Yster

Hierdie is die storie van die ‘underdog”  … en met so ‘n bietjie hulp, kan dit ‘n fairytale ending hê …

Dellie

My vriendin wat saam met my werk het op ‘n buurplaas langs hulle op een of ander manier beland of te hore gekom van die gebreklike hondjie wat die swartes in die beeskraal gaan los het om maar net dood te gaan.  Yster is gebore met gebreklike voorpootjies en kan dus nie soos ‘n normale hondjie funksioneer nie.  Ons het vir hom wielietjies gekry, maar dit sal moet aangepas word vir hom. Spiertier en daarna die veearts het egter gesê prosteses sal beter werk, en Spiertier dink hy sal so iets kan prakseer.

Dit gaan maar broek knyp met almal, en omdat ek weet hoe julle klomp altyd uitreik het ek dit goed gedink om julle te nader, enige betalings wat gedoen moet word, moet direk aan die betrokke veearts of wat ookal gemaak word!

Yster is een in ‘n soort en ‘n regte klein vegtertjie en ek gun hom sy kans op oorlewing!

Yster het nodig om al sy inspuitings te kry – waarvan Muffia alreeds die eerste betaal het. (Thanx Muff – jou hart is groot) Hy sal ook gesterilseer  moet word wanneer hy gereed is daarvoor. Niemand van ons wil ‘n ‘fondsinsameling’ doen nie – die beste is net om die betrokke Veearts te kontak. Hier is sy besonderhede – as jy bereid is om te help, kontak hom direk asb. Hy sal ook dadelik kan bevestig hoeveel nog nodig is om Yster te help.

EK HET MET DR P LOOCK GEPRAAT EN HY IS HEEL GEWILLIG OM MY TE HELP MET OU YSTER EN Sê EK MOET HOM IN DIE KOERANT PLAAS OMDAT HY SO ‘N GROOT WILSKRAG HET OM TE LEWE
SY PRYSE IS R275 OP 6WEKE (reeds betaal – thanx!)  AS OOK OP 3MND EN R290 OP 6MND
EN HY Sê DIT SAL OP DIE EINDE VAN DIE DAG BETER WEES OM VIR YSTER OP 6MND TE KASTREER EN HY VRA R610.

DR P LOOCK
015 516 0992
082 877 3825

En dankie julle –  wie is ons dan om so ‘n gees te blus?

yster

8 Responses so far »

  1. 2

    parkes1 said,

    Ag tog dis nou n mooi ou hondjie!

  2. 3

    Sharpshoot said,

    Jy ken my opinie oor die soort van ding.

  3. 4

    Alta said,

    Hy laat my aan die storie van “hope” dink. http://altaj.wordpress.com/2009/04/30/a-dog-named-faith/

    Hy is so dierbaar. Sterkte vir julle en alle voorspoed vir Yster. Mens kan baie leer by diere.

  4. 5

    Alta said,

    Bedoel “faith” nie hope nie.

  5. 6

    Gigi said,

    Baie dankie Dels, dat jy dit op jou blog geplaas het, almal se siening sal nie dieselfde wees nie en ons respekteer dit, maar as selfs die veearts se dat hy ‘n kans gegun moet word, moet ons probeer!

  6. 7

    betsieboop said,

    ag bets se hart word sommer sag as sy die hondjie sien…..

  7. 8

    Leonie said,

    Hi dellie. en al die lesers.
    ek is die eienaar van yster,en ek respekteer almal se menig oor yster.en glo my as ek sê dat baie vir my sê, “ek het ‘n lat vir myself gepluk”, maar ek kyk giteraand weer hoe lewendig hy is en dat sy gebrek van geen voorpote hom nie keer om laf te wees nie,nes ‘n normale hondjie van sy ouderdom. ek is bly ek het vir yster in geneem (in my huis en in my hart)


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: