jou grootgeword. Jy kon hom vir ure en ure besighou, sy gedagtes en verbeelding stimuleer, wonderlike stories vir hom vertel.  Hoe het hy dit nie gelief om saam met jou te “dans-dans” nie!

Toe hy groter word, het julle nagte omgespeel om te kyk wie kan die vinnigste jaag, die raakste skiet, die hoogste spring. Op reëndae het jy ons vermaak met lekker flieks terwyl ons snoesig onder komberse gesit het.

Jy het ook ‘n paar gevegte oorleef. Daai gat wat Liefie in jou geskop het – jammer jong, dit was eintlik my skuld. Ek het hom so kwaad gemaak daai dag, en toe haal hy sy woede op jou uit en skop jou dat jy daaaar trek. Maar jy het jou nie eers gesteur aan die woede of die gat nie, net onvoorwaardelik voortgegaan om ons vriend te wees.

Deur jou oë was ons getuies van rampe, geskiedkundige gebeure, hartseer en vreugdes. Ek weet ons het jou die afgelope paar jaar so effens afgeskeep gedurende die week, maar darem naweke redelik in jou geselskap deurgebring. Weereens sorry pel – maar jy het nie meer die aantrekkingskrag van vroeër jare nie …

Onlangs het ek opgemerk dat jy nie meer lekker vars is nie. Soms het jy sommer begin harder of sagter praat sonder enige rede. En vanself gespring na die volgende onderwerp terwyl ons nog besig was om te gesels oor ‘n ander ding. Die ander aand moes ek behoorlik smeek sodat jy op een ding bly – my kop kon nie so saam met jou rondspring nie.

En toe – vanmore – een oomblik was jy nog daar, en toe raak jy net skielik stil. G’n lig meer in die oë nie, nie ‘n geluidjie uit jou mond nie. Ek het aan jou geskud, eers liggies, toe harder – en toe niks wil gebeur nie, het ek jou sommer ‘n dwarsklap gegee. Ook geen uitwerking nie, behalwe dat my hand nou effens seer is. Dit is dan dit. Jy’t gegroet. Sommer net so.

Koebaai ou vriend. As jy rerig kon praat … watse stories sou jy nie gehad het om te vertel nie …

(Opgedra aan my 1987 Futronic TV) 😆


O ja – gister se antwoord:

wdf issit antwoord 52

Advertisements

17 Responses so far »

  1. 4

    Emil said,

    My hart het ‘n beat gemis toe ek die opskrif lees. Dog daar gaat jy! Skaam jou om mens so verniet te skok.

    Dit is ‘n treurige verhaak 😉

  2. 6

    pluim said,

    Amper het ek gedink jy het in jou sitkamer gekraam, en toe weer dis ‘n hond, want jy gesels so aanhoudend oor jou vriend, maar wie skop ‘n gat in ‘n hond? En toe weer ‘n kar van al die flieks wat jy gekyk het – seker in die drive in.

    Wel ek hoop jy kry nou vir jou ‘n ordentlike flat screen.

  3. 7

    007meisie said,

    koewie….kiepie het kom inloer opsoek na daai soplepels drank…het ietsie sterk nodig hierdie tyd van die oggend…dis rowwe dag!

  4. 9

    betsieboop said,

    😆 skies dellie — maar eers die koue gevoel , toe die ongeloof toe die sug van sjoe net ‘n teevee !!!

    tyd om aan te beweeg mens. wens iets kan solank aanhou werk in ons huis !!!

  5. 11

    Amanda said,

    *(ek kruip so effentjies uit my hoekie en brom-brom – “dis hoekom ek nie aan die f&*^ken foto dinges deelneem nie” – en sluip maar weer terug in my hoekie waar niemand my gaan kry nie)*

  6. 12

    Pikkie said,

    Ek wil nou nie jou bubbletjie bars nie, maar ek sou nogal sê: “Hoog Tyd!!!” Jitte die arme TVtjie!! Hoop hy kry ‘n goeie rusplek… iewers waar afgetrede TV’s heen gaan… shame…. 😆

  7. 13

    Ek is seker jy gaan jou nou dood skrik as jy nou begin rondkyk vir ‘n nuwe een… Hulle het ietwat duurder geword in 21 jaar 😆

  8. 14

    Koekie said,

    Whahaha Dellie, goeie een!! Ek het ook eers geskrik en toe, soos Pluim, gedink dis ‘n hond…hahaha.

    Jip, die goed het blerrie duur geword.

  9. 15

    kadoes said,

    Dellie – ek het verseker gedink jy praat oor ‘n hond en het nog so by my sellers gedink – ag nee, nou gaan ek weer grens en toe is dit die tv. Wat ‘n antiklimaks.

  10. 16

    Alta said,

    En hoe verder ek lees, hoe erger raak die knop in my keel!!! Fok Dellie, issie mooi van jou gewees nie!!! Weet jy hoe seer my keel nou is. Weee jy!!

  11. 17

    Smurf said,

    Baie mooi geskryf Dellie!! ek dink almal het iewers deur die lees ogies moes knip om die traantjies te keer, 😆 Ek het wragtig gedink,.. aggenee shame tog net nie haar ou hondjie nie!! Ag en kan ek lekker tjank as ‘n ou geliefde hondjie groet! tien uit tien vir die opstel! ‘n puik stukkie werk Dellie, ek plak vir jou ‘n goue sterretjie op! 😉


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: