Don’t cry because it’s over …

… smile, because it happened!

Is daai gedagte in jou mind? Smile oppie bakkies? Warm gevoel om die hart? Dan’s jy in die regte bui nou om saam met ons vir Wip en Piks te laat onthou van al die lekker tye wat ons saam gehad het.

Wipneus, Pikkelik, (ja ek ken actually julle regte name) dit was ‘n absolute plesier en ‘n voorreg om saam met julle te kon kuier, te kon lag, te kon huil … kon raad kry, soms verskil, soms baklei … te kon boer :mrgreen:

Onthou jy die Wippie? 😆

Kom ek die klere winkeltjie binne (ook nou al moeg na ‘n dag se werk, maar die winkels is later mos maar effens stiller, ek is nogal haastig ook, nie tyd vir chit-chat nie): Middag Mevroutjie, waarmee kan ons vandag help? Mompel ek klaar half versteurd:  Rok, troue, Saterdag. ….. Oe! ja ons het net die rokkie vir u, en wat van ‘n paar skoentjies en handsakkie daarby. Ek koop nogal baie by hierdie winkel ek hou maar rooi-gesig die woede binne, en knyp my lippe styf teen mekaar soos ‘n arokratiese britse dame.

Wahahaha – lees die res en die comments hier.

En Pikkie – onthou jy jou kunswerk?  En hierdie was sooo spesiaal – jy het soveel moeite gedoen vir ons almal.  Dis ‘n priceless memory daardie.

Die ding wat ek – eintlik ons, dis nou ek en Boendoe (ja, ek noem haar nogsteeds in my mind Boendoe, al is sy nou Vlam) hier wil doen, is om julle te herinner aan al die lekker tye wat ons saam gehad het. En ons wil graag al julle maaikies nooi om ietsie te deel wat vir hulle spesiaal was in hulle omgang met julle. Want ‘n verskil het julle siamese beslis in ons almal se lewens gemaak. Hetsy virtueel, of werklik. En om snikkend en huilend van julle afskeid te neem, voel net nie reg nie. Want julle het sonskyn en sterre en lewe met ons gedeel …

Go out in a blaze of glory, I say!

Kry snacks en cocktails terwyl julle comment – dis ‘n party hierdie, nie ‘n begrafnis nie, oraait?


96 Responses so far »

  1. 1

    muffia said,

    Whoopee – party time – is daar strippers of is dit oumens party ?

  2. 3

    Pagoda32 said,

    Wat gaan aan? Wat het gebeur? 😯

  3. 5

    demoerin said,

    Yip, en so gaan die groot geeste een vir een…. maar dit was nog steeds pret gewees.
    Van Pikkie onthou ek een spesifieke post, iewers in laas jaar nog voor hulle Upington toe getrek het, oor die bosbou in Amsterdam omgewing… en dan natuurlik is Wippie die een wat my van die sterre ens. geleer het… en altyd sulke cool foto’s opgehad het…

    Maar ek is seker ons gaan julle nog hier en daar raaklees…. so dit is seker – Totweersiens!

    CHEERS!!

  4. 6

    Smurf said,

    😯 Nee man!! Wipneus jy kan mos nou nie helemal jou lekker lees plekke toemaak nie! Een van die dae is jy weer in volle glorie terug 😉

  5. 7

    Smurf said,

    Wippy,

    Ek stuur vir jou ‘n mail, mooi bly jy!! ons sal nog gesels … 😉

  6. 8

    Elma said,

    Ek was hartseer tot ek hoor wie was Mavis, nou is ek sommer die hel in.

    Ons soek nog van Mavis se slimstreke!!

    Sterkte met julle twee se besluit, hoop maar die nuwe jaar bring nuwe voornemens !

    • 9

      Dellie said,

      Mavis was vet pret ja! Nooit eers in my gedagtes opgekom dat dit Wip was nie! 😆

      • 10

        Wipneus! said,

        En ek het dit so geniet om jou siel uit te trek, want ek het uhmmm seriously erg op jou sagte plekkies gespeel, dat was so maklik om jou Mavis se beste vriendin te maak. Ek meen Mies Dellie jy weet ek ken jou toe mos nou al lank!! 😉 Whahahahaahaha

        • 11

          Wipneus! said,

          Veral toe ek jou gevra het om my asb te help om my blog mooi te maak, jy het soveel moeite gedoen. Thanks Dellie jy het dit maklik gemaak om Mavis te launch. Eina dit was baie werk, en moeilik, ek kan nie eers begin verduidelik nie. Dis asof mens ‘n gesplete persoonlikheid het. whahahahaha Duidelik kon ek dit nie volhou nie – die arme Mavis is sommer Paastyd weg en het nooit weer terug gekom. Wip het haar sommer op pension gesit met daai knieg!! 😆

  7. 14

    NetJane said,

    My bloggery het so saam-saam met daai twee gegroei! Al die tyd in Swede was hulle daar, met vriendelike boodskappies en kommentaar. Ek gaan hulle mis. Wip met al haar mal stories en streke (en veral omdat ons so ‘n groot liefde vir chocolates en skoene deel!), Pik omdat sy so oopkop en eerlik oor goed is en veral omdat sy so nice is! En hulle is baie goeie Farmville bure! 😉

  8. 15

    Chopper said,

    Kry solank iets virrie keel. {_}P {_}P {_}P {_}P {_}P {_}P {_}P {_}P {_}P

  9. 17

    Pikkie said,

    Ai Dellerasie, wat staan jy nou en doen!!!! Ek het nog nie rerig hartseer gevoel tot nou toe nie!!! 😆 Weet nie of ek moet lag of huil nie!!! Ek het gisteraand vir my Siamees iets gesê en miskien moet ek iets daarvan hier met julle deel…. en vat dit maar soos dit kom. Iewers in ‘n jaar se, wat sal ek dit noem, swaarkry… sukkel … hel beleef?… het ek by die Blik verbygegroei… ek het eerlik niks meer daar te sê wat saakmaak nie, en om ‘n sinnelose klomp snert te blog is ook nie wie ek is nie…. Maar eendag op ‘n ander plek – Wie weet? Maar ek gaan mos nog kom lees en comment – hoe het julle dan gedink! Ek is mos nou maar eenmaal die manifestasie van nuuskierigheid!!! 😆 😆

    • 18

      Dellie said,

      Was nie bedoel om jou hartseer te maak nie Piks – ons wou darem net behoorlik van julle blogs afskeid neem. Maar ek is baie bly om te hoor jy gaan nog by ons kuier! Ek beplan juis weer ‘n lekker speletjie … 😉

  10. 19

    Ogies said,

    Daar is te veel goed wat vir my special is. Want julle 2 is baie special. Ek gaan maar net hier sit en ‘n wyntjie drink….

  11. 22

    Boernig said,

    Wipneus, Pikkie…ek weet hoe dit voel om vir blogvriende te se koebaai. Die eerste ruk voel dit soos dood innie family, daarna doen jy mond tot mond asemhaling op `n blognaam (al mianifiesteer dit in `n ander doop) dan gaan mens weer aan om te se:” nette hallo, hallo, hallo daso!” Mens kan nie wegbly nie, al wil jy.

    Nou julle twee ne? Wat nogals blogs ook gehaat het, ek vermoed julle gaan julsefs stikkint virlang om te skryf. Veral-veral die eerste ruk. En dan gaan ons bloglesers nog soveel meer verlang.

    En dan het ek nog gedink Zee en Wipneus gaan oppie deurmekaarplaas kom hallo se? Hoop tog dit gebeur eendag.

    Buiten nou om te verlang en al die ander goeie verkonings tussen vriende…tjorts!!

    Op Wip en Piks!!

    Aka Sigeuner

  12. 24

    Emil said,

    Die twee was van die eerstes wat ek twee jaar gelede gelees het toe ek begin het. Mooi loop.

  13. 25

    Wipneus! said,

    Dellie en Boendoe julle het my nou nog erger in trane. Hierdie is nie maklik vir my nie. Ek het net gister vir Boendoe vertel ek weet nie wat gaan aan nie, iemand daarbuite help ons asb, doen ‘n tesis oor die liefde en beskerming wat mens vir jou blogmaats ontwikkel? Ek kon dit nog nooit verstaan nie, gister en vandag draai my kop nog erger hieroor.

    “Dis soos ek eindelik vandag voel”
    Dedicated To My Online Friends –
    Whenever life gets tough.. And hard to bare… I get online… Where I know people care. Life doesn’t seem so lonely and blue. Knowing my friends are here… And are true. We sometimes laugh…Sometimes cry.. My online friends are like family …….

    “And here with them .. is where I want to be and stay forever and ever!!!”

    Maar daar is nie omdraai kans.

    Daarom los ek vir julle almal die volgende:

    Even though we have never met,
    I feel a bond between us.
    A bond that should have taken years to build,
    Yet was built in a month or two.
    A bond that lifelong friends should have,
    Although most never do.
    A bond that I am glad to share with you…
    My Friend and Confidant.

    You are not here in body and soul,
    But as a lighted rectangle.
    You come to me every day as
    A message on my screen,
    A message that I can rely on
    To cheer me up and make my day.
    Through a keyboard we share
    Our ups and downs.

    I have opened my inner self to you,
    And you have to me as well.
    We have traded secrets and laughs,
    As well as sorrows and pain.
    I have never met you, but feel as if
    I have known you most of my life.
    To most this might sound silly,
    But I assure them, it is not.

    Dankie aan elkeen wat my met baie lekker herinneringe los. Dankie ook vir al die mooi kommentaar hier (ek gaan dit verseker save en op ‘n veilige plek bêre) en dankie ook vir hierdie spesiale inskrywing.

    Ek los so boks sjampanje vir julle. Whoop whoop!!! Let’s party!!!

    Skop uit daai skoene, gooi weg die kleenex Wip!! Hierdie song sit my op ‘n high!!! Ek blaas selfs die bure uit hulle huise as ek die amp full volume oopdraai!!!

    Mooi bly
    x x

  14. 27

    meshade said,

    Hau, nou wat nou? Wie se koebaai en waar gaan ek kak maak?

  15. 29

    Daizy said,

    Sad!! Baie sad….mooi loop.

  16. 30

    Pikkelik said,

    *hik* Wie’t dei bubbly gesteekweg…. *hik*

  17. 39

    Ek sal nie weet waar om te begin of om te eindig as ek oor die 2 praat nie. Ek het 2 wonderlike vriendinne gemaak, wat altyd daar is, al is dit sommer met vir gekskeer en nonsens praat. So, kom alle dinge tot ‘n einde, goed en sleg, maar die spore wat jul in my hart getrap het sal altyd daar bly.

    Ek sal nie koebaai se nie, want ons gaan nog lank en lekker kuier, dalk nie op die blogs nie, maar elders anders definitief!

    Daar is soveel goeie memories gemaak en ek sal dit altyd treasure!

  18. 40

    Dellie said,

    *bring biltong en snacks ook – julle kan nie net drink nie!*

    Waars die link v die “bong” episode? Laat ons bietjie herleef! 😆

  19. 50

    Frank Botha said,

    Yes! Yes! Ciao Wipneus en Pikkelik.

  20. 51

    demoerin said,

    En waar is die oesters en takiela ❓ Mens kan julle ook nie alleen los nie…
    Dink ek ook nou, soos Emil sê hulle blogs was van die eerstes wat ek gelees het nog in die begin Bosparra dae.

    • 52

      Dellie said,

      Jip – bring die takiela en die oesters! Hierdie gaan nog ‘n lekker party word!

      (_) (_) (_) (_) (_) (_) (_) tjorts! Maar net ‘n klein glasie v Piks \-/ 😆 Ons sal moet rëel v haar v ‘n lift huistoe as ek die dinge so bekyk!

  21. 56

    bierpens said,

    Dellie kom jy reg met die foto stories in jou comments. Ek kyk heel toevalig gisteraand TopGear … die dames kan nou ook in die ander man se tenk PeePee

  22. 58

    Dellie said,

    Boends, ek sien die boxies word al hoe kleiner – en moeiliker om te lees! Maar idt kan natuurlik die takiela ook wees! 😆

    Ek speel nie meer games nie – dit vreet my cap verskriklik! Maar miskien moet ons weer so ‘n gathering reël – ekt darem noggie my plase verkoop nie.

  23. 61

    platkuif said,

    hoekom maak die twee ‘klaar’? of is dit een van daai koebaai/comeback/koebaai/comeback efforts so alla Frank?

    as dit for real is…cheers dames…mag dit julle goed gaan.Dit is altyd sad as afrikaanse bloggers hulle lappe pak en verdwyn 😦

  24. 62

    Wipneus! said,

    Hei Platkuif, jy is alreeds 3 wikse agter, oppas vir jou!!! 😈 Hierdie tannie wiks jou boude aan die brand.

    Vir wat sal jou nou so lelik met Frank wil wees? Have a heart big boy!! 😉 A nee a!!

    Jy moet nou soet wees hoor of probeer darem Parra!!

    Koebaai!

  25. 67

    Pluim said,

    Tata wipneus en Pikkelik. Vir my was julle soos tradisie op die blog. Al het ek nie so close geconnect met almal nie. Dit voel of die gebou leeg is voor toemaaktyd.

    Elk geval , wat julle ook al doen, mag dit geseënd wees, en natuurlik sien ek uit na ‘n comeback van julle tweetjies.

  26. 68

    parkes1 said,

    Ek is bietjie laat maar wil ook net groet julle twee, voorspoed vorentoe. En ek hoop ons sien julle weer hier, later
    En Wipneus vriendin duisend jy het my e-mail los daren so nou en dan n mail vir my.

  27. 69

    Chopper said,

    Pikkie en Wippie julle blogs was lekker. Kom maak af en toe draai en seg hallo.

    Shots. |_| |_|

    Chopper, aka Die Wolf

  28. 74

    Vlam said,

    Wie sit ook hier vasgeglue vandag? :mrgreen:

  29. 76

    Nou-ja, na so ‘n vriendelike uitnodiging kan ek seker nie weier om hier te kom totsiens se vir Wip en Pik nie. Mooiloop! 🙂

  30. 77

    Alta said,

    Wippie en Pikkie, ek gaan julle vreeslik mis. Alles wat mooi is vorentoe. Ek groet julle tweetjies dan en hoop dat die gogga julle weer byt. 😉

  31. 78

    Vlam said,

    Dames, ek gaan julle vir eers groet. Is skoon babelaas van al die gepaartie! 😉

    Pik en Wip, ek vang julle op FB, ne? En af en toe ‘n ou posduifie?

    Dankie, Dels, vir die venue. Dit was ‘n great reunion! Soos in die ou dae! 😆

  32. 79

    Dellie said,

    Jip, dit was lekker julle! Sal laat weet wanneer hou ons bietjie weer ‘n opskop oppie plaas. 😆

  33. 81

    Xena Phoenix said,

    Ek het in dieselfde tyd as Wip en Pik begin. Ek voel nou half uitgeskop. Ek was gisteraand toevallig daaroor in gelig. Eintlik behoort ek te juig. Ek gaan nou die helfte minder in die moeilikheid wees.

  34. 82

    Nee hoefyster… Jy gedink ek jok?

  35. 83

    Xena Phoenix said,

    Pikkie – stille water, diepe grond . . . Onder draai die duiwel rond

    Ek is seker een van die min mense wat pik met die hand gegroet het. Sy is n vriendelike minsame mens. Wat my veral opgeval het is hoe na kinders aan ha hart is. Sy sou bv met Poppedyn op die arm staan en besig hou sodat die ander kinders blokkies kan speel. Pop is veilig en die ander happy.

    In n mate het ek Pik amper as n ousus gesien. Sy is iemand wie se mening ek hoog ag, al verskil ek nog steeds beslis. Sy was op n stadium die blogjuf en haar daaglikse les het baie vermaak verskaf.

    Pik is n steel magnolia. Fyn en broos op die oog af, maar moet haar nie kwaad maak nie. Jy het net een kans.

    Ongelukkig het my gedrag die eens gemaklike verhouding ernstig geskaad. Dit kon in iets moois gegroei het.

    • 84

      Pikkie said,

      (((((((((((((((((Xena))))))))))))))))) jy het geen idee hoe verskriklik lief ek vir jou geword het nie… Nog ‘n ding, jy is soos een van my kinders, ek gee nie om hoe stout julle is of hoe verkeerd die dinge is wat julle aanvang nie, ek sal julle ALTYD vergewe, want sien, ek het julle stukkend lief. Jy is bitter, bitter na aan my hart en is altyd net ‘n selfoonoproep ver…

  36. 85

    boervrou said,

    Bye julle 2. Geniet julle tyd saam julle gesinne, maar probeer bietjie afknyp om soms te kom inloer!!

  37. 86

    Xena Phoenix said,

    Wipneus

    Ons het verseker een weird verhoudiging. ‘n Geval van love to hate of is dit eerder hate to love. So iets. Enige iemand wat 2 dae lank blog weet dat ons altyd baklei. Wip praat meer nie met my nie as wat sy wel met my praat.

    Wat dalk nogal ‘n verklaring gee hoekom Mavis rondom Paasfees haar knie nekomgedraai het. Dit was vir my baie amusant hoe Wip se gewete haar gepla het oor die maskerade. Mens sou sweer sy steel ou mense se pensioen. Die skoon onskuldige pret het nie saak gemaak nie, die leuen (of bedrog soos sy dit gesien het) het wel. Terloops, sy het met haarself draakgesteek wanneer Mavis oor die merrem gekla het.

    Wip het haarself as Ouma op Dorings verklaar. Een wat altyd haar bloomer moes regtrek en ossewa gery het. Die kleinkinders moes bontstaan, veral wanneer die OMOboks leeg gedrink was. Gelukkig was sy te bang om op die dak te klim, anders het die kleinkinders gereeld sonder velle geloop.

    Wip het ook ‘n oop hand gehad vir almal wat dit nodig gehad het. Die regterhand het nooit geweet wat die linkerhand doen nie. In ‘n mate het sy amper oorboord gegaan.

    As ek ‘n sinoniem vir Wipneus moet gee, is dit empatie.

  38. 87

    Xena Phoenix said,

    PS: Kan julle glo dat Wip my haar blog belet het? Dit maak dus glad nie saak dat dit toe is nie, ek mag in elk geval nie my voete daar gesit het nie.

  39. 88

    Wipneus! said,

    Adriana sal jy nou so aanjaag hier op arme Dellie se blog!! Eerlik? Ek dink jy mis die paplepel dis hoekom jy my altyd weer kom opsoek. Ek het nog nooit iemand op my blog belet nie. 😆

    Agnes ou tjommie sal djy nou vir die mense so jok Mavis het nog nooit ander mense se pension gesteel nie. En djy lieg verskriklik dat ek nie meer met jou praat nie wat noem djy dan nou hierie heeldag se gepraat? Djy moet ophou Zebra bier drink ek kan hoor dis weer weekend en daai tjotsie man van jou het weer gepay. Djulle lê weer gaar gedrink en vanaand jaag die tokkelosie julle weer al om daai bed rond. Agnes djy maak my moeg en nou moet ek weer pille by die clinic gaan haal vir my nerves wat aan garings agter my aan sleep soos ‘n bruid se sluier.

    Toemaar Adrie ek sal altyd ‘n sagte plekkie vir jou hê en ek hoop jou teddiebeer projek hierdie jaar is ‘n groot sukses. Ek sal definitief ook nog so vir oulaas hierdie goeie saak ondersteun. 😉

    Dellie en Boendoe baie dankie vir hierdie pragtige inskrywing wat julle vir my en Pikkie gemaak het. Ek is seker Pikkie sal saamstem dat dit baie spesiaal was. Ek vat baie mooi saam my weg.

    Baie dankie aan elke een wat hier kommentaar gelewer het. Dit word baie waardeer, glo my. Ek sal altyd met ‘n glimlag aan hierdie stukkie van my lewe dink. Ek het baie spesiale oomblikke in die blog wêreld gehad. Een ding is verseker ek sal julle nooit vergeet nie, ek sal eendag op my ouetehuis stoepie sit en stout glimlag as ek julle onthou.

    Mag daar geluk en liefde om elke hoekie vir julle wag.

    Groete
    Muriel aka Wipneus/Mavis

  40. 92

    Dellie said,

    Mmmm – ok, ek het nogal gewonder wie was Agnes, jou partner in crime … maar dit maak helemal sin dat dit Adrie was! 😆

    Dit was ‘n groot plesier Wippie – soos ek sê, ons het net gevoel dat ons behoorlik, en op ‘n lekker manier, van julle moet afskeid neem. En ek gaan nie die comments sluit hier nie … daar is dalk nog iemand wat nie gegroet het nie. Kom loer maar weer!

  41. 93

    Vlam said,

    *snik* *snuif* 😦

  42. 94

    Boernig said,

    Wippie, dis goet laddie plante nog lewe, anders sou ek jou moes kom paplepel. Ek`s ook goet daarmee – uhm soms goet daarvoor ook.

    Vat jou goed en trek ferrari,
    Mavis, Agnes, Pikkie en Wipneus
    meddie hoepelbene.
    Ons dra swaar aan die geheue
    van julle stoute dae oppie blogosfere.

    Swem Wipneus, swem man swem
    van al ons wat agterbly se trane,
    want sonnir jou kan onsie swemmie…

    Pikkie het gasiikel om `n es te gooi
    sy het altyd amal na ha blog genooi
    ma toe ons wee sien se sy “koebaai”
    nou is 7 sakke sout se eet op ons gelaai.

    Almal tesame…..Dellie is nog hier
    sy is ons Shebeen Queen
    wat ons mette dop regsien
    en ons sing…amal teseame…..la da die da!

  43. 95

    Nikita said,

    Ek sal maar vir Pikkie hier “bye” se, want haar comments was reeds gesluit toe ek daar wou groet! Ek het nie baie by jou gelees nie, Pikkie! Soms gelees en nie altyd tyd gehad om kommentaar te los nie, dit was lekker om jou blog te lees en lekker gelag die kere wat ek wel gelees het, Sterkte met wat jy gaan doen, ons sal jou ook mis in die blogwereld, veral die wat gereeld by jou gelees het, glo ek!

  44. 96

    Dit is vreeslik hartseer vir my, regtig. Ek weet nie wat om verder te se nie.


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar op Xena Phoenix Kanselleer antwoord