Ek’s vry!

kaaskrul_270

Maandag, 10 Augustus, 10:13 PM

Dis amptelik. Ek is nou ‘n nie-roker. Whoo-hoo!😆

Ek is vreeslik opgewonde hieroor. Dis ‘n nuwe hoofstuk in my lewe wat begin. Ek gaan nie vir die rokers begin preek nie, miskien net voorstel dat julle Allen Carr se Easy Way to Stop Smoking lees – dit het die ding gedoen vir my. Baie dankie, Sharpie, vir die aanbeveling.😉

Voordat ek die boek gelees het, het ek reeds besluit ek gaan ophou rook – so my kop is reg – die keer gaan ek dit doen!

Dis dit! Ek hoef nooit weer te rook nie! Issit nie wonderlik nie?:mrgreen:

Terug na die minder ernstige goed – hier is vandag se foto:

wdf issit 56

Ek hoop nie vandag voel vir jou te erg soos ‘n Maandag nie – die ligpuntjie is dat dit net 3 slapies is, dan’s dit weer Vrydag. Hou moed, gryp dit aan die horings en ry dit bloots. En as jy rerig ‘n “pick-me-up” nodig het, kom draai inni Kroeg – koffie en sappies is ook beskikbaar saam met goeie geselskap en hope giggels. En ek dink daar’s nog snacks ook.:mrgreen:

25 Responses so far »

  1. 1

    Geluk met die bevryding!

    Ek reken dis ‘n flashdrive se usb adaptor

  2. 2

    Plaasjuppie said,

    Well done! Hou dit so.

  3. 3

    boendoe said,

    Jimmel, vrou. 😯

    Amper dog ek jy’s nou uiteindelik bevry van Farmtown! Dis ‘n baie erger verslawing, jy weet. 😆

    Nee, ernstig, geluk, sterkte, keep it up! 😉

  4. 5

    E101 said,

    FLASH DRIVE

  5. 6

    kadoes said,

    Ek moet ophou – longe kry te swaar. Is tans besig met kursus antibiotika vir brongitis en kry jaarliks longontstekeng. Maar ai tog –

    Dai deng darboo – ek sal later probeer dink.

  6. 8

    betsieboop said,

    flashdrive fingy

    delschie – ter viering van jou nie-rook steek ek sommer ‘n twakkie aan !!!:mrgreen:

  7. 11

    betsieboop said,

    het nou eers weer gaan kyk — kan ook vacuum-packed-snot wees ….

  8. 16

    kadoes said,

    Ek stem saam met die usb of flash drive – what else?

  9. 17

    Anoniem said,

    Wow!! Geluk Dellie. Dit was vinnig. Ek sal moet daai boek probeer, niks anders het my gehelp nie, maar soos jy sê jou kop was reg daarvoor.

    Ek gaan ook maar met iets soos ‘n flashdrive of usb

  10. 18

    Sharpshoot said,

    USB port ja – oftewel die deel wat in die USB port ingedruk word…

  11. 19

    Savanha said,

    Ok dan USB port of flashdrive. Wonder waar is DMI????

  12. 20

    Well done! Ek is nou 3 of 4 (het ophou tel) maande vry en moet se die gerokery van ander irriteer my nou geweldig. Nou dat ek ook weer beter kan ruik kan ek nie glo ek het so gestink nie!😯

  13. 21

    Twattie Se Maaikie said,

    Ag eks seker te laat.
    USB port thingy vd memory stick thingy

  14. 22

    meermin said,

    Baie geluk !!!!

  15. 23

    Koekie said,

    Wou net gou kom sê, Anoniem (2:49) was ekke.

    Lekker dag.

  16. 24

    liewelettie said,

    Sterkte! Die eerste drie dae is die ergste, maar as jy deurdruk is dit gou verby. Toe ek opgehou het het ek ‘n glas water gedrink elke keer as ek wou rook. Jy hardloop so baie toilet toe dat jy tjop-tjop daai lus oorkom!

  17. 25

    eelt said,

    Mooi so, Dellie!


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: