Saambly vs Trou

Ek lees deesdae baie bespiegelinge rondom saambly en trou. Moet mens, of moet jy nie?

Nou wonder ek so by myselwers … ja, ek en Liefie het saamgebly vir so min of meer ses maande voordat ons getroud is. In daai ses maande het ons ‘n hele paar van mekaar se “gewoontetjies” leer ken – jy weet, daai goed soos burp en poep en lyk soos Daisy de Melcker wanneer jy opstaan inni oggend. Morning breath, maskara tot op jou wange, stoppelbaard, bed-oorvat-slaapgewoontes, kaste ooplos, daai toiletsitplek, die toiletrol, hare in die bad, hare aan die seep, hare … uhm, anyway …

Ons het toe besluit ons wil rerig bymekaar wees – ten spyte van al die goedjies wat irriterend is van mekaar. Ons WOU daarmee saamleef. Forever and a day. Of vir hoe-ook-al die koekie krummel.

Maar dit was ook ligjare gelede – wat dink die jongmense van vandag?

Nou moet julle verstaan – my skoonpa is ‘n Pastoor. Saambly werk nie vir hom nie. Sonder dat hulle geweet het, het ons in ons woonstelletjie ingetrek. Maar toe kom kuier hulle onverwags, en die mense by wie ons veronderstel was om te loseer, kon toe nou nie anders as om die adres vir hulle te gee nie. En daar staan hulle toe een oggend voor ons deur …

Skoonpa het blykbaar net die volgende dag toe ek normaal moes werk, v Liefie gevra of hy “seker is hy weet wat hy doen” en ons toe in vrede gelaat – want Liefie het “ja” geantwoord. Niks gepreek nie, niks veroordeel nie – en ek weet hy is vrek lief vir my. (Wat miskien gehelp het in hierdie situasie, is dat ons verloof geraak het op hulle 30 ste huweliksherdenking :mrgreen: en ek gou agtergekom het roomys smelt sy hart… )

Wat my bring by die eintlike ding wat my pla. My swaer is so ‘n paar jaar gelede geskei, na ‘n huwelik van ek dink so 14 jaar. Toe ploeter hy rond vir ‘n wyle en eindig op by my skoonouers. Met niks op sy naam nie. Eks is weg met “alles”.  Baklei vir sy seun wat hy by hom wil hê. Kry hom eventually, maar toe die kind eers daar is, besef die klompie toe alte gou hulle kan hom nie handle nie. (Wat ons oor gewaarsku het, maar wie de fok is ons nou om ‘n opinie te lewer daaroor?) Ouma en Oupa is te oud, Pa is heeldag by die werk, hulle sit op ‘n plot – wat is daar vir ‘n laaitie van 14-15 om te doen behalwe kak aanjaag?

Hy word toe terug gepos na sy ma toe – laat sy maar met hom sukkel. Intussen raak swaerie toe weer verlief op ‘n girl in skoonpa se kerk. En dis alles goed en mooi. Sy het 2 kids haarself, maar ten minste ‘n woonstel van haar eie – dit beteken hy kan wegkom onder die ou mense se gesag uit. Maar van saambly is daar nie sprake nie – o nee! Hulle moet onmiddelik trou. Hulle wil mos spyker. Skoonpa keur mos nie die saambly ding goed nie, onthou jy nou weer?

En daar trou hulle toe. Happy-happy. Dis bietjie meer as ‘n jaar later, en swaerie het genoeg gehad. Bel vir Liefie ewe en vra of hy hom sal kom haal – hy sal petrolgeld betaal …

WDF??? Wat jy waar kry, boetie? Hy sit sonder werk, sonder geld, sonder kar, sonder enigefokkeniets – en hy beplan om WAAR te kom bly terwyl hy werksoek hier? Vir hoe lank nogal? 😯 Of is ek lelik?

Wat my eintlik terugbring by die begin – sou dit nie beter gewees het as hulle vir hierdie jaar net saamgebly het nie? Sou dit nie baie moeite, onkoste en grief gespaar het nie?

Jou opinie oor saambly vs dadelik trou asseblief?

En hier is vandag se foto …

wdf issit 58

Hey! Dis Woensdag! Kom maak ‘n draai inni Kroeg  – daars koffie ook. 😉

Advertisements

50 Responses so far »

  1. 1

    Savanha said,

    Sokkie?

  2. 3

    Savanha said,

    Die oumense het nie verniet gesê, trou is nie perdekoop nie. Vandag, wat my aanbetref trou mense te makllik en daaroom is ek ‘n voorstaander van saambly voor jy trou EN kinders het. Leer mekaar eers ken en kyk of julle kan “adapt” met mekaar se grille en giere, wat jy nie leer as jy net uitgaan nie. As dit dan werk trou dan.

  3. 4

    Savanha said,

    Gee bietjie ‘n clue hier ek kan nie dink vanoggend asb!

  4. 5

    boendoe said,

    Nee, ek het nie ‘n opinie oor trou of saambly nie. Whatever makes you happy! 😉

    Ek voel net vies vir jou swaertjie. Sy arme kind. En ja, sy arme eks. Sy werk seker ook? Hoe moet sy nou opsnork, alleen, met ‘n tienerseun? Gmf. 👿

    • 6

      Dellie said,

      Sy is ook weer getroud Boends (ek is nie seker of sy werk nie) – en daar is nog ‘n dogter ook in die prentjie. Maar ja, ek is vies vir hulle daaroor – dit was ‘n hengse storie om die kind by hom te kry, en toe word hy eventually weer teruggestuur na haar toe. Redelik ontwrigtend vir hom ook, en hy is alreeds ‘n moeilike tiener.

  5. 7

    kadoes said,

    Saambly – verseker.

    Iets gebrei of gehekel – onseker.

    Gehekelde toiletsitplek frilletjie – wee die een wat dit raakkak.

  6. 8

    Jenny said,

    Uhmmm… swaar vrae wat jy vra op ‘n woensdag Delsh!
    Miskien moet ek eers ‘n dop of ses in die kroeg loop deurhol voor ek filosofies raak, LOL!
    Weet jy, ek ken baie mense wat jare saamgebly het en toe getrou het. Meeste van hulle huwelike het nie langer as ‘n jaar gehou nie!
    Ek dink nogal nie saambly voor jy trou maak so ‘n groot verskil nie. In my opinie trou mense te maklik, maar hulle skei beslis ook heeltemal te maklik.
    Nou die dag dieselfde gesprek met ‘n kollega gehad. Ek dink die ‘oumense’ se huwelike het vir altyd en ‘n dag gehou omdat hulle nie begin het met die opsie van skei in die agterkop nie.

    • 9

      kadoes said,

      Wat jy sê oor mense wat lank saambly en dan trou en dit werk nie is waar. Die sukses syfers oor kort saambly en dan trou is baie groter as lank saambly.

      Ek is self tans in ‘n saambly verhouding wat as dit van my afhang nog lank gaan wees. Nie omdat ek nie gelukkig is nie – maar omdat ek gewoond geraak het aan my onafhanklikheid en juis dit kelder meestal uiteindelik ‘n lang saambly verhouding wanneer die paartjies trou.

  7. 10

    Suz said,

    Ek dink saambly is die maklik opsie. Mense is nie bereid om aan ‘n verhouding te werk nie. Is mos baie makliker om saam te bly en dan vinnig die pad te vat as als nie na jou sin verloop nie.

  8. 11

    katjiepiering said,

    .liewe donner, dit klink soos my kleinsus en haar deurmekaar familie. mens moet eers alleen met jouself bly. wel as jy ouer is dink jy anders. miskien sal my seun ook wil graag saambly. hy wil Tokio toe en dalk sal dit goedkoper werk as hy saam iemand kan bly. as mens ouer word soos ekke wil jy jou eie plek moet besit vir die afdraande van die dag. mens wil nie nê in ‘n granny flat by die kinders sit nie. ek hou so van privaatheid. ek dink as mens trou moet elkeen hul eie kamer hê en net soms saamslaap. hm. of dalk is dit nie so prakties of bekostigbaar nie. ook nie so lekker om alleen te slaap nie. of soms is dit wel. ja. mens stink nogal as mens wakker word. mar wat. dan vat jy ‘n bad. mar ek dink as jy gelukkig is met iemand sal jy met hom wil slaap. as jy nie is nie rol jy geirriteerd rond en dink aan enige plek wat beter is as in die bed met iemand. dan stap jy in die nag in die tuin rond of sit op die stoep of begin skryf aan ‘n boek. as mens alleen slaap kan jy in die middel van die nag lank lê en lees of so en so is die lewe. soms net goed om weer alleen te wees.

  9. 12

    Plein said,

    Ek en my beste vreindin verskil heeltemal van mekaar op hierdie punt. Ons het besluit dat ons ondervindings tot dusver gemaak het dat ons hieroor verskil, en dat elkeen in sy eie reg reg is. Ek is ‘n voorstaander van saambly voor jy daai ring en papier aanskaf. Ek sal nie met iemand trou saam wie ek nie tenminste vir ‘n jaar gebly het nie. Ek stem saam Jenny, dis te maklik om te skei. Min mense trou nog met die verewig in gedagte.

    Ek het nie ‘n idee wat daai foto is nie
    Maar my raaie is:
    Kouse
    Handskoene
    Serp
    Spookasem
    Flavoured ice

  10. 13

    Adrie said,

    Snaaks hoe hierdie onderwerp altyd gewild bly. Daar is mense wat glo dat saambly die verantwoordelike ding is om te doen. Ander glo weer dat ‘n mens moet trou en klaarkry.

    Ek het nog nooit getrou of saamgewoon nie. Ek het die eng, konserwatiewe, outydse benadering daaroor. Dus sal ek ook eers die ringe ruil, papierwerk afhandel en belofde afle voordat ek ‘n huis deel.

    Voordat almal oor ‘n 100 jaar vir my gaan kom lag en se kyk, jy wou nie saamwoon nie en jy was net twee weke getroud. Ek is nie ‘n maklike mens nie en het beslis my draadwerk. Waarskynlik meer as ander mense. Saambly vooraf gaan dit nie verbeter nie. Almal wat my 2 minute lank ken weet dit. Ek gaan beslis nie iemand met ‘n geweer dwing om te trou nie. Hy behoort vooraf te weet of hy kans sien of nie.

  11. 15

    betsieboop said,

    wat vir die eenwerk gaan nie noodwendig vir die ander een werk nie. saambly vs nie saambly is ‘n ‘each to his own’ vir my.

    ek is self in ‘n saambly verhouding met liefie en dit werk vir ons albei. tussen die katte, honde en kinders het ons werklik ons hande vol. sit daarby ‘n werk, daaglikse bestaan en twee mense wat se moer meters E F F E kort is en jy het ‘n een merske happy family. ons het trou in die pyplyn maar eendag. nie nou nie. ons is idillies happy. soos in storie boeke. why change the recipe?

  12. 16

    betsieboop said,

    wat is met die hare op die pienk fingy daarbo?

    duidelik is dit die spookasem wat ek nou die dag onder die bed gevind het !!!

  13. 19

    boervrou said,

    Ons het saamgebly, sussie nommer een gehad, getrou met haar as blomme dingetjie, toed die res gevolg. Ons mekaar se ups en downs, handoek op die grond, tandepaste prop issues geleer en aanvaar (van hulle). Al die shockers is uit die weg geruim. Ek sou dit nie anders wou he nie, mekaar leer ken en besluit: ja met die liefie kan ek die res van my lewe deel. o ja en in ons geval sommer gesien hy sal ‘n goeie pappa ook wees!

    Ok ek sê nie dis reg nie, ek sê net, vir party mense werk dit!

  14. 20

    katjiepiering said,

    *ek self sal liewers nie wil saambly nie ek dink is sommer kak.. dis wat ek wou sê.. maar ek verstaan dat ander dit doen… dis okay vir hulle ..mar eks op ‘n ander plek in my lewe.. dis soos affairs … dis soos die oumense gesê het ..moeilikheid soek.
    *die pienk sok in die hand op ‘n vrou se ken
    *adieu*
    *annie
    *

  15. 21

    Smurf said,

    iemand se breins, 😯 …….. Brein hallo! laat weet tog jy leef nog!… wat soek jy hier jy hoort op die Werf!! Delle, vat dadelik vir ou Brein terug Werf toe!! 😆 😆

    Pienk sago pudding.
    Natgereënde spookasem.
    ‘n pienk albino bobbejaan met sulke bymekaar ogies.

  16. 22

    Smurf said,

    Ok. daar is my prentjie weer terug ek dink hy het geskrik vir die pienk bobbejaan hierbo! 😆

  17. 23

    Sonkind said,

    Saambly is soos om maar altyd ‘n agterdeur oop te hou – maar dit maak ook at elkeen bietjie ekstra hard werk vir hul verhouding, juis omdat daar nie die cover van ‘n amptelike papier is nie.

    Daar is nie ‘n vasgestelde keuse nie – whatever blows your hair back. Vir my kan dit dalk werk en vir die volgende ou glad nie. As mens verkeerd kies, gaan jy opfok, never mind of jy getroud is of net saambly. Ek glo mense moet eers happy met hulself kan wees voor hulle happy in ‘n verhouding kan wees, van watter aard ook al die verhouding dan is.

    Daai hier bo lyk soos ‘n roosblaar, maar dan weet ek nie wie se hare is daar op nie 🙂

  18. 24

    Sharpshoot said,

    Spookasem
    Ietsie gehekel
    Dis verseker ietsie.

  19. 25

    Savanha said,

    Dellie clue asb!!

  20. 26

    parkes1 said,

    spookasem
    sokkie
    trui
    chappie

  21. 27

    parkes1 said,

    SERP
    HANDSKOEN
    TRUI
    VATLAPPIE

  22. 29

    demoerin said,

    Dit lyk flippen scary….
    Gehekelde monster sou ek sê

  23. 30

    demoerin said,

    Badsponsie
    Trui
    Kombersie
    Handskoene
    Sokkies
    Bedsokkies
    Halfgekoude spookasem
    Oormussies
    Handpuppet
    Gehekelde worsiekombersie

  24. 31

    Dellie said,

    OK – ‘n clue 😆

    dit kekkel

    dis eetbaar

    dis nie gehekel of gebrei nie

    think Harry … :mrgreen:

  25. 32

    Savanha said,

    Hoenderhaan

  26. 34

    Groot Voet said,

    Saambly, jy koop mos nie ‘n kar voordat jy nie weet hoe ry hy nie.

    Lyk my soos spook asem.

  27. 36

    betsieboop said,

    delsch — think harry — ek sien ‘n pienk boks !!!!

    hoender se hol !

  28. 37

    betsieboop said,

    is dan sekerlik daai lelletjie onder ‘n hoenderhaan se bek

    waarvoor is daai lelletjie ooit? beslis nie om beter te lyk nie !

  29. 39

    Koekie said,

    Ek is ‘n voorstaander vir saambly.

    Ek moet jou gou vertel Dellie. Tjallas het jare terug een aand by my beste vriendin oornag. Ek en hy was toe nog nie ‘n “item” nie. Ons het in die SAP barraks gebly en mans in ons kamers was heeltemal taboe! Nodeloos om te sê hy’s darem nie by haar gevang nie al het hy die hele gang wakker gehad met sy snork…hahaha! Anyway… Ek en my vriendin se kamers was reg langs mekaar.

    Vroeg die volgende oggend is daar ‘n klop aan my deur. Dis my vriendin. Sy klim sommer saam met my inni bed en sê sy kan die gesnork nie meer uitstaan nie en die ergste van als is sy hare lê op haar kussing!! Whahaha….

    Ek en hy is nou 12jaar getroud (snork, hare en al).

    My raaiskote:
    Hoender (maar ‘n blerrie pienk hoender??)

  30. 40

    Chopper said,

    Saambly en voorhuwelikse seks is wiele.

    Daai prentjie lyk soos ‘n pienk kaaskrul.

  31. 41

    Smurf said,

    Hoenderhaan se kam

  32. 42

    Smurf said,

    Hoender se poot

  33. 43

    Sharpshoot said,

    Jip, Hoenderhaan se kam, of ‘n hennetjie s’n

  34. 44

    parkes1 said,

    hen
    kuiken
    hoender
    hoenderhaan se kam
    hoenderhaan se tong
    hoenderhaan se perm

  35. 45

    parkes1 said,

    hoender of hen se kuif

  36. 46

    kadoes said,

    Dis daai chinese chips wat in diep olie gebraai word – ek weet nie wat noem jy dit goed nie.

  37. 47

    E101 said,

    SPOOKASEM

  38. 48

    Pagoda32 said,

    Ek en vroulief het vir amper twee jaar saam gebly voor ons getroud is. Maar ons is getroud toe sy 4 maande swanger was.

    Vir die meeste mense, as hulle dit hoor, dink hulle: “Ja nee wat – ‘n MOET troue”…
    d het nie.
    Die waarheid is dit.

    Die moontlikheid dat ons sou trou was altyd daar. Ek het hard gewerk aan ‘n toekoms en geld was daar nie vir ‘n troue nie…nie eers ringe nie. Toe sy my daai Dinsdagoggend wakker maak en vertel ek word pa kon jy nie met my huishou nie. Ek was oor die maan.
    Maar toe die nuus nou ordentlik ingesink het het ons gesit en besluit dat ons nie gaan trou net oor die familie dit van ons sou verwag nie. My ma-hulle was 100% cool met dinge, maar haar ouers was verdeeld. Haar ma was vrek bly oor die kleinding, maar skoonpa was effe knorrig oor ons nie ringe aan ons vingers gehad het nie.

    So drie weke na ons die nuus gebreek het het ek een oggend ‘n goeie meevallertjie gekry en het ek besluit om ‘n ring te laat maak vir vroulief. Ek het lank gesoek en redelik goedkoop weggekom en die ring was stunning.Toe vra ek haar en sy se ja en ‘n maand en n half later was getroud in ‘n vreeslike groot “do” waarvoor skoonpa betaal het.

    Die een les wat ek geleer het is dat daar nooit ‘n goeie tyd is om te trou nie.En ek dink ons sukses tot dusver is as gevolg van die 4 sakke sout wat ons as ongetroudes saam opgeeet het en die drie waaraan ons tans eet.

    Die lewe het verander. Vrouens werk vandag en kinders word gekondisioneer om van vroeg af na hulself te kyk. Ons bly langer wakker en slaap minder. Evolusie is iets wat elke dag, elke sekonde plaasvind. Jy kan nie dieselfde waardes wil afdwing op jong mense vandag wat sulke groot bekoring ingehou het in die 50’s nie. Dit gaan net nie werk nie.

    Bly saam en as dinge nie werk nie, cut your losses and move on. Ten minste spaar jy jouself die verleendheid om eendag op 35 jarige ouderdom te moet verduidelik hoekom jy 5 keer getroud was.

  39. 49

    007meisie said,

    Hmmm ek dink die onderwerp bly gewild omdat dit weereens eintlik oor seks gaan…en geloof/sosiale waardes…dis uiters debateerbare onderwerpe.

    Die konserwatiewe brainwash gaan oor seks voor die huwelik – en die oomblik wat mense ‘saam bly’ dan slaap hul ook saam en dis wat nou eintlik nie sosiaal aanvaarbaar is nie. Ek gebruik die woord ‘mense’ want dis nou verwysing na die samelewing! Hulle is gou om jou te oordeel in dit wat jy doen, dis nou saam bly want hul glo jy het seks voor die huwelik, mense kan net om die dood nie glo dat iemand nie kan saambly en nie saam slaap nie, maar dan weer, dis mos jou keuse wat jy wanneer doen en of dit vir jou lekker, reg of verkeerd voel…

    Ek persoonlik (sien hier kom dit weer in oor opinies) heg meer waarde aan seks om net sommer saam te bly en asit nie werk nie ‘cut your losses and move on’ dit werk nie vir my nie want ek hou nie van die emosionele onstabiliteit nie! Ek kyk die kat MOOI uit die boom en mens kan nogal deur jare met iemand bevriend te wees BAIE grille en giere optel en die belangrikste in enige getroude of saambly verhouding is dit: AANVAARDING !!! Die oomblik wat jy nie van iets hou nie en dit probeer verander dan veroorsaak jy onopsigtelike konflik wat wel later opsigtelike konflik raak. Mens moet die ander persoon los om hul eie persoonlikheid verder te ontwikkel en support die persoon om dit ten goede te ontwikkel….

    Dan weer – jeez dis mos nou die ding…wie kan nou vir 2 jaar saam iemand kuier en nie so bietjie meer doen as net bo langs ry nie? Dis weereens waaroor dit gaan…ons bly saam om ons oor te gee aan die luste van die lewe…niemand stry daaroor nie, dis daar en dis lekker! Mens kan dan ook weer saambly asof jy getroud is jou hele lewe lank…al so daaraan gedink? Want trou verwys weer na morele waardes en trou kom mos uit die bybel…en ek dink dis nogal iets wat indien dit reg aangepak word bae respek afdwing om so sterk in jougeloof te wees dat jy in ‘n verhouding met mekaar en God is en dan is seks die seen en joy van jul liefde – WOW! Maar sien, hier trek ons weer die punt van saambly en trou na geloof…dis actually ‘n holistiese benadering want mense wat issues het met die feit dat jy saambly is die wat glo jy het seks voor die huwelik en dit is volgens hulle verkeerd want in hul bybel is dit sonde…maar gaan vra daai een wat die issue het wat heel moontlik jou pa of so is…uhm wat presies het hy / hulle gedoen op jouoderdom en voor hul getroud is…dan sien jy hoe rooi word die ore…

    So basies – ek het nie regtig ‘n pyn of mense saambly voor trou nie want ek weti wat hul doen nie 👿 hehehe en dit maak nie juis aan my saak nie want elkeen doen mos wat vir hul werk! Jeez eks skoon uit asem getik!

    Bravo 2 oor en uit!

  40. 50

    Hans Matthysen said,

    Hier is maar net ‘n vers uit die Bybel, van toepassing op julle onderwerp.

    1 Kor. 7:36 Maar as iemand meen dat hy onwelvoeglik met sy maagd handel as sy oor die jeugdige leeftyd is, en dit so moet wees, laat hom doen wat hy wil. Hy sondig nie. Laat hulle trou.

    Dit klink vir my na voor huwelik seks.


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: