Sonde met die honde

Hierdie e-mail doen tans die rondtes … ek het so gegiggel vanmore, dat ek dit net met julle moet deel:

Ek sweer ek het dit nou gehad met die honde … Ek gaan hulle nog een kans gee. Die ding is, ek weet rerig nie meer wat om te doen nie want dis elke dag iets anders. En dit maak nie saak as ek goed hoog ophang of wegsteek nie, want Johnson kan al meer as ‘n meter hoog spring. So dalk as iemand weet van mense met ‘n plaas wat 2 Jack Russels soek, laat weet my. Ek wil rerig nie die honde weggee nie, maar ek raak nou moedeloos.

Gister het hulle ‘n fokken R700 boksak bygekom. Behalwe die boksak, het hulle die volgende goed ook al opgevreet:

‘n R450 Rougz honde mandjie wat die veearts my belowe het sal ten minste 1 jaar hou (wel, hy het dit net-net verby die 3 weke merk gemaak)

2 kampstoele (nie eers myne nie, maar mense wat by my gebraai het s’n)

20m tuinslang is in 400 vyf sentimeter stukkies gekou

Hulle kom nie meer in die huis nie, maar ek dink die honde kan teleport soos op Star Trek, want daar is nou al 3 handdoeke, 20 onderbroeke, kombuis vadoeke, en ‘n remote opgevreet.

2 Besems

1 Rubber hark …

3 Sakke charcoal (hulle skeur nie net die sak nie, hulle vreet actaully die charcoal. Dan moet mens 2 dae lank pikswart honde kak optel) En vir die wat wonder, ek bere die charcoal binne in my Weber onder sy deksel. Die hond spring op die Weber, balanseer op een of ander onverklaarbare manier homself, stamp die deksel af en trek die sak  charcoal uit die Weber en vreet dit op.

Al die sifdraad, mesh grid en enige ander ding wat ek opgesit het om hulle uit die tuin te hou. En ja, hulle sluk actually stukke sifdraad in. Jy sien dit in hulle mis twee dae later.

Klein boompie wat by my agterdeur gestaan het. Hulle het actually ‘n hele fokken boom opgevreet!

My potplant binne die huis is moertoe. Weereens, dis asof Johnson vinnig in hardloop as die deur oop is en voor jy hom kan vang of moer, byt hy alles, gryp ‘n speakerdraad en spring op al die beddens en banke.

‘n Grasperk – hulle myn vir steenkool of goud. Die rede hoekom ek dit sê, hulle soek defnitief nie vir krieke nie, want geen normale kriek bly 20 m onder die grond nie. Dis gevaarlik om na donker op my grasperk te loop, want jy mag dalk net in ‘n skag in donner.

2 Honde bakke. Weereens, as dit nie vir die feit was dat ek stukkies plastiek in hulle kak gesien het wat dieselfde kleur as die bakke is nie, sou ek gedog het my bure het die bakke gesteel, want hulle was gone.

Johnson het nou die aand al die honde in die omtrek gaan byt. Hy het uitgeglip, en van hek tot hek gehardloop, die hond aan sy neus gegryp en rondgeruk asof hy ‘n kombers is. Voor ek by hom kom, hardloop hy na die volgende hek. Die wetter is moer rats en my 100m sprint spoed is ook nie te wonderlik nie. Ek moes hom eventually tackle en het my vir 2 dae lank styf geval.

Nou die aand het hulle ‘n klein bietjie alkohol ingekry. (Moet my nie kom dreig met die SPCA of sulke goed nie, ek is klaar uitgevreet en ek weet alkohol is baie sleg vir honde en ek sal die nie weer doen nie, maar ek was raadop en wou net kyk of dit nie help nie!!!) Wel, dit het nie … Johnson het soos ‘n bok begin spring en heeltyd op sy kop geval. Hy het ook volspoed in die garage deur vas gehardloop. En toe later … wel, kom ons stel dit so, Molly is nie meer ‘n onskuldige klein hondjie nie.

Die enigste goed wat nog splinternuut en sonder enige skade is, is die chewing toys wat ek vir hulle gekoop het. Ek dink hier is ‘n consumer complaint, want die mense wat die chew toys maak het OBVIOUSLY geen fokken idee waarvan ‘n Jack Russel hou nie. Dalk kan die honde gedagtes lees, en hulle vreet net die goed wat mens nog actually soek. Danie het juis gister gesê hy is oortuig daarvan dat satan homself dalk in Johnson manifesteer …

Dis waaraan ek nou kan dink, maar onthou, ek het die honde nou maar vir 4 maande, en apparently leef Jack Russels nogal lank. Dis ‘n vonnis, ek sweer! EN moenie terug mail en sê ek moet hulle bliksem nie, want ek doen. Ek het hom gister met ‘n stuk van die tuinslang wat hy gevreet het gemoer, hard, en al wat gebeur het is dat hy vir my begin blaf het en onder ‘n struik gaan wegkruip het. Vanoggend is die struik en die stuk tuinslang weg.

So ek het gedink ek sal hulle nog een kans gee, of dalk twee, maar dit kan nie so aangaan nie. So, hartseer en als, ek begin rerig dit oorweeg om hulle dalk weg te gee. Hulle is nog baie jonk, Molly is 6 maande en Johnson is 9 maande. Albei is opreg en Johnson het papiere.

Thanx


glitter-graphics.com

Advertisements

9 Responses so far »

  1. 1

    Alta said,

    Bwaahahaha, Is skreeu snaaks. Ek weet nie moet ek die arme hond of arme eienaar nie jammer kry nie. 😆

  2. 3

    Koekie said,

    Whahaha! Dis baie snaaks.

    Ek stem saam met Alta, weet nie wie ek eintlik moet jammer kry nie maar my hart trek so bietjie na die eienaar toe… hehe

    Whakaka @ die charcoal stukkie. 🙂

  3. 4

    Savanha said,

    Whahaahahaha ek ook al daar deur in my lewe, AL my simpatie aan die eienaar!

  4. 5

    Sharpshoot said,

    Ek het my gat af gelag vir die een – veral “Danie het juis gister gesê hy is oortuig daarvan dat satan homself dalk in Johnson manifesteer …”
    Ek picture daai oulik JR wat in de Deuiwel verander! hahaa!
    Ek dink meeste mense met puppies kan die dinge uit die jong dae van die honde onthou…. ek kan… 😉

  5. 6

    Dellie said,

    Vir my is die beste deel daar waar hy die anner honde gaan byt …. whahahahahaa

    Ek het rerig gedink my worsies was stout – hulle het immers ‘n hele sitkamerbank verwoes – maar die vat die koek!

  6. 7

    Vlam said,

    O my bliksem!!!!

    Ek is soooooooooooooooooooooooo fokken bly iemand weet deur watter hel ek gaan!!

    Ek het nou so gelag!! Al is my Zumie se kaskenades alles behalwe snaaks.. 😆

  7. 8

    Weglekind said,

    Kyk een ding is nou nie twee nie. ‘n Jack Russel is ‘n bok en ‘n bok is ‘n bliksem. Het ook twee gehaat en hulle was die stoudste hell onder die son. My simpatie met die ou. Ons een JR het die elektriese drade gekou en toe dit haar skok toe raak sy so de hel in vir dit dat sy vir dit blaf en weer daarna byt. Hulle sien vir al wat hond is kaans want hulle dink hulle is so groot soos ‘n tier – maar die enigste manier wat hulle die honde wat hulle aan vat sal dood maak is om die hond te laat verstik oppad af in sy keel. Ons vet bill was hell hoog want ons twee het elke nou en dan met die bure se groot honde gaan “gesels”

  8. 9

    seunie said,

    ek het hierdie op watkykjy gelees. daar is ‘n opvolg ook dink ek later gewees.


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: