Die storie van die poppe …

Dit was ‘n pragtige somersaand met die son wat in skakerings van oranje, geel en rooi in die verte wegsak. Die braaivleis vuur was aangesteek en oral het mense in groepies gestaan en gesels en lag. Kinders was soos armoede – oral tussen ons.

Die musieksentrum was buite, en  die dapperstes wat kan dans sonder om eers versterkings in te kry, het al passies begin maak. ‘n Paar siele het in die swembad rondgeplas – dit was immers Januarie, en vrek warm in die Vrystaat.

Een klein dogtertjie en haar maatjie het hulle eie gaste saamgebring … jip, die twee poppe. En die viertjies was onafskeidbaar. Daar was gedrink en geëet, en oral het die twee poppe meegedoen.

Hoe later hoe kwater, en ons is mos nie bekend daarvoor dat ons iets half doen of gaan slaap voor die winkels toemaak (of soms oopmaak) nie.  Die kinders het een vir een minder geword, terwyl die familiebed in die sitkamer voor die TV al hoe groter gegroei het.  Natuurlik moes daar ook plek gemaak word vir die twee poppe – maar sommer op een van die banke wat nie beset was nie.

En toe raak dit speeltyd vir die grootmense … en dis net daar waar die drama begin het. Teen daai tyd was almal al redelik vrolik, en sommiges sommer net helemal laf. Twee van die lafstes het vir Chucky en sy bruid (of Chucky se fattup suster en mofgat boetie) :lol:  geneem vir ‘n dans … maar dit was ‘n rowwe gedoente, iets tussen jive en wals en breakdance – ek dink daar was ‘n leeuloop ook betrokke – en eventually het die hele spulletjie in die swembad opge-eindig.

Eers was almal histeries van die lag, en toe besef ons – die poppe! Die goed is papsopwinterwaternat! En twee jonge dames gaan nie gelukkig wees as hulle moet huistoe gaan met nat maaikies nie.

Toe begin operasie ‘pop droogmaak’. Eers is die arme goed aan die kop en bene beetgekry, en uitgedroog soos afdrooglappe. Dit het nie veel gehelp nie. Volgende is hulle toegedraai in handdoeke, en gedruk sodat die meeste water kan uitkom. Dit het nogal gehelp, maar hulle was nogsteeds nie droog nie. Intussen was die vuur nog so effens aan die gang, en iemand kry toe die blink idee om die tweetjies daar langs die vuur sit te maak sodat hulle kan uitdroog. Sou hulle net so af en toe omdraai. Alles wel, en die party gaan voort.

Erens tussen middernag en 2 uur die volgende oggend, het dit koeler begin word. Toe word daar besluit dis die ideale tyd vir ‘n kampvuur en ‘n song. Maar ons is nat en koud en die vuur is toe nie meer so lekker lewendig nie. En die poppe voel sowaar al mooi droog … maar niemand dink daaraan om hulle weg te vat nie.

Ek weet rerig nie wie dit was wat die bright idee gekry het om weer hout oppie dooie kole te pak en petrol daarop te gooi nie … maar nog voor enigeen kon keer, maak dit net so woooossshhh!!  … en die twee is in ligte laaie …

Almal staan seker vir ‘n goeie 2 minute bewegingloos en staar na die konsternasie voordat iemand hulle gryp en weer inni swembad gooi om die vlamme te blus …

Ek het nie ‘n idee hoe, wat en waarom verduidelik is aan die twee jonge dames nie … maar toe ons die volgende naweek daar kom, pryk die twee inni tuin!😆

8 Responses so far »

  1. 1

    Koekie said,

    Whahaha Dellie. Arme kêndertjies!

    lol @ kinders soos armoede.

  2. 2

    Sonkind said,

    Ai, en hier wag ek in spanning dat die poppe moet begin dans – letterlik. En die partytjiegangers die hel se skrik op die lyf jaag. Soos die regte Chucky!👿

  3. 3

    Vlam said,

    Ag heiden, NEE!!! Die arme kindertjies! 😆 Ek’s sooo bly dit was nie ek wat moes verduidelik nie!

  4. 4

    Smurf said,

    MY genade Delli en toe was ek so amper reg met wat gebeur het! die party, Die poppe wat in die swembad was en toe langs die vuus gesit is om droog te word en die skok toe hulle brand. amper amper reg. 😆

  5. 5

    Phibbie said,

    Briljant bwhahahahahahhaahah

  6. 6

    demoerin said,

    😆 Dit is ‘n moer snaakse storie!! Ek picture al die hele gedoente!

  7. 7

    Xena Phoenix said,

    OI

    Julle is rof. Die arme kinders.

  8. 8

    Pikkie said,

    Daai twee poppe lyk nog steeds vir my soos paddas wat vervel… Ek gaan sukkel om hierdie verduideliking te sluk… 😈


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: