Raai raai riepa

Dis alweer Vrydag! En gister was glo Guy Fawkes … ekt skoon vergeet daarvan. Niks gehoor in ons buurt nie. Was daar ‘n geraas by julle?

Gisteraand sit ek en laai foto’s van ‘n memory card af. Dit was nog al die tyd in die ou kamera wat se lens nie wil oop nie, omdat dit vol see-sand is. En ek kom net nie so ver om die ding te gaan ingee erens om reggemaak te word nie.

Anyways, ek ontdek toe ‘n paar vreemde foto’s waarvan ek al vergeet het.  Toe ek hierdie sien, onthou ek hoeveel pret ons gehad het met die wdf issit en please explain the image foto’s. En toe reken ek, hoekom maak ons dit nie ook pret nie?

Verduidelik vir my hierdie – wat dink jy het gebeur? Dan kyk ons wie kom die naaste aan die regte storie – want die ene ken ek! 😆 Jy kan natuurlik ook maar heel simpel wees en jou verbeelding vrye teuels gee … dit moet fun wees afterall!

065

066

067

GO GO GO – en kom maak sommer ‘n draai inni Kroeg vir ‘n loopdop! Geniet die naweek – ruk af jou bra en al daai, en dit wat Demoerin ook altyd sê  !  😆

O ja – en hierdie storie by Die Werf MOET julle gaan lees! Skreeusnaaks!

Advertisements

20 Responses so far »

  1. 1

    Chopper said,

    Iemand het daai twee poppe op stoele sit gemaak. Voor die twee potte. Ander mense raak aan die suip en braai. Iemand wat dronk is gaan maak vuur in die potte. Die vlamme is lekker gesellig en die poppe word warm. Die poppe brand en smelt.
    Die dronk een kom agter hy vang kak aan, pis die vure dood, gooi nuwe grond in die potte, ruk plante by die naaste bedding uit en plant dit in die potte. Die volgende dag wonder almal WTF? Die dronk ou het moerse babbelas en maak asof hy van niks weet nie.

  2. 3

    Die Muppets het begin party oor hulle al so lank in die bedryf is. Effe gekletter geraak en hulsef met hul victory sigare aan die brand gesteek.

  3. 5

    Phibbie said,

    Ek vermoed dat die twee poppe inne helse kar ongeluk was en die kar het uitgebrand en toe spring hulle deur die venster, maar vergeet van die toe venster, vandaar die ingeduikte gesiggies. Hehehehhehehehe

  4. 7

    Savanha said,

    Ek vermoed Hairy het daai twee poppe beet gehad! 😉

  5. 9

    Koekie said,

    Dis Chucky se tweeling susters!!!

  6. 11

    duppie said,

    dink dit was gutter seks

  7. 13

    Alta said,

    Nou wat het van my comment geword Dellie??

  8. 15

    demoerin said,

    Gmmmf… dit was definitief NIE gutterseks nie….. maar die twee het dalk so warm geraak dat hulle begin smelt het. Laat dit ‘n les vir alle poppe wees… julle word in ‘n fabriek gemaak… promulgasie is NIE deur SOGS nie.

  9. 16

    Vlam said,

    LOL, ek het gehoop hier sal al ‘n verklaring wees vir die twee se voorkoms. Ek sidder oor wat die antwoord kan wees. 😆

  10. 17

    Smurf said,

    Dit is Chucky and the Bride of Chucky!

    Was dit nie die seuntjie en dogterjie poppe wat agter die skuur gaan spyker het nie? .. daardie tweetjies wat die ouma gevra het: “, Jannie en Sannie, wat maak julle” …”Ons spyker ouma! .. “O, Ok. Jannie!…solank julle net nie rook nie!” toe spyker hulle mekaar aan die brand!!

    Sien julle kinnertjies wat gebeur as mens agter die skuur spyker!! ..laat dit vir julle ‘n les wees dit is hoekom daardie twee poppe vir altyd daar sal sit in die tuin as voorbeeld.

  11. 18

    Smurf said,

    OF … Pappa en pelle het gebraai, en geswem, en die twee poppe het in die water beland, Pa moes plan maak om hulle vinnig droog te kry en besluit toe om hulle so langs die vuur te sit, geen probleem nie, Nou later hoe kwater, en poppe is skoon vergete… Pappa skrik hom boeglam toe hy die twee gedroggies langs die vuur sien sit, ..flokit wie het die twee tokkelossies vir die braai oorgenooi?? skree hy! ..dan tref dit hom soos ‘n donderslag, en hy maak ‘n plan en gaan sit hulle in die tuin vir ornamente!

  12. 19

    koeksister said,

    Julle hout het opgeraak??

  13. 20

    demoerin said,

    Dellie…. is die raai raai riepa nie nou al oor nie? Wanneer kry ons die antwoord oor die huidige omstandighede waarin chuckie en sy bruidjie hulle bevind?


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: