Lewensreëls

Pikkie het my getag om die reëls waarvolgens ek lewe, met julle te deel. Mmmm, toe nie so maklik soos wat ek gereken het nie, want ek dink dit verander soos wat mens ouer en wyser word. En dis miskien meer waarna ek streef, as wat dit is wat ek reeds uitleef. Maar ek probeer :

Doen aan ander soos wat jy wil hê aan jou gedoen moet word. As jy kan uitdeel, moet jy kan vat ook.

Doen alles met oorgawe en na die beste van jou vermoë. As jy huil, snik – as jy lag, laat die trane loop. As jy liefhet, bewys dit elke dag.

Vergewe as iemand wat jou te na gekom het, omverskoning vra. Oor en oor. Soms sukkel ek bietjie met die ene – veral as daar vertroue is wat verbreek was. Maar ek probeer om nie grudges te hou nie.

Lewe vir vandag – gister is verby, en more is nog ‘miskien’. Laat alles wat jy doen vandag, saakmaak – en iets vir iemand beteken. Dit beteken nie dat jy nie mag vooruit beplan nie.

Los ou koeie in die slote – bedek en begrawe. Tensy jy dit nog nie verwerk het nie. Doen dit so gou as moontlik, en beweeg aan.

Maak vrede met jouself en jou situasie. As jy nie van jouself hou nie, moenie verwag ander mense moet nie.

‘n Positiewe gesindheid kan berge versit – al glimlag jy net vir ‘n vreemdeling, het jy hom aangeraak – en miskien sy dag gemaak. Vriendelikheid kos niks nie.

Probeer om die snaaks raak te sien in enige situasie. Wonderlike manier om spanning te verbreek – werk selfs beter as om mense kaal te imagine!😆

Wees opreg wanneer jy iemand ‘n kompliment gee.

Laat jou woord jou eer wees.

Dra verantwoordelikheid vir jou dade.

Haal soms jou masker af.

En dan het ek hierdie erens raakgelees – en dis vir my mooi – miskien laat dit iemand beter voel😉

Sometimes we tend to be in despair when a person we love, leaves us, but the truth is, it’s not your loss, but theirs, for they left the only person who wouldn’t give up on them.

Die vloer is julle s’n ….😉

21 Responses so far »

  1. 1

    Koekie said,

    Jy’t pragtige reëls waarvolgens jy lewe Dellie.😉 Ware woorde in daai laaste stukkie wat jy geplaas het.

    Ek moet ten minste 2-3 keer ‘n maand ‘n lekker braai hou, pelle nooi en net uithak!! hahaha… (dis seker nie ‘n reël nie maar ‘n instelling?)

  2. 3

    Vlam said,

    Ek weet jy probeer altyd die snaaks in alles sien – mens sou nooit dink jy het ook af en toe ‘n crappy dag nie. 😆

    Nee wat, jy weet mos, ek dink jy’s die beste in die weste. Duidelik werk jou lewensreels. 😉

  3. 5

    Alta said,

    En baie van die reels wat jy uitleef Dellie, leef ek ok uit. Wat nou? Moet ek nogsteeds die huiswerk doen? 😆

  4. 7

    Pikkie said,

    Dis jy ja…. Net soos jy is, dankie Delila.. 😉

  5. 9

    Sammi said,

    Ek hou van – regtig!! Dankie vir die deel hiervan Dellie!!

  6. 11

    Savanha said,

    Nice Dellie! as almal maar net volgens die reëls kon lewe. Jou afsluitings stukkie, so,so waar.😉

  7. 13

    BB said,

    Nice reëls Cupcake! Myne is plein en simpel: “Do, or don’t do unto others…”.
    Jip daardie quote onderaan is baie special en belangrik om te onthou in die lewe.

  8. 15

    betsieboop said,

    dellie — Bets wil net sê dat sy ‘sien’ jy pas hierdie reëls toe in jou lewe.

    Maak vrede met jouself en jou situasie. As jy nie van jouself hou nie, moenie verwag ander mense moet nie.

    slaat jy darem die spyker so solid op sy kop hy buig amper !!!

    jy is een uit ‘n duisend Dellie en Bets luv jou!

  9. 17

    Smurf said,

    Hi daar Dellie, so paar oulike Quotes

    “Yesterday is a cancelled check; tomorrow is a promissory note; Today is the only cash you have, so spend it wisely.”

    “Laughter is a tranquilizer with nou side effects”

    “I will not permit any man to narrow and degrade my soul by making me hate him”

    “We tend to forget that happiness does’nt come as a result of getting something we don’t have, but rather of recognizing and appreciating what we do have.”

    “Life is a grindstone. Whether it grinds you down or polishes you up depends on what you are made of”

    Ek het laas hier kom inloer toe jy nog die “Raai wat is dit” goed op gehad het.

  10. 19

    ding said,

    Ding hou baie, baie van dra verantwoordelikheid vir jou dade en haal soms jou masker af. Hmmm… netjies. Ding onthou ‘n tyd baie lank terug toe Ding jou gevra het oor die sirkels in Welkom en jy gepraat het van vir Ding vertel van rekenaars. ‘n Lang tyd. En Ding onthou hoe jy eerlik en reguit oor Ding se masker afhaal gepraat het. En ja, na al die tyd dra Ding steeds aan die stukkie van jou wat Ding in die kuberdorp leer ken het en jy sal altyd dra aan die stukkie van Ding wat jy in die kuberdorp leer ken het – so, oor omdraai en wegloop en nie opgee nie? Nnnnaaaa, ‘n mens kan nooit wegstap van dit wat jy gelewe het nie, Dellie. ‘n Mens kan weliswaar wegstap van ‘n voortgesette verbintenis met ‘n ander mens, maar van die geheel van die mens wegstap? Nnnaaaa, nope, neee. Want jy het klaar geneem van daardie persoon. Ja, Ouding glo daai so.

    • 20

      Dellie said,

      Jinne Ding – hoe vat jy my gedagtes darem nou ver terug … en jy praat waar – ek sal altyd ‘n stukkie van jou saamdra op my pad, so ook van elkeen in die kuberdorp wat my erens geraak het. Gelukkig was dit nog nie nodig vir ons om koeie te begrawe nie.😉

      • 21

        ding said,

        Man ja, die begrawe is nie so erg nie – want dit kom darem na die koei saam doodmaak in plaas van mekaar doodmaak, maar dis daai weer loop UITgrou wat vir Ding so dik in die keel laat word. Maar darem hoef ons ook nie daai te doen nie, of hoe😉


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: