En toe nog …

Ek het my wind uit gelag met die voriges …. julle weet hoe werk dit …

1

1


2

2


alien

3


ballet

4


bread pitt

5


copcar

6


elephant_slide

7


bath

8


evil

9


goat_ftw

10


horse

11


kfc

12


music

13


featherhead

14


hotdog

15


war

16


kids-look-away

17


toilets2

18


fire

19

play dead

20

GO GO GO !!

Net nog een ding – weet iemand wdf is hierdie?

large_4987a56

56 Responses so far »

  1. 1

    Plein said,

    1 – Ons weet nou hoekom Chinese net een kind per gesin mag he. Die ware rede is onstabiele mensies. Die foto is geneem toe drie van die kinders ‘n opvoering vir die ouers gedoen het. Soos daai konserte toe ons klein was, dress up and all

  2. 2

    demoerin said,

    1. Kinky sex sal nooit weer dieselfde wees nie.
    2. SBS (Small Banana Syndrome)
    3. The Alien read in the “Visiting Earth Guide” that a braai at Boksburg Lake can not be missed.
    4. Swan Lake – The New Millennium. Winnie got a part as well. In stead of the swan dying, it gets necklaced.
    5. Fancy Dress Foto: Die Broodman
    6. Kersvader se slee was in ‘n botsing, die enigste oorlewende.
    7. Ons maak natuurstudies interessant vir die kinners om belangstelling te wek.
    8. Tenissia Schizofrenia. Moet ltyd gereed wees vir tennis.
    9. Some people needs brute force to ge laid.
    10. October Beer Fest Auditions
    11. Die tragedie van die perd wat oor die maan wou spring.
    12. Die “Feed Ethiopia” projek se geneties gemanupileerde hoenders. Een hoender voed ‘n honderd.
    13. Die toiletpapier is op.
    14. En toe hy uiteindelik besluit om sy alleen-bestaan op te gee, het die modes verander.
    15. Oor sekere dinge wonder ons nie – Het iemand haar nommer?
    16. Globale finansiële krisis. Amerika sny die verdediging begroting.
    17. Maar mamma het gesê ons gaan vandag park toe om na die voëls te kyk?
    18. Dit is hoekom ons nie so baie papier moet gebruik nie. Werkskepping vir as die wêreld se bome uitgeroei is – Human toiletpapier.
    19. Het iemand die brandweerwa gebring? Nee? Goed, kom ons neem ons jaarbladfoto.
    20. Amazing Grace…. How sweet the sound…..

    Die laaste een – Fok weet – Thingymajingy.

  3. 4

    Plein said,

    2 – Die arme kind se “lunch money” is al vir weke gevat. Hy word geboelie vir die wiskunde huiswerk, hy is op punt van ingee nadat die nuutste torture is om soos ‘n vrug te lyk en nie jouself te kan eet nie. Daai piesangs waaraan hy hang is ook fake

  4. 5

    Plein said,

    3 – Aliens hou ook kersfees, boom en al

  5. 6

    nickeybotha said,

    so cool verstaan nie die helte nie maar nou ja

  6. 7

    Plein said,

    4- Als het ‘n revamp, soos Leonardo se Romeo en Juliet, is die Swann Lake went totaly wrong. Ek sien nie awards vir die een nie

  7. 8

    Plein said,

    5 – ‘n Dress up as your favourite Fairy Tales karakter party. Iemand verstaan GingerBREAD man verkeerd

  8. 9

    Plein said,

    6 – Sex in public places. Forbidden love

  9. 11

    Plein said,

    7 – Hier kom kak. Dit verwys na wat die kind aanjaag nie die kind self nie.

  10. 12

    Plein said,

    8 – Dis Sharpie in die bad, die tennis rakket gee dit weg

  11. 14

    Plein said,

    9 – Show me yours and Ill show you mine

  12. 15

    Plein said,

    10 – Dis verseker ‘n Bok van Blerk liedtjie. Dinge raak lonely op die plaas

  13. 16

    Plein said,

    11 – Demoerin wat sy storie verkeerd kry, en die perd oor die maan laat spring in plaas van die cow

  14. 18

    Plein said,

    12 – Die hartseer verhaal van die hoender op die afgelee eiland. Daar was geen kans vir oorlewing.

  15. 19

    Plein said,

    13 – Rondomtaltie het ‘n nuwe beteknis. Of is dit die manier om te vra om iemand vir ‘n spin te vat.

  16. 20

    Plein said,

    14 – Die music video vir “I feel pretty”

  17. 21

    Plein said,

    15 – DMI se oudisies vir ‘n date

  18. 23

    Plein said,

    16 – Dis ‘n plastic gun ook. Hulle het ‘n stooitjie in die wiel van die fiets gemaak vir die effek van ‘n masjien geweer.

  19. 24

    Plein said,

    17 – Een twee drie blok myself

  20. 25

    Plein said,

    18 – Sy is bietjie meer as net knie diep in die kak

  21. 26

    Plein said,

    19 – “I smell something burning” “Shut up Bob, thats the stupidest firmeman joke”

  22. 28

    Plein said,

    20 – Roadkill

  23. 29

    Plein said,

    Laaste een – Dis hoe die tamogotchi (spelling???) lyk as jy hom uiteindelik groot kry

  24. 30

    Phibbie said,

    1. Die krag het getrip en die game was aan en aangesien die girltjie gecharge was vir seks toe reken Mnr hy kan sommer van daai energie gebruik want syt te veel vir hom anyways.
    2. Die krag chargery werk toe nie en hy probeer toe die next best thing, piesang krag, aangesien hy geseend is met flat piesang sindroom en daarby huil hy toe sommer traantjies by sodat hy hoop dit skep meer energie.
    3.Die piesangs werk toe nou nie en hy besluit sommer om die hond inne maanmannetjie te veranner want dalk het die hond ektra wilskrag.
    4.Die hond werk ook nie en hy besluit net daar om energie op te bou deur bietjie te dans en dalk ka hy paar mense kry wat saam hom dans.
    5. Dans werk ook toe nie want die mense wil nie saamdans nie en toe besluit hy dalk as hy brood gebruik kan dit genoeg energie kry om die tv te start.
    6. Brood werk toe ook nie en hy besluit hy moet nou maar die saps hond enne bok kry want hulle kan immers vinnig hardloop, dalk kry hy die energie so.
    7. Die hond en die bok werk nog minder want die twee wil mekaar net spyker want hulle raak verlief op mekaar. Hy probeer toe maar om te kyk of ‘n olifant genoeg krag sal he as hy geboorte skenk aan ‘n lewendige klein terroris.
    8. dit werk ook nie en hy besluit om ‘n breuk te neem en lekker inne borrel bad te le terwyl hy na sy geliefde musiek luister en sy sokkies snuif vir ekstra krag.
    9. na die lekker bad, rook en snuif, besluit hy om twee capies te try vir ekstra energie vir die krag vir die tv. Die twee capies like mekaar toe niksie en kom gewapen.
    10. Hy besluit toe maar om sy meisie te kry om musiek te speel vir die maanmannetjie hond want dalk kan die hond beter dans as hy en bietjie krag kry.
    11. dit werk ook nie en hy besluit omme cracker inne perd se foefenjol te druk en te laat spring, ongelukkig spring die perd te ver en inne muur in vas.
    12. Die plan werk toe ook nie en hy besluit om een van daai helse groot kuiken te vat en innie son te sit, miskien wek die reuk genoeg energie.
    13. Nog minder werk die storie en hy druk sy meisie innie wasmasjien in met ‘n konsertina sodat sy kan musiek hoor as hy haar charge.
    14. Terwyl sy meisie charge innie wasmasjien besluit hy om aan te trek soos ‘n girl want miskien met die aantrekkingskrag wat hy sal he tot die mans kan hy energie opwek.
    15.Toe die arme girl uitie wasmasjien kom toe is sy so gedrain, toe koop hy stukkie wors vir haar maar laat haar paar tricks doen, dalk val iemand vir haar en hulle kan sparkes veroorsaak.
    16. Dit werk ook nie en hy besluit ok dan maar nou na die weermag toe waar niemand innie selle rigting trek nie, dalk kry hy die tv so gestart.
    17. In sy aantreklike ou pienk danspakkie, moer een van die mans hom en kom ‘n skare byeen om te kyk hoe lyk ‘n kaal moffie.
    18. Na die episode besluit hy as die wasmajien dan nie werk nie, sal die toilet werk en terwyl sy so laag is……..
    19. Terwyl sy meisie so laag besig is, brand die garage af en die brandweermanne besluit hulle wil eerder staak en sulke toilette he.
    20. Finally besluit hy hys nou gatvol en slaan die kat uit en blaas die kat se ore uit want teen die tyd het die Sharks al lankal die Curriebeker gevat. !!!!

    Die finale foto is die resultaat van kruising tussen mens en olifant

  25. 34

    Sharpshoot said,

    1) Eh – oh! Dis die Teletubbies – heel regs agter Laa-Laa (die gele) het nog nie verklee nie.
    Dipsy (heel links) is reeds ingeplug om te charge vir die volgende dag.
    Tinky-Winky sit en smeek vir ‘n beurt op die charger – maar Dipsy is ‘n regte vraat.
    Po die rooie – nie in die pic nie) sit net so buite die shot en wel, Poef. Po poef ja.

  26. 35

    Sharpshoot said,

    2) Wie sê Piesangs is goed vir mens!? Daai klein piesangkies het duidelik die groot piesang moerse ontstel. Hom seker gevloek. Of afgesê. Of gevloek terwyl hulle hom afsê.

  27. 36

    Sharpshoot said,

    3) Johnny, die judge van die jaarlikse Poep-Om-Te-Wen fees het laasjaar sy lees geleer….. Die jaar kom hy met protective clothing. Bring it on bitches!

  28. 37

    Sharpshoot said,

    4) Pietie was nog altyd ‘n baie ernstige outjie…. en vreeslik gehoorsaam! Sy ma berou nog nog die dag wat sy vir hom in hul flat in Sunnyside Heights geskree het om te “gaan speel in die verkeer man! Vat jou suster se Tutu en daai spaar tyre hier uit en gaan entertain jouself klein bliksem!!!”
    Kort na die foto geneem is het Pietie die Dance-off teen ‘n Putco bus verloor….. ooggetuies het later te vertelle gehad dat klein Pietie sy alles gegee het…. “Hy het sy longe uitgedans teen die bus”….

  29. 39

    Sharpshoot said,

    5) Petrus het sy eie oplossing vir ‘die verbod om jou eie kos in die teater in te neem’ geprakseer….
    Min het hy geweet dat dit die Stage Production van Alfred Hitchcock se bekende riller, The Birds was….. Brood + Skerp Snawel = Real life riller…. Fancy dress anyone?

  30. 40

    Sharpshoot said,

    6) Oooh Wagter, jou tong maak my skoon Horny!

  31. 41

    Sharpshoot said,

    7) Olifant enemas is vir niemand pret nie – but somebody’s gotta do it!

  32. 42

    Sharpshoot said,

    8) Alles wat nodig is vir ‘n fantastiese vakansie! Tas, dope, siggies, dop, raket, water en shades! Hierdie ou gaan verseker op vakansie met Jan Tuisbly se karretjie.

  33. 43

    Sharpshoot said,

    9) Costa en Carmelita, die Lower-Jaw Model(s) of the Year wenners van 2008 het hier in ‘n persverklaring gesê hulle gaan NêRENS sonder hulle twee pelle Thunder (byl) and Lightning (mes) nie. Carmelita het bygevoeg alhoewel Lighting ‘n ‘skerp’ sin vir humor het, speel Thunder nie genoeg met die slypsteen nie.

  34. 44

    Sharpshoot said,

    10) Boerbok van Blerk wys sy staal in die ’99 “Line-dance-to-the-Accordion” kompetisie in Hornygoatweed City.

  35. 45

    Sharpshoot said,

    11) Jiminy Horse wou altyd sy eie spin op die bekende gesegde “Die koeël is deur die kerk” sit……. na aanleiding van die failed attempt het een bystander ‘n “Dis ‘n perd van ‘n ander kleur die” laat val…..
    Jiminy se afbeelding kan steeds besigtig word in die kerk want :hy het sy lewe vir die kerk gegee”

  36. 46

    Sharpshoot said,

    12) The Class of ’78 se Beach party het op ‘n tragiese wyse geëindig…. Kernel Sanders het die foto van sy jongste seun, Foghorn, se lyk geneem terwyl die forensiese span met hul ondersoek besig was.
    Chicken ‘The Hawk’ McGregor het in ‘n persverklaring gesê dat: “According to Fellow Party Animals, Foghorn drank too much, became leg-less and started showing signs of inebriation, started chirping some chicks, tried to stand on his head, couldn’t manage and ‘lost his head’…. No FOWL play is suspected.”

  37. 47

    Sharpshoot said,

    13) Koshuis dare…. dis NOU snaaks….maar môre oggend gaan iemand jammer wees…. Ek hoor haar al klaar: “Konsertina!? Watse Konsertina? Ek kan die ding nie eers speel nie man!”

  38. 48

    Sharpshoot said,

    14) Dit is die ongewenste resultate van die eksperimente wat vroeg in die 80’s in “Wamboland” gedoen is. Hierdie is duidelik ‘n Polish (die land) Crested Bantam wat met Homo Sapiens gekruis is. Gelukkig is daar bevind dat die resultate steriel is en nie kan aanteel nie.

  39. 49

    Sharpshoot said,

    15) Die opwarmings area agter die stadion by die “Blow Jobs Babes for World Peace” convention in HUNGERy. Die entertainment was blykbaar van top gehalte maar sommige deelnemers het swaar gesluk aan van die aktiwiteite…. ander het weer gesê dit was lip-lek-lekker…. of sommer net ‘finger-licking-good. BOB was die hoofborg met Kay-Kay # 32/2 as Media Borge. Wat ‘n fees!

  40. 51

    Sharpshoot said,

    16) Die Resessie het selfs nie die Army gespaar nie…

  41. 52

    Sharpshoot said,

    17) Almal het help soek vir die Toeriste se klere in Central Park – Die Burgemeester was geskok om te hoor dat Toeriste helder oordag aangeval word en van hul klere beroof word.
    Een slagoffer, Mnr. X het op antwoord van verskeie dagblaaie geantwoord deur slegs te sê: “Ek hou my Kop omhoog. Niks sal die draties tussen ons breek nie. Nie eers ‘n moerse getrek-ery nie! Ons steek nie die draak nie.”

  42. 53

    Sharpshoot said,

    18) Die “Pratende Toilet Tamagotchi” het soos die “Baba-koppie Tamagotchi” nie veel aftrek gekry nie. Party mense was bang vir ‘n gatlek-ery. Ander het stage-fright gekry.

  43. 54

    Sharpshoot said,

    19) The “How-Not-To-Do-Fire-Fighting” for Dummies eerste uitgawe het soos soetkoek verkoop. Die koffietafel boek is propvol flinke vinnige feite en maklike Doen Dit Jouself idees en raad oor hoe om NIE brande te blus nie.

  44. 55

    Sharpshoot said,

    20) Die Eekhoring Vanger van Hameln kon net eenvoudig nie sy voorganger, Die Rottevanger naboots nie. Hier sien ons dat die Eekhorings self ‘dood-gespeel’ het as om hom te volg.

  45. 56

    Dellie said,

    Whahahahhahahaa *sukkel om myself vanni grond af op te tel*


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar op Sharpshoot Kanselleer antwoord